NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet daarteen waak om altyd vir die "regte oomblik" te wil wag voordat ons iets aanpak – meesal kom daardie oomblik nooit. Maar jy kan daardie "oomblik" skep deur te doen wat jy moet doen, of te sê wat jy moet sê, wanneer jy weet dit is die regte ding om te doen – so maak jy wel 'n verskil aan die wêreld.

DR VERWOERD OOR BLANKE ARMOEDE

DIE BESTRYDING VAN ARMOEDE EN DIE HERORGANISASIE VAN WELVAARTSWERK

Referaat gelewer by die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk te Kimberley, 1934.

Vandag is ons volk weer eens verarm, selfs meer as destyds, en sal dit weer nodig word om op die regte tyd ‘n Volkskongres oor die vraagstuk van Blanke armoede te hou.

Soms is hierdie byeenkoms smalend genoem “nog ’n gepraat”. Dit is egter die enigste weg waardeur magtelose enkelinge kan meehelp om die magte van Staat en Kerk, van privaat oranisasies en van die lede van die samelewing, te konsentreer op een gesamentlike aanval. Hier is ons slegs aan die vooraand van die ernstigste poging wat tot nog toe gemaak is om die vraagstuk van armoede, werkloosheid, verarming en verwaarlosing in ons land aan te pak. Nou is ons in die eerste stadium van beraadslaging en plan maak. Dis egter ons doel en plig hier om die masjinerie te skep waardeur in die komende jare gestry sal word om die program van aksie, wat u aanvaar, in teorie en werklikheid deurgevoer te kry.

Met die oog op die feit dat ons ernstig probeer om ’n doeltreffende beleid aan te gee, is dit gepas dat ons, sonder skroom en sonder oorwegings van wat diplomaties is, seker feite in die gesig sien. Die uiteensetting van sulke feite en die aangee in breë trekke van die raamwerk waarin al die voorstelle voor u pas, is my eerste taak voor ek mag oorgaan tot die bepleiting van die eerste reeks voor­stelle.

Hierdie byeenkoms is wel genoem ’n Kongres oor die Arm­blankevraagstuk, maar meer geskik sou gewees het ’n Kongres oor die Vraagstuk van Blanke Armoede.  Die  “armblanke” het al vir die meeste mense die betekenis gekry van ’n spesifieke groep van armes, nl. die wat ekonomies die verste agteruitgegaan het en selfs ook maatskaplik ernstig veragter het. Die waarde of juistheid van so ’n onderskeiding is hier bysaak. Die feit waarmee moet rekening gehou word is egter dat dit nutteloos sou wees om aparte bestryding van armblankedom in die enger sin te beoog. Die weg van bestryding van blanke armoede in enige vorm, en selfs van oorsake wat bestaan waar geen armoede nog gevolg het nie, moet aangewys word, soos die voorstelle probeer doen.

Verder is dit vir die Afrikaanssprekende belangrik om te oorweeg dat uit ’n bevolking van skaars tweemiljoen blanke inwoners, waarvan ongeveer een en ’n agtste miljoen van Afrikaans­sprekende afkoms, daar konserwatief geskat oor die driehonderdduisend blanke armes is. Insover ’n baie groot deel Afrikaans- sprekend is, moet ons skat dat ongeveer een kwart van ons Afri­kaanssprekende bevolking blanke armes is. Tegelykertyd as in die stede nagegaan word, waar ’n groot deel van hulle is of heen trek, dan word gevind dat met uitsondering van die vier vroue verenigings verreweg die meeste vrywillige organisasies wat hulle met die verarmdes bemoei Engels georiënteer is. Hierdie byeenkoms moet die begin van ’n nuwe era beteken in ons deelname aan die maatskaplike opheffingswerk. Dit bestaan nie noodwendig uit finansiering nie, maar kan ook wees “diens” in menigerlei opsigte.

’n Ander feit waarop die aandag gevestig moet word, is dat dit moontlik was om met baie meer en meer omvattende voorstelle te kom. Hiermee word nie bedoel algemene planne van entoesiaste wat in hulle bepaalde skema die grondslag vir die verwydering van alle armoede sien nie. Dit was egter moontlik om met voorstelle te kom wat op ’n baie afgeronder, en teoreties ten minste diepergaande, wyse die bestryding van armoede voorstaan, maar wat ’n hele omwenteling van ons landsorganisasie sou beteken, bv. van ons ’n soort sosialistiese staat sou maak. Vanselfsprekend egter is aan die praktiese eis gehou om maatreëls te vind wat in die land met sy teenswoordige organisasie dadelik toegepas kan word sonder veel verstoring. Nou moet in die gesig gesien word dat daardeur die moontlikhede enorm ingeperk is. Planne wat party van u in ons program mis (sê maar so iets soos die Nasionalisasie van die Mynbedryf) is dikwels vir praktiese redes uitgelaat. Waar nou erken word dat uit praktiese oorwegings geen maksimum- plan voorgestel word nie, maar eerder ’n deurvoerbare minimumplan, daar is dit ook die minste waarmee ons ons tevrede kan stel.

Ook moet openlik in die gesig gesien word die verband tussen blanke armoede en die teenwoordigheid van kleurlinge en naturelle in die land. Dit is onmoontlik om voorstelle te maak tot die meerdere ekonomiese welvaart van die blanke arme sonder op een of ander manier hierdie ander groepe aan te tas. Die dilemma waarin ons verkeer is dat in belang van die land meerdere welvaart vir die blanke arme moet verkry word, en dat, ook uit landsbelang, dit nie op ’n wyse mag verkry word wat die ekonomiese sy van die kleurling- of naturellevraagstukke onoplosbaar maak nie. Dit moet reguit erken word. Wanneer dus in seker van die ekonomiese voorstelle ’n diskriminasie in belang van die blanke werker te vinde is, dan moet besef word dat nie alleen oorweeg is wat voordelig is vir ons probleemgroep - die blanke arme - nie, maar ook vir die land! Waar bv. ’n sekere bevoorregting van die blanke arme ’n moeilikheid - dog ’n verwyderbare moeilikheid - vir die nie-blanke veroorsaak, daar is nie geskroom om dit te kies nie. Hierdie standpunt kan met ’n eenvoudige voorbeeld verduidelik word. O.a. het twee redes ons laat voorstel dat in beskermde nywerhede en deur openbare liggame ’n seker vorm van voorkeur aan beskaafde arbeid gegee moet word. Die eerste is dat as iemand werkloos moet wees: ’n blanke of ’n naturel, dan is, in ons teenswoordige samelewing met die bestaande verskille in lewensstandaard, dit meer ekonomies vir die land dat ’n naturel die werklose sal wees. Die tweede is dat die proses waardeur stedelike armoede (bv. in Kaapstad) vererger is die volgende was. Die naturel, dikwels nie die ontstamde nie maar die stam-naturel, het die kleurlinge uitgedruk bv. in motor-werkswinkels en die boubedryf, en lg. het op hulle beurt weer die blankes verdring uit wat eers hulle werkkringe was. As vir die uitgedrukte blanke ander geskikte werk kan gevind word, dan kan die probleem aangepak word sonder die veranderde werksposisie van die kleurling of die naturel aan te tas, en is ons in ’n gelukkige posisie. Se nou egter dat dit nie die geval is nie en dat die enigste weg is om die blanke en kleurling in die ou soort of soortgelyke werkkringe te herstel. Dit sal alleen kan geskied as die naturel elders versorg word. Gesteld ook dat die naturel - hoewel dit vir hom minder aantreklik is - wel elders kan versorg word, bv. deur meer en meer die plek in te neem van die ingevoerde mynnaturel of deur ’n beter ekonomiese ontwikkeling van die reserwes. Dan is die omkering van die proses, waardeur blanke- en kleurling-armoede deels in die stede ontstaan of vererger het, deur ’n tydelike diskriminasie ten gunste van hulle, die verstandige weg om te kies in belang van die land. Dit is ’n beleidsverklaring, as u wil, van op simpatieke wyse rekening te hou met die regte en belange van blankes en nie-blankes, en van dan beslis te kies wat die belang van die gemeenskap as geheel dien, selfs al dra dit oppervlakkig die skyn van bevoorregting.

Verder moet beklemtoon word dat, hoewel daar voorstanders is van ’n terug na die landsbeleid, en ander wat meen dat die plek van bestryding van armoede alleen die stede is, die weg wat hier voorgestel word, is dat beide voorbehoeding van verder verarming en werkverskaffing op die platteland en in die stad sal moet geskied. Ons reken wel dat vermoedelik die groter werkverskaffing in stedelike bedrywe sal moet plaasvind, en dat die grootste pogings tot voorbehoeding van verder verarming in verband met die platte­land sal moet bestaan. Tog mag geen geleentheid, geen hulpmiddel erens, oor die hoof gesien word nie, en is ’n keuse van of die platteland of die stad as die reddingsmiddel kortsigtig.

Nog ’n feit wat in die gesig gesien moet word, is dat soms aan armoede gedink word as suiwer ’n kwessie van werkloosheid. Niks is verder van die waarheid nie soos die ervaring van sosiale werkers oor die hele wereld getuig. Diegene wat party klasse van ons blanke armes ken, beide op die platteland en in die stad, weet dat werk­verskaffing sonder ernstige en langdurige sosiale dienste van verskillende soorte volkome nutteloos vir hulle is. Wydvertakte voor­stelle in die verband toon aan hoe belangrik ons werkverskaffing beskou as onmisbaar - in die gevalle waar maatskaplike opheffingswerk nodig is, en dus te meer waar die verarmingsproses nog nie sy skadelike gevolge gehad het nie. Alleen is dit teenswoordig gewens en nodig om groot nadruk te lê op die noue onderlinge betekenis vir mekaar van die voorsiening van middels tot ekonomiese selfstandigheid en die werk om maatskaplike opheffing.

Ook moet nadruk gelê word op die mate van versigtigheid wat soms deur die voorbereiders vir hierdie kongres aan die dag gelê is wanneer hulle voor moontlikhede gekom het waaroor egter nie kan geoordeel word nie sonder baie deegliker ondersoek as vir hulle moontlik was. Ons het dan nie eenvoudig geswyg nie maar die taak probeer aandui wat ’n spesiale kommissie van ondersoek moet onderneem. Dit verklaar waarom ons oor ’n hele paar essensiële punte nie self ’n sprong in die donker waag nie maar dergelike kommissies aanvra. Die vrugte van hulle bevindings sal vir ons doel soveel te waardevoller wees. Bv. ons weet dat die aanduiding van ’n hele reeks moontlike nuwe nywerhede met die oog op werkverskaffing, of minstens van middels waardeur nywerheidsuitbreiding dadelik kan geskied, van ons verwag is. Daar is selfs entoesiastiese skemas vir een of ander nywerheid, wat ons moes bepleit, na ons gestuur. Hieroor kon ons egter met geen sekerheid oordeel nie. Die aangewese weg is nou om moeilikhede wat vinnige industriële ontwikkeling in die weg staan teen te gaan. In ander lande het dit geskied deur inrigtings soos indus­triële banke, maar wie sê dat hulle in ons land ook sal kan werk? Tegelykertyd is die moontlikhede so groot dat ’n baie deeglike onpartydige ondersoek aangewese is.

Eindelik moet reguit verklaar word dat ons nie verwag dat die voorstelle altyd onmiddellik welkom sal wees vir die armes self nie. Soms sal gevoel word dat na te min onmiddellike hulp gestreef word, te min barmhartigheid met die nood van die lydende getoon word en dat te veel gewig geheg word aan die skep van organisasies waarvan hulle die waarde vir hulle self nie insien nie, soos die wat maatskaplike dienste moet lewer. ’n Neutrale liggaam soos hierdie moet egter suiwer objektief probeer oordeel of, afgesien van die belange van indiwidue, planne gemaak word wat op die ou end doeltreffendste tot bestryding van die vraagstuk sal dien. Ons moet kyk na die ver verskiet.

Die volgende taak is dan om ’n algemene raamwerk te gee waarin al die voorstelle pas en te toon hoe dit die geval is. Die voorstelle gaan in vyf hoofrigtings, nl.:

1) Maatreëls tot voorbehoeding van die ekonomiese agteruitgang van die gewone gemiddelde burger;

2)      Maatreëls tot voorbehoeding van die makliker voorkomende ekonomiese agteruitgang van diegene wat net bo die armoede-grens lewe;

3)      Maatreëls tot voorbehoeding van die maatskaplike agteruitgang van die wat nie kan beskerm word teen tydelike ekonomiese, verdrukking nie;

4)   Maatreëls tot ekonomiese opheffing van die reeds verarmdes; en

5)   Maatreëls tot die maatskaplike opheffing van reeds verarmdes.

Die hele nadruk lê dus op voorbehoeding en opheffing. Terloops is egter ook verbeterings voorgestel in verband met suiwer noodleniging, bv. in verband met voorsiening vir oues, gebrekkiges en selfs tot ’n mate die halfbevoegdes. Die feit kan nie misken word nie dat ’n mate van noodleniging, selfs afgesien van hierdie natuurlike armes, sal moet bly bestaan maar ook dit kan tot ’n groot mate ’n middel word tot die doel van opheffing.

Voorbeelde van hoe die voorstelle hulle rangskik in die vyf rigtings kan nou gegee word.

Daar is die maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang by diegene wat nog glad nie eers blanke armes is nie - in geen sin van die woord. Dit word doelbewus eerste gestel omdat waar soms so maklik gepraat word van die oplossing van ons vraagstuk, daar is die neiging om veral die te help wat nou in ellende verkeer. Uitermate belangrik soos dit is, moet ’n versiende beleid onmiddellik ’n damwal begin opgooi teen verdere agteruitgang sodat ten minste vereers die bestaande armoede wat moet bestry word binne vaste grense ingeperk is. Anders is daar ’n gedurige gevaar van ’n verder toevloed wat alle pogings op die ou end oormeester. Die voorbehoeding van agteruitgang by hier­die klas persone word gesoek in opvoedkundige maatreëls in verband met kinders en volwassenes (wat later meer beklemtoon sal word) en in ekonomiese maatreëls. Tot laasgenoemde behoort die voorstelle om ’n algemene bevordering van die welvaart van die plattelandse bevolking te verkry deur die aanpak van die verbandsvraagstuk, deur ’n onophoudelike toewyding aan die oorwinning van bemarkingsmoeilikhede en deur te soek na sistematiese hulpmiddels teen die gevolge van natuurlike oorsake van onsekerheid in die landbou, soos versekering. Hiertoe behoort ook die voorstelle om uitbreiding van stedelike werkkringe te verkry deur die onderhou of skepping van organisasies wat die nywerheidsontwikkeling op gesonde lyne sal verhaas - sonder die vertraging wat planlose vrye inisiatief kan meebring. Die maatreëls tot voorbehoeding van die ekonomiese agter- uitgang van diegene wat net bo die armoedegrens lewe, is van belang vir die persone met wie alles goed gaan solank hulle werk het maar wat onmiddellik hulpeloos is sodra die werk ophou. In die stede is hier belangrike die goeie werking van arbeidsbeurse en jeugrade sodat die werklose weer gou ’n geskikte betrekking kry. Belangrik sal ook hier wees die bestaan van ’n Permanente Werkloosheidsfonds met ’n vooruitplan van openbare werke vir tye van oormatige werkloosheid. Op die platteland weer sal meer bestendigheid deur ’n goeie reëling van die pagter- en bywonerstelsels, en die opname van uitgesogte nedersetters vir nedersettings belangrik wees. Behoorlike beroepsopleiding en leiding is ook van groot belang vir hierdie klas mense want dis die ongeskoolde wat eerste en dikwels die meeste ly. Net so sal ’n behoorlike gesondheidsdiens en gesondheidsopvoeding, weens die groot rol van siekte in die ontstaan van werkloosheid by hierdie groep, die ekonomiese agteruitgang van hierdie mense teengaan.

Soms kan tydelike ekonomiese agteruitgang, bv. in depressietye of gedurende onverhoedbare siekte, nie heeltemal verhoed word nie, en die maatskaplike agteruitgang wat dan plaasvind bemoeilik die ekonomiese herstel wanneer dit moontlik word. Maatreëls tot voorbehoeding van so ’n maatskaplike agteruitgang in sulke tye sluit in tydelike hoewel slegs eenvoudige versorging deur middel van siekte- en werkloosheidsversekering want die persoon word dan beskerm teen die verval in liefdadigheid. In hierdie ver­band is ook belangrik die voorsiening van tydelike huisvesting vir werklose meisies en van tydelike werkverskaffing in onderstandswerke as intussen voortgegaan word om permanente werk te soek vir die onderstandswerkers. Die voorbehoeding van maatskaplike agteruitgang kan egter ook geskied deur middel van maatskaplike dienste. Dit sluit in: behoorlike behuising; goeie familie-welvaartswerk vir minderbevoorregtes - veral as tydelike noodleniging moet gegee word; welvaartswerk in verband met die families van onderstandswerkers; maatskaplike klubs vir werkloses; selfonderhoudsnedersettings vir die laagbesoldigde werkersklasse; verskaffing van moederspensioene werklik as pensioen en nie as ’n vorm van noodleniging nie; ens. Maar die voorbehoeding teen maatskaplike agteruitgang in tye van tydelike ekonomiese nood kan ook geskied deurdat die Kerke nouer kontak as gewoonlik hou met hulle lede in teenspoed, en deur die opvoeding. Die verval van die minder opgevoede is altyd makliker as van diegene wat vanaf sy kinderjare meer as lid van ’n ontwikkelde samelewing opgegroei het.

Die volgende groep maatreëls het betrekking op die reeds verarmde, waar dit te laat is vir voorbehoeding en waar opheffing nodig is. Soms is alleen ekonomiese agteruitgang teenwoordig en die hele moeilikheid kan deur werkverskaffing opgelos word. Met die oog daarop word bepleit maatreëls wat meer werk sal verskaf in bestaande stedelike werkkringe o.a. vir die ongeskoolde werker, bv. deur die vasstelling van minimum-verhoudings vir beskaafde en onbeskaafde arbeid in verband met nywerhede en die werk van openbare liggame, of deur uitbreiding van die kanse in die myne, of deur die beter funksionering van die Arbeidsbeurse, of deur die beter reëling van die werkverskaffiing aan vroulike werknemers. ’n Meer doeltreffende vorm van uitkiesing en plasing van nedersetters en die doelmatige reeling van die pagter- en bywoner-stelsels is in die verband op die platteland van belang.

Maatskaplike agteruitgang gaan egter dikwels gepaard met ekonomiese agteruitgang, veral as dit lank geduur het. Soms is selfs maatskaplike agteruitgang teenwoordig by gevalle aan wie se ekonomiese opheffing gewerk word sodat die pogings misluk. ’n Mens kan byna sê dat waar in verband met voorbehoeding die nadruk kan gelê word op opvoedings- en ekonomiese maatreëls, met maatskaplike diens as ’n hulpmiddel in party opsigte, soos behuising, daar moet in verband met hulp aan die reeds verarmde die hoofnadruk gelê word op maatskaplike opheffingswerk, waarby opvoedkundige en ekonomiese maatreëls bykomende hoewel uiters noodsaaklike hulpmiddels is. ’n Hele reeks van die voor­stelle het dus betrekking op maatskaplike diens - deur die Staat, die Kerke en die burgery. Hierdie dienste kan van velerlei aard wees. Genoeg nadruk kan nie gelê word nie op die belang van behoorlike behuising vir opheffingswerk in die stad en op die platteland. Dit is, net soos werkverskaffing, ’n onmisbare bestanddeel van die proses van opheffing. Verder is noodsaaklik ’n organisasie en leiding van al die kragte in die veld van sosiale werk, en dus word voorgestel hoe dit op die platteland en in die stad kan gedoen word. Die behoorlike voorsiening van vermaaklikheids- en ontspanningsgeleenthede vir die armes in die stede, en verai vir hulle kinders, is essensieel in die stryd teen veragtering. Beskerming van die plattelandse jeugdige intrekker na die stad, familie-welvaartsdienste, gesondheidsdienste en gesondheidsopvoeding, goeie godsdienstige bearbeiding, behoorlike opvoeding van die kinders, veral beroepsopleiding en beroepsleiding, is alles hulpmiddels waarvan gebruik moet gemaak word by die opheffingswerk. Selfs die toepassing van dwangmaatreëls in verband met die wat onwillig is om te werk, is in beginsel ’n maatskaplike diens wat mik na opheffing.

Vervolgens word daartoe oorgegaan om die eerste agt voorstelle wat voor die Kongres gelê word te verdedig.

Dit is nie ’n toeval nie dat heel aan die begin die versoek aan die Regering gestel is om so gou moontlik oor te gaan tot die instelling van ’n definitiewe Staatsorganisasie vir Maatskaplike Welvaart. Hieroor moet die Kongres geen ondubbelsinnige stem laat hoor nie. Vraagstukke soos die van armoede en veragtering, en die kleurlingvraagstuk (om net twee te noem), staar ons reeds tientalle jare in die gesig en hulle is nog nooit planmatig aangepak nie. Ons hier met al die liggame wat ons hier verteenwoordig, is gewillig om ons gesamentlike werkkragte beskikbaar te stel. Daar moet egter deur die Staat ’n sentrale liggaam ingestel word wat ’n beleid en leiding aan die land kan gee, en waardeur die Regering kan werk in verband met al die welvaartswerksaamhede wat nou so versprei is onder sy departemente. Met die organisasie word veel meer versoek as die deel van ’n ondersoekingsburo wat nou bestaan, waarvoor ons dankbaar is sover soos dit gaan. Die or­ganisasie wat hier bepleit word behoort egter ’n aparte Unie- departement te wees of minstens ’n hoofafdeling van ’n departement. My komitee laat dit in die voorstel oop maar my persoonlike mening is dat die Staat sonder twyfel alleen sy plig teenoor vraagstukke van openbare welvaart ten volle sal nakom as ’n selfstandige departement vir hierdie doel bestaan. Uit die aard van die saak sal so ’n departement met ’n hele aantal ander departemente goed moet saamwerk, wat tog nou ook moet geskied. Dan sal ten minste een organisasie duidelik verantwoordelik wees vir die Staat se aandeel in welvaartswerk, en die liggame oor die hele land versprei wat leiding en steun nodig het in hulle werk en wat per slot van rekening die belange van die hele gemeenskap vrywillig dien, sal weet van een verantwoordelike liggaam waarmee hulle moet saamwerk. Die taak van so ’n departement, of desnoods afdeling, kan natuurlik nie nou ten volle aangewys word nie omdat ongelukkig geen uitvoerige uiteensetting van die verantwoordelikhede op welvaartsgebied van die verskillende Regeringsdepartemente beskikbaar is nie. Sekere van sy funksies kan nogtans opgesom word wat meer as genoeg is om sy bestaan te regverdig, en daarby word vireers uitgesluit die toesig oor die bekamping van jeugmisdaad en oor die betrokke inrigtings, aanesien slegs onlangs hiermee ’n herorganisasie plaasgevind het. Normaalweg sou Kinderwelvaart en alles wat daarmee verbind is eintlik ook onder so ’n departement moet sorteer. Dit sal in verband met die voorbehoeding en bestryding van armoede toesig moet hê oor behuising in die omvattende sin waarin dit op die Kongres bepleit word, oor die ondersoekingswerk en raadgewing in verband met sosiale werk, oor die uiters noodsaaklike landsdiens van sosiale werkers as dit ingestel word, oor die maatskaplike werk in verband met Staatslandbou- en Bosbou-nedersettings, en ander vorms van spesiale Staatswerkverskaffing, bv. deur arbeidsbeurse, in verband met onderstandswerke, en selfs by spoorwegwerk. So ’n departement behoort verder toesig te hê oor ouderdoms- en moederspensioene, oor die subsidising van welvaarts­werk as dit direk deur die Unie-regering kan geskied, leiding te gee in verband met die ontwikkeling van behoorlike vermaaklikheids- en ontspanningsdienste, en beheer te he oor dwang- en werkkolonies. Eintlik behoort hierin vir die eerste keer geskep te word ’n staatsorganisasie wat ook direk verantwoordelik is vir die behartiging van die belange en welvaart van die kleurlingbevolking. Is dit nodig om die instelling van so ’n departement nog verder te bepleit? Liefdadigheid was vroeër die taak van ’n paar selfaangestelde philanthrope; sosiale werk is nou die taak van die demokrasie. Nuwe tye bring nuwe probleme en eis nuwe masjinerie.

Die tweede voorstel, nl. die instelling van ’n staatsdiens van opgeleide maatskaplike werkers(sters), is nie minder belangrik nie. Dadelik moet beklemtoon word dat die eerste twee voorstelle nie onderling afhanklik is nie en dat as die departement nie kan verkry word nie, hierdie diens tog nog kan ontstaan - miskien onder die vier provinsiale administrasies. In die kern is hierdie skema van die organisasie van die welvaartswerk in die land soos deur my voorgelê aan die Provinsiale Ondersoekskommissie anderhalf jaar gelede. Dit word voorgestel dat in ongeveer elke plattelandse parlementere kiesafdeling een sosiale werker(ster) aangestel word. So ’n persoon is lid van die diens as geheel en word as staatsamptenaar aangestel net soos ’n onderwyser, dog werk in samewerking met ’n plaaslike liefdadigheidsraad, wat al die liggame wat reeds welvaartswerk doen, verteenwoordig en hulle werk dus koordineer. Die werker(ster) is voor alles ’n ondersoeker en raadgewer vir die plaaslike werkende vrywillige kragte, en organiseer met die oog op hulle werk ’n sentrale informasieburo, registrasieburo vir werkloses, ens. Deur die Staat aan­gestel as deel van ’n landsdiens wat ’n raamwerkdiens is vir tye van nood, en ’n senustelsel oor die hele land vorm om die noodsaaklike informasie te sentraliseer en uit te ruil van distrik tot distrik, vervang die amptenaar nie die aktuele plaaslike welvaartswerkers nie, dog help hulle werk bevrug deur mee te werk tot koordinasie, deur die verspreiding van belangrike informasie en deur die verskaffing van deskundige raad.

In elke stedelike gebied kan ’n kantoor van een tot drie sosiale ondersoekingsbeamptes wees wie se taak ook nie is om in die plaaslike liggame se beheer in te gryp of hulle werk te onderneem nie, dog om die moeilikhede te ondersoek, leemtes in die stedelike welvaartserkprogram te ontdek, raad te gee, en so vir die Staat ’n bron van informasie oor die welvaartstoestande van die stad te wees, en vir die stad ’n middel tot deskundige raad, tot die uitwerk van ’n algemene sosiale beleid en tot die bewerking van behoorlike koördinasie van plaaslike werksaamhede. Die beginsel is dus weer om nie privaat inisiatief te ondermyn nie dog die sosiale werk in die regte bane te help lei.

In die provinsiale hoofstede kan dan ’n hoofkantoor wees met ’n paar beamptes waar al die gegewens van die hele provinsie kan verwerk word en van waaruit die diensafdeling kan beheer word. Hiervandaan is die verder sentralisering deur bv. ’n departement van maatskaplike welvaart eenvoudig. Die koste van die hele skema as dit oor ’n reeks van jare ten volle ontwikkel is, word bereken op minder as £100,000 jaarliks. Op die besonderhede van die berekening hoef hier nie ingegaan te word nie. Alleen kan daarop gewys word dat vir ’n geringe bedrag in die landsbegroting (in vergelyking met die enorme somme wat orals in die land, dikwels ondoeltreffend, bestee word aan blote noodleniging en ander vorms van liefdadigheid) ’n voortdurende mobilisasie van die kragte vir ’n behoorlike bestryding van armoede en agteruitgang kan verkry word, sowel as ’n voortdurende ondersoek en kennis van die lokale toestande onder blank en gekleurd soos geen kommissie-ondersoek, of die ondersoekings van universiteite of navorsingsburo’s alleen ooit sal kan verskaf nie.

Na alles wat sover beweer is, en trouens ook so herhaaldelik in die laaste jare orals in die land verkondig word, is die volgende paar voorstelle byna vanselfsprekend. Hulle beoog nl. dat meer en meer soos die ouere werkskragte by privaat organisasies en Regeringsliggame wegval hulle opgevolg word deur opgeleide werkskragte as hulle beskilcbaar is. Die welvaartswerk sal daar- deur ook be'invloed word om ’n meer moderne vorm aan te neem. Met dankbaarheid moet melding gemaak word van ’n strewe in die rigting veral by die Departement van Arbeid.

As die meerder gebruik van opgeleide sosiale werkers bepleit word, dan is die minste wat die werknemers kan verwag dat die persone so goed opgelei is soos moontlik is in S.A. Daarom moet gewaak word teen vlugtige opleidings wat die professionele status en die bruikbaarheid van die sosiale werker in S.A. sal beskadig. ’n Seker mate van eenheid in die opleiding is ook wenslik. Die aanbod van leerlinge is trouens so dat ’n taamlike hoe peil kan vereis word, bv. ten minste ’n driejarige universiteitstudie in geskikte vakke en ’n tweejarige verpligte leerlingskap daarna. Nou is daar egter een opsig waarin die universiteite die morele steun van die Kongres nodig het. Hulle kan wel ’n graadkursus of meer aan sosiale werkers verskaf en soveel geleentheid as moontlik tot praktiese ervaring daarin inwerk, maar absolute voltydse ervaring van sosiale werk, na die studie, soos dit in die beroep self nodig is, kan hulle op die oomblik nie gee nie en ook nie verpligtend maak nie. Vir die S.A. studente sal dit egter veral belangrik wees daar hulle dikwels pionierswerk by liggame sal moet doen. In die Verenigde State word die ervaring dikwels verkry deur ’n leerlingstelsel by modelinrigtings. Sulke modelorganisasies bestaan hier nie op die oomblik nie en ’n begin sal moet gemaak word deur in aansluiting aan die universiteite, of deur ’n samewerking van hulle met ander liggame, sulke modelinrigtings te stig wat geskik is vir die praktiese ervaring van leerling sosiale werkers. Die fondse sal nie uit die gewone universiteitsinkomste kan gevind word nie.

’n Verder voorstel is dat die liggame wat tog reeds die opleiding van sosiale werkers onderneem hulle werksaamhede ’n bietjie moet uitbrei en ook ’n seker mate van voorligting moet gee aan teenswoordige sosiale werkers en vrywillige werkers. Die eersgenoemdes met hulle jare van diens en ervaring kan nie oorboord gegooi word nie en die laasgenoemdes met hulle toewyding en gewilligheid en selfopoffering is een van die waardevolste bates van sosiale werk. Hulle is dan ook die eerstes wat gretiglik sal verwelkom ’n seker mate van studie en leiding, wat hulle metodes van werk sal verbeter.

Dan moet ook met groot nadruk die aandag gevestig word op die behoefte aan behoorlik georganiseerde samewerking tussen liefdadigheidsliggame. Vernaamlik in die stede waar daar groot getalle is wat oor- en naasmekaar werk, het die tyd aangebreek om saam te span. Die inisiatief moet egter êrens van uitgaan. Op grond van ervaring hier en in die buiteland is dit ongetwyfeld dat sonder ’n mate van dwang - nie te verregaande nie dog tog doelmatig - voldoende koördinasie nie verkry word nie. Na langdurige pogings, bv. in Kaapstad, om vrywillige samewerking te verkry, is besluit dat die tyd ryp is vir provinsiale ordonnansies wat dit verpligtend maak en ’n statutêre liggaam in elke groot gemeenskap in die lewe roep.

Eintlik moet ook gepleit word vir belangstelling by die publiek vir die stigting of finansiering van gemeenskapshuise. Daarvan kan groot voordele uitgaan: vir die praktiese treinering van sosiale werkers(sters); vir die aanraking van die meer gegoede met die minder gegoede lede van die samelewing; vir die reëling van vermaaklikheids- en ontspanningsgeleenthede; vir die ontwikkeling van diensklubs vir werkloses, vrouens en kinders; en vir soveel meer waarop hier nie kan ingegaan word nie.

As ’n herorgansisasie van welvaartswerk in die so-ewe genoemde paar opsigte die enigste vrugte van hierdie Kongres sou wees, dan sal dit ’n omwenteling in die bestryding van die vraagstuk veroorsaak wat so belangrik sal wees dat dit al ons pogings sal beloon. Eintlik is dit min genoeg wat gevra word as die omvang van die moeilikhede en van die werk wat so dikwels ondoeltreffend gedoen word, in aanmerking geneem word.  

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1092 gaste aanlyn