NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die armste mens op aarde is die mens wat niks anders as geld besit nie.

MET RYPERD EN MAUSER (12)

Lees reeks by Met Ryperd en Mauser

Dr JP Botha

IN DIE RUSTENBURGSE BOSWÊRELD

’n Paar dae later kry ons Veldkornet kennis om met sy manskappe in die rigting van Middelfontein terug te trek, waar ‘n Engelse troepemag besig was om die omgewing te fynkam en alles wat eetbaar was, te vernietig.

Nadat ons daar aangekom het, ontmoet ons ‘n ander klompie burgers by wie ons toe aansluit. Teen tienuur die môre nader ons die vyandelike kamp, maar besef gou dat ons posisie ongunstig was en trek derhalwe weer terug.  Maar ons het dieselfde aand nog weer langs ‘n omweg óm die vyand getrek, met die bedoeling om hulle vroeg die volgende oggend vanuit die teenoorgestelde rigting aan te val.

Ons neem toe ook die kamp sonder versuim onder vuur, maar die Engelse het uitstekende skuilplek in die rante om die kamp gehad, met die gevolg dat ons later maar die aanval moes staak omdat ons nie manne onnodig wou opoffer nie.

Daarna is ons weer terug na ons eie wyk, waar ons verneem dat onderwyl ons weg was, die swartes weer ‘n klompie beeste kom roof het en een van die burgers, Jan du Toit en sy seun, wat besig was om te ploeg, aangeval het.   Tydens die skermutseling is die seun gewond, dog hy en sy pa het hulle dapper gedra en hul span osse behou, terwyl een van die rowers in die stof gebyt het.

Die wagte wat ons op die grens geplaas het om ons wyk teen aanvalle van die Bagatlas te beskerm, kon nie veel uitrig nie, omdat hulle te ver uit mekaar was en boonop nog uit voetgangers bestaan het.  Perde was toe maar baie skaars en dit het ons kommando’s in die uitvoering van hul pligte baie gestrem.  Ongelukkig is my perd ook dood en moes ek toe saam op die grens as wag diens doen, totdat ‘n klompie perde wat ons uit die Vrystaat verwag het, sou opdaag.

Een van die waaghalse, Jan Botha, het egter nie die geduld besit om só lank op ‘n perd te wag nie.  Toe daar weer ‘n berede troepeafdeling van Rustenburg af na Groot Marico op trek was, loop hy hulle in die rante bokant Rondawelskraal voor en versteek hom in ‘n noemnoembos, reg in die pad waarlangs die vyand moes trek

Na ‘n rukkie kon hy die Engelse vanuit sy digte doringvesting noukeurig bespied.  Hulle trek weerskante van hom verby, die naastes seker geen vyf tree van hom verwyder nie.  Vooraan was ‘n klompie verkenners, daarna volg die voetgangers en daarna die perderuiters.

Jan bly maar doodstil sit totdat dit begin stil word.  Soos die geluk dit wou hê, kom die heel laaste perderuiter op ‘n stappie reg op hom af.  Toe hy by die bos kom, spring Jan uit en hensop hom.  Sy slagoffer is só oorbluf dat hy gedwee van sy hele toerusting afstand doen: Geweer en patrone, perd met saal en toom, saalsak, komberse en proviand.  Jan klim haastig op en laat spat in die teenoorgestelde rigting.  Ons ander het hom dit beny toe hy met so’n ryk buit weer by ons aankom, maar hy het dit eerlik verdien.

Ek het my dikwels aan sy roekelose waaghalsigheid verwonder.  By ‘n latere geleentheid was ek byvoorbeeld met vyftien man by Rietvlei, naby Swartruggens, op verkenningswerk uit toe ons skielik ‘n berede Engelse troepeafdeling met die grootpad van Swartruggens na Groot Marico sien naderkom. Ons jaag oor die pad om aan die oorkant in die rant veiligheid te gaan soek.  Die Engelse gewaar ons en begin om ons met hul kanonne te bestook.  Jan Botha steur hom egter geensins daaraan nie, maar sit nog houtgerus en koffie drink by een van die huise aan die onderkant van die pad.  Toe hy ons ander uiteindelik agternasit, was die Engelse al baie naby.  Hulle gewaar hom en konsentreer toe al hul kanonvuur op hom.  Ons hou die petalje vanaf die rant dop.  Hy bly maar ewe ongeërg op ‘n stappie voortry onderwyl die stof kort-kort rondom hom opslaan en die koeëls om hom fluit en kom sonder ‘n skrapie, nog steeds stappende, by ons aangery.

Eindelik het die blye dag aangebreek dat sommige van ons weer perde kon bekom.  Al die manne van die grenswag kon toe nie geholpe raak nie omdat daar te min perde was.  Die Veldkornet kies toe ‘n klompie kêrels uit aan wie hy elk ‘n perd wou gee.  Ek was toe ook een van die gelukkiges wat ‘n kans gekry het om vir my een uit te soek.  Ek het vir my ‘n jong ongeleerde blou poon gaan vang en hom die naam  “Vêrplie” (Fairplay) gegee.

Ons kommando het hom op daardie tydstip in die omgewing van Brakkloof bevind.  Ek en Jan Venter, wat ook ‘n perd gekry het, besluit toe om vanaf Rondawelskraal, waar ons toe was, ons kommando te gaan opspoor.  Ons ry al langs mekaar in die rigting van Swartruggens, terwyl hy my jong perd aan die halterriem hou.

Hoe dit presies gebeur het, weet ek nie, maar meteens bevind ons ons tussen ‘n klompie Engelse wat skielik van agter ‘n rantjie te voorskyn kom en tussen die bome deur in dieselfde koers as ons beweeg.  Dit was ‘n klompie verkenners wat gelukkig geen aandag aan ons skenk nie en dus geen onraad bespeur nie omdat ons in die selfde rigting gaan.

My maat vra:  “Wat nou?”

Ek sê:  “Ry draf!”

Die Engelse ry gewoonlik nie op ‘n galop nie.  So gaan ons toe al drawwende voort saam met die vyand van een koppie na die ander totdat hulle naderhand stilhou om die omgewing te bekyk.  Maar toe het ons al so ongemerk onder hulle uitgedraf en weggeswenk.  Dit sou te gewaagd gewees het om te probeer wegjaag omdat die jong perd heel moontlik kon weier om te hardloop.

Ons ry toe oor ‘n nek in die rant, regoor Bosatsi se stat tot in die grootpad wat deur die kant van die stat loop. Daar sien ons aan die spore in die pad dat ‘n aansienlike aantal ruiters kort voor ons aankoms daarlangs moes getrek het.  Ons het geen vertroue in die swartes gehad nie en ons het ook nie gaan probeer om by hulle uit te vind of dit Engelse of Boere was nie.  Ons ry toe maar voort.

‘n Paar kilometer verder, waar die pad met ‘n draai deur ‘n kol hoë bome lei, kom ons skielik op ‘n laer af wat daar uitgespan staan.  My oog val op ‘n klomp Tommies wat aan die linkerkant van die pad onder die bome besig was om kos te maak.  Ek sê aan my maat wat nog steeds my perd aan die halterriem vashou:  “Draai, man, draai!”

Hy kyk my aan asof hy my nie begryp nie.  “Waarom moet ons omdraai?” vra hy.

“Hemel man, sien jy dan nie die Engelse nie?” vra ek.

“Man, dis ons mense!”

Ek dag toe dat hy van plan is om te gaan oorgee en sou dadelik die riem teen die halter losgesny het, maar ek was pynlik bewus van die feit dat my jong perd botweg sou weier om van sy maat af weg te breek.  My oë is op die Kakies gevestig.  Ons is alreeds dertig tree van hulle af.  Van die anderkant van die pad af roep iemand skielik: “Waar is die Kakies?”

Toe eers sien ek die Boere en sien Jan Venter die Engelse!  Dit was my swaarste oomblik gedurende die hele oorlog, want ek was vir niks so bang as om gevang te word nie.  Dit was al die tyd ons eie kommando met ‘n klompie gevangenes.

Daarna kry ‘n aantal van ons jong manne toe verlof om gou by die huis ‘n bietjie beskuit te gaan haal, onderwyl die Veldkornet met die ander manskappe so lank na Lindleyspoort terugtrek, waar ons hulle weer die volgende dag sou ontmoet.  Tuis aangekom, het elke man sy bes gedoen om ‘n klein voorraad kos te versamel en vroeg die volgende oggend was ons weer bymekaar en gereed vir die terugreis.

Ek kom toe daardie môre in aanraking met ‘n sekere jongkêrel, Hendrik van Staden, wat ons maar selde op kommando gesien het.  Onderwyl ons op pad was, begin hy ons metode van oorlogvoer heftig te kritiseer en beweer dat dit geen werklike vegtery is nie maar sommer ‘n doellose rondtrekkery.  Ek waarsku hom toe dat ons hom binne ‘n dag of wat so naby aan die Engelse sal bring dat hy sy hoed sal verloor.

Op Lindleyspoort aangekom, deel die Veldkornet ons mee dat hy berig ontvang het van ‘n Engelse mag wat aan die kom was en alreeds duskant Boshoek se nek in ons rigting aan die nader was.  Die volgende môre neem ons op Krokodildrif posisie in op ‘n streep rantjies wat al langs die Elandsrivier noordwaarts loop.  Toe die Engelse tot op trefbare afstand vir ons kleingeweervuur genader het, brand ons op hulle los.  Onmiddellik trek hulle hul kanonne reg en begin om ons te bestook.

Ons burgers was in die rantjies taamlik goed teen die bombardement beskut, maar ons perde was nie so veilig nie.  Gedurende so ’n skermutseling was die welsyn van jou perd die eerste waaraan jy gedink het, van  hom het grootliks jou eie veiligheid afgehang. Sonder jou rydier het jy niks beteken nie.

Om ons perde te red moes ons toe teen ons sin die hasepad kies.  Elke man laat nael net so vinnig as wat sy bene hom kan dra, spring op sy perd en jaag voort.  Toe die vyand sien ons retireer, skep hulle moed en laat die bomme nog vinniger reën.

Toe ek by Vêrplie kom, staan hy onrustig en rondtrap, terwyl hy die halterriem wat intussen op die grond afgegly het, vastrap.  My maat is reeds skoonveld en elkeen doen net wat hy kan om weg te kom.  My perd maal so verbouereerd in die rondte dat ek nie kan opklim nie, want die ongeleerde dier was nog gladnie touwys nie.  Gelukkig slaag ek naderhand daarin om in die saal te kom.  Van my maats is niks meer te sien nie.  Ek probeer om my perd aan die loop te kry, maar hy verstaan daar niks van nie.  Hy was aan die ander perd langs hom gewoond en weier beslis om koers te vat.

Meteens bars ‘n bom kort agter ons.  Gelukkig neem hy toe van skrik die loop en ons jaag in volle vaart onder die vyand se koeëls uit.

Toe ek weer by my maters aanland, sien ek Hendrik van Staden met ‘n doek om die kop ry.  Sy hoed het met die vinnige vlug verloor en hy het nie die moed gehad om hom weer te gaan optel nie.  Ek het nooit kon dink dat my woorde aan hom twee dae vantevore om op te pas dat hy nie nog binnekort uit sy hoed sou vlug vir die vyand nie, so gou en so letterlik bewaarheid sou word nie.

Daardie aand was Hendrik die voorwerp van die jonges se lag en spot.  Hy het later, toe hy ‘n geskikte geleentheid kry, stilletjies van die toneel verdwyn.  Of hy van toe af by die huis gaan sit het of gemene saak met die vyand gaan maak het, weet ek nie.

 

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 883 gaste aanlyn