NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hierdie wonderlike woorde geld ook vir elke kind van die HERE:"Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak." Jeremia 1:5

MET RYPERD EN MAUSER (4)

(Lees reeks by Met Ryperd en Mauser)

WEER NA DERDEPOORT

Dr JP Botha

Eers in Februarie 1900 het ons klompie vrywilligers uiteindelik verlof gekry om ‘n bietjie huis toe te gaan.  Sommige van die burgers  - ek inkluis  -  ly toe alreeds aan malaria.  Ek kon die huis skaars haal en moes ‘n tydjie in die bed deurbring.

Oom Flippie van Vuuren, ons veldkornet, was ook met verlof. Vroeg op ‘n sekere oggend kry ons van hom kennis om op die plaas Brakspruit bymekaar te kom. Daar aangekom vorm ons ‘n kommando’tjie van omtrent vyftien man sterk. Hy vertel ons dat hy berig ontvang het dat die laer by Derdepoort deur die Bagatlas omsingel en vasgekeer is. Ons moes dadelik soontoe gaan om te kyk wat ons aan hulle haglike posisie kon doen. So begin ons reis weer die boswêreld in. Hierdie tog het my uithoudingsvermoë tot amper op sy breekpunt gespan, want die koors het my toe nog kwaai beet.

Voordat ons die bewoonde wêreld heeltemal verlaat het, ry ons op ‘n plaas aan waar ‘n ou oom en tante en ‘n paar groot dogters gewoon het. Hulle was baie gasvry en die ou tannie nooi ons vriendelik na binne en vra of ons nie elkeen ‘n bietjie dikmelk wil drink nie.  Amper tegelyk het al die kêrels ja gesê.  Met die uitsondering van twee was ons almal nog jongkêrels en het maar baie na die kant van die mooi jongmeisies geloer!

Die tante het nog ‘n aantal van die groot bont kommetjies besit wat sy met behulp van haar dogters toe volgemaak en op die tafel geplaas het.

“Help julle maar self, neefs, “ nooi sy ons. ‘n Hele paar spring tegelyk op.  Ons het darem al te lus vir die heerlike versterking gehad!  Onderwyl een van die kêrels buk om die groot kommetjie met albei hande op te tel, neem ‘n tweede een sy kommetjjie sommer bo-oor hom. Die eerste kom skielik orent, met die gevolg dat sy kop hard met die boom van die kommetjie bots sodat dit vinnig omkeer en die hele inhoud mooi netjies oor hom uitstort. Jy sien net dikmelkstraaltjies deur sy hare, oor sy rug tot in sy haakskene tap. Meteens is daar ‘n doodse stilte.  Die twee kyk mekaar beteuterd, sonder ‘n woord aan. Die meisies kyk na mekaar en sê ook eers niks nie. ‘n Paar van ons kies die deur en skater dit toe buite uit. Ek kan my  nie voorstel dat ons klompie ooit weer gedurende ons kommandolewe so ‘n vermaaklike voorvalletjie belewe het nie. As die leser die veroordeelde uitdrukking in die wilde oë van ons bedikmelkte vriend kon sien, sou u heerlik saamgelag het.

Ons was omtrent sestig kilometer die boswêreld in, toe die malaria my weer straf beetpak. Die son is ondraaglik warm en die los, swart turfvlaktes strek eindeloos na vorentoe uit. Die arme perde word tam om sonder pad deur die bedrieglike turfpotte te sukkel. Van water is daar nie eens meer sprake nie; die bietjie wat jy nog het is so warm soos die son self.

Uiteindelik kom die bevel om af te saal en ‘n bietjie te rus. By die perde word ‘n paar wagte geplaas, want die gebeure by Kaja-se-put het ons op ons hoede geplaas teen ‘n verderflike verraderlike aanval van die swartes.

Die manne lê met koppe teen die saals en rus. Ons was só moeg dat die meeste kêrels gou-gou vas aan die slaap was. Ek lê eenkant met toe oë en met ‘n kop wat van die stekende pyn kon bars.  Skielik knal daar vlak by ons ‘n paar oorverdowende poena-skote en ons hoor ‘n harde geskree:  “Swartes!  Swartes!”

Alles is dadelik in rep en roer soos ons opspring en vaal van die skrik met geweers in die hand in alle rigtings loer.  Toe hoor ons meteens oom Flippie se skaterende gelag en sien hom ‘n endjie daarvandaan staan terwyl hy die uitwerking van die poets wat hy ons gebak het met ondeunde oë gadeslaan en geniet. Maar alhoewel ons verligting groot was, kon  niemand juis saamlag nie, want ons skrik was nog groter. Ons wis maar al te goed dat daar geen genade vir ‘n burger sou wees wat in die hande van die swartes sou val nie. Jy gaan eenvoudig ‘n wrede marteldood tegemoet wanneer jy oorgee. Hierdie petalje het my hoofpyn nog vererger.

‘n Endjie verder kom ons ‘n klompie burgers teë wat ons verseker dat dit ‘n vals gerug is dat die Derdepoortse laer vasgekeer is. Al die moeite en ontbering was dus boonop nog onnodig!

Daardie twee dae terug huis toe staan in my geheue gegrif as die swaarste rit wat ek nog ooit te perd moes aflê.  Die warm son is vir iemand met ‘n strawwe koors gewoonlik onuithoubaar en dit val te begrype hoe lastig jou geweer en patroonbande onder hierdie omstandighede kan word. Daarby kom nog die gevoel dat die gestamp van die moeë perd se pote teen die harde turfknoppe niks anders is nie as jou kop wat daarteen stamp, ‘n gewaarwording wat nie daartoe bydra om jou humeur binne redelike perke te hou nie.

In die nabyheid van Mabieskraal, ‘n swart statjie, kom ons weer in veilige veld en gewaar ‘n klompie hoë apiesdoringbome. Ons besluit om daar af te saal en onder die heerlike koeltebome te rus.  Ons was almal baie moeg en kort daarna was die meeste van ons reeds vas aan die slaap.

Na ‘n rukkie kom daar by ons ‘n ou Engelsman aangestap. Hy was ‘n Rooms-Katoliek. Ons het hom almal geken omdat hy so baie rondgetrek het. Sy besoek was hoogs onwelkom, want ons wou liewers ongestoord rus. Hy begin toe met ‘n paar van my maats te gesels en ewe grootpraterig vertel hy vir hulle hoe dwaas die Boere is om teen ‘n magtige wêreldmoondheid soos Groot-Brittanje te veg. Toe ek naderhand sy slimstories nie meer kon utstaan nie,  ook weens die geprikkelde toestand waarin ek verkeer het, lig ek my kop uit die saal, neem my mauser en beveel hom om onmiddellik sy geklets te staak en te maak dat hy wegkom, of anders plant ek ‘n mauserkoeël in sy groot maag.

Dit was nie nodig om my dreigement uit te voer nie, want hy het dadelik op onwaardige wyse die aftog geblaas.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1273 gaste aanlyn