Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen land het al ooit ‘n mens beroemd gemaak nie. Mense maak eerder ‘n land beroemd. Daarom is die geskiedenis van die mensdom onder andere ook die lewensbeskrywing van eerbare leiers wie se volksliefde vir knoeiers en verraaiers ‘n verleentheid was.
VIND LIEWER UIT WAT BEHELS DIE VIERDE INDUSTRIëLE REVOLUSIE
Daar word reeds in die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia openlik gepraat oor die Vierde Industriële Rewolusie, asof dit ‘n goeie ding is, iets natuurliks wat logies volg ná die Derde Rewolusie. Maar dit is duidelik dat die onderhoudvoerders nie ‘n benul het wat dit werklik behels nie; dat dit ‘n opvolg opdrag van die Nuwe Wêreldorde is, ‘n pad na die volgende slagveld waarin hulle die wêreldbevolking gereed maak vir die finale ekonomiese digitale oorname en onderwerping aan die Eenwêreld Regering.
Die UK.GOV-webwerf vat dit as volg saam: “Die Vierde Industriële Rewolusie is van ’n skaal, spoed en kompleksiteit wat ongekend is. Dit word gekenmerk deur die samesmelting van tegnologieë soos kunsmatige intelligensie, redigering van menslike gene en gevorderde robotika –wat die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêreld laat vervaag.” Dus, die vordering om die mens deur middel van transhumanistiese metodes te verander sodat die beeld van God uit diesulkes uitgewis moet word. Dit is in alle geval wat die satan glo, dat hy dit kan regkry om God se beeld van die aarde af weg te vee deur mense se DNS te verander.
Vir alles wat God doen, het die satan 'n namaaksel/vervalsing. In die Bybel het God sy volk tien gebooie gegee wat aanvanklik op twee kliptafels was, wat die beginsels is waarop lewe in sy Koninkryk in verhouding met Hom gestaan het. Op dieselfde manier is daar tien beginsels wat die ideale van die sataniese Luciferiaanse stelsel van die Nuwe Wêreldorde uiteensit – wat in verskillende tale opgestel is, duidelik vir almal om te sien, op kliptafels wat bekend staan as die “Georgia Guidstones”. Gaan google dit gerus: Tik in “Georgia Guidestones-description” en kyk daarna op ‘google images’. Die kliptafels is in 1980 opgerig deur ‘n persoon met die skuilnaam R.C. Christian.Die eerste item wat daar op die New World Order Agenda verskyn en op die tafels aangebring is, is: "Handhaaf die mensdom onder 500 000 000 in ewige balans met die natuur." Met ander woorde, soos ook in ander geskrifte aangedui is, is die doel om die wêreldbevolking tot 500 miljoen te verminder, wat die hoeveelheid is om prakties ten volle te beheer. Aangesien daar tans sowat 7 miljard mense is, is dit die bedoeling om uiteindelik ongeveer 6,5 miljard mense te dood! Nou word hierdie ontvolkingsagenda (wat jare lank ook bekend gestaan het as Agenda 2 – dit verwys na die jaar 2021) versnel met supersteroïedes, soos wat met die COVID-entstowwe en meer en meer inentings wat moet volg, uitgerol gaan word.
WAARHEEN LEI DIT ALLES?:
Baie verskillende Transhumanisme-patente is al jare gelede ingedien, voordat die algemene publiek ooit van die COVID-pandemie gehoor het. Een van die berugste is die Microsoft-patent: US16138518 van Maart 2020 en sy wêreldpatent WO2020060606 (let op die 3 sesse, 666) - KRIPTO-GELDEENHEID deur die gebruik van liggaamsaktiwiteitsdata. Menslike liggaamsaktiwiteit wat verband hou met 'n taak wat aan 'n gebruiker verskaf word, kan gebruik word tydens 'n delfproses van 'n kripto-geld-eenheidstelsel. 'n Rekenaarbediener kan 'n taak verskaf aan 'n toestel van die gebruiker wat aan die rekenaarbediener gekoppel is. 'n Sensor wat gekoppel is aan die toestel van die gebruiker, kan die liggaam se aktiwiteit van die gebruiker monitor. Liggaamaktiwiteitsdata sal gegenereer kan word op grond van die waargeneemde liggaamsaktiwiteit van die gebruiker. Die kripto-geld-eenheidstelsel wat gekoppel is aan die toestel van die gebruiker, sal dan verifieer of die liggaamsaktiwiteit voldoen aan een of meer voorwaardes wat deur die kripto-geld-eenheidstelsel gestel word, en dan kriptogeld toeken aan die gebruiker wie se liggaamsaktiwiteitsdata geverifieer is.
Dit alles klink baie ingewikkeld. Wat beteken dit in die praktyk? Wel, in die komende Nuwe Wêreldorde, wat oorheers sal word deur die Eenwêreld-regering en Eenwêreld-geldeenheid (wat in die Bybelboek Openbaring voorspel is), sal absoluut in elke aspek van die lewe gekoppel wees aan die Slim-Rooster-Internet van dinge, naamlik water, elektrisiteit, vervoer/reis, alle bedryfs- en ekonomiese transaksies, ensovoorts, wat hierdeur sal werk, en wat volledige beheer oor alle hulpbronne en alle aspekte van die samelewing moontlik sal maak. In die kontantlose samelewing wat op ons wag, sal persone wat hulle digitale kripto-geld-salaris wil hê, alles moet doen wat voorgeskryf word, gehoorsaam soos ‘n slaaf, en die nano-deeltjie-toestelle in hulle liggame wat hul monitor, sal seker maak dat hulle dit wel gedoen het.
Hier is 'n hipotetiese voorbeeld van hoe dit kan werk: Die regering se alsiende AI (staan vir “Artificial Intelligence” of Kunsmatige Intelligensie in Afrikaans) gee u opdrag om na 'n spesifieke gebou te gaan om die toilette skoon te maak vir die hele dag – en u sal betaal word met ’n ononderhandelbare hoeveelheid digitale kriptogeld-krediete wat hulle besluit om in u bankrekening te plaas. As u dit nie wil doen nie, omdat u nie 'n toiletskoonmaker wil wees nie, sal dit opgetel word deur die nano-slimstof-sensors in u liggaam, wat elke ligging, beweging en biometriese data van u liggaam uitsaai, terug na die regering se AI, deur die draadlose 5G-sensorkoppelvlakke (“interfaces”). U sosiale kredietpunt sal verlaag word om alle aktiwiteite in die samelewing vir u te beperk, so ook alle reismoontlikhede , en u sal geen digitale geldeenheid-krediet in u rekening ontvang nie, as gevolg van die versuim om die taak te doen wat aan u opgedra is.
Ons beskryf dus hier die volslae onderdanigheid aan die Eenwêreldregering wat deur die satan en sy trawante beheer word. Dit is die dinge wat waaraan die Vierde Industriële Rewolusie gekenmerk sal word. Die vermoede bestaan dat die SAUK se onderhoudvoerders met minder opwinding daaroor sal praat indien hulle geweet het waaroor dit werklik gaan!