Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kundigheid vloei soos ‘n sterk stroom deur ‘n eerbare volksleier se lewe sonder dat hy daarmee te koop loop. Hy dra dit soos ‘n sakhorlosie uit die oog en haal dit net uit as iemand daarna vra.
GOD’S WAARSKUWING OOR COVID-INSPUITINGS
Anita Joubert
Antwoord aan ’n vriend wat my gevra het oor ons opinie omtrent die inspuiting
Ek het nie professionele mediese kennis nie, maar daar is baie inligting beskikbaar daaroor. Gaan soek dit gerus op die internet.
Wat ek egter kan doen en graag wil doen, is om jou op geestelike gebied te waarsku. Daar is een ding wat ons as Christene baie goed moet besef. Wanneer ons met die werk van Satan te doen het, dan dan moet ons onthou dat Jesus in Johannes 8:44 vir die Fariseërs gesê het dat hulle vader die duiwel is; en dat hy van die begin af ’n moordenaar was. Hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie.
Toe Eva vir die slang gesê het God het gesê dat hulle nie van die vrugte van die boom in die middel van die tuin mag eet nie, want dan sal hulle sterf, het Satan onmiddellik vir haar gelieg en gesê: “Julle sal beslis nie sterf nie.”
Ons moet vir geen oomblik dink dat die merk van die dier saam met ’n advertensiebordjie gaan kom, waarop geskryf staan: “Kry gerus hierdie merk en gaan dan reguit hel toe,” nie. (Op 14:9). Daar sal verseker daaroor gelieg word en dit sal onder valse voorwendsels gegee word.
Ek het nooit in my lewe gedink dat ek in my leeftyd, voor my eie oë, die profetiese boek Openbaring sou sien afspeel soos wat nou gebeur nie. Ons moet onthou dat die sewe briewe wat aan die sewe gemeentes, in opdrag van Jesus, geskryf is, ook profeties is van die sewe tydperke in die kerkgeskiedenis wat mekaar een na die ander opgevolg het. Ons was gedurende die twintigste en die een en twintigste eeue in die tydperk van die gemeente van Laodisea in Openbaring 3. Dit is die lou, selfvoldane en selfgesentreerde kerk vir wie Jesus gesê het dat hulle eerder warm of koud moes wees. Hulle was egter lou, en daarom sou Hy hulle uit sy mond spoeg, het Hy gesê. Hierdie gemeente verteenwoordig die laaste periode van die kerkgeskiedenis. Ons is reeds daar verby en ons trek nou by Openbaring 6:8 waar ons lees van ’n kwart van die wêreld se bevolking wat gaan sterf deur die swaard, hongersnood en pes, asook deur wilde diere.
Baie mediese dokters wat die moeite gedoen het om presies vas te stel wat die inhoud van hierdie eksperimentele inenting is (om ons nou glo immuun te maak teen ’n virus wat spesiaal gekweek is om ons siek te maak) is oortuig daarvan dat miljoene mense binne die volgende paar jaar weens ’n immuniteitsgebrek gaan sterf.
Jesus het in Lukas 17:26-30 gesê dat dit in die laaste dae, in die tyd van die Seun van die Mens, net so sal gaan soos in die tyd van Noag en Lot. Ons kan maar net rondom ons kyk om te sien dat dit alreeds ’n geruime tyd gaan soos in die tyd van Lot en Sodom en Gomorra. ’n Mens verstom jou vir al dieselfde geslagspaartjies wat jy sien en wetgewing vir huwelike van mense met dieselfde geslag. Ek dink soms dat ek my nogal kan indink hoe arme Lot moes gevoel het.
Wanneer ons gaan lees oor die tyd van Noag, dan besef ons dat die sondvloed nie plaasgevind het net omdat die mense sonde gedoen het nie. In Genesis 6:1-4 lees ons van die engele wat in sonde geval het deur vir hulle vrouens op die aarde te kry en by hulle kinders verwek het. Sodoende is daar reuse gebore. Hierdie reuse was nie meer suiwer mense nie, maar half mens, half demoon. Hulle het veroorsaak dat die hele mensdom van daardie tyd só begin sonde doen het, dat dit die Here bedroef het dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom gegrief, lees ons in Genesis 6:6. Wanneer ons die Apokriewe Boek van Henog lees, dan leer ons baie meer van wat alles daar gebeur het. Die Boek van Henog, alhoewel dit nie in die Bybel opgeneem is nie, word deur die Bybelskrywers as baie gesagvol beskou. Ons sien dat daarna verwys word in die brief wat Judas geskryf het. In Genesis 6:13 lees ons dat die aarde korrup was in die oë van die Here.
In Henog 10:3 word vertel van ’n engel wat gestuur is om vir Noag te gaan sê dat sy saad bewaar sal word vir die geslagte van die wêreld. Hy was dus die enigste mens wie se saad behoue kon bly vir ’n nuwe geslag mense na die sondvloed. Die ander mense se saad was bederf deur al die demoniese bedrywighede waarin hulle betrokke was. In Petrus 1:23 skryf Petrus vir ons dat ons wedergebore word deur die “onverganklike” saad van God.
En dit is nou my hele punt. Die navorsers van die Nuwe Wêreldorde het baie navorsing gedoen vir baie jare lank, voordat hulle dít begin doen het waarmee hulle nou besig is. Ek het seker vir twintig jaar lank artikels van die internet afgelaai van mense in Amerika wat hulleself “The Global Vision Watch” genoem het. Hulle het hierdie navorsers geïnfiltreer en die mensdom probeer waarsku oor wat besig is om te gebeur met die navorsing oor nanotegnologie en transhumanisme. Van vroeg ná die Tweede Wêreldoorlog al, het ouens soos Joseph Mengele navorsing gedoen en vasgestel dat daar niks op aarde is soos vrees om mense mee te beheer nie. Met hierdie gekweekte virus het hulle briljant daarin geslaag om vrees by die mense te kweek.
Ek het self ’n omslag gesien waarin van die sogenaamde inentingstof verpak was en waarop daar ’n lys van die inhoud van die botteltjies verskyn. Die inenting bevat weefselselle van geaborteerde babas. Hierdie is vir die meeste van ons geen nuwe nuus nie. Maar ons moet vir geen oomblik dink dat dit onskuldige ou babatjies is wat toevallig geaborteer het nie. Hierdie babas is in satanistiese rituele verwek, spesifiek met die doel om geaborteer te word en vir hierdie doel gebruik te word, op die mees wrede manier denkbaar. Hulle mag nie dood wees wanneer die entstof op hulle weefsel gekweek word nie. Die Nuwe Wêreldorde is dus weereens besig om ’n hele wêreldbevolking se saad en hulle DNS te korrupteer. Ons moet ook nie dink dat hulle by een inenting gaan stop nie. Elke nuwe variant van die virus gaan ’n nuwe inenting vereis, en sodoende kry almal nog ’n bietjie van die gemors in wat ons wil en emosies so gaan onderdruk, dat ons later nie meer lus gaan wees om die Here te dien nie.
Paulus sê in Efesiërs 5:27 dat Jesus terugkom vir ’n Bruid, sonder vlek of rimpel, heilig en onberispelik. Dit is Satan se grootste genot om die Bruid van ons Here Jesus skade aan te doen en haar te besmet.
In Matteus 24 lees ons dat Jesus vir sy dissipels gesê het dat wanneer hulle al die dinge sien gebeur, moet hulle die berge moet invlug. Wat baie interessant is, is dat toe Jerusalem in 70 n.C. deur die Romeinse leër omsingel en vernietig is, het die vroeë Christene onthou wat Jesus gesê het. Hulle het uit die stad, die berge in, gevlug. Die Joodse geskiedskrywer, Flavius Josephus, het geskryf dat duisende van die vroeë Christene met hulle lewens daarvan afgekom het; en dit terwyl in daardie tydstip reeds ’n miljoen Jode in Jerusalem gesterf het; net omdat hulle ag geslaan het op Jesus se woorde en sy waarskuwing.
Ekself het ook een oggend oor hierdie saak gebid en vir die Here gevra wat ek vir mense hieroor moet sê wanneer iemand my vra. Die Here het my aan hierdie gebeure herinner en gesê: “Sê vir mense hulle moet My self vra. Ek sal hulle antwoord. Lees my Woord, gee ag op wat daarin staan.”
Jesus is ons Redder, verseker nie ’n inspuiting nie. Gaan lees asseblief weer wat daar staan in Openbaring 14:9. Ons kan nie met ons ewige toekoms speel nie.
Ek hoop my antwoord aan jou maak julle besluit makliker.