NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

"Pilatus sê vir Hom: Wat is die waarheid?" – Johannes 18:38

Pilatus het goed geweet wat die waarheid was, maar het onder druk van die Jode (terwyl hy geweet het Jesus is onskuldig) steeds voortgegaan om die gepeupel ter wille te wees.

Hy het ook gemaak of hy nie verstaan wat Jesus bedoel met: "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie". Uiteindelik verloor Pilatus die stryd teen sy eie gewete!

Pilatus se sonde, sy politieke bande, sy vrees, bind hom om Jesus nie vry te laat nie. Pilatus se morele agteruitgang het stap vir stap tydens die verhoor van Jesus van hom 'n patetiese, vreesagtige pion gemaak en hom verbitterd gelaat.

Die les hieruit vir ons is dat ons lewens in die waarheid gegrond moet wees. In Jesus se woorde moet ons die stem van God hoor anders sal ons lewens ook in ongeloof en bitterheid eindig!

PRESISIEVOEDING TOT VOORKOMING VAN ALTZHEIMERS... (2)

... IN APOE4-DRAERS (APOLIPO-PROTËIN E)

Insulienweerstand en Glukosemetabolisme

Insulienweerstand is 'n sentrale kenmerk van Altzheimer se siekte. Pasiënte met Altzheimer se siekte toon wydverspreide verswakking in serebrale glukosemetabolisme. Interessant genoeg blyk insulienweerstand en ApoE4 'n sinergistiese effek te hê. Die relatiewe risiko vir die ontwikkeling van Altzheimersiekte met tipe II-diabetes alleen is 1.8, terwyl die bykomende teenwoordigheid van 'n ApoE4-variant die relatiewe risiko tot 5.5 verhoog. Ook opvallend is dat PET-skanderingstudies toon dat kognitief normale middeljarige ApoE4-draers verswakte serebrale glukosemetabolisme het, in vergelyking met nie-draers.

Presisie-voedingsoorwegings

Voeding vir ApoE4-draers moet fokus op die voorkoming van insulienweerstandigheid. Ware insulienweerstandigheid word gewoonlik gekenmerk deur hiperinsulinemie (wanneer daar abnormale hoë insulienvlakke in die bloed is) en 'n toename in vastende insulien. Dit kan bereik word deur middel van lae-glisemiese indeks of lae-koolhidraatdiëte. Interessant genoeg is daar gesien hoe hoë-koolhidraat diëte bydra tot AS. Onder Nigeriërs byvoorbeeld, is daar ‘n hoë voorkoms van ApoE4 maar omdat hulle ‘n kwart van die hoeveelheid suiker gebruik as wat Amerikaners doen, is daar ‘n baie lae voorkoms van Altzheimers.

Die optimalisering van insuliengevoeligheid deur 'n lae-glisemiese indeksdieet dwarsdeur die lewensloop te eet, kan help om serebrale hiperinsulinemie te vermy. Verder kan die vermyding of omkering van insulienweerstandigheid deur 'n lae-koolhidraatdieet te eet, help om hipertensie te verbeter en vermoedelik serebrale bloedvloei optimaliseer, soos veral getoon is in ApoE4-draers in die onlangse Yamazaki-studie.

Ketogeniese Diëte

Op die spektrum van lae-glisemiese indeks- en lae-koolhidraatdiëte, kan 'n meer gevorderde opsie 'n ketogeniese dieet wees. Ketogeniese diëte is 'n vorm van terapeutiese koolhidraatbeperking waarin koolhidraatinname tot 'n vlak verminder word (gewoonlik onder ~25 g netto koolhidrate per dag) waar die liggaams- en/of dieetvet in die ketoonliggaam, βhB, omskakel. Dieet-geïnduseerde ketose (βhB > 0.5–5 mM) verskil van die gevaarlike toestand diabetiese ketoasidose. Ketogeniese diëte is ook komplementêr met baie ander dieetstrategieë, insluitend vegetariese, karnivoor- of Mediterreense diëte.

Alhoewel ons hier op siektevoorkoming gaan fokus, is dit die moeite werd om daarop te let dat dieetintervensies wat ketone verhoog, effektief geblyk het om simptome by mense met Altzheimer se siekte te verbeter, deur 'n alternatiewe bron van brandstof, in plaas van glukose, aan die brein te verskaf.

Ketogeniese diëte kan help om AS-risiko te verminder via veelvuldige biologiese meganismes. Dit kan inflammasie, oksidatiewe stres, mitochondriale disfunksie en ander basiese metaboliese toestande wat bydra tot metaboliese siektes soos AS, verminder. As 'n lae-koolhidraat dieet, kan 'n ketogeniese dieet moontlik ApoE-gemedieerde lipiedvervoer verbeter.

Hoewel geen langtermyn navorsing hieroor bestaan nie, het 'n onlangse menslike studie waargeneem dat ketogeniese diëte en βhB 'n nuut gevestigde merker van breinveroudering en breinnetwerkstabiliteit, verbeter het, terwyl koolhidraatryke diëte die breinnetwerkstabiliteit benadeel het. Dus dui meganismes en opkomende data daarop dat die aanneem van 'n leefstyl van lae-glisemiese indeks, lae-koolhidraat en ketogeniese diëte kan help om teen insulienweerstandigheid te beskerm, patologiese inflammatoriese prosesse te voorkom, en 'n algehele effektiewe neurobeskermende strategie in draers van ApoE4 kan wees.

Mediterreense Dieetkomponente

Die Mediterreense dieet word geassosieer met lae voorkoms van AS en verbeterde siekteprogressie met een studie wat daarop dui dat volgehoue nakoming daarvan die risiko van kognitiewe inkorting met 33% kan verminder.

Interessant is dat draers van ApoE4 wat in Italië woon en 'n tradisionele Mediterreense dieet vir die grootste deel van hul lewe geëet het, net so geneig as nie-draers is om ouer as 95 (vir mans) en 99 (vir vroue ) te word. In teenstelling hiermee het geneties soortgelyke Italiaanse ApoE4-draers wat in die Verenigde State woon, 'n verminderde kans gehad om oud te word – (kansverhouding 0.29, p < 0.01).

Ekstra suiwer olyfolie

Ekstra suiwer olyfolie bevat neurobeskermende fenoliese verbindings, insluitend oleokantaal en hidroksietirosol wat getoon het om die menslike vaskulêre selle te beskerm. Daar is ook getoon dat twaalf weke se ekstra suiwer olyfolie-verbruik by mense, ABCA1-uitdrukking met 16% verhoog, tesame met 'n verhoogde cholesterol-uitvloeikapasiteit. 'n Soortgelyke effek in die brein kan help om astrosietlipiedmetabolisme te verbeter. Kortliks, die epidemiologie van die Mediterreense leefstyl en die teenwoordigheid van veelvuldige meganismes waardeur olyfolie en sy bestanddele kan help om AS te voorkom, maak 'n sterk saak dat dit 'n beskermende rol in ApoE4-draers se diëte kan speel.

Sekere Groente

Verbindings wat in sekere lae-koolhidraatgroente voorkom, kan ook saam werk met ekstra suiwer olyfolie. Byvoorbeeld, kwersetien, 'n antioksidant wat in die hoogste konsentrasies in kappertjies en rooiuie voorkom, verminder ook NFκB- en MMP9-aktiwiteit . 'n Tipiese Westerse dieet bevat ongeveer 10 mg kwersetien maar mens hoef  slegs twee eetlepels kappertjies in te neem dit te herstel, alhoewel aanvulling geregverdig kan wees om 'n terapeutiese dosis te bereik. Sulforafaan, wat ook in kruisblomgroente soos broccoli, broccoli-spruite, blomkool, brusselse spruite en rucola voorkom, kan NFκB-aktiwiteit en MMP9-uitdrukking met soveel as sewe keer verminder.

Vetterige Vis

Vetterige vis is 'n laaste belangrike deel van Mediterreense diëte, met wilde salm, makriel en sardientjies wat miskien die gesondste en mees beskikbare is. Hierdie voedselsoorte is 'n ryk bron van die twee langketting omega-3-vetsure, eikosapentaeensuur (EPA) en dokosaheksaeensuur (DHA). DHA is veral noodsaaklik vir breinfunksie. DHA-vlakke in die brein is laer by mense met Altzheimersiekte in vergelyking met kontroles. DHA word geassosieer met laer voorkomssyfers van Altzheimersiekte. Diegene wat 'n konserwatiewe benadering wil volg, kan kies om meer as die standaard aanbeveling van twee porsies vetterige vis per week te verbruik.

DHA-dosis en tydsberekening maak ook saak. ApoE4-draers benodig moontlik hoër DHA-dosisse omdat hulle DHA teen groter tempo's β-oksideer as nie-draers.

Vermy Alkohol

Alhoewel ligte alkoholgebruik oor die algemeen geassosieer is met 'n verlaagde risiko van Altzheimer se siekte, blyk hierdie verband nie te geld in ApoE4-draers nie. Die gebruik van enige hoeveelheid alkohol kan die risiko van Alzheimer se siekte vir ApoE4-draers verhoog. In een studie is beide ligte en matige alkoholgebruik geassosieer met verbetering in leer en geheue vir nie-draers, maar met 'n afname in leer en geheue vir draers. Ander studies het bevind dat ApoE4-draers wat een of meer keer per maand alkohol verbruik het, 'n hoër risiko vir Altzheimer se siekte gehad het as diegene wat nooit alkohol verbruik het nie en die risiko van Altzheimer se siekte vir draers het toegeneem met toenemende hoeveelhede alkoholverbruik.

In die laaste aflewering kyk ons volgende keer na voedingaanvullings.

Voeding.../3

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 13137 gaste aanlyn