Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die allesdaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!
DIE NUWE ERFSONDE
Anton Barnard
Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings aangemeld word, met die ware verkragtingsyfer waarskynlik vier of vyf keer groter as slegs 60000. Mens hoef ook net na kleintjies op die kleuterskool se speelgrond te kyk, en te sien hoe gemeen hulle met mekaar kan wees, om te begin vermoed dat die konsep van die erfsonde nie so ver van die kol is nie. Niemand hoef daardie kleintjies te leer om gemeen te wees nie. Dit kom van binne. Dis deel van die mensdom se aard.
Die konsep van die inherente boosheid van die mensdom, asook dié van die erfsonde, is egter gekaap deur die linkses en die politiek-korrektes wat bid by die altaar van anti-rassisme, en verwring en verdraai na iets wat hulle agenda pas. Dit is op ‘n slinkse en siniese wyse gedoen, op ‘n manier wat ontwerp is om bykans na die Christelike konsep van inherente boosheid en erfsonde te klink, en om sodoende die ordentlikheid en skuldgevoelens van die teikens daarvan, blankes, uit te buit.
Waar die Christelike geloof dit duidelik stel dat alle mense boos is, het die kultus van anti-rassisme dit verwring en verdraai en sekeres kwytgeskeld van hierdie albatros om die nek. Dit is dus nie meer almal wat boos is nie, maar slegs blankes en spesifiek blanke mans, en in Suid-Afrika nog meer spesifiek heteroseksuele, Afrikaanssprekende blanke mans. Diegene wat nie deel is van hierdie groep nie, word op ‘n soort kontinuum van hulle boosheid onthef: homoseksuele wit mans is nie heeltemal so boos nie, al tel hulle velkleur steeds teen hulle, tot by die uiterste van die spreekwoordelike swart lesbiër in ‘n rolstoel wat, maak nie saak hoe hard sy probeer nie, eenvoudig geen sonde kan pleeg nie.
Die erfsonde waaraan blanke mans glo onkorrigeerbaar skuldig is, word rassisme genoem. Maak nie saak hoe hard jy as blanke man probeer nie – jy kan probeer om jou besittings weg te gee en jouself in ‘n plakkerskamp te gaan vestig , soos wat fanatiese linkse professore op Stalinbos van die res van ons verwag , alhoewel hulle nie self so sal maak nie – is en bly jy steeds skuldig aan onkorrigeerbare rassisme. Jy kan eenvoudig nie ontkom aan jou erfsonde nie. Indien dan nie jou eie rassisme nie, dan dié van jou ouers en hulle ouers, tot in die sewentigste geslag. Dan word dit moontlik om te argumenteer dat die skreiende rassisme van regstellende aksie ook teen blanke kinders wat ná 1994 gebore is, toegepas kan word. Hulle dra immers ook die las van rassistiese erfsonde, al het nóg hulle, nóg hul ouers, ooit ‘n swartmens doelbewus te na gekom nie.
Dit is eweneens belangrik vir blanke mans om te begryp dat, in terme van hierdie verwronge dogma, slegs blankes rassiste kan wees. Al diskrimineer swartes teen blanke mans met rassistiese praktyke soos transformasie en regstellende aksie, word dit in terme van hierdie verwronge dogma moontlik om, soos hierdie briefskrywer aan Rapport dit stel, te glo dat swart-op-wit diskriminasie heel aanvaarbaar, positief en eintlik glad nie eens rassisties nie. Die ANC kan dan ook volhou dat dit heel aanvaarbaar is om te sing “Kill the Boer” en selfs die hof nader vir die “reg” om dit te sing. Onthou: Swartes kan nie hetsy boos, hetsy rassisties wees nie, en dus is “Kill the Boer” presies net so onskuldig soos daardie liedjies wat ons in die Kinderkrans gesing het.
Omdat slegs blankes boos is, en swartes nie, kan daar dus ‘n histeriese geskree opgaan as die swemmer Roland Schoeman kla oor iemand in die skare wat hom soos ‘n bobbejaan gedra, maar wanneer bejaarde blankes wreed gemartel en vermoor word tydens plaasaanvalle, kan die moderne fanatici die blaam op die bejaarde dooies self verplaas. Ons moet terloops erken dat daar ook in blanke geledere die swaksinniges is, wat maklik gebreinspoel kan word om fanatiese lede van die kultus van anti-rassisme te word, en wat ewe luidkeels help verkondig aan die kultus se dogma. Mens dink aan voormalige Vrye Weekblad-joernaliste, of aan lede van die Kaapse Moffia, as voorbeelde. Of dit aan ‘n kombinasievan swaksinnigheid en masochisme toegeskryf kan word, weet ek nie, maar elke volk het maar sy malles, verloorders en verraaiers. Dan word die slagoffers voorgehou as die eintlike skuldiges omdat hulle die aanvallers kwansuis mishandel het (en omdat die slagoffers skuldig daaraan is om blank te wees). Die aanvallers word dan die eintlike slagoffers – die barbare wat Eugene Terre’Blanche vermoor het, word byvoorbeeld valslik voorgehou as onskuldige slagoffers wat seksueel misbruik is. Maar, weer eens, dit pas in by die dogma. Swartes, selfs diegene wat iemand met ‘n panga doodkap, kan nie sondig nie.
Die les vir veral blanke mans hierin is duidelik: Jy kan so hard as wat jy wil probeer om te ontken dat jy ‘n rassis is. Jy kan, soos die hoogheilige Sampie Terre’Blanche dit wil hê, jou skuldlas omarm en al jou besittings vir die armes gee en in ’n plakkerskamp gaan woon. Jy kan uitwys dat jy nog nooit enige anderskleurige te na gekom het nie. Dit gaan jou hoegenaamd niks in die sak bring nie, omdat daar geen rede of logika by die kultus van anti-rassisme betrokke is nie. Jy en jou ongebore kinders, asook hul kinders en kleinkinders, sal vir ewig die las van julle erfsonde, julle denkbeeldige rassisme, dra.
Buiten die uitwissing van die blankes, wat nie onmoontlik is nie (teen 2100 sal Eurabië ‘n meerderheid anderskleurige inwoners hê, en in Suid-Afrika is daar ‘n verbete veldtog van etniese reiniging en moord teen blankes gemik), is daar slegs een oplossing vir hierdie dilemma. Speel die kultus van anti-rassisme se eie spel, en lei hulle na die enigste moontlike gevolgtrekking wat nie volksmoord behels nie. Daardie oplossing is om die onkorrigeerbare rassiste so ver as moontlik weg van hul sogenaamdeslagoffers te hou.
Die erfsonde van denkbeeldige rassisme kan slegs vreedsaam besweer word dmv segregasie.