NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekommernis is die sinlose proses van toelaat dat gister se probleme jou aandag van vandag aftrek en more se geleenthede vertroebel.

MATRIEKS SE SLAAGSYFER BEKOOK

Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook

André Alkema

Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.

In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regime van uiterste belang om sy beeld te poets en is dit hoogswaarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.

Met ‘n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak die 'staat' baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyservakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede.

Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regime en Sadou oor ‘n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met ‘n swak matriekslaagsyfer.

Sadou is ‘n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt ‘n alliansie-vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap.

 

Stadsrade is onbevoeg.

Die regerende party het reeds talle probleme as gevolg van kaders in stadsrade wat weens hulle onvermoë, onbetroubaarheid en laksheid in gebreke bly om dienste te lewer aan hulle kiesers.

Tans word 38 munisipaliteite in Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Oos-Kaap ondersoek vir beweerde ongerymdhede. In Suid-Afrika se hoofstad, Pretoria het die Tshwane-munisipaliteit besluit om mnr Kiba Kekana te beloon met ‘n goue handdruk van R2,3 miljoen na die beweerde onbehoorlike hantering van dié raad se geldsake en kontrakte.

In die Madibeng-munisipaliteit (Brits/Hartbeespoort) kry die voormalige munisipale bestuurder mnr Philemon Mapulane nog steeds R1,1 miljoen salaris per jaar nadat hy meer as ‘n jaar gelede geskors is. En so gaan dit aan.

Mnr Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het in Desember 2010 onthul dat dit kos R4 miljoen om 1km in die Noord-Kaap te teer terwyl die belastingbetaler in Gauteng R17 miljoen per km opdok!

Die ANC-regering het dus nodig om sy beeld by die kiesers van Suid-Afrika te poets, ook in die lig van die ongemaklikheid tussen die alliansie-vennote Cosatu en die SAKP.

Die onmin tussen die swart onderwysvakbond Sadou en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het duidelik na vore gekom toe Sadou by die aanvang van die 2010 matriekeksamen ‘n verklaring uitgereik het waarin hulle gesê het “indien die matrieks swak vaar in die eksamens vanjaar” dit nie hulle skuld is nie, maar die regering s’n. Dis natuurlik na aanleiding van die meer as twee weke lange staking vir hoër salarisse verlede jaar wat die onderwys erg ontwrig het bo en behalwe die lang sokkervakansie.

Met dié staking het die onderwysers alle openbare skole ontwrig – selfs die wat nog al die jare ‘n nul slaagsyfer het. Daarby het hulle getoon dat hulle nie ‘n greintjie respek het vir hulle professie of die toekoms van hulle leerlinge nie en dat hulle ‘n salaris eis wat nie ooreenstem met hulle produktiwiteit nie, maar met hulle behoeftes.

Die dag na Sadou se verklaring het Motshekga ook ‘n verklaring uitgereik (in antwoord op Sadou s’n) waarin sy gesê het dat mense nie bekommerd moet wees nie aangesien die matrieks goed sou vaar en die slaagsyfer 65% sou wees.

Dit is nie vêr van die 67,8% wat sy verlede week met groot fanfare bekend gemaak het nie.

Is sy heldersiende?

 

ANC rampokkerbende.

Die antwoord is nee. Want eintlik het ons te doen met ‘n rampokkerbende wat die land tans regeer en hulle sal enigiets doen om in die mag te bly.

RW Johnson skryf in sy boek SOUTH AFRICA’S BRAVE NEW WORLD (p562) dat 30% van die tagtig lede van die ANC se nuwe Nasionale Uitvoerende Raad (NUR) wat in 2008 in Pietersburg tydens hulle Polokwane Konferensie verkies is, “... either were or had been in trouble with the law for one reason or another”.

Dink maar aan die wapenskandaal waarby talle hooggeplaastes van die ANC betrokke was en wat alles deur die ANC gedoen word om dié skandaal toe te smeer – ook deur Jacob Zuma. Nou ja, almal is innocent till proven guilty.

In 2005 is die sogenaamde Travelgate skandaal onthul toe ‘n forensiese verslag 330 Parlementslede (LP’s) (uit ‘n totaal van 400) geidentifiseer het wat onregmatige voordele ontvang het. Van die DA LPs was net een, mnr Craig Morkel, by die skandaal betrokke.

Destyds het die DA 50 setels gehad, wat beteken dat 329 skuldige individue onder die ander 350 LPs getel het. Feitlik die hele ANC parlement-elite – ingesluit talle ministers – was skuldig. Dog was minder as 30 ANC LPs vervolg en die in hoë posisies kon ooreenkomste sluit om vervolging vry te spring.

Die ANC-hoofsweep, Mbulelo Goniwe, wat hierdie ooreenkomste agteraf gereël het, was self bevoordeel deur so ‘n “ooreenkoms”. Hy het egter sy werk kort daarna verloor nadat hy skuldig bevind was aan herhaalde seksuele teistering.

Harry Charlton, finansiële hoof van die Parlement, het net begin om verdere reisskandale oop te rafel van R55 miljoen toe daar van hom ontslae geraak is deur nietige aanklaggies...

Sifiso Nkabinde, die ANC voorvegter in Richmont, het nadat hy in die tronk beland het in die negentigerjare weens ‘n uitval met die ANC-leiers in Natal, onthul dat talle top ANC's betrokke was by baie bank- en transito-rowe. Sy lewe is daarna kort geknip.

 

Onderwys het ontspoor

Graeme Bloch, ‘n onderwyskenner, het in sy boek met die titel The Toxic Mix gesê dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het. Verder het hy gesê dat dit dertig jaar sal neem om dit te herstel indien die regte persone dadelik in beheer geplaas sou word. Dit het nie gebeur nie.

Vir die voorafgaande 5 jaar het die slaagsyfer van die openbare skole elke jaar gedaal met ‘n persentasiepunt of twee tot op 60,6% in 2009.

 

Die groot oorsaak hiervan is te wyte aan die sogenaamde uitkomsgebaseerde onderrigmetode (UGO) ook bekend as die PASS ONE PASS ALL metode wat deur Sadou enkele jare gelede ingevoer is om die een of ander ideologiese rede. Motshekga het aan die begin van verlede jaar (heeltemal te laat vir die 2010 matrieks) aangekondig dat UGO gestaak word.

Basiese vaardighede soos lees, skryf en somme maak was deur die jare agterweë gelaat.

Soos bewys met Progress in International reading and literacy study (Pirls) geletterdheidstoetse waaraan Suid-Afrika in 2006 deel geneem het, het die Suid-Afrikaanse leerlinge uit 40 lande en 45 onderwysstelsels heel laaste gekom.

Uit navorsing in 2007 waaraan 42 000 graad ses leerlinge uit 2 250 skole in 14 lande deelgeneem het, is aangetoon dat in Afrika, Suid-Afrikaanse skole die swakste is.

Matrieks neem basies sewe vakke in graad 12. Om matriek te slaag moet ‘n leerling ses vakke deurkom: drie met 40% en drie met 30%. Lewensoriëntering wat een van die 7 vakke is, word intern geëvalueer en is dit derhalwe makliker om 40% daarin te kry.

Dis dan ook opmerklik dat die slaagsyfer in dié vak toegeneem het van 65,5% tot 74,6%. Dit is ‘n styging van 9,1 persentasiepunte.

Wiskundige geletterdheid het met 11,3% van 74,7% tot 86% gestyg en fisiese wetenskap met 11% van 36,8% tot 47,8%. Bostaande stygings is abnormaal hoog en vra om verduideliking.

Prof. Kobus Maree, onderwyskenner van die Universiteit van Pretoria (UP), het aan Beeld gesê daar is nêrens “sistemiese bewyse”  van drastiese beter onderwys nie. Hy reken dat die antwoord vir die hoë styging dalk eerder gesoek moet word in vraestelle wat wyd in omloop was en beter afrigting vir die eksamen.

Desnieteenstaande alles, het 33% van verlede jaar se matrieks wat in 7 vakke eksamen geskryf het, nie geslaag nie. Dit is skokkend.

En om te dink dat 90% Afrikanerkinders wat tans in die openbare skole is, deel is van hierdie bestel waar standaarde gestel word sodat ‘mense’ met ‘n IK van 60 ook kan slaag.

 

Gee ons skole terug!

Ons is vasgevang in en deur hierdie demokratiese bestel en uitgelewer aan die mag van die swartes en verswaktes, rampokkers en ongeletterdes.

Ons moet daaruit kom.

Onderwys is ‘n eie saak en die Afrikaner sal, indien hy sy selfrespek wil herwin en om te kan oorleef in hierdie land, agiteer vir sy eie openbare skole - die model C-skole wat ons voorouers met hulle belastinggeld opgerig en in stand gehou het. Dié skole moet onder beheer kom van ‘n selfverkose Onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid wat ook beskerming sal verleen aan tersiêre inrigtings en opleidingsentrums asook tuisskoling en privaatskole soos die BCVO indien hulle dit sou verkies.

Die Afrikanervolk kwalifiseer by uitstek vir minderheidsregte wat wêreldwyd erken word. Ons het ‘n reg en ‘n verantwoordelikheid om ons eie kinders op te voed en te onderrig in skole waar ons kultuur en waardes beskerm sal wees en ook oorgedra word aan die volgende geslag.

Ons eis gehalte moedertaalonderrig vir ons kinders en kleinkinders.

Laat ons wekroep vanjaar wees: Gee ons skole terug!

 

André Alkema

Voorsitter

Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3356 gaste aanlyn