NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om sonder God te probeer leef is baie soos 'n afpunt-potlood: daar is geen punt nie! Dit is nutteloos om te lewe en sonder Hom te probeer oorleef.

AFRIKANER OF BOER?

Phillip Groenenstein


Die saak of ons Afrikaners of Boere is sleur steeds voort. Soos ons almal weet duur die geveg nou al vir dekades voort sonder dat ons een treë nader aan die antwoord is. Ons het op die vorige volksvergadering van die Gelofte Koördineringskomitee gehoor hoe 'n persoon beweer dat die Boervolk beide "de juries" en "de facto" bestaansreg het waarop hy kan aanspraak maak. Hy het dan ook aangevoer dat dit nie die geval met die Afrikaner is nie.

In my opinie is dit 'n moedswillige "miskyk" van sekere feite. Die Afrikaner is tog seker ook "de juries" en "de facto". Dat die Afrikaner "de facto" is kan seker nie betwyfel word nie,  bloot uit die feit dat daar 'n debat aan die gang is. Maar is hulle "de juries"? Ek sou reken hulle is, dalk selfs meer as die Boer aangesien die Transvaalse Republiek bekend gestaan het as die ZAR, met die "A" in ZAR wat gestaan het vir "Afrikaanse".

Vir die grootste deel van die vorige eeu was volksgenote gemaklik daarmee om as Afrikaners bekend te staan. Verder sou navorsing toon dat die Afrikaner nie skielik uit die lug geval het na die 2e Vryheidsoorlog nie (soos sommige beweer dat dit 'n Engelse foefie is nie), maar dat dit 'n term was wat lede van die volk vryelik gebruik het soos die geval van Hendrik Biebouw ons toon. Hendrik Biebouw was deur die magistraat van Stellenbosch verban na Batavia toe, hy het daarteen beswaar gemaak, en in Maart 1707 verklaar "Ik ben een Afrikander". Dit is die eerste opgetekende geval van die gebruik van die term"Afrikaner" waaroor ons beskik. "Afrikander" ten spyt het die man nie in sy verweer geslaag nie, en is hy Batavia toe verban. Dalk kan ons 'n les by Hendrik leer naamlik,  dat as die owerhede hulle mes in het vir jou, gee hulle nie 'n duiwel om wie of wat jy is nie!

Wie homself die eerstekeer as 'n Boer beskou het weet ons beslis nie verseker nie, maar dit is 'n term wat in die 18de eeu na vore gekom het, en veral in die 19de eeu met die Groot Trek en die Boere Republieke beslag gekry het. Die term Boer het as 'n soort "erenaam" gedien in ons geskiedenis, en telkemale as 'n spreker sy lojaliteit aan sy volk wou betoon het hy na die term gegryp. Bitter min mense, indien enige, wat werklik 'n liefde vir ons volk het voel verontwaardig as daar na hom of haar verwys word as 'n "Boer".

Ek dink wat ons met redelike veiligheid kan sê is, dat die term Boer in ons moderne geskiedenis (en veral rondom die politiek van die 80's en 90's van die vorige eeu) al hoe meer met die konserwatiewe deel van ons volk geassosieer was. Hierdie stelling is dalk vandag ook nog waar. Met die slinkse politieke spel van die vorige NP regime het hulle dit reggekry om in enkele jare 'n byna onoorkombare kloof te skep tussen die konserwatiewes van die volk, en die "verligtes". Met die "verdeel en heers"-tegnieke wat in die voor '94-era baie suksesvol op ons volk toegepas is, het "the powers that be" dit reggekry om die konserwatiewes gebrandmerk te kry as agterlike, onnosele, vekrampte 'rassiste'. Aangesien hierdie deel vasgeklou het aan konserwatiewe waardes (en gevolglik dus ook aan die geskiedenis, soos bv die Boere Republieke), was dit eintlik vanselfsprekend dat daar na hulle in die volksmond as Boere verwys sou word. Die AWB (Die "A" ten spyt in sy naam), en andere soos Robert van Tonder, het die idee verder gevestig dat die konserwatiewes "Boere" is.

Daarenteen weet ek nie van een geval waar die sg. verligtes na hulself as Boere verwys het nie, maar wel as Afrikaners. Dus teen die einde van die vorige eeu was die tafel behoorlik gedek om twee duidelike groepe te identifisieer. Die netto-gevolg hiervan was verdeeldheid op voetsoolvlak in die volk. Die strategie het uiteindelik sy vrugte gelewer in die anneksasie van ons land in 1994. Die verdeeldheid wat op voetsoolvlak geheers het teen 1994, het dit haas onmoontlik gemaak vir ons as volk om enige noemenswaardige weerstand te bied, en die slag is gelewer. Die leuen is gevestig dat Boere eintlik verkrampte rassistiese idiote is, en dat Afrikaners eintlik Boereverraaiers is, soos wat 1994 se verraad dit tog so duidelik gemaak het. Terwyl die waarheid eintlik elders te vinde is.

Die besluit wat die GKK moet neem is vir watter een van die twee groepe wil hy tot dienaar wees, indien enige. Ek dink die antwoord vind ons in die kort geskiedenis van die Volksvergadering self. Vanaf ons eerste uitnodiging het ons tot die "Geloftevolk" gespreek. Hierdie strategiese besluit het beslis vrugte afgewerp, en ons kon volksgenote oor die hele spektrum heen bymekaar bring op gelyke voet. Die term "Geloftevolk" is baie meer as 'n sg. kompromis, dit sê presies watter deel van ons volk ons aanspreek. Verder sê dit slegs in een woord wat ons as volk se verhouding tot ons Almagtige is.

My betoog lê daarin dat die lede wat vir die vergadering (asook Nampo s'n) opgedaag het gereageer het op die term "Geloftevolk". Siende dat ons volk tans 'n identiteitskrisis beleef was dit vir my duidelik dat daardie krisis nie deurgetrek was na die term "Geloftevolk" nie, en almal wat gereageer het  op daardie uitnodiging het by implikasie gesê dat hulle die term aanvaar. En daarin lê ons "gemeenskaplike grond" wat ons nou al so lank soek om te vind. In daardie verband kan die GKK homself aanbied as huweliksberader vir die volk. Dit sal dwaas wees om SELF die argitek te wees van die vernietiging van daardie gemeenskaplike grond.

Ons as die GKK het die punt bereik waar ons daardie debat nou kan afsluit en as die "Geloftevolk" voort kan gaan op pad na ons vryheid. As die volk weer vry is kan ons 'n referendum uitroep waar die volk self kan sê as wie of wat hulle bekend wil staan. Ek is doodseker dat toe ons voorvaders die pad gevat het uit Europa uit as gevolg van allerhande vervolgings( waarvan geloof die hoof een was), het hulle nie op die skip hiernatoe baklei oor watter naam hulle by bekend gaan staan as nie. Nee! hulle hele ingesteldheid en energie was gerig op die daad om vry te wees, en nie op debatte wat hulle absoluut niks in die sak sou bring nie, en eerder verdeeldheid. Dink net watter verdeeldheid sou daar geheers het as elkeen by die naam van die volk wat hom verwerp het wou bekend gestaan het as!. U kan sê dat dit belangrik is omdat dit bepaal wie en wat ons is...Die feit is dat dit 'n verdelingspunt in die volk is terwyl die term "Geloftevolk" nie daardie bagasie ronddra nie. Bowenal sê die naam "Geloftevolk" ook presies wie en wat ons is, eintlik selfs sterker as enige van die twee ander begrippe. En of ek dan vorentoe as 'n "Gelofter" bekend gaan staan, of nie, skeel my min in die stadium van die verdrukking wat ek tans in verkeer. Want of ek môre in 'n stoere Boer of Afrikaner of Gelofter sou verander sou geen duit verskil maak aan die feit dat ek uitgelewer is aan 'n volksvreemde, godsvreemde en rasvreemde regering nie!

Die argument kan gevoer word dat ons deur die wêreld as Boere of as Afrikaners geken word, en daarom behoort ons een van die twee termes te gebruik. My antwoord is: ten spyte van die feit dat ons in die vorige bedeling met beide name deur die wêreld geken was, het daardie einste wêreld ons in hierdie verknegte posisie ingedruk. Hoekom sal ons volk se naam enigsins nou 'n verskil aan hulle houding jeens ons maak? Die volksvergadering het REEDS besluit dat ons nie ons vryheid by die wêreld gaan soek nie, maar by HOM wat die lotgevalle van volkere en nasies in sy Hande hou. Met laasgenoemde in gedagte is die term Geloftevolk seer sekerlik die akkuraatse term wat ons kan gebruik.  Ek hoop my betoog word gelees met 'n oop gemoed.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10669 gaste aanlyn