Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Inbors is soos reukwater vir vroue en naskeermiddel vir mans. Diegene wat dit gebruik, is beswaarlik bewus daarvan, maar ander wel.
HAATSPRAAK
HAATSPRAAK, MODERNE WAPEN TEEN DIE AFRIKANER, CHRISTEN EN NASIONALIS
Deur Dawie Buitendach
In Augustus 2004 is Ake Green, ‘n pastoor in Swede, tot een maand tronkstraf gevonnis omdat hy gepreek het teen homoseksualisme, en ‘n homoseksueel daardeur verontrief is. Die aanklaer in die saak gee as verduideliking die volgende: “One may have whatever religion one wishes, but [the sermon] is an attack on all fronts against homosexuals. Collecting Bible [verses] on this topic as he does makes this hate speech.” Geloofsvryheid beteken dus in Swede alleenlik vryheid om geloof te kies, maar nie te preek nie, veral nie oor die toekomstige “ongerief” van die helse vlam vir homoseksuele nie! Soos in Swede, word ons “menseregte” in Suid-Afrika ook stadig maar seker ingekort. In Beeld van 1 November 2005, is byvoorbeeld berig dat e-posse en telefoongesprekke voortaan in terme van die nuwe Wet op die Onderskepping van Kommunikasie en die Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting, onderskep mag word. In 2010 is ons bewus van talle ander bose ontmagtigende wette.
Amerika
Haatspraak-wetgewing, wat die “1st Amendment” van die VSA-Grondwet inperk, is tans op die nippertjie om daar aangeneem te word. Besorgde burgers het egter tot dusver dit verhoed. Die organisasie wat dit bevorder, is die Anti-Defamation League (ADL) of B’nai Brith. Hierdie geweldig magtige Joodse organisasie het hul hoofkwartier in New York, waar ‘n omvattende databasis van “haters” opgebou word. Hul doel is om alle “anti-semitisme”, “rassisme”, “homofobie”, en alle vorme van “onverdraagsaamheid”, te kriminaliseer. Daar is ook pogings om hul definisies van terme soos “onverdraagsaamheid” (prejudice), die gesaghebbende in Amerika te maak. Die ADLpoog om “verbale geweld” gelykgestel te kry aan “fisiese geweld.” En dit was die oortreding van Ake Green in Swede – sy preek het ‘n homoseksueel “emosionele geweld” aangedoen.
Europa
Wêreldwyd het die ADL2100 losies, en is in 55 Europese lande gevestig, waar hulle tans besig is om die Organization for Security and Co-operation te stig. Dit sal ‘n massiewe anti-haatspraak daar sal beveg.
Suid-Afrika
Haatspraak-wette is reeds beplan vir Suid-Afrika, in die vorm van die Wetsontwerp tot die Wet op Haatspraak van 2004. Omdat die ANC ‘n ondertekenaar is van die VN se Konvensie op die Eliminasie van alle vorme van Rasse Diskriminasie, verplig artikel 4(a) daarvan die ANC om wetgewing in te stel om haatspraak te kriminaliseer. Artikel 9 van die RSA-Grondwet asook die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Wet 4 van 2000), verbied tans haatspraak, maar ‘n persoon kan egter nie tans strafregtelik daarvoor vervolg word nie, ‘n situasie wat nou verander gaan word. Die resultaat gaan wees dat wat tans as “anti-semitisme”, “homofobie”, “rassisme” ensovoorts bekendstaan, onder die generiese terme “haat” en “haatspraak” tuisgebring en vervolg gaan word.
Straf
Die Wetsontwerp stel voor ‘n maksimum van 3 jaar tronkstraf, en/of ‘n boete vir die eerste haatspraak-oortreding. Tweede en verdere oortredings is strafbaar met ses jaar tronkstraf en/of ‘n boete.
Publieke kommentaar
Ongelukkig moes kommentaar op die Wetsontwerp reeds teen 14 Junie 2004 gelewer gewees het. In ‘n ironiese vertoon van anti-Blanke haatspraak, het die “Freedom of Expression Institute” (FXI), Blankes sommer by voorbaat aangekla in sy kommentaar:“…the government’s effort to institute such a law is laudable because in the last few years, South Africa has witnessed a shocking rise in incidences of race based and racially motivated crimes. Such acts include painting black people white, making black people eat faeces, dragging black people to death behind bakkies, using black people as guinea pigs for police dogtraining and very recently, feeding black people to the lions. Gay people have also been subjected to acts of harassment and physical attacks on account of their sexual orientation.”
Die FXI gaan verder deur, soos Mbeki, die vyandskap teen Blankes te verbloem agter die “have/have not”-mombakkies. “Poor and powerless” (swartes) moet moeiliker kan “haat”, as die “powerful”(Blankes). “FXI has argued that whereas racism is not the preserve of white perpetrators and though it is underpinned by a power relationship pitting the powerless against the powerful, in practice, it is the poorand weak who often need protection from the Constitution, not the rich and powerful, who can afford the protection of both the civil and criminal justice systems. The institute has pointed out that in South Africa, the net victims of hate crimes have invariably been black people, while ironically, it is the same black people who have been the overwhelming subject of recent hate speech complaints to bodies such as the South African Human Rights Commission. For this reason, the institute has cautioned that we ought to examine carefully how the proposed law will affect the right of the poor and powerless to express themselves freely, given the potential likelihood of their utterances being met with criminal sanctions.”
Waarom is dit so maklik en modieus om Blankes te belaster?
Net Blankes is haters
Op 14 Oktober 2005, oor ‘n Amerikaanse kabel-TV program doen ‘n Swarte, dr. Kamau Kambon, voor ‘n gehoor van die Howard Law School, 'n oproep vir “globale eliminasie van alle Blankes”. In ons eie land word “Kill the Boer”, en “Africa for the Africans” steeds onverhinderd uitgeroep. Hierdie mense is egter nie “haters” nie. Hoekom kan net Blankes dan “haters” wees? Die antwoord is dat dit alles gaan oor mag. Histories was die Blankes die wêreldheersers. ‘n Opstandige gees is egter by die gepeupel gekweek, dat dit onaanvaarbaar en boos is, en die oorsaak van alle ellende. Daarom is dit vandag mode en maklik om die Blanke te ontmagtig, want dit word aanvaar as diens aan die mensdom. Die gepeupel is bedrieg tot Blanke vyandskap met die leuen dat Blanke ontmagtiging “power to the people” sal beteken.
Ons heerskappy gaan egter nie oor na die “people” nie, maar na die ADL’s en VN’s van die wêreld. Die ANC kriminaliseer nie haatspraak op eie inisiatief nie, maar word verplig daartoe deur hul nuwe base, die Joodse VN. Agter haatspraak-wetgewing skuil dus ontmagtiging van Blankes, as deel van uiteindelike beëindiging van Blanke heerskappy. Totale disintegrasie moet oor hom gebring word, en hy mag geen wapens of eiendom hê om homself te beskerm daarteen nie. Deur haatspraak wetgewing, mag hy hom ook nie daarteen uitspreek nie. Die ware motivering van die wetgewing teen “haatspraak”, is defnitief nie ontferming vir swartes, vroue, Moslems, of homoseksuele nie.
Die vraag is nou of gaan ons bedwelmde volkie hierdie moordkomplot teen ons aanvaar, of gaan ons terugkeer na ons Eerste Liefde, en dan opstaan in die baie kort tydjie wat ons nog eiendom, wapens en “vrye spraak” het?
Sekerlik is daar niks in hierdie artikel wat nie reeds lankal in die Woord gewaarsku is nie. Uiteindelik sal die Bybel ook as “haat” verban word. Die Bybel is “anti-semities”, “rassisties” “homofobies”, ens.Wanneer dit gebeur, hoe sal diegene wat tans nie eers wil opstaan vir hul eie nageslag ten koste van ‘n rugbywedstryd nie, dan opstaan vir God se Woord, waarskynlik ten koste van hul eie lewens?
Alleen ‘n diepe bekering van ons volk kan so ‘n wonderwerk voortbring. Ons kommissie as gelowiges, as Geloftevolk van Suid-Afrika, is om die Woord van God hier te beskerm tot ons Meester terugkeer. Op grond daarvan hou ek dit aan u voor, geagte Leser, dat u in die toekoms vervolg gaan word as ‘n “hater”. Maak u gereed daarvoor. Maar vind troos dat dit ‘n teken sal wees dat u is op die regte pad is.