NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, HERE. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

ONS GESKIEDENIS: Hoofstuk 25

Die Nasionale Party kom weer aan bewind


‘n Kenmerk van die nuwe regering was dat alle lede van die kabinet vir die eerste keer in die geskiedenis Afrikaanssprekend was.  Die regering moes aan die begin maar uiters versigtig te werk gaan, totdat hy in Maart 1949 met die nuwe samestelling van die Senaat vir hom ‘n meerderheid geskep het.  Hy het sy posisie verder versterk deur oorwinnings by tussenverkiesings en ook toe Suidwes-Afrika se ses verteenwoordigers in die Volksraad en twee in die Senaat bygekom het.

 

Herstel van griewe
Die regering het begin om sy verkiesingsbeloftes na te kom.  Hy het ‘n paar honderd Duitsers wat gedeporteer sou word, toegelaat om in die land te bly.  Die onreg in die staatsdiens is ondersoek en die regte van Afrikaans-sprekendes is in ere herstel.  Die tweetaligheidsvereiste is strenger gehandhaaf.

 

Onderwys
Die vorige regering se dubbelmedium-eksperiment is in 1949 deur die Transvaalse Provinsiale Raad herroep en ‘n stelsel van moedertaalonderrig in alle openbare skole in die provinsie ingevoer.

 

Immigrasie
Die regering het ‘n einde gemaak aan die Smuts-regering se skema van staatsondersteunde immigrasie.  Daarmee is verhoed dat die Afrikaners na die oorlog deur ‘n vloedgolf van immigrante uit Engeland ondergeploeg sou word.


Die ekonomiese toestand
Die gesonde betalingsbalans het van 1946 af begin versleg weens die terugbetaling van oorlogskuld en die verhoogde invoer, wat die goudreserwes laat daal het.  In Mei 1948 was die toestand reeds sorgbarend.  Die vlug van Britse kapitaal na die verkiesing het dit nog ernstiger laat word.  Die regering was verplig om in November 1948 weer invoerbeheer in te stel.
In 1950 was daar ‘n groot prysstyging en inflasie het geheers as gevolg van die oorlog in Korea.  Die stygende lewensduurte het die bevolking swaar getref en lone en salarisse moes verhoog word.  Maar in die algemeen het die land hom aangepas by die veranderde toestand, sodat daar gedurende die dekade daarna ‘n geweldige ekono-miese bloei plaasgevind het.

 

Die beleid van rasse-apartheid
Met apartheid wou die Party en die regering die voortbestaan van die afsonderlike identiteit van elke ras in Suid-Afrika verseker.  Blankes, Bantoes, Kleurlinge en Indiërs sou afsonderlik en naas mekaar ontwikkel.  Vir elke afsonderlike bevolkingsgroep moet onderlinge ag-ting, selfrespek en ‘n nasionale bewussyn aangekweek word.

 

Die Bantoes
Die vernaamste etniese groepe moet in selfgenoegsame eenhede in hul eie gebiede gesegregeer word.  Die Bantoes se nasionale tuiste is die reservate.  In die stede sal aparte woongebiede vir die Bantoes voorsien word, want hulle is trekarbeiders. Verdere instroming van Bantoes na blanke stedelike gebiede sal beheer word.  Oortollige Bantoe-werkers sou na hulle oorspronklike tuistes in die platteland of die reservate teruggestuur word.  Apartheid sou ook in die fabrieke en vakbonde ge-handhaaf word om Blanke werkers te beskerm.  ‘n Aparte staatsdepartement sou die onderwys van die Bantoes administreer op ‘n Christelike en nasionale grondslag.  Die Party het voorgestel dat die Bantoeverteenwoordiging in die Parlement en die Kaapse Provinsiale Raad afgeskaf word en dat hulle deur sewe Blanke lede in die Senaat verteenwoordig word.

 

Die Kleurlinge
Die Nasionale Party is ook ten gunste van totale apartheid vir die Kleurlinge.  Huwelike tussen Kleurlinge en Blankes sou belet word.  Die regering sou ‘n Blanke lid benoem om die Kleurlinge in die Senaat te verteen-woordig. Die Kaapse Kleurlinge sou van die gemeen-skaplike kieserslys verwyder word, maar hulle sou drie verteenwoordigers in die Volksraad kry.  ‘n Departement van Kleurlingsake sou ingestel word . Die Kleurlinge sou deur drie Blanke lede in die Kaapse Provinsiale Raad ver-teenwoordig word.

 

Die Indiërs
Die Nasionale Party was van mening dat die Indiërs ‘n vreemde, onassimileerbare element uitmaak.  Hulle sou soveel as moontlik, selfs met finansiële opoffering, ge-repatrieer word.  Die res sou in die land gesegregeer word van Blankes, sowel as van die ander rasse.  Hulle sou geen verteenwoordiging in die wetgewende liggame van die land hê nie.  Daar sou woonbuurtskeiding wees en die Indiërs sou geen vaste eiendom in Blanke gebiede mag besit nie.  Handeldryf buite hulle eie gebied sou ingeperk word, veral Indiër-handelaars in Bantoe-gebiede, waar handelsregte vir Bantoes voorbehou word.

 

Haalbaarheid van die beleid
Die praktyk sou uitwys dat nie alle beloftes wat in dr Malan se manifes oor apartheid vervat is, nagekom kon word nie.  Dit sou nie moontlik wees om die Indiërs te repatrieer nie en selfs nie eers om hulle vir altyd as ‘n vreemde element te beskou nie.  Dit sou ook onmoontlik wees om die Kleurlingbevolking van ‘n eie tuisland te voorsien.  Die regering het egter met geesdrif aan die werk gespring om sy verklaarde beleid ten opsigte van die Bantoes uit te voer.  Dit het met groot teenstand uit alle oorde plaasgevind.

 

Eerste apartheidsmaatreëls
Dis toegepas op die treine van die Kaapse Skiereiland se gemengde geriewe vir passasiers.  Aparte geriewe van blank en nie-blank in poskantore en ander openbare plekke is ingestel.  Huwelike tussen Blankes en alle nie-blanke rasse is in 1949 deur wetgewing verbied.  Ontug tussen Blank en nie-blank is ‘n strafbare misdaad gemaak.  Die Groepsgebiedewet het woonbuurtskeiding in stedelike gebiede tussen die rasse geleidelik teweeggebring.  ‘n Wet vir registrasie en klassifikasie van die bevolking het ook voorsiening gemaak vir ‘n stelsel van persoons-bewyskaarte.  Die regering het verklaar dat hy die sogenaamde Swartkolle in Johannesburg sou opruim.  Die beheer oor die instroming van Bantoes na Blanke stedelike gebied is verskerp.

 

Politieke regte van nie-blankes
Een van die eerste maatreëls van die regering in hierdie verband was die herroeping van die wet waardeur die Smuts-regering verteenwoordiging in die Parlement aan die Indiërs gegee het.  Om voorsiening te maak vir groter selfbestuur vir Bantoes in die reservate, is die Wet op Bantoe-owerhede gemaak en die bekwame senator dr HF Verwoerd as minister van Bantoesake aangestel, wat dit gedurende die volgende jare met groot onderskeiding beheer het.

 

Die Unie en die Statebond
Die Burgerskapwet van 1949 het ‘n einde gemaak aan die dubbele burgerskap waardeur ‘n Unieburger ook ‘n Britse onderdaan was.  Britse onderdane wat die land binnekom, kon eers na vyf jaar in plaas van twee jaar outomaties Unieburgerskap en stemreg verwerf.  In 1950 is nog verder gegaan toe die Parlement die reg van appél na die Geregtelike Komitee van die Geheime Raad van Londen afgeskaf het.
In 1946 het Indië onafhanklik geword.  Hy is toegelaat om as ‘n republiek lid van die Statebond te bly.  Die Unie-regering het daarna sy beleid al sterker in ‘n republikeinse rigting gestuur.  In die nuwe Statebond het die Britse koning nie meer konstitusionele funksies besit nie.  Trou aan die Britse kroon was nie langer meer ‘n vereiste vir lidmaatskap van die Statebond nie.

 

Wrywing tussen die Unie en Brittanje
In 1910 is by Uniewording aan Suid-Afrika die inlywing beloof van die reservate Swaziland, Basoetoland en Betsjoeanaland.  Ten spyte van herhaalde vertoë, het dit na veertig jaar nog nie gebeur nie.  Dr Malan het weer ‘n nuwe beroep op die Britse regering gedoen, wat op dowe ore geval het.  Die Britse regering het vas geglo dat die apartheidsbeleid verdrukking van die nie-blankes beteken en daarom kon die protektorate nie aan die Unie oorgedra word nie.  Hierdie beslissing is gemaak deur die Arbeidersregering van majoor C Attlee, wat erg krities gestaan het teenoor die Nasionale Party se kleurbeleid.
Dr Malan het Attlee en sy party gewaarsku teen sy beleid om koloniale volke in Afrika so vinnig moontlik hul vryheid te gee.  Hy het gesê dit kan gevaarlike ge-volge vir die Blanke gemeenskappe in Afrika hê.  Hy het ook ernstig beswaar gemaak teen die aanhoudende stroom van kritiek uit Brittanje teen die Unie se rassebeleid en gewaarsku dat die wanvoorstellings in Brittanje die republikeinse beweging in Suid-Afrika versterk.

 

Buitelandse beleid en verdediging
Toe Rusland in 1948 ‘n poging aanwend om Berlyn by die Oos-Duitse Republiek in te lyf, het ‘n afdeling van die Unie se lugmag deelgeneem aan die lugbrug waarmee die Westerse moondhede die stad van lewensvoorrade voorsien het.
Gedurende die jare 1950-51 het die Unie begin om sy weermag op te knap.  Vir binnelandse veiligheid is ‘n stel-sel van skietkommando’s in die lewe geroep.  Vir die klein vloot is torpedojaers aangekoop.  Die lugmag is ge-moderniseer en ‘n krygsnywerheid in die lewe geroep.

 

Suid-Afrika en die buiteland
Nadat die Kommuniste in 1950 China met Sowjet-hulp verower het, het hulle begin om Korea aan te val.  Amerika het namens die VVO Suid-Korea gaan verdedig.  Suid-Afrika het ‘n lugeskader van 200 man daarheen gestuur, wat met onderskeiding aan die stryd deelgeneem het.  Die kritiek van die Westerse lande teen Suid-Afrika het egter voortgegaan en al hoe erger geword.
Vir die buiteland was die Nasionale bewind in Suid-Afrika niks anders nie as ‘n Nazi-oorblyfsel wat in die Tweede Wêreldoorlog met Duitsland gesimpatiseer het.  Die regering se beleid van rasse-apartheid is in die buiteland verwar met die Nazi-teorie van rasse-meerder-waardigheid.  Die ontwakende nie-blanke state in die VVO het eenparig teen Suid-Afrika gedraai.  Ook in die binneland het die nuwe liberale denkbeelde die Unie se nie-blanke onderdane tot verset aangemoedig.  Buite-landse agitasie, propagandistiese beriggewing van anti-regeringselemente in Suid-Afrika self, het steeds hoër opgelaai.  Geen regering in Suid-Afrika het ooit tevore met soveel teëstand en verdagmaking in die buiteland en die binneland te kampe gehad nie.  Die regering het alles in sy vermoë gedoen om sy saak in die buiteland in ‘n beter lig te stel, maar dit was tevergeefs.

 

Die VVO en die Indiërs
Toe die Unie in 1950 die Groepsgebiedewet instel, wat beperkinge op Indiërwoonbuurte gelê het, het Indië ‘n klag teen Suid-Afrika by die VVO aanhangig gemaak.  Die VVO het nie geaarsel om hom ondanks klousule 2, artikel 7 van sy grondwet met huishoudelike aange-leenthede van die Unie te bemoei nie en het Suid-Afrika gevra om die wet op te skort.  Die regering het geweier.

 

Die VVO en Suidwes-Afrika
Ook oor die vraagstuk van die posisie van Suidwes-Afrika het die regering met die VVO oorhoops gelê.  Die regering het geweier om die gebied onder die voogdystelsel van die VVO te plaas, maar die Wêreldhof het in 1950 verklaar dat die VVO die toesig van die ou Volkerebond geërf het.  Die VVO het voortgegaan om agitasies aan te hoor, soos dié van Michael Schott namens die Herero’s.  Die houding van die VVO het die inwoners van Suidwes nog meer in die arms van die Unie gedryf.  Dr Malan het die VVO van aggressie teen die Unie be-skuldig en by die parlementsitting van 1949 is die Suidwes-Afrika-wet aangeneem, waardeur Suidwes 6 by-komstige lede van die Volksraad kon kies, sowel as twee ekstra senatore en nog twee wat deur die regering benoem is om Suidwes te verteenwoordig.  Dit het egter nie Suidwes gevrywaar teen verdere VVO-bemoeiing nie.

 

Kommunisme en Bantoe-onluste
Propaganda deur kommunisties opgeleide Bantoes en hul handlangers van Moskou, het toenemende opsweping en woeling in die geledere van die Bantoe-bevolking veroorsaak.  In Januarie 1949 was daar ’n moorddadige aanval van Zoeloes op die Indiërbevolking van Durban.  Die orde is deur die weermag en die polisie herstel, nadat 142 mense, waaronder 50 Indiërs en 87 Bantoes gedood en 1 087 beseer is.  Die onrusstokers het strooptogte georganiseer, soos wat op die Witwatersrand op 1 Mei 1950 plaasgevind het en die dood van ‘n dosyn Bantoes veroorsaak het.  Die politieke agitators se opsweping het ‘n toenemende neiging tot wetteloosheid onder die Ban-toe-bevolking veroorsaak, sodat die polisie van tyd tot tyd hardhandig moes ingryp.

 

Inwyding van die Voortrekkermonument
Die diepte van die Afrikaner se nasionale gevoel het weer eens geblyk by die plegtige inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949.  Daar was bykans 200 000 mense teenwoordig.  As sprekers het  onderandere dr Malan, generaal Smuts, meneer Havenga en regter Newton Thompson opgetree.  Die Afrikaner was weer bewus van sy nasionale krag.

 

Die Kaapse Kleurlingstem
Gedurende die parlementsitting van 1951 het die Parlement die Wet op  Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers aangeneem.  Die Kaapse Kleurlingkiesers sou op ‘n aparte kieserslys geplaas word.  Die Verenigde Party en Arbeider-opposisie het dit heftig bestry.  Die Kleurlinge het protesbyeenkomste en betogings gehou.  Die stryd teen die regering is selfs deur instansies gevoer soos die “Torch Commando” en die Springboklegioen, begelei deur die Engelse pers wat alles in sy vermoë gedoen het om die teenstand aan te wakker.  Die amptelike opposisie het toe ‘n toetssaak daarvan gemaak, deur ‘n Kleurlingkieser van Kaapstad die nodige aansoek in die hof te laat doen.  Die Kaapse hooggeregshof het die wet gehandhaaf, maar die appélhof het in Maart 1952 die applikant eenparig gelyk gegee.  Die hof het die Wet op Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers ongeldig verklaar.  Dr Malan wou nie daarin berus nie en het te kenne gegee dat maatreëls getref gaan word om die hof die toetsingsreg te ontneem.

 

Suid-Afrika na 300 jaar
In April 1952 het Suid-Afrika sy derde eeufees luisterryk gevier.  Jan van Riebeeck het drie eeue vante-vore op 6 April 1652 in Tafelbaai voet aan wal gesit.  Die volkstelling van 1951 het ‘n totale bevolking van 12½ miljoen aangetoon. Die Bantoes was bykans 8½ miljoen, die Blankes meer as 2½ miljoen, die Kleurlinge iets meer as 1 miljoen en die Asiate sowat 350 000.  Die lands-ekonomie was kerngesond.  Daar was ontsaglike voor-uitgang op nywerheidsgebied.  Die Vrystaatse goud-myne het die goudopbrengs grootliks vermeerder.  By Vereeniging is SASOL gestig om olie uit laegraadse steenkool te haal.  Die goudmyne het ekstra geld gemaak uit  uraanoksied verkry uit afvalgruis.  Die vervoerdienste is uitgebrei en die staatsinkomste het gestyg.

 

Herroeping van die paswette
In 1952 is die paswette herroep en vervang deur ‘n bewysboekstelsel.  Die bewysboek het instromingsbeheer en algemene kontrole vergemaklik.  Die toestroming van Bantoes na Blanke stedelike gebiede het effens verminder, maar is nie gestuit nie.

 

Die Hoë Hof van die Parlement
In die parlementêre sitting van 1952 wou die regering verhinder dat sy planne om die Kleurlingkiesers op ‘n aparte kieserslys te plaas, weer deur ‘n hofbeslissing gedwarsboom word.  ‘n Wetsontwerp is ingedien wat die Parlement vir ‘n bepaalde geleentheid  in ‘n spesiale hof van appél sou omskep.  Elke lid van die Volksraad en die Senaat was lid van hierdie Hoë Hof, wat toe in Augustus in Pretoria vergader het.  Die Hof het toe die beslissing van die appélhof oor die Wet op Afsonderlike Verteen-woordiging van Kiesers omvergewerp.  Die Kaapse hooggeregshof het onmiddellik daarna die Wet op die Hoë Hof van die Parlement ongeldig verklaar.  Die appélhof het in 1952 hierdie uitspraak gehandhaaf.  Dr Malan het die beslissing aanvaar maar het verklaar dat hy by die volgende algemene verkiesing hom op die kiesers sou beroep.

 

Die lydelike versetbeweging
In 1951 het die ANC so ‘n veldtog begin as ‘n poging om die regering van sy apartheidsbeleid te laat afsien.  Dit het die vorm aangeneem van georganiseerde groepe Bantoes wat gesamentlik probeer gebruik maak van geriewe by openbare plekke wat vir Blankes voorbehou is.  Terwyl die beweging aan die gang was, was dit duideik dat die ANC maar namens ‘n klein persentasie van die oorgrote meerderheid Bantoes optree.  Die duisende in die reservate was of onkundig of onverskillig.  Die regering het ferm opgetree. Die oortreders is beboet of tronkstraf opgelê.

 

Die VVO en apartheid
Die Verenigde Volke-organisasie was nie net begaan oor Suidwes-Afrika en die Indiërs in Suid-Afrika nie.  Van 1952 tot 1957 het die hele kleurvraagstuk en apartheidsbeleid ook onder skoot gekom.  Die groep Afro-Asiatiese lande het dit in 1952 op die agenda van die Algemene Vergadering geplaas.  Die Unie se verteen-woordiger se protes teen die inmenging in die huishoudelike sake van die land, het niks gebaat nie.  Hulle het ‘n spesiale kommissie benoem om die Unie se “rasse-diskriminasie” te kom ondersoek.  Toe die regering weier om die kommissie te ontvang, het hulle ‘n erg vyandige verslag uitgebring en die apartheidsbeleid skerp veroordeel.  Daarvandaan was die saak gedurig op die agenda.  Die Afro-Asiatiese lande, gesteun deur die Kommunistiese blok het op alle moontlike maniere probeer om Suid-Afrika van sy beleid te laat afsien.  In 1955 het hulle in ‘n memorandum verklaar dat die wêreldvrede en die Afrikastate deur Suid-Afrika se beleid geraak word.  Suid-Afrika het sy afvaardiging vir die duur van die sitting herroep.  Toe Indië die volgende jaar sy klag teen die Unie herhaal, het Suid-Afrika sy afvaar-diging onttrek en in 1957 was die Unie glad nie verteenwoordig nie.  Die VVO se toepassing van dubbele standaarde het Suid-Afrika daar uitgedryf.

 

Die algemene verkiesing van 1953
Die rassevraagstuk en die binnelandse politieke ver-houdinge het die algemene verkiesing van 1953 oorheers. Die Nasionale Party wou sy verteenwoordiging opstoot tot die vereiste meerderheid om op grondwetlike manier met die Kleurling-vraagstuk af te handel. Die uitslag was ‘n aansienlike oorwinning vir dr Malan en sy party.  In die nuwe Volksraad het die regering 94 volgelinge gehad teenoor 57 van die Verenigde Party en 5 Arbeiders.  Hy het ‘n groter oorwig in die Parlement as in 1948 gehad, wat ‘n duidelike teken was dat die apartheidsveldtog gevorder het.  Maar hy het nog nie oor ‘n tweederde meerderheid in die twee huise van die Parlement beskik nie . Die regering het die oorwinning as ‘n mandaat beskou om voort te gaan met die uitvoering van sy wil.

 

Weer eens Kleurlingverteenwoordiging
Omstreeks hierdie tyd het daar ontevredenheid in die Verenigde Party ontstaan oor die leiding wat advokaat JGN Strauss aan die Party gegee het.  Die regering het geglo dat daar ‘n moontlikheid was dat hy die regtervleuel van die Verenigde Party kon oorreed om sy saak te steun.  Daarom het dr Malan in Julie 1953 by die eerste byeenkoms van die nuwe Parlement, by ‘n gesamentlike sitting van albei huise ‘n wetsontwerp ingedien met ‘n drieledige doel: om die Wet op Afsonderlike Verteen-woordiging van Kiesers geldig te verklaar; om die Grond-wet sodanig te wysig dat die nie-blankes se stemreg nie  langer deur ‘n tweederde meerderheid verskans sou wees nie; en om die bevoegdheid van geregshowe te omskrywe.  Met die finale stemming was daar 16 stemme kort vir ‘n tweederde meerderheid, omdat die regtervleuel van die Verenigde Party die regering in die steek gelaat het.  In die maand daarop, Oktober 1953, het die regering weer probeer.  Hierdie keer is die bepalinge oor die wysiging van die grondwet en die bevoegdheid van die geregshowe uit die wetsontwerp weggelaat.  Voor die tweede lesing is die wetsontwerp na ‘n gekose komitee verwys.  In Mei 1954 het die regering vir ‘n derde keer ‘n gesamentlike sitting van albei huise van die Parlement belê om ‘n tweederde meerderheid vir sy wetsontwerp te probeer kry.  Ses lede van die Verenigde Party het weggebreek en die regering gesteun, maar in die finale stemming het nog 9 stemme kortgekom vir ‘n tweederde meerderheid.  Die Kleurlingstem in die Kaap het nog steeds gebly.

 

Nuwe Bantoe-wetgewing
Die lydelike versetbeweging en onrus onder die Bantoes het toegeneem.  Die Kommuniste het ook meer bedrywig geword.  Die Bantoe-ontevredenheid is aange-wakker deur die rassegelykstelling van die VVO, die steun van die swart state van Afrika en buitelandse simpatie met hulle verset.  Die Parlement het in 1953 ‘n Wet op Openbare Veiligheid op die wetboek geplaas, wat in ‘n noodtoestand onbeperkte mag aan die regering ver-leen om die versetbeweging te bekamp.  Dit het goeie resultate gelewer.
Bantoe-onderwys
Die Bantoe-onderwys wat deur kerke en sending-genootskappe gehandhaaf is, is volgens Europese begrippe gedoen, sonder inagneming van etniese oor-wegings en die behoeftes van die Bantoe-gemeenskap en tuisland.  Dit was in verskeie opsigte agterlik en was dikwels die kweekskool vir ontevredenes en agitators.  Die nuwe wet van 1954 het aan Bantoe-ouers ‘n mate van seggingskap gegee deur middel van skoolrade en komitees.  Sterk klem is gelê op moedertaalonderrig.  Die wet was ‘n noodsaaklike maatreël.  Dit het gelei tot modernisering van Bantoe-onderwys.

 

Die Swart kolle
In die selfde jaar is deur wetgewing die masjinerie geskep om die Swart kolle in sekere agterbuurtes in Johannesburg op te ruim. In die westelike voorstede van die goudstad het groot Bantoegemeenskappe hul self gevestig.  Daar het skrikwekkende toestande ontwikkel.  Behuising was onvoldoende, daar het plakkerskampe ont-staan en dikwels het blank en nie-blank deurmekaar gewoon.  Dit was ‘n broeiplek van misdaad en agitasie en was ‘n gevaar vir die aangrensende blanke woonbuurtes.  Die Johannesburgse stadsraad was nie by magte om self die toestand te beredder nie.  Die wet het voorsiening gemaak vir ‘n hervestigingsraad om Bantoes te verskuif na ‘n nuwe woonbuurt, verder na die weste en deur ‘n bufferstrook geskei van die Blanke dele.  Die Verenigde Party-koukus van die Johannesburgse stadsraad het die maatreël gesteun, tot groot verleentheid van die opposisie in die Parlement.  Gedurende die volgende paar jaar is al die inwoners van Sophiatown en Newclare verskuif.
Die regering se kleurbeleid het nie veld verloor nie, maar steeds groter steun van die kieserskorps ontvang.  Die uitslae van die Provinsiale verkiesing van 1954  het dit bewys.

 

Uittrede van dr Malan
Op 10 Oktober 1954 het dr DF Malan, wat reeds 80 jaar oud was, bekend gemaak dat hy van voorneme was om uit die politiek te tree.  Dit het in November plaasgevind toe advokaat JG Strydom as partyleier en as eerste minister in sy plek aangewys is.  Suid-Afrika het daardie dag afskeid geneem van ‘n persoon wat hom grootliks verdienstelik gemaak het op kerklike, kulturele en politieke gebied.  Dr Malan was baie jare lank die besieling van die Afrikanerdom binne en buite Kaapland, die vaandeldraer van nasionalisme in die donker dae van 1934 en gedurende die wêreldoorlog.  Hy was bekend weens sy welsprekendheid en standvastigheid en hy het Suid-Afrika, na generaal Hertzog se uittrede, ver gevoer op die pad na volkome vryheid.
Dr Malan het gevoel dat die taak wat hy veertig jaar tevore in 1914 aangepak het, afgehandel was, naamlik om bymekaar te bring wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.  Hy en sy vrou het in Môrewag gaan woon, waar hy die laaste paar jaar van sy lewe gebruik het om sy lewenservarings op te teken in sy boek Afrikaner-volkseenheid, wat kort na sy dood gepubliseer is.  Hy het op Saterdag 7 Februarie 1959 stil heengegaan met die gelukkige wete dat hy sy volk kon dien, dat hy sy volk bymekaar kon bring en dat die Here hom dit gegun het.  Hy sou nog vir laas wou uitroep:  “Glo in jou God!  Glo in jou volk!  Glo in jouself!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3278 gaste aanlyn