NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christelike vryheid is nie losbandigheid nie.  Gelowiges is nie vry om te sondig nie (Rom.6).  Christus het hulle juis vrygemaak om nie weer deur sondes gebind te word nie.   Wie rein leef, is waarlik vry al verrig hy ook die eenvoudigste werk.  Wie onrein leef, bly ‘n slaaf, al is hy ook koning.   Een slaaf kan nie ‘n ander een lei nie. “En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal al twee in die sloot val” (Mt.15:14).

DOOD,WAAR IS JOU ANGEL? (4)

Ds David Niebuhr

Lees reeks by Dood, waar is jou angel?

SELFMOORD (2)

Wanneer ons na volwassenes kyk wat selfmoord pleeg, vind ons dinge wat ooreenstem en ook ander faktore wat ‘n groot rol speel. Die een ding wat veral prominent is, is die ‘aangeleerde selfmoord gedrag’. Dit kom reg deur die spektrum voor. Veral waar persone aan depressie lei en hulle gesien het dat iemand anders uit die situasie kon kom deur selfmoord, word die risiko al groter. Maar kom ons kyk na nog ‘n paar dinge wat ek uit my persoonlike ondervinding gesien het as redes waarom mense sulke dinge doen.

Naas depressie is die eerste natuurlik huweliksprobleme. Huweliksprobleme kan veroorsaak word deur finansiële stremming in die gesin, egbreek deur ‘n party, werksverlies, persoonlikhede wat bots, drank, dwelms, en baie meer.

Hier het ek gevind dat daar basies twee hoofredes is waarom mense sou selfmoord pleeg.

Die eerste is omdat die persoon nie kans sien vir ‘n lewe sonder hulle lewensmaat nie, of eenvoudig nie die verwerping of vernedering kan hanteer nie. Hulle sien die dood as beter as waar hulle hul self tans bevind.

Die tweede mag vreemd klink, maar vra enige persoon in die polisie of nooddienste, en hulle sal bevestig dat ‘n baie groot gedeelte toegeskryf kan word aan die pragtige engelse woord, “SPITE” Ek het al soveel selfmoordbriewe gelees wat stel : “Ek doen dit om seker te maak dat jy nooit weer gelukkig sal wees nie, want dit is wat jy aan my gedoen het, of, “Kyk nou of jy gelukkig gaan wees sonder my, want dit is die resultaat van jou aksies.”

Mense pleeg wel selfmoord om ander doelbewus daarmee te probeer terugkry en seermaak. Die ironie van die saak is dat hulle meestal nie suksesvol is nie, want die ander party het juis uit die verhouding probeer kom, omdat hulle nie meer kans gesien het vir die oorledene se emosionele afpersing nie. Die ander is nie noodwendig jammer of voel sleg oor hulle dood nie. Soms is dit suksesvol, veral as die een wat agtergelaat is wel skuldig was aan egbreek, of iets dergliks, en dan werklik nie net skuldig voel nie, maar ook skuldig is.

Ons rol is egter nie om beskuldigings te maak nie, maar om die persone by te staan en te help. Niemand is verantwoordelik vir ‘n ander se selfmoord nie. Dit was die alleen-besluit van die een wat selfmoord gepleeg het, sonder dat ons daarin ‘n inset kon lewer. Selfmoorde oor huweliks- of verhoudingsprobleme is ewe gewild onder mans en dames.

Die volgende punt is ‘n geldelike tekort, en/of werksverlies. Ons vind dit veral onder mans. Wanneer die broodwinner voel dat hy nie meer vir sy gesin kan sorg nie en homself as ‘n mislukking beskou, dan word selfmoord ook baie kere die uitweg wat gevolg word. So baie kere as daar in ‘n ondersoek na ‘n selfmoord gevra word of daar enige probleme was wat kon aanleiding gegee het tot die probleem, is naas huweliks- of verhoudingsprobleme die volgende mees algemene probleem is geldelike probleme. Dit is die oorsaak van baie spanning binne ‘n gesin, en lei soms tot baie tragiese gevolge. Dit word ook by vroue gevind, maar is meer algemeen by mans.

Werksgeleenthede is dan meestal hieraan gekoppel. Dit word al hoe moeiliker vir mense wat miskien al in hulle laat dertigs of veertigs is om werk te kan kry en as hulle dan hul werk sou verloor, is die druk wat hulle soms op hulleself plaas net te groot om te hanteer. Soms word die druk vererger deur familie en die gesin.

Dwelms en drank speel ook ‘n groot rol. Terwyl ek op die onderwerp van drank is, wil ek ook noem dat baie mense makliker selfmoord pleeg wanneer hulle dronk is. Hier vind ons veral impulsiewe selfmoorde, of juis die wat dit doen net om ‘n punt te bewys. Soms vind ons dat ‘n dronk persoon sal sê dat hulle liewer moet doodgaan want ‘niemand verstaan hulle tog nie’ en ‘niemand soek hulle tog nie’. Hierdie dinge word in dronkverdriet gesê en die reaksie van die gesin is gewoonlik, “Ag, gaan slaap, jy is dronk. Jy weet nie waarvan jy praat nie.” Die gevolg is dat die persoon in sy besope situasie dan poog om ‘n punt te bewys en weereens kry ons dalk iemand wat per ongeluk sy eie lewe neem, omdat dit dalk nie was wat hy regtig wou doen nie.

Drank en/of dwelm misbruik het ook al gelei tot baie selfmoorde. Persone wat drank misbruik, het ‘n veel hoër selfmoord syfer as mense wat dit nie doen nie. Volgens die AFSP (American Foundation for Suicide Prevention) Nasionale Statestieke van Amerika speel alkolisme ‘n hooffaktor in 30 persent van alle suksesvolle selfmoorde. Veral as die gebruiker konfronteer word met die feit dat hulle afhanklik is van hul drank of dwelms, en dat hulle moet hulp kry. Hulle sien soms nie daarvoor kans nie en eindig liewer hulle eie lewens as om te gaan vir rehabilitasie.

Dan moet ons ook kyk na die persone wat probeer ontvlug van kriminele vervolging. Hierdie tipe selfmoorde vind ons wanneer iemand gearresteer gaan word, of as hulle voor die hof moet verskyn vir ‘n kriminele oortreding. Hierdie kan wissel van mense wat skuldig is aan moord, verkragting, kindermolestering, bedrog en nog baie meer. Hierdie mense besef dat hulle drooggemaak het en wat die gevolge van hulle dade is. Hulle sien egter nie kans vir wat op hulle wag nie en poog eerder om alles te beëindig as om die gevolge te dra.

Die volgende punt is natuurlik eensaamheid. Hierdie geval is veral algemeen onder mans bo die ouderdom van veertig. Dit kom ook onder bejaardes voor. ‘n Persoon bevind hom of haar in ‘n situasie waar hulle totaal eensaam is en niemand meer oor het nie. Hulle kry nie ‘n rede om meer te leef nie en weet nie hoekom moet hulle nog verder sukkel om ‘n bestaan te maak nie. Hulle verval in ‘n depressie en kan nie meer die sin van die lewe insien nie. Hierdie is ook ‘n groot risikogroep.

In ouer mense vind ons ook dat selfmoord soms die gevolg is van ernstige gesondheidsprobleme. Ons vind dit onder kankerpasiënte, emfiseem pasiënte, hart- en long pasiënte en so meer. Die siektestoestand word so swak dat die persoon nie sy of haar weg oop sien om verder te lei nie. Hulle verkies dan eerder om ‘n einde aan alles te maak. Die gevolge van die siekte is net te veel om mee saam te leef en selfmoord is die eindresultaat.

Onder bejaardes is gesondheid, eensaamheid en geldelike probleme volgens my ondervinding, meestal die oorsaak van hul selfmoord.

Nog ‘n ander oorsaak van selfmoord is dié van jong persone wat homoseksueel of transvestiete is. Hierdie persone is baie meer geneig daartoe om hulle eie lewens te neem. Volgens my ondervinding is hierdie mense oor die algemeen dié wie die meeste sosiale verwerping ondervind en wat die moeilikste kan hulp kry.

Soms wonder ek of kerke nie skuldig is aan meeste van hierdie jongmense se dood nie. Hulle voel verwerp en onwelkom in 'n kerk. Die kerk maak so vinnig sy deure toe vir hulle en hul stryd. Dus voel hierdie mense verlaat deur mense en God. Waar soek hulle hulp? Dit is veral moeilik vir hulle om hulself te aanvaar as hulle opvoeding en die lering van die kerk hulle uitmaak as abnormaal, sondig en vuil.

Baie van die jongmense wat selfmoord pleeg bevind hulself in ‘n situasie waar hulle nie kan vrede maak met hulself, hul samelewing en hul God nie. Waar gaan hulle dan soek vir hulp? Al die ander mense is welkom om na die kerk te gaan, maar is hulle welkom? Hoe alleen en verward is hulle nie soms nie. Waar kry hulle leiding en troos as hulle verhoudings, finansies en werksomstandighede skielik om hulle verbrokkel? Afgesonder van hulle familie, kerk en gemeenskap bly daar soms nie baie oor om voor te lewe nie.

Maar wat sou Jesus doen? Dit laat my dink aan die gedeelte in die Bybel waar Jesus met die vrou by die put praat wie al baie mans gehad het en tans ook by een is wat nie haar man is nie. Hy het nie sy rug op haar gedraai en haar vermy nie. Nee, Hy het ook liefde aan haar bewys en haar gehelp om op die regte pad te kan kom. Dit kon Hy doen deur liefde te bewys en nie deur haar te verwerp en te veroordeel nie. Want só ‘n houding sou nie tot haar redding lei nie.

Soos ek reeds gesê het is depressie die “nommer een” oorsaak van selfmoord. Meeste van die punte wat ek hier genoem het, is faktore wat lei tot erge depressie.

Daar is egter een punt wat ek graag hier wil noem en ook is dit een van die dinge wat gereeld ná ‘n selfmoord gevra word. Die vraag handel oor waarom die persoon dan juis nóú selfmoord gepleeg het. Dit het dan soveel beter gegaan met die persoon. Hulle het weer begin uitgaan en by vriende gekuier. Die oorledene was weer sy of haar ‘ou-self’ gewees.Hoekom dan nou? Niemand kan dit glo nie. Dit het dan begin om soveel beter te gaan...?

Die antwoord hiervoor is ook redelik eenvoudig. Wanneer iemand regtig aan erge depressie lei en tot die besluit kom om selfmoord te pleeg, ontspan hulle. Hulle ervaar dat hulle die oplossing gevind het vir al hulle probleme en die einde van hulle stryd is in sig. Die persoon leef dus nie meer onder die druk van al die probleme nie, want hy/sy het reeds ‘n oplossing gevind.

Ons het al hier gevind dat mense uitgaan saam met ou vriende, of selfs ‘n groot braai sou rëel en almal oornooi. Hulle sal die verhoudige wat verbrokkel het probeer regmaak, en al die onafgehandelde sake wat verhoudings aanbetref probeer afhandel. Dan is hulle reg. Alles is afgehandel en hulle ‘kan maar gaan’.

Selfmoord is baie selde impulsief. Die besluit word vroeër gemaak. Of dit ‘n dag voor die tyd is, ‘n week of ‘n maand, maar selde impulsief.

‘n Laaste punt wat ek wil noem is: As jy emosioneel betrokke is by iemand wat dreig om selfmoord te pleeg en die persoon noem aan jou dat hy of sy sommer nóú gaan selfmoord pleeg (soos hulle reeds baie gedoen het, en jy al moeg daarvoor is want jy ervaar dit as emosionele afpersing) kry in elk geval hulp. Ek was al by soveel gevalle waar die familie en vriende gesê het dat hy of sy gedreig het om dit te doen, maar hulle het hom of haar nie meer ernstig opgevat nie, want hulle dreig altyd daarmee. As jy persoonlik betrokke is by ‘n persoon wat dreig, moenie self besluit wanneer hulle ernstig is of nie. Jy mag dalk verkeerd wees, of hulle doen dit dalk net om ‘n punt te bewys. Kry eerder professionele hulp. Kontak die dokter, nooddienste of polisie om met die persoon te praat. Maak seker dat jy nie met ‘n skuldige gewete sit slegs omdat jy nie gedink het die persoon sal dit nie werklik doen nie.

En onthou, niemand kan verantwoordelik gehou word vir ‘n ander se selfmoord nie. Ja, ‘n persoon mag ‘n rol gespeel wat aanleiding gegee het tot die oorledene se aksies, maar dit was alleen die besluit van die oorledene om só ‘n laaste uitweg te vind vir die probleem. Niemand anders kon die besluit vir hulle maak nie en niemand kon die besluit vir hulle verander het as hulle nie ‘n kans gegun was daarvoor nie.

Weet ook dat die wet selfmoord as ‘n onnatuurlike dood beskou en volgens die wet moet daar ‘n volledige nadoodse ondersoek wees. Hierdie proses is nodig om die presiese oorsaak van die dood te bepaal en om oor enige gemense spel, dit wil sê ‘n moord wat gepleeg is en dit daarna laat lyk soos ‘n selfmoord, uit te skakel. Die wet vereis dit en die familie kan dit nie verhoed nie.

‘n Paar interessante punte wat ek deur die jare opgelet het is:

 Vrouens het baie meer selfmoordpogings as mans. Die getal vroue is vyf tot ses keer meer as die getal mans wat probeer selfmoord pleeg.

 Die grootste getal suksesvolle selfmoorde is onder mans. Vroue is minder suksesvol met hulle selfmoordpogings.

 Mans verkies eerstens om hulleself te hang, tweedens om hulleself te vergas, en derdens om hulleself te skiet. Ons vind ook dat mans onder trokke sal inry, of teen ‘n oorbrug se pilare sal vasjaag.

 Vrouens verkies meestal om ‘n oordosis pille te neem, of om hulleself te hang, of alternatiewelik, om hulleself te skiet.

 Meeste suksesvolle selfmoorde is ‘n dubbelpoging. Dit beteken dat die persoon eers ‘n oordosis pille drink en hom dan vergas, hang of skiet. Ons vind dat mense eers gif of pille sal neem en dan ‘n tweede, meer drastiese stap sal neem. Indien die drastiese stap nie sou werk nie, sal die gif of pille dan as alternatiewe plan moet dien. Drank speel ook ‘n groot rol in baie selfmoorde. Dit is redelik algemeen om drank te vind op die toneel waar veral mans selfmoord gepleeg het.

 Die persoon wat regtig wil selfmoord pleeg sal dit gewoonlik doen waar hy weet hy nie onmiddellik gevind sal word nie. Hy/sy sal ook nie dat iemand anders weet van hulle intensies om dit te doen nie. Hulle steek gewoonlik die selfmoordplanne goed weg.

 Dit word meer algemeen dat mense selfmoord pleeg sonder om ‘n brief na te laat. Dit maak dit baie moeiliker vir die familie om die rede te verstaan. Sommige persone wie selfmoord pleeg steek ook die briewe weg, sodat dit nie dadelik gevind sal word nie, maar wel later gekry sal word in plekke soos in geliefdes se Bybels, dagboeke en tydskrifte. Ek het ook al ‘n geval gehad waar ‘n vrou dit in haar man se ontbytpap boks gelos het. Hy het dit die volgende oggend daar gevind.

Verdrinking... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1039 gaste aanlyn