NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Inbors is soos reukwater vir vroue en naskeermiddel vir mans.  Diegene wat dit gebruik, is beswaarlik bewus daarvan, maar ander wel.

HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (15)

Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd

OP 'N PERSOONLIKE NOOT

Mimi Coertse

Mimi Coertse is Suid-Afrika se beroemdste sangeres. Sy het in 1954 aan die Akademie vir Kuns en Wetenskap in Wenen, Oostenryk, studeer en daarna haar sangloopbaan begin as die jongste vaste lid van die Weense Staatsopera. In 1966 ontvang sy die eretitel Kammersangerin van die Oostenrykse president en in 1996 die hoogste toekenning wat 'n kunstenaar in Oostenryk kan kry, die Goue Erekruis vir Verdienste. Nadat sy twintig jaar aan die Weense Staatsopera verbonde was en slegs met tussenposes in Suid-Afrika kon vertoef, keer sy in 1973 permanent terug.

Sy is hier bekroon met 'n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (1961), die Dekorasie vir Voortreflike Diens (1 985), die Prestige- prys van die FAK (1996) en 'n eredoktorsgraad van UP (1998). Sy het ook van 1985 tot 1993 op die Adviesraad van die SAUK gedien. Met die instelling van die Mimi Coertse-beursskema in 1958 het sy talle belowende jong sangers gehelp om in die buiteland verderte studeer.

Mimi aan die woord:

MIN MENSE weet waarskynlik dat ek dr. Verwoerd goed geken het. Ek het dikwels na hom toe gehardloop as ek probleme gehad het en hy het my ook van sy kant ondersteun, selfs as ek nie daarvoor gevra het nie. Gewoonlik, wanneer ek in die sestigerjare van Europa af gekom het, het 'n staatsvoertuig my die volgende dag kom haal en na Libertas geneem om te gaan kuier. Een van daardie kere het ek so 'n pragtige, driedubbele string pêrels aangehad en dit was vir Dok verskriklik mooi. Toe ek vir hom sê dat ek dit in Wenen gekoop het, en dat dit soveel of soveel gekos het, sê hy: "Nouja, dan moet jy maar volgende keer vir Betsie een saambring." Ek het toe vir Betsie een saamgebring en hy het so ewe die geld gegee; een van die dogters het seker maar die perels geerf.

My kennismaking met die Verwoerds gaan heelwat verder terug; om die waarheid te sê, van 1946 toe ek nog op skool was. Hulle dogter Anna was 'n klasmaat van my op Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg en dit het 'n oor en weer kuiery afgegee. Ek sal nooit die dag vergeet toe ek die eerste keer by hulle gaan eet het nie. Ons sit die middag om die tafel, toe tik haar pa op sy bord, almal laat hulle koppe sak, hy tik weer en toe begin hulle eet. "Nou maar wanneer bid ons?" vra ek. Hy sê toe, nee, elkeen bid vir homself. Toe sê ek: "In ons huis bid my pa altyd kliphard vir ons almal." Jare later kuier ek in Libertas en my ma en pa is ook genooi vir ete. Toe bid Dok hardop, waarop tannie Betsie sê: "Dit doen hy net as Mimi Coertse aan tafel is." En dit was ook so.

By daardie eerste ontmoeting het ek gehoor hoe hy 'n storie kan vertel dat jou hare rys. Die storie was nogal die waarheid, hoor. Hy het vertel hoe hy in die nag van 'n vergadering af tuisgekom het en by die hek voorgelê is deur 'n paar gewapende jongmanne wat hom wou ontvoer. Hy het deur die toe hek gebars en ternouernood ontkom. Later is vasgestel dat dit Stormjaers van die Ossewa-Brandwag was wat nie gehou het van sy koerantartikels teen hulle nie.

Wat hy ook vertel het, was dat hy 'n paar dae later 'n hoë besoeker uit Engeland, 'n sir Somebody wat 'n koerantredakteur was, dink ek, saam met hom in die kar huis toe gebring het vir middagete. Die hek was weer toe. Nou stop hy, hy weet nie of hy moet uitklim om oop te maak nie want die hek is nooit toe nie. Dit kan 'n lokval wees. Hy sê hy begin sweet. Hy kan ook nie die man langs hom op hol jaag nie. Die volgende oomblik spring twee knape agter die bos uit met speelgoedgeweertjies. Dit was toe Hendrik en Christiaan wat die storie gehoor het en gedink het dit sal groot pret wees om 'n heropvoering te hou! Dok sê hy was die eerste keer nie bang nie, maar die tweede keer het die koue sweet op hom uitgeslaan al was dit helder oordag.

My uitgesprokenheid, soos die middag by die ete, het my al dikwels in die sop laat beland, maar nie by Dok nie. In 1966 is 'n stuk van N.P van Wyk Louw in Pretoria opgevoer en ek weet Dok het nie daarvan gehou nie. Ek het seker met ander oë daarna gekyk want ek het vir hom gesê ek dink dit was 'n goeie opvoering. Hy het nie met my geargumenteer nie, net gesê: "Los dit dan nou maar".

Daar was 'n ander keer wat ek in die koerant uitgekryt is omdat ek te velde getrek het teen die hoesery en proesery van gehore by musiekuitvoerings. Ek is dan nou so geliefd en ek word so goed behandel en ek kry sulke goeie kritiek, dit is mos pure ondankbaarheid van my om die publiek te kritiseer. Maar die mense het regtig geen respek gehad nie. Ek kry toe onverwags 'n oproep van die Eerste Minister. Hy sê: "Hulle gaan met jou probeer praat oor die koerantberigte. Nou sê ek vir jou, jy sê nie 'n woord nie. Hulle soek net nog ammunisie. Jy antwoord net nie. Dit is die beste taktiek." Ek het daardie advies ter harte geneem en my lewe lank onthou.

Dit het een of twee keer gebeur dat ek hom sommer uit Wenen gebel het om raad te vra. Soms is ek genooi na plekke waarheen ek nie geweet het of ek moet gaan en hoe dit gereël kan word nie; Rusland byvoorbeeld. 'n Ander geval waar Dok blitsvinnig tot my redding gekom het was in 1965 hier in Suid-Afrika. Ek was toe met die Italianer getroud. My pa se neef wat in die politiek was, het ons gaan wys hoe lyk dit in Soweto. Hy wou ons wys watter vordering gemaak word met die uitvoering van die beleid. Ek het 'n kamera gehad, foto's geneem en die film by 'n apteek ingehandig om ontwikkel te word. Ons was skaars terug op my ouers se kleinhoewe tussen Pretoria en Hartebeespoortdam, toe daag die polisie daar op. Hulle kom toe vrae vra en beslag lê op die foto's. Die apteker moes hulle seker in kennis gestel het. Ek het niks verkeerd gedoen nie; wat sal ek nou met die foto's aanvang? Ek bel toe sommer die Eerste Minister en sê "die geheime polisie" is hier en hulle sukkel met my. Dit was nie vyftien minute later nie, toe kom daar 'n oproep vir een van die polisiemanne, daar word so 'n bietjie gepraat, en weg is hulle sonder die foto's. Dok was nie aan die slaap nie, hoor. Hy het geweet wat dit is om op te tree.

Dit laat my aan 'n ander episode dink, maar miskien het die KWV ook 'n rol daarin gespeel, ek weet nie. Daar was 'n swendelary in Wenen aan die gang met Suid-Afrikaanse rooiwyn. Van my kollegas het 'n bottel gekoop en dit het sleg gesmaak. Iemand het ondersoek ingestel en gevind die wyn word nagemaak deur 'n poeier met water te meng; bid jou dit aan! Kort daarna was ek in Pretoria en ek vertel toe die storie aan tafel by die Verwoerds. Dok het nie 'n oog geknip nie; hy sê niks. Terug in Wenen vind ek alles in rep en roer. Daar het 'n opdrag uit Suid-Afrika gekom om al die Suid-Afrikaanse rooiwyn van die winkelrakke af te haal en die ambassadeur is woedend. Hulle gaan al die visums na en probeer vasstel wie het die nuus versprei. Ek was nog nooit so stom nie, maar ek kon my eie afleiding maak.

Van my ouers se kleinhoewe gepraat, dit het meer as een keer gebeur dat ek ná 'n kuier by Libertas alleen in die aand met my Mini-motortjie moes terugry. Dan het tannie Betsie gewoonlik saam met my gery met die bestuurder en die ampsmotor agterna om haar weer terug te bring.

Daar was ook die keer toe my motor oorgekook het. Dok-hulle het my by die voordeur kom afsien, toe merk hy die plas water. Bedink nou die volgende toneel: Ek lig die enjinkap op en Dok is op sy kniee om onder die kar in te kyk. Tannie Betsie kom nader om te keer: "Maar Pappa, jy kan tog nie uitmaak wat verkeerd is nie."

En die veiligheidswag dink hy is die groot ekspert: "Nee, Doktor asseblief, laat ek sien."

Intussen het Dok al klaar opgelet dit is die verkoeler se dop wat nie teruggeplaas is nie. "Betsie," sê hy, "nou ry jy saam met Mimi terug na die garage waar sy vanoggend volgemaak het en kyk dat sy die regte dop terugkry." Betsie is toe saam, ja, daar is die dop, sy klim in die ander kar wat agterna gekom het en terug is sy na Libertas.

Dok was vrygewig met my. Ek het soms konserte in Pretoria gehad om geld in te samel vir die Mimi Coertse-beurs. Ek sing verniet, die mense koop kaartjies en die opbrengs gaan om jong sangers oorsee te stuur vir studie. Dok het dan vir my 'n blanko tjek gestuur met sy handtekening, en 'n nota dat ek moet invul hoeveel ek dink hy behoort te gee vir die konsert.

Dit het nie heeltemal so maklik gegaan om staatsgeld uit hom te kry nie toe TRUK op 'n stadium in die nood was met hulle operaseisoen. Dit was omstreeks 1962/1963 wat Bags Cilliers my (namens wie weet ek nie meer nie) afgevaardig het om met dr. Verwoerd te gaan praat oor addisionele fondse en ek was bra teensinnig. Sê maar die bedrag wat hulle wou hê was R400 000, of so iets. Ek kom by die Eerste Ministerswoning en sê vir Dok ek wil eintlik vanaand 'n bietjie besigheid kom praat. Hy neem my saam studeerkamer toe en haal eers die kussings af want nie een van ons sit graag teen kussings op 'n bank nie. Ek stel my versoek en dink by myself: kom nou, Dok, jy kan as jy wil. Hy begin praat, daar is damme wat gebou moet word, daar is armoede en die behoefte is groot. My moed sak. Ek voel vanaand kry ek niks. Uiteindelik sê hy: "Maar ek sal jou darem R200 000 kan gee." TRUK het gejubel. Die saak was gered.

Dr. Verwoerd kon goeie musiek waardeer en hy het opreg belang gestel in my loopbaan. Hy het my vertel van die operas wat hy as platsakstudent in Duitsland gesien het, onder andere die Berlynse premiere (nie die wêreldpremiere nie) van Der Rosenkavalier van Richard Strauss. Ek weet nie hoeveel van my konserte hy bygewoon het nie, maar een kan ek baie goed onthou. Dit was in 1960 met die Uniefees in Bloemfontein toe ek spesiaal gekom het om in Rigoletto te sing. Daarna het ek ook nog twee of drie uitvoerings in die Aula in Pretoria gegee. Hy was nog besig om te herstel na die eerste aanslag op sy lewe by die Randse Paasskou vroeër daardie jaar. Ek het by Bags Cilliers van die universiteit tuisgegaan. Hier bel Dok uit die bloute en vra vier kaartjies vir Vrydag, twee vir hom en tannie Betsie en twee vir die wagte wat hom moet vergesel. Bags sê dit kan nie, alles is uitverkoop, hy sal hoogstens twee plekke kan organiseer, maar vier is onmoontlik. Ek bel terug. "Kyk," sê Dok oor die telefoon, "as hy nie vir my plek kan kry nie dan loop ek op die verhoog orals met jou saam waar jy sing." Ek kom by die huis en vertel dit vir my ma. Ag siestog, voor sy haarself kan keer sê sy: "Haai my kind, hy kan dit mos nie doen nie, sê nou maar hulle skiet hom weer en dan skiet hulle jou raak!"

Die aand ná die uitvoering was daar 'n onthaal by prof. Rautenbach en Dok was ook daar. Ek vertel toe maar as 'n grap wat my ma op die ingewing van die oomblik kwytgeraak het. Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: "Dis net 'n moeder wat so kan voel." Ander mense het na die tyd gefluister dat hulle darem nie geweet het hy kan so bewoë raak nie.

Die eerste keer wat ek hom gesien het na die skietery was by Libertas. Toe hy by die deur inkom, het ek opgestaan en na hom toe geloop. Hy het mos so 'n skewe manier gehad om 'n mens te omarm. Hy sit toe sy arm om my, half aan die een kant, en nadat ons gegroet het, hou hy my vas en sê: "Dit het hier ingegaan en hier uitgekom." Hy het gesukkel om die woorde te sê, en hy wys my toe verder: "Ek kan nog nie my twee vingers insteek nie. My mond is nog nie heeltemal reg nie, maar verder makeer ek niks." Ons het nog so 'n bietjie gepraat oor die skietery. Sy woorde onthou ek soos gister: "Die Here het nog planne met my, dis die dat ek nie dood is nie, ek het nog 'n paar dinge om te doen."

Ek was regtig baie na aan dr. Verwoerd. Hy was 'n nederige man. Wanneer my ouers, Ben en Maria, by die klein tafeltjie in die restaurant van die parlementshuis gesit het, het hy van die groot tafel waar sy kollegas bymekaar was, opgestaan en by hulle kom sit. Ek het groot waarde geheg aan die paar briefies in sy handskrif wat ek gehad het, maar dit is vernietig toe my musiekkamer afgebrand het. Dit was brandstigting deur die sogenaamde Wit Kommando nadat ek met Kontak begin het. Kontak was 'n poging van my om wit en swart vrouens bymekaar te bring ná die onluste van 1976 toe ek in die Kaap gesien het hoe jong kleurlinge jong polisiemanne vloek en na hulle spoeg. Ek het net gedink dit sal dalk help dat die volgende geslag kinders anders grootgemaak word. Die konserwatiewes het nie daarvan gehou nie en ek dink tannie Betsie het my ook kwalik geneem. Dit verander egter niks aan my waardering vir hulle gasvryheid wat ek geniet het, en die hoogste respek en waardering wat ek vandag nog vir Dok koester nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1125 gaste aanlyn