NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Stilte is kosbaar. Wie met die stilte leer saamleef, word 'n vriend van die stilte. Stilte is nie leeg nie, net so min as wat 'n hemel sonder wolke leeg is. Stilte is soos slaap, dit verfris die wysheid. Geseënd is hulle wat niks het om te sê nie en nie oorgehaal kan word om dit te sê nie.

DIE DAPPER GENERAAL

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Frikkie Kraamwinkel

 " 'Ja, Generaal, ek sal gaan.' Toe gaan hy deur die vyandelike linies wat generaal Cronjé by die Modderrivier omsingel het; gee sy boodskap aan generaal Cronjé, en kruip weer terug tussen die wagte deur. Sy klere aan flenters, sy knieë deurgekruip dat die bloed daarvan loop – maar op die gesig van hom en sy generaal duidelik te lees: Hier is 'n daad – ongeëwenaard in hierdie oorlog."

Die oorspronklike handskrif van hierdie vers deur Totius geskryf, hang geraam in 'n Hilversumse villa digby die landhuis Djemna in hierdie pragtige tuindorp waarin president Kruger meer as 'n halfeeu gelede gewoon het:

Die sprokie is aan my vertel:

wanneer die druiwetros weer swel

onder die donker wingerdblad,

dat dan die fyne wyn ook roer

in ver verborge keldervat.

 

'n Fyn mistieke eenheidsband

verbind Oranje, Nederland

en Afrika deur alles heen.

Hoe ver die golwe ons al omspoel

die diepehart sal altyd voel

ons is verborge-een.

 

So maklik maak die tyd jou 'n vreemdeling in die verre oord.  Dan gryp jou hart vas aan hierdie ankers met die wye wuiwende land van jou vaders in die suide. Uit die villa stap jy in Steynlaan op. Dit word Bothalaan, en nie veel verder nie, kom jy op die hoek van Kruger- en De Wetlaan.

Vandag buig die bome swaar onder die sneeu, en in die strate vries dit hard. Kinders baljaar uitgelate met hulle sleetjies rond; jong mense verlustig hulle met sneeuballe gooi; ou mense stap versigtig, voel-voel, in die bekende maar nou fyn, wit getooide landskap.

Dis nie jou wêreld hierdie nie. Nie die swart turfland van die Springbokvlakte nie...  nie die doringveld anderkant Natal se Nkwalenivallei nie...  nie die Vrystaat waar die horisonne die oog laat water as jy hulle soek nie. En tog, hier in die vreemde natuur, Steyn, Kruger en De Wet. Jy wil hê húlle moet dit ook sien – hierdie kinders en jongmense en ou mense. Hoe sal jy vir hulle sê: julle moet hierdie tyd in die geskiedenis sien toe Steyn, Kruger en De Wet in die suide van Afrika gestry het. Hierdie tyd toe óns helde ook húlle helde was.  Die dag toe Amsterdam sy Transvaalkade, Vrystaat- en Vryheidskade en die Hooge Veluwe sy standbeeld van generaal Christiaan de Wet gekry het. Die dag toe hulle voorouers as kinders angstig by barbier en sigaretwinkeltjies vir nuus van die suiderfront af gewag het; en dan met groot verering van die Boerehelde die stryd gaan oorspeel het op hierdie vreemde grond wat in die water dryf.

In die verbeelding sien jy 'n jong seun. Hy stap met 'n skooltas in die stad Deventer, aan die oewers van die Ysselrivier. Jare later, op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog, verklaar hy te Bloemfontein in 'n proklamasie:
"Voldoening aan die Britse eise sal neerkom op die verlies van ons onafhanklikheid wat verkry is met bloed en trane". Dan roep hy die burgers van die Vrystaat op om soos een man op te staan teen die verdrukker van hulle reg. Vir hom, president van die Oranje-Vrystaat, Marthinus Theunis Steyn, staan daar vandag 'n standbeeld onder die sneeubelaaide takke van 'n groot beukeboom naby die stasie van Deventer, waar hy destyds matriekklasse by die gimnasium geloop het.

Vir Christiaan Rudolph de Wet – burger van die Oranje-Vrystaat wat op 2 Oktober 1899 met sy drie seuns, Kootie, Isaac en Christiaan, gehoor gee aan die President se oproep, staan daar op die Hooge Veluwe ook 'n standbeeld. Dis nie ver van Apeldoorn nie, waar die tuiste was van Wilhelmina, vorstin wat die hand gereik het aan president Kruger in die dae van donkerheid. Hoe fier en trots is hierdie beeld nie geskep nie! Hoog teen die grou sneeulug staan die beeltenis van hierdie vryheidsheld ferm en beslis veranker op 'n hoë suil. En op die sandveld, met 'n bossie wat nogal wil laat dink aan die Karooveld, gryp die voetstuk aan die vreemde bodem vas; met al in die rondte daarvan, die hand op die roer, die hoofde uitgebeitel van enkele van hulle wat hierdie generaal se dapperste verkenners was.  Geen imposante traliewerk daaromheen nie – net 'n rankrosie wat met verloop van jare 'n soort heininkie om die voetstuk probeer groei het.

Geen weelderige huldeskrif op plaat nie – op die suil net dit: De Wet.

Genoeg is dit – De Wet... vir vriend en vyand. Soos dit was, vroeg in die oorlog by Paardenbergdrif: Kort was sy woord, beslis.
"Ek gee u slegs genoeg tyd om so vinnig moontlik terug te gaan na u bevelvoerende offisier en hom te sê dat hy onmiddellik moet oorgee – anders laat ek u bombardeer en bestorm. Tien minute nadat u in die kamp aangekom het, moet die wit vlag wapper."

De Wet het honderd-en-vyftig man en 'n Maxim Norden-feldt gehad. Die Engelse troepe had volgens hulle hom vertel het, ruim honderd man, voorsien van genoeg ammunisie en proviand, en sterk ingegrawe tussen huise en krale. Iedere oomblik het hulle 10 000 man van Belmontstasie verwag om na Lord Roberts te lei.

Skaars was die manskap egter van sy perd af terug in die Engelse stelling, of die wit vlag word gehys. Genoeg was dit: De Wet.

Die hoof, fier omhoog teen die wolke afgeëts op die Hooge Veluwe; so fors gegiet in die ruiterstandbeeld in Bloemfontein, is ook in Londen heelwat later, 23 Oktober 1902, in pentekening vasgelê deur die bekende Hollandse skilderes, Therese Schartze. Die oë vertel jou dit reeds: dapper, fynberekenend – lief vir sy vaderland en sy mense. Hoe het hy nie self hulle moed en durf bewonder nie – veral dié van Willie Steyn, 'n sekere Botha en twee Steytlers, asook twee ander Vrystaters waarvan die name hom deur die jare ontgaan het. Tydens De Wet se eerste kennismaking met Lord Kitchener in die Slag van Honingkopjes, is hulle onder sewe Boere wat deur die vyand gevang en na Ceylon gestuur word. In die hawe ontsnap hulle; swem 'n paar myl na 'n Russiese skip, en bereik Rusland. Van daar deur Duitsland na Holland, en met 'n Duitse skip na Duitswes-Afrika.  Deur Boesmanland trek hulle tot in die Kaapkolonie, en sluit aan by die mag van generaal Hermanus Maritz. Vol bewondering verklaar generaal De Wet:
"Wat sal die wêreld van hierdie jong burgers sê? Dapperder en getrouer het ons aardbol nie opgelewer nie. Sulke manne is vir 'n volk baie werd."

En asof dit waar is dat jy in heldedade moet glo om self 'n held te word, deins Christiaan de Wet nooit vir selfs die onmoontlike terug nie. So ook nie sy verkenners nie. Alombekend en onvergeetlik is die naam van die kaptein van die rapportryers, Danie Theron.

In 'n waagstuk wat nooit weer oortref sou word in die heloorlog nie is Danie Theron se antwoord op generaal De Wet se versoek helder en duidelik:
"Ja, Generaal, ek sal gaan." Toe gaan hy deur die vyandelike linies wat generaal Cronjé by die Modderrivier omsingel het; gee sy boodskap aan generaal Cronjé, en kruip weer terug tussen die wagte deur. Sy klere aan flenters, sy knieë deurgekruip dat die bloed daarvan loop – maar op die gesig van hom en sy generaal duidelik te lees: Hier is 'n daad – ongeëwenaard in hierdie oorlog.

Die oorlog sou nog meer hiervan sien: Van hierdie man wie se vierkant skouers sy hoof fier omhoog stoot, 'n leier wat sy teenwoordigheid van gees in selfs die benouendste oomblikke kon behou.

Dis al later in die oorlog. By die Krokodilrivier spreek president Steyn die wens uit om 'n besoek te bring aan die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek wat toe in Machadodorp was. Kommandant Steenekamp word tot hoofkommandant verkies, om die President deur die Bosveld na Machadodorp te neem, en generaal De Wet trek openlik na die Vrystaat terug om die vyand se aandag op hom te vestig. Saam met hom 245 man. Nou moet hy oor die Magaliesberg. Olifantsnek en Kommandonek is die naaste twee passe, maar eintlik is Olifantsnek al weer te ver ten weste en Kommandonek tien teen een deur Engelse beset. Daar bly 'n voetpad oor tussen die twee nekke. Op pad daarheen word die eerste groot vyandelike kamp op die Pretoria-Rustenburgpad bespeur, tussen Kommandonek en die Krokodilrivier. Nog 'n groot kamp is sewe myl ten noordweste. En in hierdie wêreld is daar maar net plek-plek lappies bome, en verder oop veld. Die vyand kon hulle duidelik sien. De Wet mik nou vir die grootpad tussen Rustenburg en Pretoria, in die rigting van Wolhuterskop, van waar die voetpad oor die berg nog tussen agt of nege myl is. Twee myl oos van Wolhuterskop kom hulle skielik op twee Engelse verkenners af, en vang een. Hy vertel dat 'n groot vyandelike mag van vooraf in aantog is. Die perde is reeds moeg van die lang dag se trek; die voetpad afgesny, en noord en wes agter hulle twee groot magte. Dwars voor De Wet, die Magaliesberg.

Vinnig vra hy by 'n stroois:
Kan 'n mens daar oor?" en hy wys na die berg.
"Nee, Baas, jy kan nie."
"Het 'n mens al ooit daaroor gery?" vra die generaal verder.
"Ja, Baas, vanslewe."
"Loop daar bobbejane oor?"
Ja, hulle loop daar, maar 'n mens nie."

Tweeduisend voet hoog, die Magaliesberg voor hulle. Toe gee De Wet die bevel: Ruk op, Burgers – ons kan en moet oor waar 'n bobbejaan dit kan doen! Suidwes in 'n kloof op, buite gesig van die vyand – tot effens oor die helfte, daarvandaan reg suidwaarts in volle gesigsveld van die Engelse, die steilste deel van die berg uit. Die perde moet al gelei word. Telkens struikel 'n burger. Telkens gly 'n perd terug. Al moeiliker word dit. Sweet stroom mens en dier af. Die middagson brand ongenadig.

Jy hoor De Wet sê:
"Baie berge is ek al uit. Die ruwe rotswande van Majuba, die styl Nicholsonnek het ek uitgekruip, maar ek was in my lewe nog nooit so moeg soos nou nie." Die burgers besef dit: As die vyand hulle kanonne nou op hulle rig, ontkom niemand dit nie. Mens kan nêrens heen padgee nie. Weer 'n bemoedigende woord van De Wet:
"Die Engelse kan dit alleen doen as hulle 'n Howitzer het, 'n soort kanon waarvan dié kolonnes nie juis baie hou nie."

Byna bo-op die berg. Hier is 'n groot granietplaat, glad soos seep. Mens en dier struikel en val ...   gly terug ...   begin weer. Die hoogste hoogte word nie bereik sonder 'n laaste kraginspanning nie! Dan die onmeetlike vergesig – 'n oneffe, gebroke veld tussen hier en die Witwatersrand. 'n Lang skaduwee van die berg wat reeds groei in die wuiwende grasveld in ,waar die son die grassaad golwend laat blink. Geen teken van die vyand voor hulle nie.

Miskien is dit die ruiterstandbeeld van generaal De Wet in Bloemfontein wat dit die sterkste vertel: hierdie onverskrokke krygsman is nooit deur die vyand gevang nie. Nie op die slagveld nie; nie deur 'n blokhuislyn tussen Lindley en Kroonstad nie; nie deur 'n kordon van 60 000 troepe by Holspruit nie.

Op die Hooge Veluwe is sy standbeeld wit getooi deur die vallende sneeu in die winterwind van 'n vreemde land. Êrens 'n pentekening, op 'n vreemde bodem gemaak. In Bloemfontein die brandende somerson op 'n ruiterstandbeeld.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3604 gaste aanlyn