Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. My lewe het eenmaal waarde en sin gehad. Ek het gewerk, gely, invloed uitgeoefen. Wat ek gedoen het, skuif al hoe verder weg. Ek vra u om my te bewaar van bitterheid, van die drang om my kennis te bewys. Ek wil leer om te laat los. Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.
STRAAT- EN PLEKNAME VAN OU-PRETORIA (2)
Lees reeks by Straat- en Plekname van Ou-Pretoria
JAN PLOEGER
Die name
Allcockstraat: colbyn
Allcockstraat roep eerwaarde William Botteril Allcock, 'n Metodistepredikant, in herinnering wat in 1873 in Engeland gebore is. In 1903 het eerwaarde Amos Burnet, eerwaarde Weavind se opvolger in die destydse Andriesstraat-kerk en later algemene superintendent van die Wesleyaanse Kerk in Transvaal en Swaziland, 'n oproep gedoen vir vrywilligers van oorsee om in Transvaal te kom diens doen. Allcock het daarop gereageer en is in 1904 in die gemeente Berea, Johannesburg, geplaas waarvan Pretoria ook 'n wyk was.
Allcock het in gemeentes in Oos-Londen, Bloemfontein en Durban gedien en was in 1941 president van die Wesleyaanse Konfe- rensie. Hy het in 1946 afgetree maar het steeds gepreek. Hy is in 1950 in die ouderdom van 77 oorlede.
Burnettstraat (meer korrek Burnet) in Hatfield herinner aan eerwaarde Amos Burnet. Amosstraat in Colbyn is ook na hom vernoem. Die Amos Burnet Gedenkkerk by die ou Kilnerton Sendingstasie in wat vandag Wea- vindpark is (vernoem na eerwaarde George Weavind van die Metodistekerk), is in 1929 opgerig. In die kerk is 'n gedenkplaat ter herinnering aan sy vrou, Ester Ann, eerste presi- dente van die Afrikaanse Vroue-biduurunie, en hulle dogter, Ann.
Andriesstraat: sentraal
Andriesstraat is na die Voortrekkerleier, generaal Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798—1853), vernoem. Hy was die held van die slag van Bloedrivier (1838) en vader van president Marthinus Wessel Pretorius (1819-, stigter van Pretoria.
Kort na die stigting van Pretoria in 1855 het daar kaarte verskyn waarop die straat aangedui is as St Andriesstraat. Daar is baie gissinge hieroor. Sommige persone meen die 'St' was 'n afkorting van Stephanus, die Andries Francois du Toit (1813-1883) - Pretoria's first voornaam van kommandant-generaal Stephanus Schoeman (1810-1890), waarnemende president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, wat op Klein Schoemansdal, aan die noordepunt van die straat waar die Nasionale Kultuurhistoriese Museum nou is (Boomstraat), gewoon het.
Andries se die naam is afgelei van die sogenaamde kruisvlag, 'n blou vlag met 'n rooi skuinskruis soortgelyk aan die van st Andrew. Hierdie Voortrekkervlag was veronderstel om dié van die Voortrekkers wat Potgieter gevolg het, te gewees het. Tydens die Voortrekker- eeufees in 1938 is die voorvoegsel 'St' laat vaar.
Apiesrivier: arcadia
Daar word algemeen aanvaar dat die naam ontstaan het toe die Voortrekkerfamilies hulle in die Pretoriavallei kom vestig het en die rivier vernoem het na die blouapies wat tussen die bome en bosse deur op die rivierwal gebaljaar het.
Die vroegste aangetekende gebruik van die naam verskyn in 'n brief deur ds Dirk van der Hoff waarin hy verwys na de Gemeente gelegen aan de Aaprivier.
Dr N J van Warmelo, staatsetnoloog, het aangeteken dat die vallei vroeër deur hoofman Musi (Msi) en sy Ndebelestam bewoon is. Volgens hom kom die naam van die hoofman se seuntjie, Tswanie, wat "klein apie" beteken.
Met die koms van die Matabeles in 1825 is die rivier Enzwabuklungu genoem - "iets wat seermaak of pynlik is om aan te raak". Dit verwys na die klipperige grond, wat die waterdraers se voete seergemaak het in die dolomietgebied om die twee fonteine.
Arcadia
Andries Francois du Toit (1813-1883), Pretoria se eerste landdros, het 'n gedeelte van die plaas Elandsfontein by president M W Pretorius gekoop in ruil vir 'n gesoute ponie.
Die eiendom, wat hy Arcadia genoem het, het van die huidige Du Toitstraat tot by die huidige Presidensie (tot onlangs die RSA se amptelike presidentswoning) gestrek.
Daar is mense wat meen dat hy sy eiendom na Arcadia, 'n sentrale gedeelte van die Griekse Peloponnesiese skiereiland, vernoem het. Dit word in die poësie geidealiseer as 'n idilliese pastorale lewe van onskuld en eenvoud. Ander meen dat die stadsdeel na die Du Toit's se familieplaas, Arcadia, in die Kaapkolonie, vernoem is.
Die eiendom is later aan S J Meintjes (1819- 1887) verkoop, wat die deel wat nou Ou Arcadia is, gestig het. Dit bestaan uit erwe 1-54, tussen Du Toitstraat en die Apiesrivier.
Athlonestraat: hatfield
Dit is oorspronklik Weststraat genoem en is in 1924 herdoop ter ere van die graaf van Athlone wat vanaf
1924 tot 1930 Britse Hoë Kommissaris en Goewerneur-Generaal van die Unie van Suid-Afrika was.
Die graaf is in 1874 in Kensingtonpaleis, Londen, gebore en hy is in 1957 in Londen oorlede. Sy aktiewe diens sluit die Matabele- rebellie van 1896 in, asook die Driejarige Oorlog (1899-1902) en die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918). In 1924 is hy as Hoë Kommissaris en Goewerneur-Generaal in Suid-Afrika aangestel - toe nog die Unie - en hy tree in 1930 af. Van 1940 tot 1946 is hy Goewerneur- Generaal van Kanada.
Sy vrou, Prinses Alice van Athlone, was 'n dogter van Sy Koninklike Hoogheid Prins Leopold, Graaf van Albanie, en 'n kleindogter van koningin Victoria. Prinses Alice was die eerste persoon wat die nuwe Suid-Afrikaanse vlag gehys het - op die laer terras voor die Uniegebou in Pretoria, op 28 Mei 1928.
Daar word gemeen dat Tom Jenkinsrylaan in Rietondale wat voorheen Alicestraat was, aanvanklik na haar vernoem was.
Baileylaan: arcadia
Vernoem na Caleb Bailey, 'n ou inwoner van Pretoria wat baie jare lank in die laan gewoon het voordat dit 'n naam gekry het. Hy was 'n klipmesselaar en is in 1940 in die ouderdom van 90 oorlede.
Sir Abe Bailey (1864-1940), Randse magnaat en onder andere voorsitter van die South African Townships, Mining and Finance Corporation, het 'n gedeelte van Nieuw/New Muckleneuk gekoop, die uitleg herontwerp en erwe verkoop onder die naam Bailey's Muckleneuk.
Balmoralstraat: arcadia
Hierdie straat is deel van die landgoed wat bekend staan as Lisdoganpark. Die gebied is in 1911 deur J H Fehrsen, 'n landmeter, in 87 erwe onderverdeel. Fehrsenstraat in Brooklyn is na hom vernoem.
Die straatnaam se oorsprong is 'n pleknaam in Skotland wat die familiewoning van A H en J Munro was wat, saam met C W Giovanetti, 'n voormalige burgemeester van Pretoria (1915- 1920) en sakeman, die Lisdoganpark-voorstad ontwikkel het. Die Skotse naam kom weer van die kasteel Balmoral, die Britse koninklike familie se Skotse tuiste. Bal beteken 'n woonplek of 'n dorpie, en bal-moral = "koninklike woonplek".
Banklaan: sentraal
Banklaan is aan die oostekant van Kerkplein gelee waar dit Kerkplein met Pretoriusstraat verbind.
Die naam het ontstaan omdat die laan by die Standard en Natal Bank verbygeloop het. Dit is in 1910 as 'n straat geregistreer.
Beatrixstraat: arcadia
Beatrixstraat is na Beatrix Dory Meintjes, oudste dogter van E P A (Eddy) Meintjes en kleindogter van Stephanus Jacobus Meintjes
Beckettstraat: arcadia
Thomas William Beckett is in 1851 op Merton, Kent, Engeland, gebore. Die gesin het na Australië geëmigreer en in 1864 na Suid-Afrika gekom waar hulle hul in Pietermaritzburg gevestig het.
Thomas het 'n tyd lank op die diamantveld gewerk waarna hy by die firma Hill en Paddon van Kimberley aangesluit het. Die hernude vertroue in die finansiële posisie van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder president T F Burgers het tot die instroming van handelaars gelei, waaronder ook Thomas Beckett was. Hy sou 'n prominente rol in Pretoria speel. In 1874 het hy 'n enkelverdiepinggebou op die hoek van Van der Walt- en Kerkstraat gebou, en hy het 'n belangrike rol gespeel in die mynkonsessie-ontwikkeling aan die Witwatersrand. Hy was die eerste voorsitter van die Nationale Bank van de ZA Republiek en het die firma T W Beckett & Kie gevestig. Hy is in 1903 met Annie Orsmond van Bloemfontein getroud en hulle het 16 kinders gehad. Hy is in 1924 in die ouderdom van 67 oorlede.
Belvederestraat: arcadia
Die straat vorm deel van wat eens die klein Belvedere-landgoed was wat deur die Pretoria Townships Bpk gekoop is en in 1904 deur D G B Malherbe in erwe uitgelê is.
Die naam is ontleen aan die Italiaans bello- vedere, wat "pragtige uitsig" beteken.
'n Hotel van hout en sink in hierdie straat het aan die behoeftes van die konstruksie- werkers van die Uniegebou voorsien, maar dit het afgebrand voordat die Uniegebou in 1913 voltooi is.
Blackmoor: hatfield
Blackmoor is op gedeeltes van die plase Elandspoort en Koedoespoort geleë wat in 1906 deur D G B Malherbe opgemeet is vir die oprigting van 'n woning vir die Goewerneur- Generaal. Die woning is aanvanklik Goewermentshuis genoem, en nadat Suid-Afrika in 1961 'n republiek geword het, het dit as die Presidensie bekend gestaan.
Die naam is ontleen aan die Engelse landgoed, Blackmoor, van lord Selbome (1859- 1923). Hy het lord Milner in 1905 opgevolg as Hoë Kommissaris in Suid-Afrika en Goewerneur van Transvaal en die Oranjerivierkolonie. Toe die unifikasie in 1910 'n voldonge feit was, moes Lord Selbome, 'n Konserwatiewe Partylid, plek maak vir 'n lid van die Liberale Party, en hy kon dus nie die eer smaak om Suid-Afrika se eerste Goewemeur-Generaal te wees nie.
Lady Selbome, 'n voormalige swart voorstad wat opgeruim is om die blanke voorstad Suiderberg te word, is na sy vrou vernoem.
Bloedstraat: sentraal
Die straat se vroeëre naam is onbekend. Die huidige naam roep 'n episode tydens die Rebellie van 1862-1863 in herinnering, toe kommandant-generaal Stephanus Schoeman se eiendom, Klein Schoemansdal, deur 'n mag onder kommandant S J P Kruger (1825-1904) omsingel is om enigiemand te verhoed om in of uit te gaan.
Daar word geglo dat 'n seun van landdros F du Toit, onbewus van die situasie, sy perd opgesaal het om vir die generaal te gaan kuier. Berigte oor wat toe gebeur het, wissel. Dit was Sondag, 14 September 1862, 'n stormagtige, winderige dag, en die wag se roep, "Halt, wie gaan daar", is nie gehoor nie of nie op gereageer nie. Skote is geskiet en bloed het gevloei. Sommige verslae lui dat Du Toit gedood is; ander dat hy gewond is; en die derde groep hou vol dat dit die perd was wat getref is.
Boothstraat SENTRAAL
Boothstraat is ‘n kort straatjie wat daar gestel is om Kerkplein met Vermeulenstraat te verbind en dis oorspronklik Weststraat genoem.
Die naam is in 1929 ter ere van die Heilsleër se stigter, William Booth (1829-1912), verander. Die godsdienstige groep se hoofkwartier was in Schubartstraat daar naby.
Booth was algemeen bekend as generaal Booth. Hy het oorspronklik sy welsynwerk onder die behoeftiges in Londen se "East End" begin. Sy seun het hom bygestaan en later ook 'n "generaal" geword met die "Vrywillige Leër" onder sy sorg. Die naam is later na Heilsleër verander en dit is 'n "leër" van vrywilligers wat na die armes en behoeftiges gesoek het om hulle deur die Woord van God na die geloof terug te bring.
Bosmanstraat: sentraal
Bosmanstraat se oorspronklike naam was Kockstraat, moontlik na Antonie Gerhardus Kock wat van die erwe in die straat besit het. Na 1875 was daar onsekerheid oor die oorsprong van die naam en dit is herdoop na twee Hollandse winkeliers, Egbert J en Johan P Koch.
Die huidige naam is in 1942 daaraan gegee ter ere van dr Hermanus Stephanus Bosman (1848-1933), gebore te Victoria-Wes in die Kaapkolonie. Hy het sy loopbaan by die Potchefstroomse firma, Forman & Kie as klerk begin, maar dr Andrew Murray (1828-1917) het hom aangemoedig om predikant te word. Hy is in 1876 na Pretoria beroep en het in die Nederduitse Gereformeerde gemeente in Bosmanstraat gedien tot sy aftrede in 1926.
Dr Bosman was ook waarnemende Superintendent van Onderwys in die Transvaal (1879- 1881) onder die Britse administrasie en het die Prospect Seminarieskool vir Meisies in 1877 op die suid-oostelike hoek van Schoeman- en Van der Waltstraat opgerig. Hy was moderator van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen 1897 en 1909. In 1920 is 'n ere-doktorsgraad in die godgeleerdheid deur die Universiteit van Suid-Afrika aan hom toegeken ter erkenning van sy uitstekende diens aan onderwys en godsdiens in die Transvaal.