NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan."  Soos Dawid dit in Ps 31 uitjubel, so seker sal die Afrikanervolk se benoudheid ook verbygaan en sal hy weer sy voete op vrye grond laat staan!

STAATS- INSTELLINGS

Johan Dorfling

Kort-kort word melding gemaak van geldtekorte by staatsondersteunde instellings soos ESKOM, SAL, SAUK en ander. Die staatskas, met die belastingbetaler se geld, staan dan in om uit te help met lenings, maar eintlik met skenkings sodat die betrokke instellings aan die gang kan bly. Kort-kort word weer en weer geld gevra, inderdaad geëis, omdat niks in die tussentyd gedoen is om uitgawes te beperk nie. Die belastingbetaler betaal reeds hoë tariewe en word sonder dat toestemming van hom gevra is, verplig om groter tariefverhogings te betaal onder die dekmantel van belastings.

Vanselfsprekend moet 'n oplossing gevind word, want mense word al hoe armer gemaak sonder dat hulle 'n aandeel daarin het. Duidelik het die regering nie 'n antwoord op hierdie probleem nie. Wat doen gesinne as hulle vind dat prysstygings te hoog raak en hulle nie hul inkomste kan aanvul nie?  Hulle besnoei eerstens op uitgawes waarsonder hulle kan klaarkom. Uitgawes soos roomys en lekkers, flieks, uiteet, minder rondry, op klerekoop as hulle kan en so meer, anders beland hulle al dieper in die skuld. Almal weet dat minder uitgawes aangaan, is meer doeltreffend as om te jaag vir groter inkomste wat groter belastings inhou.

Hoe het die vorige paragraaf betrekking op die staatsondersteunde instellings?  Dit gaan oor finansies en daarom moet eers na die waarde van die Suid-Afrikaanse rand gekyk word deur dit met geldstelsels soos die VSA dollar, Britse pond, Europese euro en ander te vergelyk. As naastenby afgeronde voorbeelde en nie as akkuraat nie, wissel die dollar op die geldmark teen 12 rand, die pond teen 17 rand, en die euro teen 15 rand. Dit is op die geldmark en is nie die enigste maatstaf vir vergelyking nie omdat die lewenskoste nie daarby ingesluit is nie. Op die produktemark kos 'n item wat in die VSA in 'n winkel vir 1 dollar verkoop word, in Suid-Afrika nie noodwendig 12 rand nie. Hier kan dit miskien teen 5 of 6 rand verkoop.

Vergelyk die geldmark nou met die produktemark. Met die voorbeeld in gedagte is die volgende nader aan korrek:  'n Salaris van 10 000 dollar per maand kan nie na 120 000 rand per maand omreken word nie, maar na 60 000 rand per maand. Die salaristrekkers by staatsondersteunde instellings se salarisse moet dus in so 'n geval met die helfte gesny word vir 'n betroubare vergelyking. Daarby moet die algehele begroting van die VSA met Suid-Afrika se begroting vergelyk word. Hoe groter 'n begroting (inkomste-gedeelte), hoe makliker kan groter salarisse betaal word. (As iemand R20 000 per maand ontvang, kan hy makliker stygende pryse hanteer as wanneer hy R10 000 per maand sou kry).

Suid-Afrika se staatskas kan nie met die VSA, Brittanje of Eurolande se geldsake vergelyk word nie omdat dit sommer baie kleiner is. Plaaslik word die inflasiekoers in ag geneem by die aanpas van salarisse, dit word nie met buitelandse ekonomieë vergelyk nie. Ooreenkomstig kan die salarisse van hoë poste ook nie vergelyk word nie. Een waatlemoen se prys kan nie met een appel se prys vergelyk word nie. Aldus moet die buitensporige hoë salarisse van staatsinstellings in Suid-Afrika met meer as 50% ingekort word. Kan die regering hierdie werklikhede nie insien nie, of is hulle kort-kort kortsigtig, nee, deurlopend kortsigtig.

In die lig van die voorgaande behoort die toppos by 'n staatsinstelling se salaris nie meer as R100 000 per maand te wees nie. Wat wil die bekleërs van hoë poste met meer geld doen anders as om weelderig te leef eerder as dienaars van die land?  Geen rykdom behoort in hulle visier te wees nie, net dienslewering. Wanneer is hulle ryk? :  Wanneer hulle 'n volledige eetstel besit. Hoeveel gesinne in Suid-Afrika het volledige eetstelle?  Volgens berekening hoogstens 30%, miskien minder. Let op hoeveel leef in plakkerskampe en armoedige woonbuurtes. Doen gerus navraag by betroubare bronne. Dus, as iemand oor 'n volledige eetstel beskik, is jy ryk. Volgens die huidige regering moet almal behoorlike behuising, sanitasiegeriewe, elektrisiteit, welsyn, lopende water en gesondheiddienste tot hulle beskikking hê. Rykes moet met die armes deel om hulle te help om hulself te help. Die hoogbetaalde bekleërs moet dus hulle buitensporige inkomste in die staatskas laat sodat die armes daarby kan baat.

Die redenasie dat hulle met tot R100 000 onderbetaal sal wees, hou nie water nie. Hulle is reeds lankal buitensporig oorbetaal. As dieselfde amptenaar R200 000 per maand ontvang, sal hy nie harder of doeltreffender werk nie. As dit so sou wees het hy teen R100 000 nie sy plig gedoen nie.

Volgens senioriteit behoort die ander amptenare by ‘n instelling trapgewys kleiner salarisse te kry totdat 'n bestaanbare salariskerf op die laagste vlak bereik word. Om die amptenare se salarisse met werknemers by private ondernemers se inkomste te vergelyk, is verkeerd. Hulle streef winste na terwyl staatsinstellings nie-winsgewend moet wees met die oog op uitstekende dienslewering. Dienslewering word egter erg afgeskeep. Amptenare by staatsinstellings, van die laagste tot die hoogste rang, is sonder winsmotief bowenal diensknegte vir alle landgenote en moet dit besef. Diensknegte is nie op verkwistende lone geregtig nie.

Miskien begryp die regering dit moeilik, maar met vermindering van die buitensporige hoë salarisse by staatsondersteunde instellings (vroeër semi-staatsinstellings genoem), sal die salarisse in die privaatsektor ook verklein wat sal meebring dat pryse van artikels sal daal. Die vervaardigingkoste is dan laer. Sodoende sal alle inwoners kleiner uitgawes hê en gemakliker kan leef.

Besef asseblief dat met die beperking op uitspattige salarisse, sal elke staasondersteunde instelling baie miljoene rand bespaar en gesamentlik baie miljarde. Tariewe vir elektrisiteit, water, telefone belasting, vliegtuigkaartjies, en wat nog, sal daal en meer bekostigbaar wees.

Uit bostaande blyk dit onteenseglik dat die oplossing vir die finansiële tekorte by staatsondersteunde instellings op die verkeerde plek gesoek word. Oplossing vir geldtekorte lê by uitgawes en nie by inkomste nie. As die buitensporige en oordadige salarisse aan bande gelê word, sal tariefverhogings nie nodig wees nie, trouens, die tariewe sal verlaag kan word sonder dat die instellings finansiële hulp ontvang.

Staatsondersteunde instellings soos Transnet, Randwater, ESKOM, SAL, SAUK, Telkom en ander, moet ophou om te bedel en moet hulle eie finansies in orde bring. Die bekleërs van hulle boonste poste word miljoene oorbetaal. So ook bestee hulle ongehoorde bedrae aan vervoer en aan onnodige kantoortoerusting en verloor geld as gevolg van swak administrasie en ondoeltreffende werkverrigting. Die fondse tot hulle beskikking is voldoende as hulle binne redelike perke bly, en dit wat te veel is, moet in die staatskas gestort word. Kom terug aarde toe.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3208 gaste aanlyn