Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die waarheid van 'n huwelik is dat God ons verskillend gemaak het – ons kan nie eenders dink nie, maar ons moet saam dink.
RAAKSIEN VAN VERWARRING
Johan Dorfling
Daar is al melding gemaak van die goedgelowigheid van ons mense en ook van misleiding deur teenstanders van apartheid. Hoe kan ons beide raaksien waar hulle saam aangewend word?
Toe Andries Pretorius in 1836 met meer as 400 man teen die groot Zoeloemag van minstens 15 000 uitgetrek het, het sommiges, soos die Britse mag in Natal, getwyfel of hulle kon oorwin. Die volle Zoeloemag in Zoeloeland was 34 000 groot. Met die oorweldigende oorwinning het Andries Pretorius bewys dat, met die hulp van God, sukses behaal kon word. Wat hier na vore gekom het, was dat misleidende praatwerk verkeerd bewys was. Goedgelowigheid het nie 'n rol gespeel nie omdat deeglike voorbereiding gedoen was. Niemand kon die bewyse betwyfel nie.
Dr Malan het in 1948 aan die bewind gekom terwyl selfs genl Smuts dit as onmoontlik beskou het. Daarna is deur duisende die mening uitgespreek dat hy nie lank in die saal sal bly nie. Dit was om ons volk so te mislei dat hulle dit moet glo en liewer hul stem moet verander. Sedert 1948 tot 1966 het hy en sy opvolgers, adv Strijdom en dr Verwoerd, met eerlikheid bo verwagting so vinnig ondersteuning verwerf dat hulle met die verkiesing in 1966 soveel as 126 setels verkry het teenoor die opposisie se 39 setels. Ongelooflik. Weer eens kon niemand die werklike feite betwyfel of dit vir misleiding gebruik nie.
Opvolgende leiers het nie die daadkrag besit om hul man te staan nie. Eers is gemengde sport toegelaat en daarna het ander toegewings gevolg tot ons volk tot slawe verlaag is. Watter inset kan ons vandag lewer nadat die laaste blanke leier ons laaste vryheid prysgegee het. Onthou, hy staan nie alleen skuldig nie. Na dr Verwoerd het elkeen al hoe meer besittings weggegee totdat selfs ons private besittings staan onteien te word. Daar word van grondonteiening gepraat, maar dit is misleiding. Ons huise en erwe, ja, ook die erwe van ons vaders, is ingesluit en ook ons beleggings in banke en ander instellings. Dit is kommunistiese beleid.
Hoe het ons hier uitgekom? Ons het nie in diepte gedink nie. Net een boek word as voorbeeld voorgehou om die misleiding uit te wys. Adv J P J Coetzer het ‘n boek geskryf getiteld Gister se dade Vandag se oordeel. Hy swaai sy eie denke so om dat hy verwag dat ons ander daardeur mislei sal word, van ondersteuners van apartheid tot die andersdenkendes.
Voorin skryf hy "Opgedra aan almal wat tydens die vorige bedeling as politici, lede van die veiligheidsmagte, staatsamptenare of gewone landsburgers 'n bydrae gelewer het om te voorkom dat Sui-Afrika deur Internasionale Kommunisme oorstroom word." Hy begin dan ook met die indruk dat hy goeie oordeel het en beskryf apartheid gunstig.
Die hooggeregshof se uitsprake in die Rivinia-verhoor teen Nelson Mandela, en die Bram Fischer-saak, waar hulle skuldig bevind was, wys Coetzer uit as bo redelike twyfel dat kommunisme daarop uit was om Suid-Afrika desnoods met geweld oot te neem. In 1998 haal hy aan dat Desmond Tutu in 'n blanke kerk 'n emosionele preek gelewer het om blankes te oortuig dat hulle skuldig is. Hy het bewerings gemaak nog voordat die sake voor die Waarheid-en-versoeningskommissie gedien het. Met ander woorde, voordat hy die feite aangehoor het, het hy reeds veroordeel. Stel jou voor, 'n regter vind iemand skuldig voordat hy enige kennis van die saak het.
Coetzer gaan voort met die feit dat Lords Milner, Selborne en Gladstone apartheid in Mei 1917 entoesiasties ondersteun het. Geleidelik gaan hy daartoe oor om te sê dat apartheid nie die geesteskind van die Afrikaners was nie. Hy probeer op hierdie manier ons losmaak van apartheid. Hy probeer ook om verwarring te veroorsaak om te beweer dat ons (dom) mense nie die verskille tussen kleurbeleid en apartheid begryp het nie.
Om verder verwarring te probeer saai, skryf Coetzer van 'n kleurlingvrou wat die eeue oue beroep beoefen het en dat (wit) mans, in hakies ja, agter haar aangeloop het. Om ietwat meer geloofwaardig voor te kom, het hy klem gelê op wit matrose uit vreemde lande. Sy saad het hy egter subtiel gesaai. Volgens hom, sou dit nie vir dr Verwoerd en kommunisme wees nie, het die wetgewing en vervolging nie gebeur nie. Pragtig gee hy aan dr Verwoerd eer, maar wat van Jan van Riebeeck, Piet Retief (in sy manifes) en die Voortrekkers, genl Hertzog, dr Malan en adv Strijdom voor hom? Hoe kon hy beweer dat dr Malan en adv Strijdom ietwat kortsigtig van aard was. Geen getuienis of bewyse word verstrek nie, net 'n misleidende opmerking.
Net om so 'n bietjie versagting te probeer kry om sy saak oor die grens te lig, vertel Coetzer dat die Voortrekkers in areas inbeweeg het wat nog onbewoon of verlaat was. Die Voortrekkers het glo geen swart stam uitgewis en hulle van hulle grondgebied beroof nie. In aanvalle was die Boere nooit die aggressors nie. Na al hierdie mooi praatjies het Coetzer vinnig omgeswaai.
Nou kom sy ware kleure na vore. Slovo se bewering van ekonomiese eksploitasie was volgens hom, waarskynlik in die kol. [Daaroor kan ek 'n hele boek skryf vir mense wat so 'n valse bewering glo]. Die deur Coetzer geëerde dr Verwoerd het skielik "sekerlik ernstige foute begaan", al noem Coetzer hom daarby 'n intelletuele reus. Geen besonderhede oor die "ernstige foute" word verstrek nie. Verder beweer hy dat volle demokrasie sedert 1994 in Suid-Afrika geld. Wat waar gekry is? Dit was juis die einde van demokrasie.
Coetzer besef steeds nie wat demokrasie, vryheid of apartheid is nie. Daarom prys hy eers die goeie, kraak die goeie subtiel af, en prys die godlose kommunisme. Die grootste deel van sy boek is vol valse bewerings wat ongegrond is sonder enige werklike feite. Dit is uiters moeilik om dwaashede te bekamp omdat dit in die lug sweef.
Coetzer, soos ander onverstandiges, gebruik misleiding om verwarring te probeer bewerkstellig sonder dat ons dit moet raaksien. Duidelik ondersteun hy die volkvreemde regering.