NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? In hierdie tye is laasgenoemde opsie ernstig van krag; ons volk word so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (49 - SLOT)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

Die res van Desember het gekom en gegaan soos een van daardie Japannese super-sneltreine. My moeder het haar 70ste verjaarsdag gevier en die hele familie het bymekaar gekom om haar geluk te wens. Sy is ’n fantastiese persoon. Katy en ek het na Kaapstad gevlieg om na ons huis in Bantry-Baai te gaan kyk en het by Chris en Barbara Barnard gaan eet. Ons het die aand saam deurgebring en die hele saak van kant tot kant bespreek. Ek het belowe om aan hom ’n eksemplaar van my boek te stuur. Ek was geskok om te hoor dat hierdie man, wat meer vir Suid-Afrika se beeld in die buiteland gedoen het as enige ander persoon sedert Paul Kruger,so geminag was in sy eie land.

 

Ek het by myself gedink: “Hoe kleinlik. Om een van die grootste manne wat Suid-Afrika nog opgelewer het, uit politieke weerwraak lam te lê.”

Andrè Pieterse het my tuis kom besoek en aan my ’n goeie betrekking in sy maatskappy in die V.S.A. belowe. Hy en ek het vroëer saam met Mervyn Gross aandete geniet. Hy het sy aanspreeklikheid erken en belowe dat hy nie alleen my regskostes in die sekwestrasie-saak sou help dra nie, maar hy het ook belowe om my te vergoed vir die verliese wat ek gely het toe ek onder druk van die Staat my huis in Menlo Park vir ’n appel en ’n ei moes verkoop, sowel as vir die verlies aan inkomste terwyl my bates vasgepen was.

Ek het dit op sowat R80 000 beraam. Drie jaar later wag ek steeds vir Pieterse om sy belofte gestand te doen. Hy is gou om te belowe, maar stadig om te betaal. Hy is ook uiters godsdienstig en het aan my en Mervyn Gross gesê dat hy gedurig vir my gebid het. Hy doen dit waarskynlik nog steeds noudat hy sy plaas vir R850 000 verkoop het en ’n nuwe huis in Stellenbosch vir R250 000 gekoop het! (Rapport, verslag deur Loep Jordaan, 1983).

My enigste dogter is op die 12de Desember met Chris Kern getroud. Die pers het vir oulaas in volle sterkte opgedaag en haar foto was op elke voorblad. Sy was ’n pragtige bruid.

My seun en ek het na ’n klein karavaan-park sowat 15 kilometer vanaf Plettenbergbaai vir ’n week van golfry en sonskyn gegaan. Ons het diep in die bos in ’n karavaan gewoon, maar dit het rugbaar geword en daarna het naburige kampeerders ons elke aand vir braaivleis uitgenooi.

Die dae het verbygevlieg en Kersfees was voor die deur. Annemarie en Chris was in Durban vir hulle wittebrood en Katy, Eschel Jnr. en ek het op Kersaand rondom die boom vergader, net soos ons vir soveel jare in Canberra, Washington, New York, Den Haag en in Pretoria gedoen het. Ek het teruggedink aan Kersfees 1978. Hoe Eschel en ek in Cannes alleen voor ’n klein boompie gesit het wat met net ’n paar linte en twee wit en goue engeltjies versier was. Een vir Katy en een vir Annemarie. Ek het gedink aan die vorige jaar toe ons almal saam was vir Kersfees, maar met die swaard van ses jaar gevangenisstraf wat oor my kop gehang het.

Oujaarsaand was ons die gaste van Des en Dawn Lindbergh in Johannesburg.

Op die 2de Januarie 1981 het ek Suid-Afrika verlaat en na Europa gevlieg. Toe die vliegtuig opstyg het ek gedink: “Uiteindelik vry, in die ware sin van die woord. Geen vry burger behoort ooit te soebat of te baklei vir ’n paspoort nie. Suid-Afrika is nie op ’n ander planeet nie. Dit behoort elke vry man se reg te wees om te gaan waar hy wil, wanneer hy wil. Vryheid van beweging behoort deel uit te maak van vryheid van spraak en vryheid van godsdiens - dit is ook wat vryheid beteken.

Die vliegtuigkaartjie is deur die Regering betaal, of liewer, deur die belastingbetaler. Sien, ek het gereken dat dit onredelik was dat ek, ’n onskuldige man, teen my sin op die belastingbetaler se onkoste hiernatoe gebring was en nie op dieselfde manier teruggestuur word nie.

 

DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL

Noudat u hierdie boek gelees het,it terug en dink vir ’n oomblik na oor die prentjie van Die Groot Inligtingskandaal wat u vir die eerste keer in 1978-1979 vir die pers en uit debatte in die Parlement verkry het. Selfs van vriende met sogenaamde “private inligting”. Lees weer eens wat ek in die voorwoord geskryf het. Oorweeg die aantygings wat gemaak was oor die verkwisting van miljoene, van amateuragtige pogings om buitelandse mening te bei'nvloed, van diefstal en korrupsie, van immorele optrede en oneerlikheid.

Oorweeg, objektief, die bevindinge van die Erasmus-Kommissie dat daar slegs drie booswigte was wat geweet het wat aangaan: Connie Mulder, Hendrik van den Bergh en ek; dat daar, tot Suid-Afrika se geluk, ten minste ’n paar mense was wie se enigste belang daarin gelê het om Suid-Afrika te beskerm, naamlik mnre. Waldeck, Barrie, Mostert en Retief van Rooyen en mnre. P.W. Botha, Owen Horwood, Magnus Malan, Pik Botha en Piet Koornhof inderdaad die onskuldige slagoffers van onregverdige, ongegronde en gemene aantygings van my kant was.

Die uiteinde van die saak was ’n gerieflike simplistiese indeling in twee groepe, te wete, die helde en die skurke.

Lees nou die onderstaande omlyning van die skandaal, wat die samevatting is van die gevolgtrekking wat twee Suid-Afrikaanse advokate onafhanklik van mekaar bereik het, en besluit self watter prentjie die naaste aan die waarheid is en, nader aan die menslike en politieke realiteite wat in Suid-Afrika bestaan: die simplistiese weergawe van die Erasmus-Kommissie en die pers wat mnr. Botha slaafs steun, of my weergawe.

Die twee advokate se opsomming, een Afrikaans- en een Engelssprekend,
is soos volg:

Die ware Inligtingskandaal is ’n gedrog met baie koppe en baie aangesigte. Dit is die manier waarop mnr. Vorster die afvalliges in sy administrasie hanteer het. Hoe hy sy rug op Connie Mulder, sy mees lojale ondersteuner, ten gunste van Pik Botha gedraai het, wie se politieke lojaliteit net aan homself is, en wie se ambisie om Eerste Minister te word nouliks te verberg is.

Hoe John Vorster misluk het om die magte wat deur die opsetlike lekkasies van Inligting se geheime projekte aan die pers ontketen was, te beheer of selfs in toom te hou. En hoe mnr. Vorster gefaal het om sy geweldige invloed, in die openbaar en privaat, in te span om die politieke bloeding te stop wat die messe van Gerald Barrie en Retief van Rooyen veroorsaak het.

Die ware Inligtingskandaal is hoe mnr. Vorster probeer het om weg te hardloop van sy verantwoordelikhede en al die blaam vir die Inligtingsaangeleentheid op Connie Mulder en Eschel Rhoodie te lê. Die ware Inligtingskandaal is mnr. Jimmy Kruger wat sy eertydse beskermer en vriend, generaal Hendrik van den Bergh versaak het om gunsies by die nuwe man-in beheer te soek.

Die skandaal kan ook gevind word in die struktuering van die Erasmus- Kommissie en die manier waarop hierdie Kommissie in sy ondersoek na die Kabinet se medepligtigheid in die Inligtingsaak te werk gegaan het. Die skandaal was geleë in die karakter-moord op Genl. Van den Bergh, Cas de Villiers en Eschel Rhoodie, sonder om hulle die geleentheid te bied om hul gesiglose beskuldigers te sien en te konfronteer, in die laster en onomwonde leuens wat die Kommissie aan die publiek as bewyse oorgedra het, hand-aan- hand met hul nalatigheid om die getuienis waarop hulle hul sogenaamde bevindinge gebaseer het, te kontroleer en te verifieer.

Die ware Inligtingskandaal is die wyse waarop die doel van die gereg deur magtige figure verydel was wie Eschel Rhoodie vir jare wou opsluit deur in die geregshof noodsaaklike bewysstukke, wat aan die Erasmus-Kommissie beskikbaar was, te weerhou. Dit is ook die administratiewe terrorisme wat die Botha-regering gepleeg het in hul druk op Rhoodie se vrou en kinders. In die manier waarop die finale verslae van die Erasmus-Kommissie in die geheim deur mense buite die Kommissie geredigeer was, sonder dat ’n hoë-vlak polisie-ondersoek gelas was om hierdie misdaad bloot te lê. Hoe dr. D.O. Rhoodie teen die wense van die Staatsdienskommissie uit die Staatsdiens moes tree as ’n troosmiddel vir die politieke opposisie en die lotgeval van prof. N. J. Rhoodie aan die Universiteit van Pretoria.

As die grootste, enkele, skandaal in die hele besigheid nie die poging van ’n magtige politieke kliek in die Botha-regering was om Eschel Rhoodie as die enigste sondebok vir openbare slagting na vore te lei nie, aangehits deur ’n slaafse pers wat alle selfbeheersing en joernalistieke etiek in die proses oorboord gegooi het, dan was dit seker die wyse waarop mnr. P.W. Botha en van sy kabinetslede, veral Owen Horwood, skreiende onwaarhede voor die Erasmus-Kommissie en die Parlement kwytgeraak het, nie in belang van geheime projekte, of in belang van Suid-Afrika nie, maar slegs in belang van hulle politieke velle.

Die veelkoppige Inligtingsdier kan egter moeilik aan enkele fasette geïdentifiseer word.

Die ware Inligtingskandaal is sekerlik ook die manier waarop jare se veeleisende arbeid amptelik as ’n verkwisting van geld en energie afgemaak was sonder dat Ministers soos Pik Botha, Louis le Grange en Magnus Malan hul eie bydrae moes verdedig. Daar was inderdaad genoegsame bewyse van geld wat met vrug bestee is.

Die skandaal is hoe ’n horde van gesaghebbende bankiers, finansiers en sakemanne in die privaat-sektor gaan wegkruip het in plaas daarvan om manmoedig in die openbaar op te staan, soos Gary Player en Chris Barnard en te sê dat hulle trots is omdat hulle in staat gestel was om Suid-Afrika te help.

Die skandaal is die wyse waarop die Erasmus-Kommissie duur en suksesvolle geheime operasies, waarvan die finansiële sake in orde bevind was, blootgelê het, eenvoudig om praatjies onder die pers te sus. Die skandalige wyse waarop die pers verslag gedoen het, nee, meegedoen het, in die vervolging van individue. Die manier waarop politici die mag van die Staat misbruik het om hul eie politieke lewens te beskerm terwyl hulle die van hul opponente vernietig het. Die leuens wat oor Connie Mulder versprei was kort voordat die Nasionale Partykoukus oor sy kandidatuur vir Eerste Minister moes stem.

Die ware skandaal is die feit dat Eschel Rhoodie en talle lojale amptenare, as talle suksesvolle inligtingsprojekte wat miljoene rande gekos het, die slagoffers geword het van die interne politieke stryd in die N.P. koukus om Connie Mulder as Eerste Minister uit te knikker.

Ongelukkig moet die ware Inligtingskandaal ook aan die voete van die verkose verteenwoordigers van die Afrikaners gelê word. Lede van die Parlement wat gedurende die afgelope dekade die nuwe wetgewing ondersteun en aanvaar het wat die Regering van beskermende maatreëls voorsien het wat die perke van gewone, gesonde verstand en die ware vereistes van die Staat oorskry. ’n Man wat ontdek dat daar korrupsie in die Weermag, in die Polisie of in die Nasionale Intelligensiediens is, of dat die wet oortree is, word nou deur ander wette belet om daardie bewyse aan die pers voor te lê.

’n Man wat kan bewys dat ’n Kabinetsminister onder eed ’n leuen vertel het, kan nou in die gevangenis beland omdat hy die bewyse aan die pers verskaf het. Sy verhoor sal in camera plaasvind en geeneen sal ooit die feite hoor waaroor die hof beslis het nie. Dit is nie langer die waarheid wat saak maak nie, maar die wyse waarop die waarheid ontdek en gepubliseer word. Dit is waarom klagtes oor die Regering se afluister van onskuldige burgers se telefone so arrogant deur die Eerste Minister opsy gestoot is. Waarom die Seychelle debakel deur ’n geheime departementele komitee ondersoek was, wie se verslag geëvalueer moes word deur mense wat moontlik aandadig aan ’n onwettige besluit was.
Waarom R30 miljoen van die belastingbetalers se geld na die maan is in die Salem-saak, sonder dat een kop gewaai het. Waarom daar, aan die ander kant, meer as ’n halfmiljoen Rand van belastingbetalers se geld op ’n politieke


geïnspireerde verhoor vermors is waarby daar, in vergelyking, ’n bedroefde klein bedraggie betrokke was.

Die skandaal lê in die heksejag wat die Regering ontketen het om uit te vind wie die nuus van die gekook van die Erasmusverslae aan die pers laat uitlek het, maar nie in die identiteit van die manne wat vir die onwettige veranderinge aan twee van die drie verslae verantwoordelik was nie.

Die skandaal is dat daar nooit weer ’n openbare ondersoek in die geheime sake van die Staat sal wees nie, nie eens ’n Erasmus-Kommissie nie, want diegene wat deur ’n politieke coup d’etat aan bewind gekom het gaan nie soos mnr. Vorster hul eie graf grawe nie. Hulle sal egter grafte vir enigeen grawe wat probeer om hulle aan dieselfde morele en politieke standaarde te beoordeel wat hulle toegepas het om politieke sluipmoord op hul voormalige kollegas te pleeg. Hulle sal hulle begrawe in die naam van die “openbare belang” of, meer waarskynlik “die veiligheid van die Staat.” Dit is amper die grootste skandaal van alles. Die noodlottige, betreurenswaardige swakheid van die Afrikaner politieke leiers van die Vorster-Botha era, om Nasionale Party belang aan die van Suid-Afrika gelyk te stel en vir wie “veiligheid van die Staat” die veiligheid van die Nasionale Party, by uitstek, veiligheid van die Kabinet, beteken.

Die Afrikaners het hierdie geregtelike en politieke Frankenstein geskep. Net hulle kan dit vemietig of dit stuit. Deur hulle koerante, indien hulle die kettings van party-beheer kan afskud; deur hulle Kerke, kultuurorganisasies, hul banke en besighede en, belangrikste van almal, hul skole en universiteite. Hulle mag selfs hoop op ondersteuning van sommige L.V.’s wat heimlik smag na die politieke vryheid en demokrasie wat hulle so ywerig voorstaan wanneer hulle in die buiteland reis.

Baie mense het die beskuldigings aangehoor wat na die Afrikaners geslinger word dat hulle ’n “Laer” mentaliteit het. Dat die Afrikaners moet saamstaan om dit wat hul geboortereg is teen ’n vyandige wêreld te beskerm wat nie eens ’n begin maak om hul oogmerke te probeer verstaan nie. ’n Wêreld wat die Afrikaner se ondergang wil sien omdat hulle self deur ’n anti-wit rassisme gemotiveer word wat hulle blind maak vir die emstige pogings wat in Suid-Afrika aangewend word om ’n beter toekoms vir almal te skep - ten minste sover as wat dit die Blankes, Kleurlinge en Indiërs aangaan.

Daar word gesê dat die Afrikaner ’n “Laer”-mentaliteit nodig het om te kan
oorleef. Maar wat hierdie boek bewys is dat die Afrikaner glad nie ’n Laer-mentaliteit het nie. Hulle mag dit gedurende die tydperk van Malan tot Verwoerd  gehad het en selfs gedurende die Vorster-jare tot by die middel-sewentigerjare. In daardie stadium het die Afrikaners geglo dat hulle almal uitwaarts behoort te kyk in belang van die verdediging en beskerming van hul gemeenskap en hul land.

Die Afrikaner het al hoe meer ’n beroep op die Engelssprekende Suid-Afrikaner gedoen om nader aan die Afrikaners te beweeg, om saam te staan in ’n laer teen die vyandiggesindheid van die buiteland. Maar dit is nie meer die geval nie. Die waarheid is dat na die Infoskandaal die Afrikaners hulself in drie of vier mini-laers saamgetrek het. En hierdie mini-laers het niks met die wêreld buite Suid-Afrika te make nie. Hulle kyk nie uitwaarts nie, maar na binne en hulle sluipskiet by elke geleentheid op mekaar.

Vir koerante soos Beeld en Die Burger is enigeen wat nie met die Botha- kamp saamstem nie, buite hulle laer. Vir generaal Magnus Malan moet enigeen wat nie met sy konsep van “totale reaksie” op die “totale aanslag” akkoord gaan nie, uit sy laer gegooi word as synde ongebalanseerd. Die resultaat is dat daar nou faksies binne faksies is. ’n Groeiende onvermoë om ’n modus vivendi uit te werk met enige persoon of mag wat ’n bedreiging vir die party leierskap inhou. Die politieke huis waarin die Afrikaner woon, het ’n arena van oneerlikheid en binnegevegte geword. ’n Eindelose gejaag naposisie. Die ontering van mag en gereg, om te beveilig en in beheer te bly.
Die voorafgaande is die saamgevatte reaksie van twee regsgeleerdes, senior advokate, nadat hulle hierdie boek gelees het en wat nooit eens indirek by Info se sake betrokke was nie. Die een woon in Johannesburg en die ander in
Kaapstad.

Dit is vir u om te besluit of die beskuldigings in die Afrikaanse pers, wat sy opdragte van die regerende party se leiers neem, in objektiwiteit en eerlikheid, onverskrokke, verslaggewing ge-anker was.

Dit is vir u om te besluit of die Erasmus-Kommissie se weergawe, of die voorafgaande, die aanvaarbaarste is.

Daar is net soveel in die toekoms om na op te let as wat daar is om gedoen te word.

Die nasionale stemming en sentiment van politici in Suid-Afrika, ten minste die Blanke politici, word al hoe meer ingespan om persoonlik politieke belange te bevorder, nie eens partypolitieke belange nie. Intussen bly vyandiggesindheid oorsee baie sterk en vermeerder seifs uit sommige oorde. Die totale direkte finansiële koste van die Verenigde Volke se anti-Suid-Afrikaanse bedrywighede beloop tans jaarliks meer as R12 miljoen. Meer as R20 miljoen gaan na Swapo en ’n verdere R6 miljoen na die A.N.C., die P.A.C. en hulle ondersteuners. (Militêre bystand is uitgesluit). Meer as 50 V.V.-organisasies is op een of ander manier by die anti-Suid-Afrikaanse veldtog betrokke. Indien direkte hulp van lidlande, soos die Nederlandse, Sweedse en ander lande bygetel word, beloop dit miljoene meer, moontlik so veel as R35 miljoen. ’n Groot-totaal van R73 miljoen in een jaar. Snaaks genoeg, omtrent dieselfde bedrag wat Inligting oor vyf jaar uitgegee het om Suid-Afrika se belange te beskerm en te bevorder.

In die VSA is daar vandag meer as 75 organisasies met ’n begroting wat tientalle miljoene beloop wat aktief besig is om politiek teen Suid-Afrika te bedryf, of om maatskappye met beleggings van miljoene in Suid-Afrika te oorreed om daardie beleggings te onttrek. (Gedurende 1980-1984 het ons as gevolg hiervan sowat R500 miljoen verloor). Hulle is aktief teen enige nuwe beleggings in Suid-Afrika. Hulle is aktief, soos die organisasie van Arthur Ashe, kaptein van die VSA se Davis Beker tennisspan, om te verhoed dat buitelandse kunstenaars en sportmanne na Sun City in = Bophuthatswana kom omdat laasgenoemde ’n “apartheidskepping” is. In Latyns Amerika en Australió is daar dosyne ander organisasies. Daar is magtige vakbonde wat steeds beplan om Suid-Afrika se handel en sy kanale van kommunikasie af te sny. Indien die totale poging van die Sowjet Blok bygereken word, en my gegewens is gebaseer op syfers en inligting wat ek uit onberispelike regerings-bronne in Washington verkry het, dan word daar vandag, wêreldwyd, elkejaar, sowat R260 miljoen aan subversie en propaganda teen Suid-Afrika geslinger.
Elke jaar. En wat doen die regering van Suid-Afrika? Hy emaskuleer die Departement van Inligting en maak van hom ’n soort ongewenste bywyf van die Ministerie van Buitelandse Sake.

Ten spyte van hierdie propaganda aanslag van oorsee af is die belange van die land in die tweede plek agter persoonlike politieke belange gestel.

Dit is waarmee John Vorster, P.W. Botha en Owen Horwood in hul ontkenning van hul verantwoordelikheid vir die geheime projekte van die Departement van Inligting ons opgesaal het. Diegene in beheer s nou so besig met hul binnegevegte dat hulle hul rug op die wereld gedraai het en hul land meer kwesbaar vir druk van buite gelaat het as wat ooit die geval moes gewees het.

Dit is die belangrikste erflating van Die Ware Inligtingskandaal.

Ek hoop dat hierdie persoonlike geskiedenis van die Inligtingskandaal op een of ander wyse ’n bydrae sal lewer om die vorm te breek waarin die Afrikaner-leierskap nou gegiet is, en om die meningvormers in Afrikaner- kringe te oortuig dat, as “skoon administrasie” moet slaag, ’n mens heel bo moet begin.

Daar is ’n enorme bron van administratiewe en politieke kundigheid en idees in Suid-Afrika wat nie ontgin kan word terwyl die huidige standpunt van politieke-oorlewing alles oorheers nie. Nie terwyl ons deur ’n struktuur van mini-laers lamgele word nie. Nie terwyl skynheiligheid ons politieke leiers se lewensstyl geword het nie.

Deur die eeue heen is skynheiligheid deur beter mense en moraliste as ek as ’n groter sonde as sondes van die vlees beskou. Selfs in DantE se rangorde van die beeld van Suid-Afrika soos dit deur die Atlanta Constitution, een van dieAmerika se grootste koerante, in 1984 uitgestal was: die ryk, vet, lui, blanke bloedsuier en die uitgemergelde swart slaaf wat die bloed voorsien. In antwoord op hierdie beeld van Suid- Afrika het die regering van mnr. Botha die hele Inligtingsapparatuur van Suid-Afrika ontman.

Dit is so dat groot sondes beklee is met skynheiligheid in die eerste (slegste) plek. Die fundamentele nadeel van skynheiligheid is dat dit kontra-produktief word in die sin dat ons alles wat in die media verskyn met agterdog bejeen. Die uiteinde van die saak is dat ons nie meer ware deug en goeie voomemens sal herken as ons dit sien nie.
Langs hierdie pad sal ons politieke sisteem in groepe fragmenteer wat konstant besig is om mekaar die stryd aan te sê terwyl ons weerloos ten opsigte van werklike politieke en ekonomiese aanvalle gelaat word.

Dit mag wees dat hierdie boek deur die Regering verban sal word of sy verspreiding verbied sal word op grond van die oortreding van een of ander wet. Dit sal lafhartig wees. Dit mag wees dat die Afrikaanse koerante dit sal “doodswyg”. Dit is te verwagte!                                   

Dit mag wees dat sy verspreiding as gevolg van geregtelike optrede deur gekrenkte skynheiliges stopgesit sal word maar in my eie gemoed is ek tevrede dat wat ek geskryf het ’n egte weergawe is van die gebeure en van wat ander mense gesê en gedoen het. Nie alleen is die waarheid die enigste element wat waardigheid aan die geskiedenis verleen nie, maar soos die filosoof Henri Frederic Amiel presies honderd jaar gelede gesê het: dit is die basis vir morele gesag.

Sonder morele gesag kan geen politieke party regeer nie en kan geen politikus lei nie. Slegs die voile waarheid kan mense vry maak.

Die Ware Inligtingskandaal is dat die huidige leierskap in die regerende Nasionale Party geen morele gesag het om ons te lei nie. Hulle mag politieke gesag hê, vanweë hul staatsgreep in September 1978, maar beslis geen morele gesag nie.

EINDE

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2659 gaste aanlyn