Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? In hierdie tye is laasgenoemde opsie ernstig van krag; ons volk word so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (49 - SLOT)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Die res van Desember het gekom en gegaan soos een van daardie Japannese super-sneltreine. My moeder het haar 70ste verjaarsdag gevier en die hele familie het bymekaar gekom om haar geluk te wens. Sy is ’n fantastiese persoon. Katy en ek het na Kaapstad gevlieg om na ons huis in Bantry-Baai te gaan kyk en het by Chris en Barbara Barnard gaan eet. Ons het die aand saam deurgebring en die hele saak van kant tot kant bespreek. Ek het belowe om aan hom ’n eksemplaar van my boek te stuur. Ek was geskok om te hoor dat hierdie man, wat meer vir Suid-Afrika se beeld in die buiteland gedoen het as enige ander persoon sedert Paul Kruger,so geminag was in sy eie land.
Ek het by myself gedink: “Hoe kleinlik. Om een van die grootste manne wat Suid-Afrika nog opgelewer het, uit politieke weerwraak lam te lê.”
Andrè Pieterse het my tuis kom besoek en aan my ’n goeie betrekking in sy maatskappy in die V.S.A. belowe. Hy en ek het vroëer saam met Mervyn Gross aandete geniet. Hy het sy aanspreeklikheid erken en belowe dat hy nie alleen my regskostes in die sekwestrasie-saak sou help dra nie, maar hy het ook belowe om my te vergoed vir die verliese wat ek gely het toe ek onder druk van die Staat my huis in Menlo Park vir ’n appel en ’n ei moes verkoop, sowel as vir die verlies aan inkomste terwyl my bates vasgepen was.
Ek het dit op sowat R80 000 beraam. Drie jaar later wag ek steeds vir Pieterse om sy belofte gestand te doen. Hy is gou om te belowe, maar stadig om te betaal. Hy is ook uiters godsdienstig en het aan my en Mervyn Gross gesê dat hy gedurig vir my gebid het. Hy doen dit waarskynlik nog steeds noudat hy sy plaas vir R850 000 verkoop het en ’n nuwe huis in Stellenbosch vir R250 000 gekoop het! (Rapport, verslag deur Loep Jordaan, 1983).
My enigste dogter is op die 12de Desember met Chris Kern getroud. Die pers het vir oulaas in volle sterkte opgedaag en haar foto was op elke voorblad. Sy was ’n pragtige bruid.
My seun en ek het na ’n klein karavaan-park sowat 15 kilometer vanaf Plettenbergbaai vir ’n week van golfry en sonskyn gegaan. Ons het diep in die bos in ’n karavaan gewoon, maar dit het rugbaar geword en daarna het naburige kampeerders ons elke aand vir braaivleis uitgenooi.
Die dae het verbygevlieg en Kersfees was voor die deur. Annemarie en Chris was in Durban vir hulle wittebrood en Katy, Eschel Jnr. en ek het op Kersaand rondom die boom vergader, net soos ons vir soveel jare in Canberra, Washington, New York, Den Haag en in Pretoria gedoen het. Ek het teruggedink aan Kersfees 1978. Hoe Eschel en ek in Cannes alleen voor ’n klein boompie gesit het wat met net ’n paar linte en twee wit en goue engeltjies versier was. Een vir Katy en een vir Annemarie. Ek het gedink aan die vorige jaar toe ons almal saam was vir Kersfees, maar met die swaard van ses jaar gevangenisstraf wat oor my kop gehang het.
Oujaarsaand was ons die gaste van Des en Dawn Lindbergh in Johannesburg.
Op die 2de Januarie 1981 het ek Suid-Afrika verlaat en na Europa gevlieg. Toe die vliegtuig opstyg het ek gedink: “Uiteindelik vry, in die ware sin van die woord. Geen vry burger behoort ooit te soebat of te baklei vir ’n paspoort nie. Suid-Afrika is nie op ’n ander planeet nie. Dit behoort elke vry man se reg te wees om te gaan waar hy wil, wanneer hy wil. Vryheid van beweging behoort deel uit te maak van vryheid van spraak en vryheid van godsdiens - dit is ook wat vryheid beteken.
Die vliegtuigkaartjie is deur die Regering betaal, of liewer, deur die belastingbetaler. Sien, ek het gereken dat dit onredelik was dat ek, ’n onskuldige man, teen my sin op die belastingbetaler se onkoste hiernatoe gebring was en nie op dieselfde manier teruggestuur word nie.
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL
Noudat u hierdie boek gelees het,it terug en dink vir ’n oomblik na oor die prentjie van Die Groot Inligtingskandaal wat u vir die eerste keer in 1978-1979 vir die pers en uit debatte in die Parlement verkry het. Selfs van vriende met sogenaamde “private inligting”. Lees weer eens wat ek in die voorwoord geskryf het. Oorweeg die aantygings wat gemaak was oor die verkwisting van miljoene, van amateuragtige pogings om buitelandse mening te bei'nvloed, van diefstal en korrupsie, van immorele optrede en oneerlikheid.
Oorweeg, objektief, die bevindinge van die Erasmus-Kommissie dat daar slegs drie booswigte was wat geweet het wat aangaan: Connie Mulder, Hendrik van den Bergh en ek; dat daar, tot Suid-Afrika se geluk, ten minste ’n paar mense was wie se enigste belang daarin gelê het om Suid-Afrika te beskerm, naamlik mnre. Waldeck, Barrie, Mostert en Retief van Rooyen en mnre. P.W. Botha, Owen Horwood, Magnus Malan, Pik Botha en Piet Koornhof inderdaad die onskuldige slagoffers van onregverdige, ongegronde en gemene aantygings van my kant was.
Die uiteinde van die saak was ’n gerieflike simplistiese indeling in twee groepe, te wete, die helde en die skurke.
Lees nou die onderstaande omlyning van die skandaal, wat die samevatting is van die gevolgtrekking wat twee Suid-Afrikaanse advokate onafhanklik van mekaar bereik het, en besluit self watter prentjie die naaste aan die waarheid is en, nader aan die menslike en politieke realiteite wat in Suid-Afrika bestaan: die simplistiese weergawe van die Erasmus-Kommissie en die pers wat mnr. Botha slaafs steun, of my weergawe.
Die twee advokate se opsomming, een Afrikaans- en een Engelssprekend,
is soos volg:
Die ware Inligtingskandaal is ’n gedrog met baie koppe en baie aangesigte. Dit is die manier waarop mnr. Vorster die afvalliges in sy administrasie hanteer het. Hoe hy sy rug op Connie Mulder, sy mees lojale ondersteuner, ten gunste van Pik Botha gedraai het, wie se politieke lojaliteit net aan homself is, en wie se ambisie om Eerste Minister te word nouliks te verberg is.
Hoe John Vorster misluk het om die magte wat deur die opsetlike lekkasies van Inligting se geheime projekte aan die pers ontketen was, te beheer of selfs in toom te hou. En hoe mnr. Vorster gefaal het om sy geweldige invloed, in die openbaar en privaat, in te span om die politieke bloeding te stop wat die messe van Gerald Barrie en Retief van Rooyen veroorsaak het.
Die ware Inligtingskandaal is hoe mnr. Vorster probeer het om weg te hardloop van sy verantwoordelikhede en al die blaam vir die Inligtingsaangeleentheid op Connie Mulder en Eschel Rhoodie te lê. Die ware Inligtingskandaal is mnr. Jimmy Kruger wat sy eertydse beskermer en vriend, generaal Hendrik van den Bergh versaak het om gunsies by die nuwe man-in beheer te soek.
Die skandaal kan ook gevind word in die struktuering van die Erasmus- Kommissie en die manier waarop hierdie Kommissie in sy ondersoek na die Kabinet se medepligtigheid in die Inligtingsaak te werk gegaan het. Die skandaal was geleë in die karakter-moord op Genl. Van den Bergh, Cas de Villiers en Eschel Rhoodie, sonder om hulle die geleentheid te bied om hul gesiglose beskuldigers te sien en te konfronteer, in die laster en onomwonde leuens wat die Kommissie aan die publiek as bewyse oorgedra het, hand-aan- hand met hul nalatigheid om die getuienis waarop hulle hul sogenaamde bevindinge gebaseer het, te kontroleer en te verifieer.
Die ware Inligtingskandaal is die wyse waarop die doel van die gereg deur magtige figure verydel was wie Eschel Rhoodie vir jare wou opsluit deur in die geregshof noodsaaklike bewysstukke, wat aan die Erasmus-Kommissie beskikbaar was, te weerhou. Dit is ook die administratiewe terrorisme wat die Botha-regering gepleeg het in hul druk op Rhoodie se vrou en kinders. In die manier waarop die finale verslae van die Erasmus-Kommissie in die geheim deur mense buite die Kommissie geredigeer was, sonder dat ’n hoë-vlak polisie-ondersoek gelas was om hierdie misdaad bloot te lê. Hoe dr. D.O. Rhoodie teen die wense van die Staatsdienskommissie uit die Staatsdiens moes tree as ’n troosmiddel vir die politieke opposisie en die lotgeval van prof. N. J. Rhoodie aan die Universiteit van Pretoria.
As die grootste, enkele, skandaal in die hele besigheid nie die poging van ’n magtige politieke kliek in die Botha-regering was om Eschel Rhoodie as die enigste sondebok vir openbare slagting na vore te lei nie, aangehits deur ’n slaafse pers wat alle selfbeheersing en joernalistieke etiek in die proses oorboord gegooi het, dan was dit seker die wyse waarop mnr. P.W. Botha en van sy kabinetslede, veral Owen Horwood, skreiende onwaarhede voor die Erasmus-Kommissie en die Parlement kwytgeraak het, nie in belang van geheime projekte, of in belang van Suid-Afrika nie, maar slegs in belang van hulle politieke velle.
Die veelkoppige Inligtingsdier kan egter moeilik aan enkele fasette geïdentifiseer word.
Die ware Inligtingskandaal is sekerlik ook die manier waarop jare se veeleisende arbeid amptelik as ’n verkwisting van geld en energie afgemaak was sonder dat Ministers soos Pik Botha, Louis le Grange en Magnus Malan hul eie bydrae moes verdedig. Daar was inderdaad genoegsame bewyse van geld wat met vrug bestee is.
Die skandaal is hoe ’n horde van gesaghebbende bankiers, finansiers en sakemanne in die privaat-sektor gaan wegkruip het in plaas daarvan om manmoedig in die openbaar op te staan, soos Gary Player en Chris Barnard en te sê dat hulle trots is omdat hulle in staat gestel was om Suid-Afrika te help.
Die skandaal is die wyse waarop die Erasmus-Kommissie duur en suksesvolle geheime operasies, waarvan die finansiële sake in orde bevind was, blootgelê het, eenvoudig om praatjies onder die pers te sus. Die skandalige wyse waarop die pers verslag gedoen het, nee, meegedoen het, in die vervolging van individue. Die manier waarop politici die mag van die Staat misbruik het om hul eie politieke lewens te beskerm terwyl hulle die van hul opponente vernietig het. Die leuens wat oor Connie Mulder versprei was kort voordat die Nasionale Partykoukus oor sy kandidatuur vir Eerste Minister moes stem.
Die ware skandaal is die feit dat Eschel Rhoodie en talle lojale amptenare, as talle suksesvolle inligtingsprojekte wat miljoene rande gekos het, die slagoffers geword het van die interne politieke stryd in die N.P. koukus om Connie Mulder as Eerste Minister uit te knikker.
Ongelukkig moet die ware Inligtingskandaal ook aan die voete van die verkose verteenwoordigers van die Afrikaners gelê word. Lede van die Parlement wat gedurende die afgelope dekade die nuwe wetgewing ondersteun en aanvaar het wat die Regering van beskermende maatreëls voorsien het wat die perke van gewone, gesonde verstand en die ware vereistes van die Staat oorskry. ’n Man wat ontdek dat daar korrupsie in die Weermag, in die Polisie of in die Nasionale Intelligensiediens is, of dat die wet oortree is, word nou deur ander wette belet om daardie bewyse aan die pers voor te lê.
’n Man wat kan bewys dat ’n Kabinetsminister onder eed ’n leuen vertel het, kan nou in die gevangenis beland omdat hy die bewyse aan die pers verskaf het. Sy verhoor sal in camera plaasvind en geeneen sal ooit die feite hoor waaroor die hof beslis het nie. Dit is nie langer die waarheid wat saak maak nie, maar die wyse waarop die waarheid ontdek en gepubliseer word. Dit is waarom klagtes oor die Regering se afluister van onskuldige burgers se telefone so arrogant deur die Eerste Minister opsy gestoot is. Waarom die Seychelle debakel deur ’n geheime departementele komitee ondersoek was, wie se verslag geëvalueer moes word deur mense wat moontlik aandadig aan ’n onwettige besluit was.
Waarom R30 miljoen van die belastingbetalers se geld na die maan is in die Salem-saak, sonder dat een kop gewaai het. Waarom daar, aan die ander kant, meer as ’n halfmiljoen Rand van belastingbetalers se geld op ’n politieke
geïnspireerde verhoor vermors is waarby daar, in vergelyking, ’n bedroefde klein bedraggie betrokke was.
Die skandaal lê in die heksejag wat die Regering ontketen het om uit te vind wie die nuus van die gekook van die Erasmusverslae aan die pers laat uitlek het, maar nie in die identiteit van die manne wat vir die onwettige veranderinge aan twee van die drie verslae verantwoordelik was nie.
Die skandaal is dat daar nooit weer ’n openbare ondersoek in die geheime sake van die Staat sal wees nie, nie eens ’n Erasmus-Kommissie nie, want diegene wat deur ’n politieke coup d’etat aan bewind gekom het gaan nie soos mnr. Vorster hul eie graf grawe nie. Hulle sal egter grafte vir enigeen grawe wat probeer om hulle aan dieselfde morele en politieke standaarde te beoordeel wat hulle toegepas het om politieke sluipmoord op hul voormalige kollegas te pleeg. Hulle sal hulle begrawe in die naam van die “openbare belang” of, meer waarskynlik “die veiligheid van die Staat.” Dit is amper die grootste skandaal van alles. Die noodlottige, betreurenswaardige swakheid van die Afrikaner politieke leiers van die Vorster-Botha era, om Nasionale Party belang aan die van Suid-Afrika gelyk te stel en vir wie “veiligheid van die Staat” die veiligheid van die Nasionale Party, by uitstek, veiligheid van die Kabinet, beteken.
Die Afrikaners het hierdie geregtelike en politieke Frankenstein geskep. Net hulle kan dit vemietig of dit stuit. Deur hulle koerante, indien hulle die kettings van party-beheer kan afskud; deur hulle Kerke, kultuurorganisasies, hul banke en besighede en, belangrikste van almal, hul skole en universiteite. Hulle mag selfs hoop op ondersteuning van sommige L.V.’s wat heimlik smag na die politieke vryheid en demokrasie wat hulle so ywerig voorstaan wanneer hulle in die buiteland reis.
Baie mense het die beskuldigings aangehoor wat na die Afrikaners geslinger word dat hulle ’n “Laer” mentaliteit het. Dat die Afrikaners moet saamstaan om dit wat hul geboortereg is teen ’n vyandige wêreld te beskerm wat nie eens ’n begin maak om hul oogmerke te probeer verstaan nie. ’n Wêreld wat die Afrikaner se ondergang wil sien omdat hulle self deur ’n anti-wit rassisme gemotiveer word wat hulle blind maak vir die emstige pogings wat in Suid-Afrika aangewend word om ’n beter toekoms vir almal te skep - ten minste sover as wat dit die Blankes, Kleurlinge en Indiërs aangaan.
Daar word gesê dat die Afrikaner ’n “Laer”-mentaliteit nodig het om te kan
oorleef. Maar wat hierdie boek bewys is dat die Afrikaner glad nie ’n Laer-mentaliteit het nie. Hulle mag dit gedurende die tydperk van Malan tot Verwoerd gehad het en selfs gedurende die Vorster-jare tot by die middel-sewentigerjare. In daardie stadium het die Afrikaners geglo dat hulle almal uitwaarts behoort te kyk in belang van die verdediging en beskerming van hul gemeenskap en hul land.
Die Afrikaner het al hoe meer ’n beroep op die Engelssprekende Suid-Afrikaner gedoen om nader aan die Afrikaners te beweeg, om saam te staan in ’n laer teen die vyandiggesindheid van die buiteland. Maar dit is nie meer die geval nie. Die waarheid is dat na die Infoskandaal die Afrikaners hulself in drie of vier mini-laers saamgetrek het. En hierdie mini-laers het niks met die wêreld buite Suid-Afrika te make nie. Hulle kyk nie uitwaarts nie, maar na binne en hulle sluipskiet by elke geleentheid op mekaar.
Vir koerante soos Beeld en Die Burger is enigeen wat nie met die Botha- kamp saamstem nie, buite hulle laer. Vir generaal Magnus Malan moet enigeen wat nie met sy konsep van “totale reaksie” op die “totale aanslag” akkoord gaan nie, uit sy laer gegooi word as synde ongebalanseerd. Die resultaat is dat daar nou faksies binne faksies is. ’n Groeiende onvermoë om ’n modus vivendi uit te werk met enige persoon of mag wat ’n bedreiging vir die party leierskap inhou. Die politieke huis waarin die Afrikaner woon, het ’n arena van oneerlikheid en binnegevegte geword. ’n Eindelose gejaag naposisie. Die ontering van mag en gereg, om te beveilig en in beheer te bly.
Die voorafgaande is die saamgevatte reaksie van twee regsgeleerdes, senior advokate, nadat hulle hierdie boek gelees het en wat nooit eens indirek by Info se sake betrokke was nie. Die een woon in Johannesburg en die ander in
Kaapstad.
Dit is vir u om te besluit of die beskuldigings in die Afrikaanse pers, wat sy opdragte van die regerende party se leiers neem, in objektiwiteit en eerlikheid, onverskrokke, verslaggewing ge-anker was.
Dit is vir u om te besluit of die Erasmus-Kommissie se weergawe, of die voorafgaande, die aanvaarbaarste is.
Daar is net soveel in die toekoms om na op te let as wat daar is om gedoen te word.
Die nasionale stemming en sentiment van politici in Suid-Afrika, ten minste die Blanke politici, word al hoe meer ingespan om persoonlik politieke belange te bevorder, nie eens partypolitieke belange nie. Intussen bly vyandiggesindheid oorsee baie sterk en vermeerder seifs uit sommige oorde. Die totale direkte finansiële koste van die Verenigde Volke se anti-Suid-Afrikaanse bedrywighede beloop tans jaarliks meer as R12 miljoen. Meer as R20 miljoen gaan na Swapo en ’n verdere R6 miljoen na die A.N.C., die P.A.C. en hulle ondersteuners. (Militêre bystand is uitgesluit). Meer as 50 V.V.-organisasies is op een of ander manier by die anti-Suid-Afrikaanse veldtog betrokke. Indien direkte hulp van lidlande, soos die Nederlandse, Sweedse en ander lande bygetel word, beloop dit miljoene meer, moontlik so veel as R35 miljoen. ’n Groot-totaal van R73 miljoen in een jaar. Snaaks genoeg, omtrent dieselfde bedrag wat Inligting oor vyf jaar uitgegee het om Suid-Afrika se belange te beskerm en te bevorder.
In die VSA is daar vandag meer as 75 organisasies met ’n begroting wat tientalle miljoene beloop wat aktief besig is om politiek teen Suid-Afrika te bedryf, of om maatskappye met beleggings van miljoene in Suid-Afrika te oorreed om daardie beleggings te onttrek. (Gedurende 1980-1984 het ons as gevolg hiervan sowat R500 miljoen verloor). Hulle is aktief teen enige nuwe beleggings in Suid-Afrika. Hulle is aktief, soos die organisasie van Arthur Ashe, kaptein van die VSA se Davis Beker tennisspan, om te verhoed dat buitelandse kunstenaars en sportmanne na Sun City in = Bophuthatswana kom omdat laasgenoemde ’n “apartheidskepping” is. In Latyns Amerika en Australió is daar dosyne ander organisasies. Daar is magtige vakbonde wat steeds beplan om Suid-Afrika se handel en sy kanale van kommunikasie af te sny. Indien die totale poging van die Sowjet Blok bygereken word, en my gegewens is gebaseer op syfers en inligting wat ek uit onberispelike regerings-bronne in Washington verkry het, dan word daar vandag, wêreldwyd, elkejaar, sowat R260 miljoen aan subversie en propaganda teen Suid-Afrika geslinger.
Elke jaar. En wat doen die regering van Suid-Afrika? Hy emaskuleer die Departement van Inligting en maak van hom ’n soort ongewenste bywyf van die Ministerie van Buitelandse Sake.
Ten spyte van hierdie propaganda aanslag van oorsee af is die belange van die land in die tweede plek agter persoonlike politieke belange gestel.
Dit is waarmee John Vorster, P.W. Botha en Owen Horwood in hul ontkenning van hul verantwoordelikheid vir die geheime projekte van die Departement van Inligting ons opgesaal het. Diegene in beheer s nou so besig met hul binnegevegte dat hulle hul rug op die wereld gedraai het en hul land meer kwesbaar vir druk van buite gelaat het as wat ooit die geval moes gewees het.
Dit is die belangrikste erflating van Die Ware Inligtingskandaal.
Ek hoop dat hierdie persoonlike geskiedenis van die Inligtingskandaal op een of ander wyse ’n bydrae sal lewer om die vorm te breek waarin die Afrikaner-leierskap nou gegiet is, en om die meningvormers in Afrikaner- kringe te oortuig dat, as “skoon administrasie” moet slaag, ’n mens heel bo moet begin.
Daar is ’n enorme bron van administratiewe en politieke kundigheid en idees in Suid-Afrika wat nie ontgin kan word terwyl die huidige standpunt van politieke-oorlewing alles oorheers nie. Nie terwyl ons deur ’n struktuur van mini-laers lamgele word nie. Nie terwyl skynheiligheid ons politieke leiers se lewensstyl geword het nie.
Deur die eeue heen is skynheiligheid deur beter mense en moraliste as ek as ’n groter sonde as sondes van die vlees beskou. Selfs in DantE se rangorde van die beeld van Suid-Afrika soos dit deur die Atlanta Constitution, een van dieAmerika se grootste koerante, in 1984 uitgestal was: die ryk, vet, lui, blanke bloedsuier en die uitgemergelde swart slaaf wat die bloed voorsien. In antwoord op hierdie beeld van Suid- Afrika het die regering van mnr. Botha die hele Inligtingsapparatuur van Suid-Afrika ontman.
Dit is so dat groot sondes beklee is met skynheiligheid in die eerste (slegste) plek. Die fundamentele nadeel van skynheiligheid is dat dit kontra-produktief word in die sin dat ons alles wat in die media verskyn met agterdog bejeen. Die uiteinde van die saak is dat ons nie meer ware deug en goeie voomemens sal herken as ons dit sien nie.
Langs hierdie pad sal ons politieke sisteem in groepe fragmenteer wat konstant besig is om mekaar die stryd aan te sê terwyl ons weerloos ten opsigte van werklike politieke en ekonomiese aanvalle gelaat word.
Dit mag wees dat hierdie boek deur die Regering verban sal word of sy verspreiding verbied sal word op grond van die oortreding van een of ander wet. Dit sal lafhartig wees. Dit mag wees dat die Afrikaanse koerante dit sal “doodswyg”. Dit is te verwagte!
Dit mag wees dat sy verspreiding as gevolg van geregtelike optrede deur gekrenkte skynheiliges stopgesit sal word maar in my eie gemoed is ek tevrede dat wat ek geskryf het ’n egte weergawe is van die gebeure en van wat ander mense gesê en gedoen het. Nie alleen is die waarheid die enigste element wat waardigheid aan die geskiedenis verleen nie, maar soos die filosoof Henri Frederic Amiel presies honderd jaar gelede gesê het: dit is die basis vir morele gesag.
Sonder morele gesag kan geen politieke party regeer nie en kan geen politikus lei nie. Slegs die voile waarheid kan mense vry maak.
Die Ware Inligtingskandaal is dat die huidige leierskap in die regerende Nasionale Party geen morele gesag het om ons te lei nie. Hulle mag politieke gesag hê, vanweë hul staatsgreep in September 1978, maar beslis geen morele gesag nie.
EINDE