Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Here, my hart is in 'n knoop gebind!
Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind!
Ek wil tog net weer rus en vrede vind."
Die Here sê: "Jy is dan My lieflingkind.
Jy is met My anker van liefde gebind!
Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!"
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (39)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE MINISTER
VOORDRAG AAN DIE INLIGTINGSGROEP
Beklemtoon noodsaak van geheimhouding - Wet op Amptelike Geheime - Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante voortdurend op soek na gapings - pogings van Engelse koerante om uit buiteland die Departement onder verdenking te plaas bv. die spioenasie stories in Washington - waarskuwing van Minister R.F. Botha dat dit doelbewus gedoen word en nie sal slaag nie - veral sê Minister Botha moet verdagmakery gestaak word en pogings om wig tussen Inligting en Buitelandse Sake te dryf.
Inligting is gewikkeld in ’n propaganda-oorlog - hy kom in die eerste linie en is die Departement wat die eerste klappe moet neem – die aanvalle in die pers, op T.V. en radio. Die regering besef hierdie situasie asook die noodsaak van ’n energieke aksieprogram. In dié verband kan u die volgende uittreksels lees uit die Eerste Minister se opdrag aan die Departement:
In die lig van toenemende politieke en propaganda-aanslae teen die Republiek, beide in intensiteit en omvang, asook die onortodokse en gesofistikeerde vorme wat dit aanneem, het dit noodsaaklik geword om die funksie van die Departement van Inligting in bevordering van landsbelang in die algemeen en nasionale veiligheid in besonder dienooreenkomstig aan te pas. Hierdie situasie stel hoër en nuwe eise en die Departement se organisasies, werksmetodes en middele sal derhalwe hierby aangepas word.
Gebalanseerde rolprente oor die Transkei, SWA en Bophuthatswana het in 1977/78 op Britse, Amerikaanse, Hollandse, Israeliese, Oostenrykse en selfs Sweedse T. V. verskyn - gemaak deur onafhanklike Europese maatskappye. Studies en boeke oor Suid-Afrika se belangrikheid vir die Weste en vir vreedsame ontwikkeling in Afrika, sy strategiese belangrikheid, ens. het in ’n twintigtal lande verskyn. Tienduisende is oor die wêreld aan politici gestuur. Belangrike institute was hiervoor verantwoordelik. Iemand het hier betaal vir die materiaal wat andersins nooit sou verskyn het nie.
Kongresse en simposiums oor Suid-Afrika se strategiese belang, sy minerale skatte, sy waarde vir beleggings ens. het in 1975-77 voorgekom. By sommige het Britse, Duitse en Amerikaanse politici en akademici opgetree - sommige van hulle oud-Ministers. Referate is gepubliseer.
Besoekers van talle lande het gekom en gegaan. ’n Amerikaanse negerleier, vriend van wyle M. Luther King het ’n pragtige pro-Suid-Afrikaanse standpunt oor ons betrokkenheid in Angola gepubliseer.
’n Amerikaanse groep wat Suid-Afrika goedgesind is met 20 000 lede, het op die been gekom. In Brittanje een met 30 000 lede en so belangrik geag dat mev. Thatcher hulle kongres vanjaar geopen het.
Kerkgroepe in Suid-Afrika, die VSA, Brittanje en Duitsland het ontstaan, met hulle eie koerante en ander publikasies, wat die Wereldraad van Kerke oor Suid-Afrika begin takel het.
Advertensies wat die wereld se dubbele standaarde teenoor S.A. aanval het in Frankryk, Holland, Engeland, Australia, die VSA, Duitsland ens. verskyn; twee kamers van koophandel het in 1976/77 die lig gesien waar daar voorheen weerstand was; mense wat dit normaalweg nie kan bekostig nie, private individue, swart, blank, Indier, het oorsee gegaan om lesings te hou, op T. V. op te tree, ens.; in SWA is SWAPO gekonfronteer met anti-SWAPO publikasies en propaganda; foto-artikels wat ons saak bevorder het in ’n vyftigtal Europese blaaie verskyn. ens. ens. die lys is nie eindeloos nie, maar ek kan nog tientalle noem.
Menere, wie was vir hierdie aksies en maatreëls verantwoordelik. Wie het dit beplan, uitgevoer en opgevolg? Op watter wyse is dit gedoen.
Die Departement van Inligting is in beheer; besit of is betrokke regstreeks of onregstreeks op bedekte wyse met - 5 Kerkorganisasies in Suid-Afrika, die VSA, Brittanje en Duitsland, 2 Frontorganisasies in die VSA en Brittanje elke met ’n ledetal van meer as 30 000 persone, 3 Nuus en foto-agentskappe; Rolprentmaatskappye oorsee. 12 Gereelde publikasies in 9 lande oorsee insluitende 5 in Afrika. 5 Institute in die buiteland. 14 Frontorganisasies in 13 lande. Boekuitgewersmaatskappye.19 Voltydse anonieme medewerkers in 11 lande. 3 Skakelorganisasies in 3 lande. Die borg van tot 30 studies en boeke per jaar. Die produksie van tot 13 rolprente per jaar in agt lande via private produksiemaatskappye. Die uitneem na die buiteland en inbring van meer as 50 belangrlke politici, akademici en militêre individue elke jaar.
Operasies strek van Japan af tot in Skandinawië en in die hele Westerse gemeenskap asook Australië, 9 Suid-Amerikaanse lande en al die Francofoon lande in Afrika asook Nigerië, Zambië en Kenya.
In Suid-Afrika self is ons betrokke by ’n sestal frontorganisasies asook rolprentproduksie en boekpublikasies.
LET WEL: Nie een van bogenoemde operasies verskyn in dit
Jaarverslag van die Departement van Inligting nie.
En mnr. Pik Botha self? Die man wat ons nou as ’n naïewe, onbeholpe spul wil afskryf?
In 1976 was ek op ’n amptelike besoek in Washington. Die Ambassadeur, toe die einste mnr. Botha, het ’n noënmaal by sy huis aangebied wat deur die meeste van sy senior personeel en die personeel van die Pers- en Inligtingsafdeling, insluitende Carel Noffke, destyds Persraadgewer en voormallge redakteur van Die Transvaler, bygewoon was. Noffke het aan die Ambasadeur se linkerhand gesit, terwyl mnr. Botha my deugde in die werk van my Departement tot so ’n mate aangeprys het dat dit my absoluut verleë laat voel het.
Om dieselfde man twee jaar later aan te hoor is ’n voorbeeld van politieke sinisme wat beswaarlik oortref kan word.
’n Paar dae na die nuus van Regter Mostert se onthullings, het ek weer eens in die Herald Tribune gelees dat ’n Kommissie van Ondersoek aangestel is om die beweerde onreëlmatighede in die Departement van Inligting en tekens van korrupsie of enige ander misdrywe te ondersoek. Ek het in die koerant gelees dat die kommissie ’n beroep op getuies gedoen het om na vore te kom.
Ek het onmiddellik die res van ons toer na die VSA gekanselleer (wat my twee nogal winsgewende sake-transaksies gekos het) en met my vrou na Suid-Afrika teruggevlieg.
Niemand het my teruggeroep nie. Die kommissie het my nie gevra nie. Die pers het my nie gevra nie. Ek het op eie inisiatief teruggekeer.
Binne twee ure na my aankoms, het ek die sekretaris van die Kommissie getelefooneer en aan hom gesê dat ek beskikbaar is om te getuig wanneer hulle my ookal wil hê. Kwalik die optrede van ’n man wat iets probeer wegsteek! In teenstelling is mnr. Louis le Grange, Adjunk Minister van Inligting, nie gevra om te getuig nie en het hy ook nie aangebied om dit te kom doen nie alhoewel sommige geheime projekte waarvoor hy verantwoordelik was ook ondersoek sou word. Nogal ’n lafhartige houding vir ’n man wat 6 voet 6 duim is en 115 kilogram weeg!
Ek wil nie nou te veel oor die Erasmus-Kommissie uitwy en hoe hulle te werk gegaan het nie. Dit sal ek afsonderlik behandel. Maar ek het in die geheim, vir agtien uur oor ’n periode van drie dae sonder ’n enkele dokument voor my getuig, want die advokate van die Kommissie het nie vooraf met my beraadslaag of aan my vertel wat ek vir hulle gerief moes voorberei nie. Ek was eenvoudig met een vraag en aantyging na die ander gekonfronteer sonder om te weet wie die ander getuies was, wat hulle gesê het en waar en wanneer hulle dit gesê het. Vrae wat die Kommissie aan my moes gestel het is nooit gevra nie.
My regsadviseurs self kon nie ’n enkele vraag vra nie, want die advokaat (Van Zyl) wat die getuienis gelei het, het eenvoudig aan hulle gesê: “Hy mag u kliënt wees, maar hy is ons getuie”.
Na afloop van my getuienis, het ek aan die voorsitter, Regter Erasmus, gevra of ek Suid-Afrika mag verlaat ten einde my sakereis voort te sit, of vir verdere ondervraging moes aanbly. Met die instemming van sy mede-Kommissarisse het hy die nodige toestemming gegee wat later die dag ook deur die sekretaris van die Kommissie bevestig is. Nogtans, vir twee jaar lank, het Suid-Afrikaanse koerante aangehou om te sê dat ek stilletjies die land uitgevlug het! Niemand in die Kommissie het die moeite gedoen om hulle reg te help nie. Die leuen is toegelaat om te bly staan, en mnr. Botha se koerante het dit lustig verkondig, wetende dat dit ’n gemene leuen was.
Ek het Suid-Afrika op 20 November saam met my vrou verlaat. Louis Luyt was per toeval op dieselfde UTA-vliegtuig na Parys. Dit was die eerste keer dat ek hom weer ná ons skreeu-wedstryd in April 1977 gesien het. Tot my verbasing was Luyt die ene vriendelikheid. Ek het hom gevra waarom hy nie geweier het om voor die Mostert-Kommissie te getuig nie, want volgens die wet kon hy om uitstel gevra het. Maar die man wat die hoogsbetaalde regsadviseurs in Suid-Afrika op permanente bystand gehad het, het onbeskaamd geantwoord dat hy nie van die Wet op Kommissies geweet het nie, anders sou hy dit gedoen het!
Ek het ook tromop gevra waarom hy my in 1975 onder die valse indruk gebring het dat hy ’n skatryk man was. Indien dit toe die waarheid was, sou dit nie vir hom nodig gewees het om die regering se geld vir The Citizen in sy eie maatskappy te stort nie. Hy het onmiddellik geantwoord dat dit nog steeds die
geval was en dat hy op daardie oomblik al die geld tegelyk kon terugbetaal. Hy het aan my en Katy dokumente gewys wat hy in sy aktetas gehad het en wat die stand van sy finansiële sake in 1975 aangetoon het.
Maar op daardie stadium was ek nie meer so maklik oortuigbaar nie. Beide dr. Mulder en ek het in 1978 van sy ouditeur verneem dat indien Luyt die geld op daardie stadium aan die staat moes terugbetaal hy ernstige finansiële probleme sou hê. Ek het egter aan hom gesê: “Louis, ek het so pas voor die Erasmus-Kommissie getuig. Dit was ’n onregverdige spul. Hulle verdink ons twee van ’n saamknoeiery en dat jy destyds die geld in jou maatskappye met my toestemming gestort het omdat jy identiteisprobleme gehad het. Indien wat jy sê waar is, moet jy die eerste vliegtuig terug haal en aan hulle vertel wat jy nou net aan my en Katy gesê het. Wys aan hulle daardie dokumente. Om jou eie ontwil, sowel as myne”.
Luyt het ingestem om dit te doen maar het dit nooit gedoen nie. Ek het alreeds my bedenkinge gehad dat hy dit sou doen, want agter in my kop was daar ook die aaklige suspisie dat hy vir my, Les de Villiers en dr. Mulder aangaande sy beweerde verlies van R2,8 miljoen as gevolg van sy deelname aan The Citizen projek om die bos gelei het. Twee dae voor my vertrek het ’n vriend van my met sy bank gepraat en die bank het dit heftig ontken. Hulle skakelbeampte het gesê dat hulle dit as onwaar kon (en sou) bewys indien Luyt die bewering sou herhaal. Hulle het ook. Standard Bank se brief is in die Erasmus-Kommissie se rekords.
Ek het Loot Reynders in Zurich ontmoet om hom in te lig dat ek ’n
Amerikaanse koper vir die departement se woonstel in Europa gevind het. Ek het gereël dat ek hom ’n paar dae later in Pretoria sou skakel om vas te stel of die bedrag van 500 000 Amerikaanse dollars aanvaarbaar was. Toe ek ’n paar dae later met hom in Pretoria gepraat het, het hy bevestiging verkry dat die prys vir die regering aanvaarbaar was en die koop was binne ’n week beklink.
Reynders het na Zurich teruggevlieg met die aandele (wat in my brandkluis in Pretoria was) en nadat ons by die bank vasgestel het dat die Amerikaners die geld gedeponeer het, is die aandele aan die bank oorhandig. Ek het hierdie dinge vir die regering gedoen terwyl ek volgens die pers “voortvlugtend" was en weggekruip het! Sulke sotterny van mense wat hulle as verantwoordelik voordoen het my nie meer verbaas nie.
Die Kabinetskomitee het in 1974 die aankoop van ’n aantal “veilige hulse" in die buiteland goedgekeur waar daar in veiligheid geheime medewerkers ontmoet kon word. Die Europese woonstel is op groot skaal vir hierdie doel gebruik. Dit was die eiendom van ’n maatskappy wat ons gestig het en waarvan al die aandele in Pretoria gehou is. ’n Hollandse sakeman het die transaksie behartig. Hy was ’n betaalde medewerker van die departement wat ook die woonstel in stand gehou het wanneer daar niemand was nie. Ons het geweet dat daardie woonstel vry van meeluisterapparaat was, wat mens nie van hotelkamers kon sê nie. Ek het daar verteenwoordigers van ander regerings ontmoet om geheime projekte te bespreek wat nooit onthul mag word nie en wat, heel waarskynlik vir ewig, hoogsgeheim sal bly.
Die verkoop van die woonstel was in die Parlement aangekondig en die betaling deur die Amerikaanse firma was deur ’n regerings-ouditeur gekontroleer, nogtans het sommige Engelstalige en Afrikaanse koerante vir jare daarna gespekuleer dat die Rhoodies in werklikheid steeds die woonstel besit het.
Daar word gesê dat in oorlog of vrede, die pers nooit oormatig oor die felte besorg is nie. Meer of min is genoeg. Soos iemand gesê het: “Jy sal nooit sien dat die pers agter die feite aanjaag nie, dit is altyd die feite wat agter die pers aanhardloop”.
My vrou het op 1 Desember 1980 na Suid-Afrika teruggevlieg om tuls te wees wanneer ons dogter terugkeer aangesien sy nie alleen in die groot huis kon bly nie. Min het ek geweet toe ek haar by Kloten-lughawe in Zurich in die eerste ware koue van die winter afgesien het dat ek haar vir meer as drie maande nie weer sou sien nie. Tot op daardie tydstip was ons vir 22 jaar nooit langer as ’n paar weke van mekaar af weg nie. Sy het ’n donker, byna enkellengte Swakara jas gedra wat ek by Derbers in Johannesburg vir haar vorige verjaarsdag gekoop het. Toe sy met die roltrappe afgaan, nadat sy by paspoortbeheer verby is, het sy nie omgedraai soos wat sy altyd doen en teruggekyk nie. Dit was 'n slegte voorteken.
vervolg...