Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ware skoonheid sal jy eers kan raaksien wanneer dit reeds in jou hart is...
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (36)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978 (2)
Hoe Van Rooyen daarin geslaag het om Mulder te keer sal ek aanstons verduidelik, maar geslaag het hy, en daardie Suid-Afrikaners wat mag glo dat die Eerste Minister demokraties verkies was, moet ook weet dat dit nie hulle verkose Lede van die Parlement was wat die vloei van gebeure beheer het nie. Dit was Retief van Rooyen wat vir P. W. Botha Eerste Minister gemaak het, of meer akkuraat, wat voorkom het dat Connie Mulder Eerste Minister word.
In teenstelling met Kitt Katzin het Van Rooyen ongelukkig geen openbare erkenning vir sy pogings ontvang nie. Sy persoonlike poging om as die redder van Suid-Afrika te voorskyn te tree het die anti-Mulder kamp gepas, maar daarna was hy vir hulle van geen verdere nut nie.
Ten tye van die verslag in Die Transvaler, kon Van Rooyen aan Reynders gevra het of dit waar was. Hy het nie. Instede daarvan het dit hom heeltemal oorstuur. Hy het regstreeks na Pik Botha gegaan en soos ’n ritsige kanarie begin sing. Sy eed van geheimhouding skoon vergete. Hy het vir Botha van al die projekte waarby hy betrokke was vertel. Onder eed voor die Erasmus-Kommissie het hy weer verklaar dat hy maar net 'n strooipop was, 'n frontman.
Omdat hy oor baie ander projekte net half-lngelig was kon hy nie aan Pik Botha ’n volledige, akkurate, of selfs redelike opsomming oor die ander verskaf nie. Hy het egter aan Botha van ons besoeke aan die Seychelles vertel. Ook die Departement se aankoop van ’n vliegtuig, die stigting van The Citizen met regeringsfondse, die swart rolprent projek, sekere ander projekte.
Van Rooyen het geweet dat dit “nuus” sou wees vir Pik Botha, want hy het in my huis van my verneem dat slegs ’n handjievol Kabinetsministers van al of sommige, individuele projekte, geweet het, nl., Vorster, Mulder, Horwood, P.W. Botha, Koomhof, Hilgard Muller, Jimmy Kruger en Fanie Botha, Pik Botha, ’n nuweling wat nie deel gehad het aan die oorspronklike besluite aangaande die geheime finansiering nie, kon derhalwe van hierdie inligting uitstekende gebruik maak om gebeurtelikhede te beïnvloed en homself in die Eerste Minister se stoel te laat beland.
Pik Botha het nie die paal gehaal nie, want hy het nie vermoed dat P.W. Botha ewe ambisieus was om in Groote Schuur en Libertas te woon nie Wat nog meer belangrik was, P.W. Botha het geweet dat daar niks aangaande The Citizen op papier was nie en Van Rooyen se kennis kon derhalwe gebruik word om Connie Mulder uit te skakel terwyl Vorster as President geneutraliseer kon word.
Toe Pik Botha hierdie “skokkende” feite van Retief van Rooyen verneem het, sou mens verwag het dat hy kolegiaal genoeg sou wees om direk, saam met Van Rooyen, na Connie Mulder te gaan, en hom te konfronteer met die bewerings. Mulder het naby Pik Botha in Brynterion gewoon.
Alternatiewelik kon hy Retief van Rooyen na mnr. Vorster neem en verneem of mnr. Vorster iets van die sake af geweet het. Libertas lê 'n paar honderd meter vanaf mnr. Pik Botha se Ministerswoning naby nr. 14 Brynterion. Dit het hy ook nie gedoen nie.
Mnr. Pik Botha telefoneer dadelik mnr. P.W. Botha in Kaapstad en deel aan hom die feite mee. Waarom mnr. P.W. Botha? Die Verdedigingsminister het mos oënskynlik niks van Inligting geweet nie.
Mnr. P.W. Botha het onmiddellik die gaping gesien. Hy deel mnr. Pik Botha mee dat hy (P.W.) sou opdrag gee dat ’n militêre vliegtuig die Sondagoggend op die Waterklooflughawe gereed sou wees, om hom (Pik Botha) en adv Retief van Rooyen na Kaapstad te neem.
Hulle moes langs die roete op Bloemfontein land om mnr. Alwyn Schlebusch op te laai en saam te neem na Kaapstad. My vraag is: Waarom mnr. Schlebusch? Wat het hy met Inligting te doen gehad? As mens egter onthou dat mnr. Schlebusch die leier van die N.P. in die O.V.S. was, en sekerlik invloed op die Vrystaters kan uitoefen in die verkiesing vir Eerste Minister wat op die Donderdag moes plaasvind, dan val die stukke op hul plekke in die politieke legkaart.
In Kaapstad het mnre. P.W. Botha en Chris Heunis hulle ingewag, en saam is die taktiek bespreek. Mnr. Pik Botha moes kandidaat bly, ongeag hoe min steun hy ookal in die Koukus geniet het, om die Transvaalse stemme te verdeel, want dit sou Connie Mulder se posisie verswak.
Mnr. Schlebusch moes die Vrystaters gaan bearbei en sorg dat hulle nie vir Connie Mulder stem nie. Mnre. P.W. Botha en Chris Heunis sou vir die Kaapse lede sorg. Stories oor korrupsie, en valuta oortredings sou die res van die taakmoes verrig. So is op daardie Sondag 24 September 1978 indie Kaap die staatsgreep in die N.P. beplan om te verseker dat Connie Mulder nie die haal nie. Sodoende het mnr. Heunis, Schlebusch en Pik Botha ook hulle posisie in die P.W. Botha-regering bevestig, en vandaar hulle magsposisie in die politiek van vandag. Mnr. P.W. Botha mag hierdie drie manne nie in die steek laat nie. Hy het sy magsposisie aan hulle te danke. So het dit dan gebeur.
Op die einde het Van Rooyen se visie van Pik Botha as Eerste Minister dus as gevolg van die politieke staatsgreep wat van Kaapstad af geloods was in rook opgegaan. Die Kaapse leier het onmiddellik die gaping raakgesien wat Van Rooyen gedink het dat hy vir Pik Botha geskep het, en, politieke jakkals wat hy is, self deur geglip.
Daama was Van Rooyen van geen nut meer vir P.W. Botha nie. Hy is toe eenkant toe gegooi soos ’n uitgesuigde lemoen. Hy het sy rol gespeel en die enigste waarde wat hy vir Botha gehad het, was sy kennis van die staatsfinansiering van The Citizen. Van Rooyen het die wapen in P.W. Botha se hande gelê om sy politieke staatsgreep deur te voer.
Van Rooyen was skaars terug in Pretoria toe ’n vriend my skakel en my vertel het dat Van Rooyen in Kaapstad was en met die hele mandjie patats vorendag gekom het. Hy het bevestig dat die groep wat in Kaapstad ontmoet het almal anti-Mulder manne was. Ek het dr. Mulder geskakel maar dié het reeds die nuus ook van generaal Van den Bergh gehoor. In daardie stadium het die senior manne van die Buro vir Staatsveiligheid alreeds ’n takie
afgehandel wat alle veiligheidsdienste oral oor die wêreld doen net voordat ’n nuwe President of Eerste Minister gekies word. Hulle neem die veld in oënskou, tel koppe en maak vooraf hulle eie berekening van wie gaan wen. In daardie stadium, volgens die politieke kenners in die B.S.V., was Connie Mulder doodseker van 93 stemme, redelik seker van vyf en onseker van nege, genoeg om met die eerste stemming te wen.
Op die 26e September 1978 het mnr. Vorster vir die laaste keer in die Uniegebou in Pretoria sy Kabinet ontmoet. Die vorige dag het P.W. Botha en sy ondersteuners hom met Van Rooyen se verhaal gekonfronteer.
P. W. Botha het Eerste Minister van Suid-Afrika geword, nie omdat die Koukus die N.P. geglo het dat hy die beste kandidaat vir die pos was nie, maar omdat ’n dosyn manne geglo het dat dr. Mulder, wat werklik aanvanklik die meerderheidsteun gehad het, binne twee dae na sy verkiesing as Eerste Minister voor ’n Regterlike Kommissle gedaag sou word om vrae te beantwoord oor 'n sogenaamde geheime R2 miljoen In persoonlike rekening in Switserland. Dit het natuurlik geblyk ’n leuen te wees wat net voor die premiersverkiesing deur die P. W. Botha ondersteuners aan koukuslede versprei is, met die Mostertkommissie se ondersoek na valuta oortredings as skynbare bron. Die feite is dat dr Mulder nooit eers hieroor ondervra is nie en daar ook nooit iets van gekom het nie, Was dit nie vir hierdie kwaadwillige leuen nie sou Mulder in die eerste rondte reeds gewen het. Hy was slegs ses stemme kort.
erken dat hy van vele van die projekte geweet het en dat hy die volgende dag in die Kabinetsvergadering daaraan aandag sou gee. Kabinetsvergaderings word in die geheim gehou, maar later het ek te hore gekom dat Vorster inderdaad die besluit om The Citizen te stig, verdedig het.... vervolg: Hy het aan die Kabinet gese dat as dit reg is vir P.W. Botha om tenks te koop om Suid-Afrika te verdedig, waarom kon Connie Mulder nie koerante koop nie? Op die ou end net vier lede teen The Citizen projek gekant. Die vier wat in Kaapstad na Van Rooyen se storie geluister het. Nietemin, die Kabinet het eenparig besluit om die projek ’n geheim te hou.
Die mees belangrike vrae wat Vorster daardie dag aan die Kabinet gestel het is nooit te berde gebring nie. Maar onberispelike bronne het daardie gaping vir my oorbrug. Nadat hy die reeks aantygings teen Inligting afgehandel het, het mnr. Vorster gevra of enige lid van die Kabinet verdere vrae gehad het. Niemand het gehad nie. Daarop het hy die Reynders-verslag uitgehaal wat sedert Mei, vier maande vroeër, gereed was. Reynders het by verskeie geleenthede aan my en Van den Bergh vertel dat die Eerste Minister hom noukeurig oor sy bevindinge ondervra het voordat hy sy verslag aanvaar het. Op 26 September het Vorster die Reynders-sertifikaat voor die Kabinet gelê, nie soseer ter wille van Connie Mulder nie, maar ter wille van homself. In weerwil van die kennis wat P. W. Botha, Pik Botha, Schlebusch en ander Ministers oor Van Rooyen se verslag gedra het, het die sertifikaat eenparige Kabinetsgoedkeuring verkry.
Gevolglik moet dit aanvaar word dat watter aantygings Van Rooyen ookal gemaak het mnr. Vorster dit bevredigend afgehandel het. Sou manne van integriteit aangebly het as dit nie so was nie?
Reynders se verslag lees soos op bladsy 401.
Die sertifikaat is toe as ’n persverklaring deur die Eerste Minister se kantoor uitgereik. Maar selfs met die uitreiking van die Reynders-sertifikaat het Vorster ’n mes in Connie Mulder se rug gesteek. Daar was ’n ekstra paragraaf by die persverklaring gevoeg wat die indruk geskep het dat ’n verdere ondersoek na die sake van die Departement van Inligting sou begin. Hierdie paragraaf het enige waarde wat die sertifikaat vir Mulder mag gehad het feitlik uitgekanselleer. Toe Mulder met Vorster oor die misleidende situasie wat die persverslag veroorsaak gepraat het, was sy onskuldige antwoord dat hy net die tema van die verklaring aan sy pers-sekretaris, Neville Krige uitgespel het maar dat die bewoording aan Krige oorgelaat is. Daaropvolgend het Krige die proef-persverklaring aan Mulder gewys wat tot sy grootste ontsteltenis moes sien dat die misleidende paragraaf deur Vorster in sy eie handskrif bygevoeg is.
Vir die eerste keer het Connie Mulder teenoor my erken dat hy openlik bedenkinge oor Vorster se bona fides ontwikkel het, inderwaarheid, ek glo dat Vorster se blatante leuen uiteindelik die vlam van Mulder se lojaliteit geblus het.
Twee dae voor die verkiesing was beide die P.W. Botha en Pik Botha-kampe baie teneergedruk want ten spyte van al die gebeure het ingeligtes nog altyd Mulder se oorwinning voorspel. Van Rooyen se inligting kon nie in die openbaar gebruik word nie. Per slot van rekening, die Kabinet het Keyndora se sertifikaat goedgekeur en ook besluit om die geheim van The Citizen te bewaar. Maar Retief van Rooyen het ook ’n nuwe, belangrike stukkie inligting verskaf. Hy het aan vriende geê dat hy voor die Mostert-Kommissie getuig het en dat Connie Mulder ’n dagvaarding van Mostert gaan ontvang dat hy binne 48 uur voor hom moes verskyn.
Uit wat ons later kon wys word, sou Mulder ondervra word oor R2 miljoen wat hy glo uit staatsbronne na ’n persoonlik Switserse rekening oorgeplaas het. Mostert self het (met merkwaardige tydsberekening) ook vir Chris Heunis op Jan Smuts lughawe getelefoneer, net voordat Heunis na Kaapstad vir die Nasionale Party koukus sou vertrek om horn mee te deel dat Mulder gedagvaar gaan word. Dit is wat Heunis aan Mulder gesê het toe hy Mulder versoek het om terug te staan ten gunste van P.W. Botha.
’n Klassieke pojhieke staatsgreep was aan die gang, ’n oorname van die Nasionale Party in die binnekring, kompleet met die sluipmoord van die hoof-aanspraakmaker op die leierskap. Die messe vir die politieke slagting is deur Retief van Rooyen voorsien naamlik nuus oor The Citizen en Mulder se verwagte verskyning voor die Mostert-Kommissie. Die strategie is deur P.W. Botha en Alwyn Schlebusch beheer. Chris Heunis en Pik Botha het die politieke sluipmoord behartig.
Nie al P.W. Botha se soldate het verstaan wat hulle moes doen en sê nie en sommige het hul boodskappe verknoei, maar in daardie stadium het ons nie geweet dat ’n oorname van die party beplan was nie. Dit was eers later, jare na die gebeurlikheid, toe geheime verklarings voor die Erasmus-Kommissie die daglig gesien het, dat meeste van ons uiteindelik dinge kon uitgepluis het.
Mnr. Alwyn Schlebusch, die Leier van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat, is deur mnr. P.W. Botha gevra om na Pretoria met Retief van Rooyen se inligting te vlieg en aan Connie Mulder te vra om terug te staan – in die belang van die Nasionale Party natuurlik. Wat mnr. Schlebusch aan die pers vertel het en wat hy in die geheim voor die Erasmus-Kommissie getuig het was nie altyd een en dieselfde nie. Hy het egter aan die Kommissie gesê dat hy Van Rooyen nooit geken het nie, dat hy, Schlebusch ook nie die feite gehad het nie, maar dr. Mulder nietemin gevra om temg te staan. (Erasmus-Kommissie, Gepubliseerde Getuienis, Vol. 11, bis. 3985.) Dr. Mulder het natuurlik geweier, veral toe Schlebusch nie sy opmerkings oor The Citizen en ander sake met feite kon staaf nie.
Vervolg...