NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Voel jy dat jou laste te swaar druk?   Kniel dan neer!  Want met elke neerkniel sal jou las ligter word!  Vertel God alles.  As jy Hom al die stukke gee, wil Hy jou gebroke hart heelmaak!

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (28)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

KRAKE IN DIE PLAFON (2)

Laat ons eers kyk na Waldeck se loopbaan aangesien hy die liggelowige Erasmus-Kommissie maklik oortuig het dat eerstens, my broer, dr. D.O. Rhoodie, voor hom op grond van familie-begunstiging bevorder is en, tweedens, dat hy (Waldeck) later inderdaad gedemoveer was.

 

Dit hou tred met die Erasmus-Kommissie se oorwoë doelwit om dr. Connie Mulder en sy genote te diskrediteer, dat hulle onbeskaamd die bedrewendheid, loopbaan en bevorderingskanse van ’n amptenaar beoordeel het terwyl ’n statutêre kommissie, die Staatsdiens Kommissie, reeds jare lank wettiglik met hierdie taak belas is.

Alhoewel Waldeck twintig jaar tevore by die Staatsdiens aangesluit het, het hy nooit ’n poging aangewend om op sy matrikulasie-kwalifikasie te verbeter nie. ’n Universiteitsgraad is uiteindelik as minimum toetrede-kwalifikasie vir professionele amptenare voorgeskryf. Teen Februarie 1975, op die ouderdom van 56 en, na sowat 38 jaar diens, het Waldeck niks verder as Onder-Sekretaris gevorder nie.

Terwyl die Departement van Inligting ’n “geslote departement” was, in die sin dat professionele amptenare soos dr. D.O. Rhoodie nie normaalweg vir bevordering buite hul eie Departemente kon kwalifiseer nie, was Waldeck ’n lid van die breër administratiewe vertakking en het derhalwe vir elke hoër vakante pos in dosyne Staatsdepartemente gekwalifiseer. Sy gebrek aan vordering kon derhalwe nie aan my optrede toegeskryf word nie, maar aan die bevoegde oordeel van die Staatsdiens Kommissie. Om die waarheid te sê, ek moes later ’n stryd aanknoop om die Kommissie te oorreed om hom na die rang van Adjunk-Sekretaris te bevorder, omdat ek gevind het dat die Kommissie Waldeck nie so hoog soos die Erasmus-Kommissie, die opposisie in die Parlement en die Ouditeur-Generaal, mnr. Barrie aangeskryf het nie. Laasgenoemde se hoëdunk van Waldeck het net opsigtelik geword nadat Waldeck ’n helpende hand in sy oudit-heksejag van 1977 verleen het.

Gedurende sy volle ses jaar as Sekretaris van Inligting, het mnr. Barrie nie, of wou hy nie, die Staatsdiens Kommissie oortuig dat Waldeck verdere bevordering verdien het. Aan die begin van 1971, tydens mnr. Barrie se dienstydperk by Inligting, was dr. D.O. Rhoodie as Inligtingskontroleur, en mnr. Waldeck as Onder-Sekretaris, op gelyke salarisskale. In April 1971 was mnr. Barrie aandadig in die bevordering van dr. D.O. Rhoodie na ’n rang met ’n salarisskaal gelykstaande aan ’n volle kerfhoër as die van Waldeck. Op hierdie basis was dr. Rhoodie dus, te danke aan mnr. Barrie, reeds in April 1971 Waldeck se senior.

As die Erasmus-Kommissie te onbekwaam was om hierdie feite op eie houtjie te ontdek, waarom het Gerald Barrie, wat hulle bygestaan het, nie hierdie inligting verskaf nie? W aldeck self sou dit nie doen nie - hy was te besig om ’n saak teen die Rhoodies op te bou en die Erasmus-Kommissie was oorgretig om hom te glo. Maar dit is nog nie al nie. Teen die einde van 1972 is dr. D.O. Rhoodie en Les de Villiers op aanbeveling van die StaatsdiensKommissie tot die rang van Adjunk-Sekretaris bevorder. Die Kommissie het geen beweegredes gevind om Waldeck te bevorder nie en ’n mens kan aanneem dat dit nie by gebrek aan vakante poste by ander Staatsdepartemente was nie. Daarbenewens moet dit in gedagte gehou word dat Kabinetsgoedkeuring, nie myne nie, vir bevordering na die rang van Adjunk-Sekretaris vereis word. Gevolglik is dr. Rhoodie en Les de Villiers se bevordering op Kabinetsvlak goedgekeur.

In die lig van die voorgaande feite bly daar nie veel van die Erasmus-Kommissie se aantyging van familie begunstiging oor nie. Daardie bewering is, soos enigeen kan insien, ongegrond en kwaadwillig. Dit was sekerlik onverantwoordelik. Daar bly feitlik niks oor van Waldeck se klagtes oor sy bevordering en demovering nie.

Om terug te gaan na 1972. Waldeck, wat beroepsgewys op pad na nêrens
was nie, het gevind dat sy dors na posisie nog verder deur die teenwoordigheid van twee stewige-ingegraafde administratiewe manne in die persone van Gerald Barrie en sy goeie vriend, Piet Weidemann, gefrustreerd word. Barrie se vertrek en my aanstelling het aan Waldeck sy kans gebied. In die eerste plek het hy my oortuig (een van die grootste foute wat ek nog ooit gemaak het) dat sy onmiddellike hoof, Piet Weidemann, lyf weggesteek het en dat hy, Waldeck, alles alleen moes doen. Op die ou end het Weidemann toestemming van die Minister gevra om met pension uit te tree. Dr. Mulder het ingestem. Hy het daarna nog in ’n tydelike hoedanigheid by die Departement gewerk.

Nadat Waldeck Weideman se plek ingeneem het, het hy begin om sy eie posisie te konsolideer. Aan die begin het ek hom vertrou en vir die eerste keer in die geskiedenis van die Departement van Inligting het die administratiewe afdeling die geleentheid gekry om die buitelandse kantore van die departement te besoek. Waldeck self het op groot skaal rondgereis. Hy het, op my versoek, alle Inligtingskonferensies in die buiteland bygewoon. Waldeck het klaarblyklik van die geheime fondse geweet, eerstens as gevolg van die bestaan van ’n spesiale afdeling en, tweedens, as gevolg van die verwysing na G-betalings (geheim) op die rekenmeester se rekords. Op ’n dag het hy die Adjunk-Sekretaris, dr. D.O. Rhoodie kom sien en aan hom vertel hoe graag hy wou hê dat sy vrou hom ook eenkeer op ’n oorsese toer moet vergesel. Dit was nie moontlik in terme van die Departement se “ope” begroting nie en ook nie in terme van die reguleerders wat die uitgawe van die oop begroting beheer nie. Waldeck het toe aan te voer dat die probleem omseil kan word deur geheime fondse vir sy vrou se lugreiskaartjie aan te wend. Hy het ook gesê dat die ander adjunk-sekretarisse betreklik dikwels die geleentheid kry vir oorsese toere en derhalwe in ’n beter posisie was om by geleentheid hul vrouens saam te neem as wat met hom die geval was. Die Minister se reël was dat senior adjunk-sekretarisse na elke vierde reis hul vrouens op staatskoste oorsee mag saamneem mits dit nie meer as een keer per jaar geskied het nie.

Die saak is na my verwys. Ek het in die bree konteks van ons geheime werk besluit dat dit takties in orde sou wees om aan sy versoek te voldoen, aangesien Waldeck een van die hoofde van die drie vertakkings van die Departement was. Ek het ook uit die sekuriteitsoogpunt daama gekyk, nl., dat dit nodig was om ’n toegewing te maak sodat die ontevredenheid van ’n amptenaar van sy senioriteit nie miskien ’n sekuriteitsrisiko word nie. Dit was miskien ’n subtiele manier aan Waldeck se kant om druk op my uit te oefen maar ek het besluit om nie in so ’n vroeë stadium negatiewe gedagtes te koester nie.

Waldeck het toe ’n bedrag in kontant van dr. D.O. Rhoodie ontvang met Braam Fourie as getuie. Hy het geweet dat dit onreëlmatig was. Hy het nie alleen willens en wetens die reëls verbreek nie (reëls wat hy, so het hy die Erasmus-Kommissie vertel, so pligsgetrou gehandhaaf het nie) maar hy het nagelaat om die inligting aan die Ouditeur-Generaal te verstrek. Daar was ook geen geskrewe Ministeriële goedkeuring vir hierdie reis nie. Net ’n mondelinge goedkeuring. Braam Fourie, ons rekenmeester, het uiteindelik aan Barrie hierdie onreëlmatige uitgawe uitgewys maar laasgenoemde het nooit enige stappe gedoen om hierdie geld terug te vorder soos wat hy met ander amptenare gedoen het nie. Hy het dit ook nie aan die Erasmus-Kommissie gerapporteer nie en dit opsetlik van mnr. Harry Schwartz en die Parlement se Gekose Komitee op Openbare Rekeninge weerhou - alhoewel hy dit in die geval van al die ander betrokke amptenare voorgelê het. Toe ek dit ontdek het ek geweet dat daar aan Waldeck vrywaring belowe is maar in terme van watter Wet sou net mnr. Barrie weet.

Noudat ek hierdie onreëlmatigheid aan die lig gebring het, sal dit baie interessant wees om te sien of mnr. Barrie daarop gaan aandring dat Waldeck die geld aan die staat terugbetaal. Ek twyfel nie dat hy dit sal doen nie, per slot van sake, hy moet sy reputasie in die pers en sy talle ondersteuners in die Parlementêre Opposisie in ag neem.

Waldeck se probleem was sy administratiewe magswellus. Hy het onder die amptenare in die buiteland die indruk geskep dat hy die enigste man was me! wie hulle oor tuisverlof, oorplasings en selfs bevorderings kon praat.

“Die Sekretaris is eenvoudig te besig om na al hierdie sake om te sien”, het hy aan buitelandse amptenare by ’n konferensie waar ek nie teenwoordig was nie, gesê.

By ’n ander geleentheid tydens my afwesigheid in die buiteland, het hy selfs op eie houtjie gereël vir die oorplasing van sekere administratiewe personeel lede na buitelandse poste, sonder my eie, of die Minister se toestemming. Vanselfsprekend het Gerald Barrie niks hiervan in sy verslag aan die Parlement opgehaal nie. Sy ooreenkoms met Waldeck het hom daarvan weerhou.

Toe al sy handelinge uiteindelik opgeweeg is en na vele klagtes van amptenare in die buiteland, het ek Waldeck ingeroep en aan hom gesê dat hy
nooit weer oorsee gestuur sou word nie. Ek sou hom ook nie weer inroep wanneer ons oor die verdienstelikheid van senior professionele personeel beraadslaag nie. Toe die Staatsdiens Kommissie ’n inspekteur gestuur het om die verdienstelikheid van die top-amptenare te bespreek, het ek aan hom gesê dat Waldeck magshonger en ontrou was en dat ek hom nie vir enige hoër pos kon aanbeveel nie. Die inspekteur het met my opsomming saamgestem net soos die Staatsdiens Kommissie se Hoofinspekteur ook later voor die Erasmus-Kommissie getuig het.

Barrie en Waldeck se heulery agter my rug het sulke afmetings geneem dat toe Waldeck vroeg in 1978 deur dr. Mulder tydens die reorganisasie van die top-struktuur van die Departement afgepensioneer is, Barrie en die opposisie-pers Waldeck se deugde in die openbaar tot so ’n mate aangeprys het dat dr. P. Rautenbach, Voorsitter van die Staatsdiens Kommissie ’n verklaring uitgereik het waarin hy Barrie en die pers so te sê daarvan beskuldig het dat hulle Waldeck “iets skuld”. Dr. Rautenbach het daaraan toegevoeg, en tereg ook, dat personeelsake en verbandhoudende oorwegings sake is waaroor die Staatsdiens Kommissie besluit. Dit is ’n feit waarvan mnr. Erasmus bewus was maar met opset geïgnoreer het.

Waarom het die Erasmus-Kommissie in die openbaar oortree op ’n gebied wat as “Personeel-vertroulik” beskou word en wat eksklusief vir die Staats- diens Kommissie gereserveer is? Weer eens is die rede so duidelik soos daglig: die Kommissie het hulle mes vir Connie Mulder en genote ingehad en enigeen wat hiertoe bygedra het was ’n model Staatsamptenaar.

Wat die pers betref, kan ek raai wat die “iets” was waarna dr. Rautenbach verwys het, want generaal van den Bergh het my vroeër gewaarsku dat Waldeck deur die Buro verdink word dat hy vertroulike inligting aan die pers gee en my gevra om horn te nader om Waldeck se telefoon te laat tap. Of die Buro vir Staatsveiligheid dit gedoen het weet ek nie. Dit is die enigste keer dat ek ooit amptelik versoek het dat een van my eie amptenare se telefone van ’n klikapparaat voorsien moes word.

Teen Januarie 1981 het ek finaal geweet dat Waldeck ’n kontak van The
Rand Daily Mail
was, want ’n voormalige intieme vriend van my wat by die Mail werksaam was het my kom sien om my oor die lekkasie te waarsku. Ek het my broer ingeroep om te luister na wat hy te sê gehad het. Hy het bevestig dat Waldeck een van hulle bronne was.

Die persoon Waldeck soos deur die Erasmus-Kommissie, die opposisie pers en die Progressiewe Party voorgedra is, is klaarblyklik nie die persoon wat ons geken het nie.

Binne drie weke nadat Barrie en twee van sy assistente by my kantoor vir hulle oudit ingestap het is die eerste lekkasies aan die pers deur die sekuriteits-beampte, Charles More, aan my gerapporteer.

Die wyse waarop Barrie en sy assistente hul oudit uitgevoer het, het gelyk asof dit bereken was om onheil uit te nooi. Asof hulle wou hê dat sekere geheime moes uitlek. Afskrifte van sommige van hulle korrespondensie was op ’n keer in ’n toilet gevind. Ek het by verskeie geleenthede amptelik aan Barrie geskryf en horn gewaarsku dat hy hom nie by die reëls aangaande geheime korrespondensie soos deur die Eerste Minister se kantoor neergelê hou nie. Byvoorbeeld, Barrie het briewe aan my aangaande geheime projekte geskryf wat nie “vertroulik” gemerk was of in dubbel-koeverte geplaas was soos vereis word nie. Dit was nêrens in ’n register aangeteken nie maar is eenvoudig op my sekretaresse se lessenaar neergegooi indien sy nie in haar kantoor was nie.

Aan die begin het Barrie volgehou dat hy slegs in reise van amptenare in die buiteland belanggestel het. Hy het dr. Mulder, generaal Van den Bergh, myself en ander amptenare verseker dat hy “geensins belangstel” in ons geheime projekte nie, slegs in reis- en verblyfkoste van amptenare. Maar hy het nie reise van amptenare, seifs op geheime sendings as geheim beskou nie. Selfs in besoeke aan lande soos Egipte en sekere Afrika-State het hy volgehou dat die reis-aspek op sigself nie geheim was nie. Toe daar aan hom verduidelik is dat uit ’n begrotingsoogpunt, alle reise wat met ’n spesifieke projek verband hou asonderdeel van uitgawes vir daardie projek aangeteken moes word, wou hy steeds nie aanvaar dat die reis-gedeelte deur geheime fondse gedek moes word nie. Hy het geen redes verskaf nie. Later, in Februarie 1978, is hy in hierdie saak direk deur mnr. Vorster, voor generaal Van den Bergh, dr. Connie Mulder, dr. D.O. Rhoodie en myself daarop gewys dat hy verkeerd was.

Dit het later duidelik geword dat Barrie vir dr. Mulder, generaal Van den Bergh, myself en Braam Fourie mislei het toe hy gesê het dat hy slegs in reis- en verblyfkostes belangstel. Volgens sy eie handgeskrewe en getikte verslae aan mnr. Vorster van Julie en Augustus 1977, het hy in besonderheid op verskeie projekte van die Departement ingegaan. Maar omdat hy net die helfte van die storie geken het, en geweier het om met my te beraadslaag, was sy verslag aan mnr. Vorster onbekook en misleidend. Dit is veelseggend dat mnr. Vorster wel van die feite bewus was, maar dat hy nie probeer het om Barrie reg te help nie, byna asof hy so ’n verslag wou ontvang.

In Julie 1977 het ek met vakansie na Europa saam met my kinders gegaan. Ek het aan Barrie gesê dat ek met plesier sou agterbly en hom help om sy ondersoek af te handel en dadelik my besprekings sal kanselleer. Barrie het egter voor dr. D.O. Rhoodie, Les de Villiers en Braam Fourie aan my gesê dat dit geheel en al onnodig was.

“Nee wat”, het hy gesê, “ek doen maar net ’n deeglike oudit oor reisaspekte. Jy hoef nie daarvoor hier te wees nie”.

Dit was die tweede leuen wat hy aan my vertel het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2658 gaste aanlyn