NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, ek het al so baie keer probeer om heilig te lewe maar ek kry dit nie reg nie. Soos Paulus moet ek bely dat ek graag die goeie wil doen. Vergewe my dat ek so lief is vir myself en so besig is met my eie dinge dat daar maar min tyd oorbly vir U en die mense wat my nodig het. Help my om heilig te lewe sodat ek sal doen wat U wil hê.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (26)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

 

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

 

VERMORSING VAN GELD - vervolg

"Politieke moraliteit vereis gelukkig nie dat politici soos Pik Botha konsekwent in hulle uitsprake moet wees nie. Hulle moet net konsekwent skynheilig wees."

Daar is ander Inligtingsprojekte waaraan Generaal Malan deelgeneem het, soos die besoek van Amerikaanse deskundiges oor sielkundige oorlogvoering aan Suid-Afrika en die besoek van generaals vanaf Suid-Amerika, en waarna in die volgende memorandum verwys word:

Enige Suid-Afrikaanse regter, insluitende Regter Erasmus en Regter Latognn van die Erasmus-Kommissie, wat hierdie memorandum lees sal weet dat dit met generaal Malan per spesiale koerier gestuur is. Sien my geskrewe instruksie aan my persoonlike sekretaresse, mej. Mariëtte Kotze in die boonste regerkantste hoek. Met die beëdigde getuienis en ander openbare verklaring van generaal Magnus Malan voor hom, kan die Regter slegs tot die volgende slotsom kom:

Die memorandum is in Januarie 1977 geskryf, lank voor ’n woord van die geheime program aan die wêreld uitgelek het; lank voor Gerald Barrio se ondersoek; daar was ’n ooreenkoms tussen my en generaal Malan waarin die Leër volle samewerking belowe het; daar was ’n geheime SWA-komitee waarvan beide die Departemente van Verdediging en Inligting aan Generaal Malan belowe het om die twee Amerikaanse kundiges by te staan; daar was ’n duidelike ooreenkoms dat Inligting in die geheim sekere generaals uit Suid-Amerika na Suid-Afrika sou bring en, dat die Leër sou help met die hantering van die gaste; Generaal Malan wou ’n rolprent oor Suidwes-Afrika sien, wat Inligting in die geheim gefinansier het.

Ten slotte: Ek sou nie hierdie memorandum in 1977 kon geskryf het met die doel om generaal Malan aan die kaak te stel behalwe as ek vooraf geweet het wat in Mei 1978 sou gebeur nie.
Die memorandum bestaan werklik. (Dit vorm ook deel van my beëdigde verklaring aan die Staats Trustraad om die Kabinet se betrokkenheid te bewys en het regstreeks daartoe aanleiding gegee dat die sekwestrasie saak teen my haastig laat val is - alles om publikasie hiervan te vermy). Van die amptenare leef vandag almal nog. Mnre Grobler en Zimmerman is vandag nog steeds by die Departement van Buitelandse Sake en Inligting werksaam en was albei vir die Erasmus-Kommissie beskikbaar wat in 1978 minder as 100 tree vanaf die Ad Astra-gebou, waar hulle destyds gewerk het, byeengekom het.

Dit is ondenkbaar en totaal strydig met die realiteite wat destyds geheers het dat generaal Malan en ek oor sulke verreikende samewerking kon ooreenkom sonder die kabinet, of op die allerminste, mnr. P.W. Botha en dr. Connie Mulder se persoonlike goedkeuring.

In die lig van generaal Malan se openbare verklarings dat hy, of sy Departement, “nooit betrokke was” in enige geheime projekte van Inligting nie en in die lig van mnr. P.W. Botha se verklarings in die Parlement en onder eed voor die Erasmus-Kommissie, wonder ek nou net of die twee die eerbare ding gaan doen en gaan bedank? Per slot van sake wat kan meer “onreëlmatig” en “immoreel” as Projek Cherry wees en die manier waarop mense, veral die pers, in SWA aan die neus gelei was?

Die memorandum van 31 Januarie 1977 aan generaal Malan bewys dat
benewens
Projek Charry, sy Departement in verskeie ander projekte van die
Departement van Inligting betrokke was.

BESPREKING MET GENERAAL MAGNUS MALAN OP 26
JANUARIE 1977

  1. Die besoeke van televisie-spanne aan SWA wat deur ons ondersteun of gereël word sal nou deur die Weermag en ons gesien word as 'n anti-SWAPO veldtog. Die doel: om maksimum publisiteit aan die Tumhalle Konferensie, persone soos Kerina en Mudge en die vreedsame verdedigende rol van die leër te verleen. ’n Kontakman sal deur Generaal Malan aangewys word. Briewe insake hierdie televisie-spanne se besoeke (ek het reeds BBC-Panorama, Waldman, Eggebert en ABC genoem) moet onder my handtekening na Generaal Malan gaan. Ons moet probeer om hulle in groepe te stuur. Die leër beloof volle samewerking.
  2. Die leër sal ’n poging aanwend om jong ontnugterde SWAPO studente te bekom om ons besoekers te woord te staan.
  3. Die leer wil niegraagjoemaliste ofT. V.-spanne na die operasionele gebied in Ovambo neem nie. Daar is swaar troepe konsentrasie. Wel sal hulle na Kavango en Oos-Caprivi geneem word wat ook grensgebiede is.
  4. Die SWA-komitee (waarvan mnr. De Villiers lid is) moet mnr. De Wet inlig oor die sake sodat die komitee opdrag kan gee dat geen vertraging by Bantoe-administrasie ontstaan met die uitreiking van permitte nie.
  5. Ons man wat lid is van die bestuurskomitee in SWA moet in samewerking met die ander lede ’n aantal idees vir comics opstel.
  6. Ons kan offisiere wat politiek-belangrike posisies in Suid-Amerikaanse lande beklee as ons gaste nooi. Die verstandhouding is (i) dat waar ons verteenwoordigers het en daar ook 'n militêre attachè is, hulle saam besin oor wie ons moet nooi (ii) dat die voorstel na Inligting kom en dat ons Generaal Malan ’n kopie stuur met ’n aanduiding of ons die voorstel gaan steun of nie. Keur ons die man goed sal Inligting hom nooi en vir die politieke deel van sy program sorg, terwyl die leër die militêre gedeelte sal doen.
  7. Ons verwag van Robert Moss (Sunday Telegraph, Londen) die Kubaanse weergawe van die Angolese oorlog. Dit moet asb. na my kom. Generaal Malan sal reël dat die leër se kenners dit lees en kritiseer. Hierdie kommentaar moet dan via Van der Walt na Moss teruggaan.
  8. ’n Nuwe kanaal sal nou geskep word vir die oorweging van gaste wat met militêre segsmanne wil gesels. Generaal Malan sal self ’n oog oor sake hou. Dit is om M.I. (Generaal Du Toit) uit te skakel as die kontakpunt in soverre dit gaste (en ook toevallige besoekers) betref. Ons sal binnekort hoor wie die nuwe persoon of afdeling is.
  9. Sodra die Stodelfilm oor Angola klaar is, wil Generaal Malan dit graag sien.

E.M. Rhoodie
Sekretaris van Inligting
Datum: 31-1-1977

Al staan mnr. P. W. Botha op sy kop, die feit bly staan dat Kabinetsmemorandum nr. 5/1978 ’n volle Kabinetsbesluit was. My memorandum van 31 Januarie 1977 bewys dat die samewerking tussen Verdediging en Inligting wydverspreid was en generaal Malan se ondersteuning geniet het.

Mens wonder waarom die Erasmus-Kommissie hierdie projek “reëlmatig” gevind het? Op grond waarvan? My raaiskoot is dat Regter Erasmus, Regter Lategan en mnr. Smallberger hierdie dans gaan “uitsit”. Monde gesluit soos ’n oester in ’n narkose-tenk. Andersins sal hulle moet erken dat hulle die poging om mnr. P.W. Botha as sneeuwitjie voor te stel verbrou het. Daardie sneeuwitjie se hande is beslis nie skoon nie. In die soort veldtog waarby ons betrokke was, is dit vanselfsprekend dat nie alle projekte kan slaag nie. Sommige is inderdaad as ’n verlies afgeskryf. Maar die omstandighede rondom hierdie geheime program en die verloop van die geskiedenis het dikwels resultate opgelewer wat heeltemal buite die beheer van enigeen in Pretoria was. Sekerlik buite beheer van dr. Mulder en myself. ’n Klassieke voorbeeld was Projek Chicken.
Ten spyte van die Suid-Afrikaanse regering se bewerings dat hulle hulself nooit met die huishoudelike probleme van ander lande bemoei het nie, was dit sekerlik nie die geval in Rhodesië nie.
In die geval van Suidwes-Afrika het die regering ten minste politieke en historiese, indien nie die wettige verantwoordelikheid vir die ontwikkeling van die gebied gehad. In Rhodesië was daar egter geen gronde voor nie. Ons het de facto erkenning aan Rhodesië se onafhanklikheid verleen deur die land se erkende diplomatieke verteenwoordiger op dieselfde vlak as bv. die Ambassadeur van Oostenryk te aanvaar. Soos in die geval van Angola het ingryping van die kant van Suid-Afrika geen historiese, konstitusionele of wettige grondslag gehad nie. Maar daar was ’n noodsaaklike strategiese en politieke voordeel uit Projek Chicken te trek as die onderneming suksesvol was en geheim sou bly.

In die geval van Rhodesië het Suid-Afrika eers para-militêre polisie eenhede gestuur om te help in die afweer van, wat een Kabinetsminister genoem het, “'n Kommunistiese inval”, nie op die grens van Suid-Afrika nie, nie op die Limpopo nie, maar op die Zambesie. Toe hierdie hulp aan die wêreld rugbaar geword het was die reaksie van so ’n aard dat Suid-Afrika mettertyd hierdie vorm van ondersteuning aan Rhodesië moes onttrek het. Mnr. P.W. Botha was egter onwillig om mnr. Vorster se uitspraak te aanvaar dat Suid-Afrika nie millitêre ondersteuning aan Rhodesië mag verleen nie. Ten spyte van Vorster se ontkennings dat hy van geen toestemming tot so ’n stap geweet het nie, het Suid-Afrikaanse militêre toerusting en helikopters tog hulle weg na Rhodesië gevind. Later is dit op uitdruklike instruksies van mnr. Vorster ook onttrek.

Nadat Vorster uit sy pad gegaan het om die westerse wêreld te verseker dat Suid-Afrika op geen wyse militêre hulp aan blankes in Rhodesië verleen het nie, het ’n voorval plaasgevind wat hom byna ’n hartaanval besorg het!

Een oggend het ’n bron by die Buro van Staatsveiligheid ingestap en aangekondig dat hy die volgende dag met 500 troepe na Salisbury moes vlieg om militêre steun aan Rhodesië te gee. Hy het gesê dat die 500 manne alreeds by Waterkloof Lugmagbasis saamgetrek is en dat hulle binne 24 uur sou vertrek. Generaal van den Bergh het mnr. Vorster getelefoneer wie hom verseker het dat daar nooit so ’n besluit geneem is nie. Mnr. Vorster wou net nie glo dat dit die ware stand van sake is nie. ’n Telefoonoproep het egter bevestig dat die bron inderdaad sulke instruksies ontvang het en dat dit van mnr. P.W. Botha persoonlik afkomstig was. Die offisier het onder die indruk verkeer dat die Veiligheidsraad die projek goedgekeur het. Daarop het mnr. Vorster aan mnr. P.W. Botha opdrag gegee om die “ekspedisie” te kanselleer.

In daardie stadium het mnr. Vorster alreeds aan dr. Mulder gesê dat 'n swart-meerderheidsregering in Rhodesië net ’n kwessie van tyd was en nie gekeer kon word nie. Die aankoms van blanke Suid-Afrikaanse troepe in Rhodesië sou onberekenbare skade aan Suid-Afrika in die internasionale sfeer berokken het. Hoe dit ookal sy, Vorster was egter nie daarteen dat voorsorg vir die dag van more gemaak word wanneer so ’n swart regering werklik in Rhodesië oorneem nie. Hy het begin om die politieke loopbaan van mnr. N. Sithole in die geheim te finansier want, ongelooflik soos dit mag klink, die Departement van Buitelandse Sake het geglo dat Sithole die beste kans gehad het om Rhodesië se eerste swart Eerste Minister te word.

Teen die einde van 1977 het Andy Andrews, vise-President van die grootste vlekvrye staal vervaardigingsmaatskappy in die VS A, Alleghenny Ludlum Industries (wat ook die grootste individuele invoerder van chroom-erts vanaf beide Suid-Afrika en Rhodesië was) dr. Connie Mulder in Pretoria kom besoek.

Die ontmoeting is deur Chris Scofield, Andrews se verteenwoordiger in Rhodesië aangevra. Die Amerikaner het op die man af gepraat: mense in Rhodesie wat in voeling met al die politieke partye was en in die geheim geld aan Nkomo, Muzorewa en Sithole verskaf het, het geglo dat die United African National Congress van Biskop Muzorewa die beste kans op sukses gehad het en, in die UANC-beweging self, James Chikerema die senior vise-
President, die mag agter die troon was. Andrews het aan Mulder gese dat hulle siening strook met die van Lonrho, die Britse finansiele reus wat in Rhodesië betrokke was. Hulle wat almal geglo dat hoewel Muzorewa die verkiesing sou wen, hy binne ’n jaar op een of ander wyse deur Chikerema uitgeskop sou word.

Die Amerikaners was bekommerd oor die onderbreking en seifs algehele ineenstorting van chroom-uitvoere na onafhanklikheid van Rhodesië af na die VSA indien die pro-Westerse Biskop Muzorewa en Chikerema nie die verkiesing wen nie. Dit is presies wat in 1983 gebeur het en sodoende The Washington Post en The New York Times belaglik laat lyk het. Hierdie koerante en die liberale politici en akademici in die VSA het altyd aangevoer dat dit nie sal saak maak as wit regerings uit Afrika verdwyn nie. Die swart regerings sal aanhou om aan die weste te verkoop. Nou het Zimbabwe sy chroom-erts produksie tot by die punt van algehele ineenstorting opgemors.
Die vraag was: Kon Suid-Afrika vir Muzorewa en Chikerema help om die verkiesing te wen? Die Amerikaners self was deur hulle wette verbied om enige ondersteuning aan enigeen in Rhodesië te verleen, nie eens skriftelike advies nie, en het swaar strawwe, insluitend gevangenisstraf, in die gesig gestaar indien hulle op enige wyse direk in Rhodesië betrokke sou raak.!)

Andrews het aan dr. Mulder en myself belowe dat indien ons se, ’n miljoen dollars kan bydra, hy op sy beurt, na die onafhanklikheid van Rhodesie, ’n miljoen dollars in ’n Suid-Afrikaanse industrie van ons keuse sal belê om te bewys dat hy bereid was om finansiële steun aan Rhodesië te verleen indien hy net toegelaat was om dit te doen.

Mulder het die saak bepeins vir weke en op die ou end na mnr. Vorster gegaan, wie in beginsel saamgestem het dat finansiële steun aan Muzorewa se party in orde sou wees. Dr. Mulder het met Owen Horwood, Minister van Finansies, gepraat wie ook die gedagte ondersteun het maar nogal met heelwat meer entoesiasme as mnr. Vorster. Dr. Horwood het aan my gevra om die Sekretaris van die Tesourie, Dries Pretorius, in te lig en ons finansiële vereistes te stel. Op daardie tydstip moes ek in elke geval Pretorius in verband met ons geheime begroting sien daarom het ek my rekenmeester, Braam Fourie, saamgeneem. Ek het aan Dries Pretorius en sy twee adjunkte, Koorl Pretorius en Sarel du Plessis, die besluit van die Kabinetskomitee verduidelik en dat ons dus ’n addisionele R800 000 bo en behalwe wat ons daardie jaar sou kry om die geheime program te implementeer, benodig het. Die projck sou ns Projek Chicken, vernoem na Chikerema, bekendstaan.

Na twee weke het die Sekretaris van die Tesourie aan my geskryf en gesê die Minister van Finansies tot die voorsiening van die geld vir Projek Chicken ingestem het. Ek moes egter die bestaande geheime toekenning gebruik. Indien ’n verkiesing wel in Rhodesië, na die binnelandse skikking uitgeroep word, sal die R800000 (in 1977 sowat een miljoen dollar) in die aanvullende begroting vir my beskikbaar gestel word, het Pretorius geskryf.

Ek het kopiëe van die brief aan generaal van den Bergh en dr. Mulder oorhandig.

Indien die Erasmus-Kommissie hulle werk gedoen het, veral na generaal Van den Bergh se getuienis oor Projek Chicken en sy samesprekings met dr. Horwood, sou die Kommissie maklik hierdie brief kon opgespoor het en 'n einde gemaak het aan dr. Horwood se beëdigde verklarings dat hy nooit betrokke was by, of goedkeuring aan enige geheime projekte gegee het nie.

Onderwyl die reëlings getref is, het Chris Scofield, Andrews se vcrteenwoordiger in Rhodesië, verskeie kere na Suid-Afrika vir instruksies gekom. Daar is ooreengekom dat die geld van Suid-Afrika af na ’n Switserse rekeningnommer oorgeplaas sou word en van daar na Scofield se maatskappy in Salisbury herlei word. Die geld is gebruik om ’n drukpers aan die UANC te voorsien, om Chickerema se eie weeklikse koerant uit te brei, om die party se organisasie te verbeter en vir die aankoop van motorvoertuie, luidsprekers en film-projektors. Almal het reeds geweet dat die Sowjet-Unie miljoene aan Nkomo voorsien het, terwyl Mugabe sy geld openlik van Sjina gekry het.

 Hoewel mnr. Vorster die finansiële steun aan Sithole goedgekeur het, was hy ook geheel en al gewillig om op ’n ander perd in die vorm van die UANC te wed aangesien hy, net soos enigiemand anders, op daardie tydstip vas geglo het dat wanneer dit by die eindstryd kom, Muzorewa se UANC sou wen. Die Biskop het destyds skares van tot 100 000 by sy vergaderings getrok. Voorsiening van fondse uit die buiteland (Switserland) aan Chickerema sou ook sy posisie in die UANC versterk deur te bewys dat hy by magte was om groot somme geld in die hande te kry. In die tussentyd is ook Ian Smith dour Scofield op hoogte van sake gehou.

Alhoewel die besprekings met Andrews en Scofield aan die einde van 1977 plaasgevind het, het Projek Chicken amptelik op 1 April 1978 afgeskop. Ek kon dit nie waag dat die geld wat na Chickerema gekanaliseer was, vir swart politici se persoonlike uitgawes gebruik word nie, daarom was ’n nuwe plan bedink. Loot Reynders, mnr. Vorster se man, is as ouditeur van die projek aangestel en het na Rhodesië gevlieg om die boeke te doen. Daar is toe aan David Abramson gevra of hy met die Hortors-vliegtuig na Rhodesië sou vlieg om Chickerema te sien. Die vliegtuig was van voor tot agter bedraad om selfs ’n fluistergesprek op band op te neem. Daar was versteekte kameras in die oorhoofse ligte. Die plan was om Chickerema te kry om te erken dat hy finansiële steun van blanke Suid-Afrika ontvang en dat hy moes instem om Suid-Afrika vir samesprekings te besoek.

“Blanke Suid-Afrika”, het Abramson aan Chickerema gesê toe hulle ontmoet, “wil die versekering hê dat indien die UANC wen, daar ná onafhanklikheid geen verbreking van diplomatieke verhoudinge sal wees nie, geen onderbreking in toerisme nie, geen nasionalisering van Suid-Afrikaanse maatskappye nie, of die opskorting van pad-, spoor- en lugverkeer na Rhodesië van Suid-Afrika af nie, en omgekeerd.”

Vir die beplande besoek van Chickerema aan Suid-Afrika is noukeurige voorsorgmaatreëls getref om horn by sy aankoms by Stuart Pegg se huis by Khyber Rock, naby Johannesburg, te fotografeer. Die huis en tuin sou deeglik bedraad word, sodat alle gesprekke opgevang kon word.

In die tussentyd het ek uitgetree (in Junie 1978) maar het nog steeds, agter die skerms, generaal Van den Bergh bygestaan, nie alleen in sy evaluering van die projekte nie, maar ook in Reynders se finansiële ondersoek sowel as om sekere sleutel-projekte aan die gang te hou. Dit was in hierdie tyd dat Scofield by twee geleenthede gekom het om mnr. Vorster te sien en direk aan hom te rapporteer oor hoe die projek gevorder het.

Kort daama het Muzorewa self na Suid-Afrika gekom en mnr. Vorster in Kaapstad besoek. Tot mnr. Vorster se verbasing, het Muzorewa om finansiële steun gevra. Tot Muzorewa se nog groter verbasing het mnr. Vorster hom verseker dat die UANC alreeds R400 000 van die Regering ontvang het.
Biskop Muzorewa het mnr. Vorster geskok toe hy aan hom gesê het dat hy niks van die geld gesien het nie. Ons het mnr. Vorster verseker dat Loot Reynders self tweemaal na Salisbury gevlieg het om Scofield se boeke te oudit. Behalwe sekere bedrae wat Chickerema gebruik het om ’n paar swart politici om te koop, is daar vir die res van die geld volle rekenskap gedoen.

Later het generaal Van den Bergh dr. Horwood gaan spreek. Die generaal was van ’n amptenaar van die Tesourie vergesel (Mnr. Sarel du Plessis?) Hy wou vasstel wat van die R800 000 geword het wat in die aanvullende begroting na Inligting sou kom.. Dr. Horwood het eers probeer skerm maar uiteindelik toegegee dat hy die bedrag goedgekeur het en dat dit voorsien sou word.

Ons poging was suksesvol.

Ná die verkiesing in Rhodesië (wat op die interne skikking gevolg het) het die verkose Eerste Minister, Biskop Muzorewa ’n baie versoenende riglyn teenoor Suid-Afrika ingeslaan. Chickerema het egter die UANC verlaat en sy eie politieke party gestig. Toe Muzorewa agterkom dat Chickerema hom in die duister gehou het oor die geld wat van Suid-Afrika gekom het, en wat hy gebruik het om sy eie posisie binne die party te verstewig, instede daarvan om die UANC as sulks te help, wou hy niks met Chickerema te doen hê nie. Dit was deel van die magstryd, want toe Chickerema daama die UANC verlaat het hy Muzorewa van ’n absolute meerderheid in die Parlement beroof.
Die Amerikaners het nog steeds geglo dat Chickerema binne ’n jaar na die UANC sou terugkeer en dat hy Muzorewa sou uitskop. Hulle was verkeerd.
Hulle het ook nie hulle belofte nagekom om ’n miljoen dollar in Suid-Afrika te belê nie, nie wat dr. Mulder of ek van weet nie.

Nadat dr. Mulder en ek die regering verlaat het, is die beleid om finansiële en materiële ondersteuning aan gematigde swart partye in Zimbabwe (Rhodesië) verleen, voortgesit, hierdie keer deur P. W. Botha se regering, maar hulle het op die verloorperd gewed. Ten spyte van die Erasmus-Kommissie se verwysing na ons ondersteuning van Chickerema as ’n “onreëlmatigheid” het die Suid-Afrikaanse regering in 1980 sowat 400 motorvoertuie aan Biskop Muzorewa teen ’n koste van R2 miljoen beskikbaar gestel. Die motors was aan Ernest Bulle - ’n verslane kandidaat van die UANC in die vorige verkiesing afgestuur, per adres, die Hoofbestuurder van die Zimbabwe Spoorweë. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë se goedere vragbriewe en ander dokumentasie is later na The Sunday Tribune uitgelek. (Vergelyk The Sunday Tribune 16 Augustus, 1981.) Die Departement van Buitelandse Sake het ontken dat hulle betrokke was, en ek glo hulle, want wie anders as die Eerste Minister se kantoor, deur middel van die Departement van Verdediging en die Departement van Nasionale Intelligensie, het die apparaat en fondse om vir sulke duur geheime politieke ondersteuning te reël? Sommige van die 400 voertuie het uit die regering se motorhawe in Oos-London en Johannesburg gekom. Vir ander is met skatkisorders betaal.

Na die nuus rugbaar geword het, was daar ’n doodse stilte in die Afrikaanse pers. Geen trompetgeskal van Beeld, Die Burger en andere vir ’n ondersoek nie. Geen versoeke vir ’n diepgaande oudit deur mnr. Barrie nie. Mnr. Erasmus is nie ingeroep om die “reëlmatigheid” van die projek te beoordeel nie. Mnr. Schlebusch het niks te sê gehad oor die reëls van die spel, of die moraliteit daarvan nie.

Die projek was ’n totale vermorsing van geld, aangesien Muzorewa se Party net drie setels in die daaropvolgende verkiesing gewen het.

Mnr. Pik Botha, die Regering se ekspert op die gebied van vermorsing, het nie ’n woord gesê nie. Hy het nie mnr. P.W. Botha daarvan beskuldig dat hy ’n amateur was wat die belastingbetalers se geld verkwis het nie. Politieke moraliteit vereis gelukkig nie dat politici soos Pik Botha konsekwent in hulle uitsprake moet wees nie. Hulle moet net konsekwent skynheilig wees.

Die finale drama in Rhodesië het almal verkeerd bewys: die Amerikaners, die Suid-Afrikaners, die Britte, die hele Westerse wêreld, want soos een Britse Parlementslid aan my geskryf het: “Mev. Thatcher sou beslis nie toestemming vir ’n skikking gegee het nie indien sy kon vooruitsien dat ’n geswore Marxis aan bewind sou kom. Haar intelligensie was net so swak soos julle s’n”.

Die R400 000 wat ons spandeer het om die UANC se saak te bevorder was dus ’n verlies net soos die R2 miljoen wat deur die P.W. Botha regering voorsien is. Maar hierdie soort verliese en terugslae moet in enige geheime politieke en propaganda program verwag word.

Dieselfde het gebeur toe James Mancham na ’n staatsgreep in die Seychelle uitgeskop is. Toe Busia in Ghana omvergewerp is. Terugslae gebeur wel. Nie net vir ons nie maar vir enige land wat in hierdie soort stryd betrokke is. Per slot van rekening, dit was mnr. P.W. Botha se Minister van Minerale en Energie Sake, mnr. P.T.C. du Plessis, wat in Maart 1983 aan die Parlement gesê het dat die R30,5 miljoen wat in die Salem-skandaal verloor is “in perspektief gesien moet word. Suid-Afrika opereer in die petroleum-mark onder uiters ongunstige omstandighede” het hy gesê en “die aankoop van olie is altyd ’n waagstuk”. Die koop van politieke invloed en gunste, mnr. Du Plessis, is net so ’n waagstuk. Ook die aankoop van koerante en die daarstelling van geheime frontorganisasies in die stryd om Suid-Afrika van isolasie te red. Maar geen amptenaar sal in die Salem-skandaal aangekla word nie. Geen Minister sal bedank nie. Pik Botha sal nie erken dat R30,5 miljoen ’n vreeslike vermorsing was nie. Beeld en Die Burger sal anderpad kyk. Gerald Barrie sal nie ingeroep word om die boeke van mnr. P.T.C. du Plessis te oudit nie. Die “skoon administrasie” van mnr. P.W. Botha sal rustig in pajamas met olie-kolle gaan slaap.

Die Salem-aangeleentheid was nie die grootste verlies wat die belastingbetaler gely het nie.

Nadat Mosambiek in die hande van die Marxiste geval het, het Brand Fourie teenoor my gekla dat Suid-Afrika R70 miljoen in Mosambiek gehad het wat ons nooit weer sou sien nie. Miskien was hy destyds oormatig pessimisties, maar die geheime hulp aan sommige ander swart Afrika state kan sekerlik vandag ook afgeskryf word.

Volgens my berekening, het die Regering deur ander kanale gedurende 1969-1979 sowat R220 miljoen aan verskeie openbare en geheime projekte in Angola en Mosambiek, Gabon, Zaïre en die Republiek van Sentraal-Afrika en ander state bestee. Ek glo dat al hierdie geld, vier maal die totale bedrag wat aan Inligting vir sy vyf-jaar program toegesê is, net sowel afgeskryf kan word.

Dit laat die uitgawes van Inligting tot ’n onbeduidenheid verdof. Dit sluit boonop nie die R260 miljoen in wat John Vorster en P.W. Botha die voorafgaande veertien jaar aan die ondersteuning van die (wit) Rhodesiese regering bestee het nie.

Wanneer mnre Botha en Botha oor vermorsing van geld deur die Departement van Inligting praat, en koerante soos Beeld en Die Burger daaroor tekere gegaan, moet hulle eers hul voete uit hul monde haal, hulle verstand in rat stel en aan die publiek verduidelik watter fisieke of politieke voordeel Suid-Afrika uit hierdie totale uitgawe van R480 miljoen geput het en waarvoor mense soos John Vorster, Alwyn Schlebusch, P.W. Botha, Chris Heunis en Pik Botha “kollektiewe aanspreeklikheid” dra.

Hierdie menere moet ook verduidelik hoe dit gebeur het dat die betrokke uitgawes nooit deur Gerald Barrie of sy voorganger geouditeer is nie.

Dit sal miskien nie ’n slegte plan wees nie om mnr. Rudolph Erasmus en sy Kommissie terug te roep om ’n nuwe ondersoek te begin. Hierdie keer moet dit egter in die openbaar geskied, nie in die geheim nie, en niemand mag toegelaat word om die bandopname van die verrigtinge af te skakel nie - nie eens die voorsitter nie. Die Staats Trustraad kan dan ook ’n addisionele taak opgelê word: om daardie 400 motorvoertuie van Zimbabwe af terug te kry.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2651 gaste aanlyn