Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg vangeld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit isdan tevergeefs – Prediker 5:9
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (25)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD - vervolg
In ’n heeltemal ander kategorie van “mislukkings”, is daardie projekte wat as gevolg van die foutiewe beplanning van ander Departemente, of die nalatigheid van individue bokant myself in die regerings-hiërargie in duie gestort het, en nie as gevolg van swak beplanning of foutiewe oogmerke aan ons kant nie.
Die beste voorbeeld van nalatigheid is hoe Suid-Afrika die kans verloor het om The Investors Chronicle, een van die mees invloedryke finansiële koerante in Londen, te koop. In teenstelling was die swak aangevoerde en onsuksesvolle propaganda-operasie, Cherry, in Suidwes-Afrika, slegs deur Inligting op versoek van mnr. P.W. Botha en generaal Magnus Malan onderneem. Hulle versoek is ook deur die kabinet goedgekeur en ons kon dus nouliks weier om saam te werk.
The Investors Chronicle is een van die oudste en bekendste finansiële koerante in Brittanje. Dit sou ’n ideale instrument in Suid-Afrika se hande wees om meer Britse beleggings aan te wakker. Dit sou ook ’n ideale medium wees om diegene wat daarop uit was om bestaande beleggers uit Suid-Afrika te verwilder, of nuwe beleggings te blokkeer, te beveg. In die jare 1977-1978 was Suid-Afrika juis desperaat vir buitelandse beleggings. Sover dit morele oorwegings betref het sou selfs die Erasmus-Kommissie geheel en al aan ons kant gewees het!
Op 8 November 1977 is ’n korttermyn “lening” van $l 800 000 aan David Abramson, destydse hoof van Hortors-groep in Suid-Afrika, beskikbaar gestel om beheer oor The Investors Chronicle te verkry. Dr. Connie Mulder het die projek met dr. Horwood en die Eerste Minister bespreek en albei was geesdriftig dat hierdie een ’n wenner kon wees. Vroeër in daardie jaar, toe ek aan die sub-komitee vran die Kabinet verslag gedoen het oor ons planne om die koerant te koop, was dit dr. Horwood wat gesê het dat hy graag wou sien dat Inligting meer op hierdie spesifieke gebied moes optree.
Toe ek opdrag gegee het dat die $ 1 800 000 deur die Buro vir Staatsveiligheid na London oorgeplaas moes word, was generaal Van den Bergh van sy kantoor afwesig. Die agerende hoof van die Buro wou egter nie die verantwoordelikheid neem om die oorplasing te magtig nie. Ek het aan hom verduidelik dat die prokureurs alreeds vanaf die Verenigde State, Suid-Afrika en elders op pad was, dat die projek die Kabinetskomitee se goedkeuring gehad het en dat indien die geld nie in Londen gebank was teen die tyd dat die vergadering begin nie, dit Abramson erg in die verleentheid sou stel en selfs die transaksie kon laat skipbreuk ly. Maar die amptenaar wou geen verantwoordelikheid op sy skouers neem nie. Al wat hy bereid was om te doen, was om mnr. Vorster te skakel en sy toestemming te vra. Indien mnr. Vorster instem, sou hy die geld oorplaas.
Ek het niks verder van die Buroman gehoor nie, en het aangeneem dat die geld oppad was.
Die volgende Maandag het Abramson uit Londen getelefoneer. Hy was woedend. “Waar de hel is die geld wat jy gesê het in die bank sal wees”, het hy byna oor die telefoon geskree. “Waarom moet ek myself blootstel om die land te help, net om deur jou mense ge-embarrasseer te word? As die geld nie vandag hier is nie, sal dit refleksies op my integriteit werp en ons mag die projek verloor. Dit gaan julle geld kos, so jy beter iets aan die gang sit!”
Na generaal Van den Bergh se terugkoms die volgende dag, is die geld onmiddellik oorgeplaas, maar toe was dit reeds te laat. Die verloop van sake toon dat die projek as gevolg van mnr. Vorster se nalatigheid skipbreuk gelei het. Nadat die Buro se agerende hoof met mnr. Vorster gepraat het, het laasgenoemde dr. Connie Mulder getelefoneer en aan hom gevra waarom die Departement so ’n groot som geld na London wou oorplaas. Dr. Mulder het verduidelik dat dit die geld vir die aankoop van The Investors Chronicle was soos deur mnr. Vorster self goedgekeur en dat alles in orde was. Mnr. Vorster het
egter nagelaat om die Buro terug te skakel. Bedeesde siel wat hy was, het die Buro se man nie die moed gehad om aan mnr. Vorster te vra wat van sy versoek geword het nie. Hy het ook nagelaat om my te waarsku dat die Eerste Minister nog nie, soos belowe, teruggeskakel het nie.
Die uiteinde was dat die geld te laat in Londen aangekom het en die hele transaksie het deur die mat geval.
Mnr. Vorster se nalatigheid en, in ’n sekere mate, dié van mnr. X van die Buro vir Staatsveiligheid het die Staat R65 445 gekos. My rekenmeester (Braam Fourie) en ek het dit aan die Sekretaris van die Tesourie, Dries Pretorius, gerapporteer. “Skryf dit af", is al wat hy gesê het. Die storie is ook in die geheime verslag van die Kemp-Kommissie aan mnr. P.W. Botha in onderwerp G.66 opgeneem waarin gesê is: “Weens die mislukking van hierdie transaksie moes ’n bedrag van R65 445, vrugtelose uitgawe, deur ons gedra word. Hierdie bedrag is verreken deur Hortors op sy finansiële state."
Wat ek wil weet is die volgende: Waarom het die Erasmus-Kommissie en die Ouditeur-Generaal geweier om op hierdie vrugtelose uitgawe in te gaan? Ek het dit onder die aandag van die Kommissie gebring. Die Tesourie se aandag is daarop gevestig. Dit was aan mnr. P.W. Botha en die Veiligheidsraad gerapporteer. Nogtans word niemand vir die verlies van R65 445 aan openbare fondse verantwoordelik gehou nie. Soos ek aan vriende gevra het:
“Die regering het my bates bevries ten einde vas te stel of hulle ’n eis teen my boedel kon instel in die Andre Pieterse saak. Waarom word geen eis in hierdie saak deur die Staatstrustraad ondersoek nie? Waarom word mnr. Vorster beskerm? Waarom word mnr. X van die Buro beskerm? Waarom het die Erasmus-Kommissie nie op die saak ingegaan nie. Hulle was gretig genoeg om my by te kom. Maar wat van mnr. Vorster? Wat van mnr. X?”
Die verlies van The Investors Chronicle was een van my grootste teleurstellings. Abramson het beplan om ’n voormalige finansiële redakteur van The Sunday Times, Stephen Mulholland, te nader om die nuwe redakteur van The Chronicle te word. Behalwe om te beklemtoon dat buitelandse beleggings in Suid-Afrika ’n goeie ding is, onttrekkings kortsigtig en dat meer, en nie minder, kontak met Suid-Afrika noodsaaklik is (behalwe ook sulke ooglopende onderwerpe soos die bevordering van goud) sou weinig anders in die beleid van die koerant verander moes word.
The Investors Chronicle was ’n groot teleurstelling vir ’n ander rede. In die volgende vyf-jaar program (vir 1979-1984) was die aankoop van
klein, maar invloedryke koerante en nuustydskrifte in die Weste hoog op die lys van prioriteite op Mulder se program en indien ons kon aantoon hoe suksesvol The Investors Chronicle projek verloop het, die Kabinet se subkomitee sonder twyfel hulle ondersteunirig aan ander, soortgelyke projekte sou verleen.
Projek Cherry, was ’n ander soort mislukking. Die projek is deur generaal
Magnus Malan beplan en mnr. P.W. Botha het dit persoonlik voor die Kabinet gelê. Laasgenoemde het besluit dat die projek gesamentlik deur Inligting en Verdediging uitgevoer maar uit Inligting se geheime rekening gefinansier moes word. (En dit is die Kabinetsministers wat onder eed getuig het dat hulle nie eens van ons geheime rekening bewus was nie).
Die algehele doelstelling was om SWAPO in die slegste moontlike lig in Suidwes-Afrika te plaas. Vir hierdie doel het ek ongeveer tien amptenare in my Departement onder algehele kontrole van Johan van Graan georganiseer, plus amptenare van die SMJK om ’n gereelde reeks radio-programme op te neem om aan die mense van Suidwes-Afrika uit te saai. Die gebrek aan koerante en ander publikasies in die Ovambo-gebied het aan die radio-programme ’n geweldige voorsprong in politieke propaganda gegee, maar omdat die radio-uitsendings deur buitelandse intelligensie-eenhede opgespoor kon word bv. deur die Kubane in die suidelike deel van Angola, het die vloot met mnr. P.W.
Botha se persoonlike toestemming, ’n skip voorsien wat heen en weer langs die kus van Suidwes-Afrika gevaar het met die radio-senders aan boord. Intussen was die Departement van Inligting op ’n ander gebied besig. Duisende brosjures, strokiesverhale (in New York vervaardig) kleurskyfies en ander propaganda-materiaal is in die geheim in die noordelike gebiede van Suidwes-Afrika versprei. Ons het selfs verskeie mobiele eenhede op die grens gehad wat rolprente vertoon het.
Die Regering het daarna die Departement van Inligting die leuen laat versprei dat Suid-Afrika nie in die politieke bedeling in Suidwes-Afrika inmeng nie, dat dit net die instrumente soos die Turnhalle verskaf sodat die mense hulle politieke toekoms kon beplan. Dit is ook opmerklik dat die Eerste Minister, mnr. P.W. Botha, dus nie die waarheid gepraat het toe hy aan die pers gesê het dat hy nie persoonlik op enige wyse, by enige geheime projekte betrokke was
nie, en niks geweet het van wat aan die gang was nie. Trouens dit was ’n leuen.
Ander Ministers het leuens vertel toe hulle gesê het dat hulle nooit geweet het van, of enige besonderhede gehad het oor die geheime projekte van Inligting nie. Hoe kon die kabinet oor hierdie saak beslis het as geen besonderhede beskikbaar was nie? Hoe het die Kabinet geweet dat Inligting oor geheime fondse beskik, tensy hulle van die begin af kennis gedeel het? Dit is waar dat die hele projek net sowat R75 000 gekos het, maar dit moet saam met ander pogings gelees word, bv. die aktiwiteite van adv. Retief van Rooyen aan wie mnr. Vorster in die geheim (belastingvry) R400 per dag betaal het om as sogenaamde regsadviseur vir die Ovambo’s op te tree, terwyl daar eintlik van hom verwag was om seker te maak dat die Ovambo’s met die Regering se doelstellings inval. Van Rooyen het my self van hierdie betalings vertel en generaal Van den Bergh het dit aan my regsadviseurs bevestig.
“Indien hierdie saak aan die Erasmus-Kommissie voorgelê was”, het ek aan my advokate in Pretoria gesê, “kon die Kommissie tot net een slotsom gokom het - dat Projek Cherry geheel en al onreëlmatig en immoreel was. Per slot van rekening, hoe kan die Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake aan die Verenigde Volke en die westerse groot moondhede, met wie hulle in gereelde kontak aangaande die SWA-vraagstuk was (om nie eens die Suid-Afrikaanse Parlement te noem nie) vertel dat hulle nie probeer om die uitslag van die Tumhalle te beïnvloed nie terwyl die staat inderdaad aktief in 'n propaganda-veldtog betrokke was om sy eie politieke doelwitte na te streef.
Indien die projekte in Suidwes-Afrika dus onreëlmatig bevind was, moes die hele Kabinet bedank het, of ten minste die Eerste Minister, die Minister van Verdediging, die Minister van Buitelandse Sake en die Minister van Finansies".
Dit sal interessant wees om te sien wat die regering se reaksie ten opsigte van Projek Cherry is. Ek weet reeds wat Regter Erasmus sal sê. Sy houding sal wees dat hy geen kommentaar het nie en dat hy tevrede is met sy Kommissie se werk. Indien ek so ’n gemors gemaak het sou ek ook nie daaraan wil laat torring nie!
Ek was nooit met die uitvoering van die projek gelukkig nie. Te veel mense het van die werk geweet. Sekretaresses is uit die geheime fondse betaal om oortyd te werk. Bandopnames het oral rondgelê en Van Graan het aanhoudend van kantoor tot kantoor gehardloop en almal gevra vir idees vir die programme om SWAPO te diskrediteer. Martin Zimmerman, een van die mees senior amptenare in Inligting en een van die mees ingeligte persone oor Suidwes Afrika,het spoedig verslae van Inligtingsamptenare in die gebied begin ontvang dat die programme van die merk af is en nie sukses behaal nie.
Die Departement van Binnelandse Sake het ongelukkig begin voel. Die SAUK was ongelukkig.
Op die ou end het ek die volgende brief aan generaal Magnus Malan geskryf. In my afwesigheid (in die buiteland) is dit deur die senior adjunk sekretaris onderteken: (sien bladsy 316)
Kabinetsmemorandum nr. 5/1978 is vir generaal Malan en mnr. P.W. Bothadeur die Hoof van Staf-Operasies van die Verdedigingsmag opgestel. BSV staan vir Buro vir Staatsveiligheid.
Hierdie brief en bogenoemde Kabinetsmemorandum bewys bo alle twyfel dat die Kabinet, generaal Malan, mnr. Pik Botha, mnr. Brand Fourie, almal kennis gedra het van hierdie geheime projek, maar nogtans aan die pers, aan die wêreld en, onder eed voor die Erasmus-Kommissie, ontken het dat hulle enige kennis gedra het. As ek hierdie brief in die hande kon kry, waarom kon die Erasmus-Kommissie dit nie regkry nie? Hierdie dokument is deel van die beëdigde verklaring wat ek opgestel het, en waarvoor die staat my prokureurs betaal het, om aan te toon dat die Kabinet kollektiewe verantwoordelikheid vir die Inligtingsprojekte dra
GEHEIM 37/Cherry
28 April 1978
Generaal Magnus Malan
Hoof van die SA Weermag
Verdedigingshoofkwartier
PRETORIA
Geagte Kollega,
LOODSING VAN PROJEK “CHERRY"
’n Werkgroep, onder die leiding van my Departement, is in terme van
Kabinetsmemorandum Nr 5/1978: HS OPS/309/4 Cherry, van 31
Maart 1978, saamgestel en het werksaamhede om bogenoemde projek
te loods, reeds begin.
Die beampte van my Departement wat met die saak belas is, nadat
sekere take en formaliteite reeds afgehandel is, is vanmiddag deur die
SAUK verwittig dat daardie liggaam hom aan die taak gaan onttrek,
omdat die terme van die opdrag heeltemal afwyk van wat aanvanklik
aan hom gestel is en dat die SAUK nie met ’n projek van hierdie aard
geassosieer kan wees nie.
Die verteenwoordiger van die BSV het vertroulik meegedeel dat hy
ook teen die wenslikheid om die projek op hierdie kritieke stadium te
loods is en by die Hoof van daardie Inrigting beswaar gaan aanteken.
Hierbenewens is ook vasgestel dat die Departement van Buitelandse
Sake reeds langs amptelike kanale sy besware teen die projek, vanweë
die risiko daaraan verbonde, by die Minister van Buitelandse Sake
gelug het.
Onder hierdie omstandighede verneem ek graag of daar met die
projek voortgegaan moet word. Ek mag meld dat dit, sonder die hulp
van die SAUK, vir my amptenare nie moontlik sal wees om die taak
deur te voer nie.
Met vriendelike groete,
SEKRETARIS VAN INLIGTING
Toe generaal van den Bergh die ondersoek en die evaluasie van die geheime projekte oorgeneem het, het hy net eenmaal na die program in Suidwcs-Afrika gekyk en in dieselfde week opdrag gegee dat die projek geskrap moet word.
“Indien die Leër wil hê dat ons hierdie soort van ding moet doen”, het hy gesê, “dan kan hulle dit self doen. Hulle kan ook daarvoor betaal. Hulle skuld baie meer geld as ons”.
Mnr. P. W. Botha het dr. Connie Mulder versoek om by mnr. Vorster te pleit dat die projek moes voortgaan. Later het die Eerste Minister mnr. P. W. Hotlin kategories ontken dat hy betrokke was in enige van die geheime projekte wat Inligting gefinansier het. Generaal Magnus Malan het selfs ’n persverklaring uitgereik wat daarop neerkom dat ek leuens vertel en dat hy en die Leër nooit
by enige van Inligting se projekte betrokke was nie.
Die voorafgaande brief sal eens en vir altyd hulle ontkennings die nek inslaan en met die werklike leuenaars bly.
Vervolg...