NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons rus nie omdat ons werk klaar is nie maar omdat God ons beveel het om dit te doen en ons geskep het om dit nodig te hê; daarom moet jy ses dae werk maar op die sewende dag moet jy rus, of dit nou ploegtyd of oestyd is.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (24)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

 

VERMORSING VAN GELD - vervolg

In retrospek het enkele van die geheime projekte inderdaad nie die resultate opgelewer wat ons verwag het nie. In verskeie ander gevalle het ons nie ons doelwit bereik nie. Sommige is nooit eens begin nie.

In verskeie gevalle het ons foute gemaak in die mense wat ons gekies het; of ons beplanning het nie vir die probleme wat later opgeduik het voorsiening gemaak nie. Hierin is ek so skuldig soos enigiemand anders. Maar weer eens, soos ek tevore aangedui het, is dit nie die volle verhaal nie.

 

Daar is ook sekere mislukkings waarop ek spesifiek aandag wil vestig omdat hulle uiters betekenisvol by die beantwoording van die vraag is: Wie het van wat geweet? Hulle is ook belangrik vanweë die beginsel van “kollektiewe verantwoordelikheid” wat die vorige kabinet van die Nasionale Party onderskryf het. In latere hoofstukke sal ek die bevindinge van die Erasmus-Kommissie in hierdie verband behandel, maar sekere ander projekte moet op hul eie ondersoek word omdat hulle “verkwisting van geld” behels het.

Daar is ander projekte wat bloot ’n teleurstellende wending geneem het. Die feit dat die Vorster-regering aan die slaap was toe Sjina se houding teenoor die Weste begin verander het was een. Vir mense wat oormatig streng in hul ideologiese opvattings is mag dit miskien vreemd klink, maar as mens verby die enger belange van die Nasionale Party na die strategiese posisie kyk waarin Suid-Afrika homself met betrekking tot die groot moondhede van die wêreld moes geplaas het, dan was dit sekerlik teleurstellend vir my.

Die bevryding van Sjina uit sy dertig-jaar lange isolasie, ’n isolasie wat deur die Weste ingestel is, veral deur die Verenigde State in die (vergeefse) hoop dat dit verandering in Kommunistiese Sjina teweeg sou bring, was vir die hele vrye wêreld bemoedigend. Hierin lê ’n les vir die Weste opgesluit in soverre dit Suid-Afrika aangaan. Dit was meer en herhaaldelik kontak tussen die Weste en Sjina wat die eerste betekenisvolle verandering in Sjina teweeggebring het en tot die vernietiging van die Maoistiese beginsels gelei het, nie meer en groter isolasie nie. 

Omstandighede in Sjina en Suid-Afrika was en bly natuurlik oneindig verskillend. Die een is ’n totalitêre kommunistiese stelsel, die ander ’n beperkte demokrasie wat probeer om ’n vrye-ekonomie aan te moedig - alhoewel die staat meer sosialisties is as wat dit graag wil erken. Maar net ’n dwaas sal beweer dat verandering in Suid-Afrika onwelkom is en hoewel verandering nie noodwendig verbetering beteken nie, sal min mense ontken dat veranderinge in sportbeleid, in die sosio-ekonomiese peil van die Swartman, Kleurling en Indiërs en die afskaffing van vernederende rasse wetgewing, nie die kwaliteit van ons lewe verbeter of die politieke-temperatuur tussen die rasse verlaag het nie. Juis omdat hulle dit sien gebeur het, het die ANC, Moskou se strooipoppe, hulle aanslae op die burgerlike bevolking verhoog met die doel om ’n Wit-teenreaksie uit te lok.

As die Weste dus nut in meer en volgehoue kontak met Sjina sien sal hy dit uiteindelik ook ten opsigte van Suid-Afrika aanvaar.

Ek het frustrerende ure spandeer in argumente met die top echelon in die administrasie en in die politiek oor die noodsaaklikheid van hegter bande met Israel, maar net die gesamentlike aandrang van dr. Connie Mulder en generaal van den Bergh het mnr. Vorster daartoe gebring om my magtiging te gee om ’n hoë-vlak, geheime ontmoeting in Suid-Afrika te reël en later vir ’n spitsberaad met Eerste Minister Rabin van Israel. Wat in die geval van Israel gehelp het is dat Vorster eers nie geglo het dat ek samesprekings tussen horn en die belangrikste Presidente van die Franssprekende Afrika-State kon reël nie. Maar op die ou end het ek gedoen presies wat ek belowe het.

Wes-Afrika en Israel was een ding - Rooi Sjina was ’n perd van ’n gans ander kleur.

Ek het aangevoer dat as Amerika kontak met Sjina kon bewerkstellig dan kan Suid-Afrika dit ook doen. “Vir dertig jaar was die hele Amerikaanse buitelandse beleid in die Verre-Ooste op die totale isolasie en selfs die uitwissing van Rooi-Sjina gebaseer”, het ek aan dr. Mulder gesê. “Skielik het ons detente tussen die VSA en Sjina. Kissinger en Nixon se meesterwerk van detente met Sjina gaan die geskiedenis van die wêreld verander. Indien die Sjinese eers eenmaal ingegee het en hulle verhoudinge met die Weste begin normaliseer, dan is enigiets moontlik”.

In die Verenigde State en in Frankryk het hoë-vlak diplomatieke en politieke kontakte met wie ek vriende gedurende my lang jare in die buiteland geword het my ’n ernstige wenk gegee dat die Sjinese die standpunt gaan inneem van: “My vyande se vyande, is my vriende”. Omgekeerd moes ons standpunt gewees het dat ons vyand (Rusland) se vyand (Sjina) ons vriend behoort te wees. Die Sowjet-bedreiging in Afrika, veral na die ontplooiing van die Kubaanse soldate in Angola in opdrag van Rusland, het bewys dat die vernaamste gevaar vir Afrika nog altyd in Moskou gesetel was. In vergelyking met die Russe het die Sjinese vir jare ’n baie lae profiel in Afrika gehandhaaf. In Zurich het bankiers van Oman, Jordanië en Saoedi-Arabië aan my gesê dat die meerderheid van die Midde-Oosterse state ook die Russe as die ware bedreiging sien, veral in Oos-Afrika en die Horing van Afrika.

Ek het teenoor generaal van den Bergh voorgestel dat Suid-Afrika munt uit die nuwe standpunt van Sjina moet slaan. Mnr. Vorster het, kenmerkend van hom, gesê dat ons vir die huidige niks moet doen nie. Dr. Mulder was egter meer vasberade dat Suid-Afrika wel iets omtrent die saak moes doen. Mnr. Vorster, hoewel later nie geheel-en-al teen die idee gekant nie, het steeds onseker gevoel - of politieke uitinge in Suid-Afrika ten gunste van kontak met Sjina nie ’n ongunstige uitwerking op die kiesers en op ons verhoudinge met Taiwan mag hê nie. Beide Dr. Mulder en ek het gevoel dat die Weste en ons sogenaamde bondgenote by soveel geleenthede Suid-Afrika onder die agterstel geskop het, dat ons weinig kon verloor deur die land in ’n meer neutrale rigting in die wêreld-politiek te stuur. Ons het ook net die daarstelling van “kontakte” in gedagte gehad, nie die oorskakeling van ons missie van Taiwan na die vasteland van Sjina nie. Ons het ook gevoel dat as Buitelandse Sake kontak met sulke moordenaars soos Jean Bokassa van die Sentraal Afrikaanse Republiek kon aanvaar dat hulle nie oor Sjina ongelukkig kan voel nie.

Mnr. Vorster het uiteindelik aan dr. Mulder sy sin gegee en hy het ’n paar van Confucius se geliefkoosde gesegdes tydens debatte in die Parlement kwytgeraak. Die politieke-opposisie en hulle pers het onmiddellik ’n ophef daarvan gemaak. In die Afrikaanse pers was dit, soos verwag kon word, die anti-Mulder, anti-Noorde koerant, Beeld, wat die grootste lawaai gemaak het.

Natuurlik het dr. Mulder slegs ’n vlieër laat opgaan, maar terselfdertyd het hy alreeds belangrike inligting gehad waaraan hy kon oordeel dat my opsomming nie so ver uit die kol was om dit belaglik te maak nie.

Deur middel van ’n Pretoriase geneesheer wat, via Kanada, kontakte in Sjina gehad het en ook deur dr. Chris Barnard, wat vooraf op verkenning uitgegaan het, kon ek vasstel dat Sjina destyds inderdaad in ’n nuwe verhouding met Suid-Afrika belanggestel het. Ek het Chris Barnard en sy vrou Barbara gevra om op ons koste na Holland te gaan waar hulle ’n maaltyd saam met die Sjinese Ambassadeur aan die huis van ’n bekende Hollandse koerantredakteur geniet het. Die aangeleentheid van ’n besoek van die
Barnards aan Sjina is bespreek. ’n Soortgelyke bespreking het in Ottawa, Kanada, plaasgevind. Beide Ambassadeurs het onderneem, sonder om hulself te verbind, om ’n boodskap na Peking te stuur.

’n Paar maande later het ek ’n boodskap uit Den Haag en Ottawa ontvang om, oor presies agt weke, ’n teken van Peking by wyse van ’n verklaring wat na die Kaapse Seeroete sal verwys, te verwag. Presies agt weke later het dit gekom: ’n Verklaring van Sjina se Minister van Biuitelandse Sake dat die Sowjet-Unie se belangstelling in Suid-Afrika nie die politieke omstandighede van die Swartes was nie maar die land se strategiese minerale en metale en die seeroete om die Kaap. Ek het generaal van den Bergh oorgehaal om mnr. Vorster te sien en sy goedkeuring te kry vir die reëling van die Barnards se besoek aan Sjina, asook die van my vriend in Pretoria. Vorster het geskerm en onder druk, uiteindelik geweier. Die Sjinese wat op ons antwoord gewag het, het niks gehoor nie. Die laaste boodskap wat ek in 1978 ontvang het, was dat hulle voel dat hulle afgejak was en “gesig verloor” het.

Na my aftrede in 1978 het ek in ’n brief aan ’n Britse joernalis my siening van Sjina soos volg uiteengesit: “Ons het gedink dat Rooi-Sjina nie ’n natuurlike bondgenoot van die Russiese Imperialisme uitgemaak het nie. In vergelyking met Rusland, en logisties gesproke, was Sjina ’n ondergeskikte bedreiging.
Volgens die geskiedenis het Sjina dit geografies selde buite haar eie grense gewaag, terwyl die Russiese ekspansionisme deur enigeen gesien kan word.
Ons het ook gedink dat ’n mens nie weer eens ons eie Departement van Buitelandse Sake se een-dimensionele benadering ten opsigte van Taiwan en die Sjinese vasteland moes navolg nie; die gedagte was dat dit moontlik sou wees om vriendskaplike verhoudinge met albei te handhaaf. In geval ’n skiet-oorlog tussen die twee Verre-Oosterse lande sou uitbreek sou ons skaars ’n militêre faktor kan wees. Aan die ander kant sou ekonomiese bande met Rooi-Sjina groter moontlikhede vir Suid-Afrikaanse uitvoere open met ’n indirekte gunstige uitwerking op ons pogings om die ontwikkelende Swart bevolkingsgroepe in die Republiek ekonomies op te hef. Dit kon ook baie daartoe bydra om ons hand in die spel van internasionale politieke alliansies te versterk. Soos gewoonlik het mnr. Vorster met sy gebrek aan historiese visie ’n passiewe rol gespeel en dit aan Connie Mulder oorgelaat om die pas aan te gee.
Dr. Mulder het begin om in sy openbare- en Parlementêre toesprake ’n paar vlieers oor Rooi-Sjina te laat oopgaan. In die lig van die nuwe leierskap se standpunt dat Suid-Afrika ’n meer neutrale posisie tussen die Ooste en Weste moet inneem, is dit ironies om te sien hoe seksies van die Afrikaanse pers vir Connie Mulder probeer afhaal. Ten einde hulle politieke base te rugsteun moet hulle natuurlik probeer om Mulder in alle opsigte af te takel. Ek is daarvan oortuig dat indien mnr. Vorster nie so ’n gemors van die Inligtingsaangeleentheid gemaak het nie, ons die deure na Rooi-Sjina sou kon oopmaak.
Ons het alreeds kontak met hulle gemaak, met positiewe reaksies, en ’n hoëvlak besoek aan Sjina was reeds ter sprake gebring”.

In 1980 is ek reg bewys.

In sy strewe na globale eenheid om verdere Sowjet-agressie soos met die inval in Afghanistan teen te werk het die Sjinese beleid van “my vyande se vyande, is my vriende”, versterk na een van “alle anti-Sowjet volke is broers".

Sjinese kundiges in Hong Kong, wat gereelde politieke verklarings uil Peking monitor, het in 1980 gerapporteer dat Sjina Suid-Afrika in die toekoms aan sy internasionale gedrag sou beoordeel byvoorbeeld, sy houding teenoor Angola, Mosambiek, Namibië en Zimbabwe. Sjina se oorheersende siening van Suid-Afrika was dat die seeroete in die hande van ’n sterk anti-Sowjet staat moes bly en dat Rusland nie uiteindelik beheer oor die minerale rykdom van Suid-Afrika moes verkry nie.

Ek is steeds oortuig dat indien Suid-Afrika die voorsprong en kontakte wat opgebou is opgevolg het, dit die land in staat sou gestel het om handelsbetrekkinge met Sjina aan te knoop sonder om op enige wyse die diplomatieke bande met Nasionalistiese Sjina (Taiwan) in gevaar te stel. Terselfdertyd sou dit ’n verdere waarskuwing aan Moskou gerig het dat opposisie teen Sowjet imperialisme oor die aardbol strek en lande met uiteenlopende politieke sieninge verenig.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2646 gaste aanlyn