NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles...

DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL (5)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

" `n Tydjie gelede het sekere seksies van die Suid-Afrikaanse pers aangedui dat dit 'n vermorsing is om geld op inligtingsdienste te spandeer, dat dit gebruik kan word om die salarisse van swart onderwysers, professore, ens te verbeter. Maar, tensy ons daarin kan slaag om die Weste te oortuig dat die verandering van ons bestaande struktuur, al is dit ook vol swakplekke, sisteem van een-man, een-stem die ondergang van beide swart en wit sal beteken, sal die verhoging van swart onderwysers en professore se salarisse, selfs sodat dit dié van blankes oorskrei, van geen nut wees nie."

In 1973 het Buitelandse Sake, onder druk van mnr. Vorster en dr. Hilgard Muller begin besef dat Suid-Afrika wel 'n saak het en dat dit net 'n kwessie van bemarking van die saak was.

Daarbenewens het die hiper-aktiwiteit van Inligting daartoe gelei dat mense ongemaklike vrae oor hulle lae profiel gestel het. Vir die eerste keer het beroepsdiplomate begin om op spreek te gaan en ontmoetings met die pers en politici te belê, instede van ontmoetings slegs met ander diplomate en regeringsamptenare. Wetende dat as mense nie hoor nie, hulle jou nie kan verstaan nie, het die woord van Pretoria uitgegaan: Diplomasie is ook openbare betrekkinge, moes dus nie die veld vir Inligting alleen laat nie anders sal 'n klomp van julle nie die reg op 'n bestaan hê nie.

Spoedig was daar gerugte in die lug dat die twee departemente gaan amalgameer. Die beswaar dat Inligting die werk van Buitelandse Sake doen is in Rapport, The Sunday Times en later in Beeld, geopper. In werklikheid het Inligting maar net die werk gedoen wat hy altyd gedoen het. Dit was eerder Buitelandse Sake wat besig was om Inligting se veld te betrek. In 'n sekere sin was die beswaar seker geregverdig, nl., die kontakte wat dr. Mulder en ek in Afrika en in die Midde-Ooste opgebou het. Maar dit was bloot net omdat Buitelandse Sake 'n lugleegte deur hul eie onaktiwiteit gelaat het en omdat hulle nie bv. in 'n "Israelse-konneksie" geglo het nie. Brand Fourie het inderdaad my kontak met Israel sterk ontmoedig.

In die laat sestiger- en vroeë sewentigerjare het Inligtingsbeamptes in die buiteland al hoe meer verslae huistoe gestuur oor verskerpte propaganda, kommunikasie- en inligtingsaktiwiteite aan die kant van talle lande in wêreld. Suid-Afrika self het egter steeds die pas markeer. Die poging van die Arabiese state was 'n goeie voorbeeld. In die vroeë sewentigerjare het meer as 100 voltydse professionele skakelbeamptes in die VSA werk gehad, met 'n begroting van meer as R20 miljoen. Dit was voordat die olie-prysstygings hulle so skatryk gemaak het. Hulle teikengroepe het Christelike kerke, broederskap-, arbeids- en politieke organisasies ingesluit, terwyl metodes gewissel het van konvensionele beeldskepping tot bedekte inmenging in politieke veldtogte, veral vir die Senaat, om die neerlaag van Senatore wat Israel ondersteun te verseker. Verslae hieroor is na Pretoria en Suid-Afrikaanse Ambassadeurs gestuur om die verandering in die aard van die propaganda-oorlog te illustreer.

Net na my aanstelling as Sekretaris van Inligting in September 1972 het ek 'n uitstekende geleentheid gekry om my eie evaluasie aan die establishment voor te lê. Ek is gevra om as spreker by Perskor se jaarlikse banket op te tree. Dit was daardie jaar in Pretoria gereël en die Eerste Minister, dr. Hilgard Muller en nog 'n half-dosyn ander kabinetsministers het dit bygewoon.

Ek het begin deur te sê dat ek nog maar baie min Suid-Afrikaners ontmoet het wat regtig weet waarom die wêreld ons so lastig val en selfs by lede van die Parlement was daar maar net 'n oppervlakkige begrip van die redes.

"Die Engelse pers, die Kommuniste, die Liberales, die goeddoeners en die anti-apartheidsbewegings", was bo-aan hulle lys. Lede van die Parlement het dit dikwels aan my gestel dat daar maar eintlik net een rede is: "Die Sowjet-Unie se begeerte om kontrole oor die mineraalryke Suid-Afrika te verkry". Maar alhoewel dit 'n baie belangrike rede is, is daar ander ewe belangrike redes. Dr. Connie Mulder se standpunt (en ook myne) was dat tensy mense die redes vir die druk op Suid-Afrika ken en verstaan, hulle, inteendeel die hele land, nie in staat sal wees om op die regte manier te reageer nie.

Die aand toe ek Perskor toegespreek het, het ek ook 'n ander doel voor oë gehad. Ek wou dat die Tesourie R280 000 aan ons toesê sodat ons 'n wêreldwye ontleding deur middel van 'n geheime meningspeiling kon doen van waar Suid-Afrika in 1972 werklik gestaan het. Ek wou 'n grafiese omlyning maak van die druk op en die sienings wat oor Suid-Afrika gehuldig was. Dit sou ook as hulpmiddel vir die Eerste Minister dien wat moes besluit of Inligting 'n "verheerlikte pos- en toeristekantoor" gaan bly, soos dr. Diederichs dit destyds beskryf het, of die swaardpunt van 'n agressiewe poging om die dreigende isolasie of te weer.

Gedurende my toespraak by die Perskor banket het ek ondermeer die volgende punte gestel:

"Daar is geen land in die wêreld wat nie sy eie inligtingsdiens oorsee het, of 'n private agentskap vir die doel aangestel het nie . . . . maar selfs al sou geen ander land die nodigheid vir 'n buitelandse inligtingsdiens sien nie, dan laat ons buitengewone omstandighede ons geen keuse nie...

"Verskeie redes was vir hierdie stand van sake verantwoordelik.

"Die kritici en vyande van ons huishoudelike politiek het al sedert generaal Smuts se tyd openlik en met alle mag gepoog om ons huishoudelike probleme te internasionaliseer en die stem van die blanke bevolking en sy verkose regering stil te maak. Hulle merkwaardige sukses is gedeeltelik toe te skryf aan die onvermoë van agtereenvolgende Verenigde Party Regerings om die gevaar raak te sien, of om iets drasties te doen om hierdie toestand te voorkom.

"Suid-Afrika is ook 'n land wat werklik 'n behoefte het aan buitelandse kapitaal, geskoolde arbeid, toerisme en 'n vrye uitruiling van wetenskaplike- en industriële kennis. Toerisme byvoorbeeld, sal binnekort sowat R250 miljoen broodnodige valuta vir ons kan verdien. (10 Jaar later was dit meer as R500 miljoen.) Ons universiteite, industriële- en wetenskaplike navorsingsinstitute het almal die jongste data op hulle gebied nodig. Die noodsaak van buitelandse beleggings het geen verduideliking nodig nie. Ons is ook een van die wêreld se grootse handelslande. In terme van tweerigtinghandel is ons veertiende op die lys van 'n honderd-en-sestig state. Dit is onweerspreeklik dat 'n beeld vooruitgang, stabiliteit en gesonde toekomstige vooruitsigte net as moediging vir buitelandse beleggings, handel en immigrasie kan dien, terwyl 'n negatiewe beeld ons net skade kan berokken, soos dit reeds gedoen het. Ons huidige welvaart is maar net 'n fraksie van wat dit kan wees. As Suid-Afrika internasionale vryheid en 'n sterk invloei van kapitaal, kennis en geskoolde arbeid kan geniet, het hy oneindig meer potensiaal .. .

"Maar, in plaas daarvan, bestaan daar in die Weste 'n sterk gevoel dat op die altaar van een-man, een-stem as paaimiddel vir die Derde-wêreld geoffer moet word en om die eskalasie van konflik in Suid-Afrika, wat ook groot moondhede kan betrek, te voorkom. Aan die ander kant bestaan daar in die Kremlin bloudrukke van hoe Suid-Afrika eendag 'n deel van 'n massiewe Suid-Afrikaanse Marxistiese-blok sal uitmaak. Nie net gedagtes nie, bloudrukke wat bv. tydens die Tri-Kontinentale Konferensie in Havanna, Kuba, in 1963 voorberei is.

" `n Tydjie gelede het sekere seksies van die Suid-Afrikaanse pers aangedui dat dit 'n vermorsing is om geld op inligtingsdienste te spandeer, dat dit gebruik kan word om die salarisse van swart onderwysers, professore, ens te verbeter. Maar, tensy ons daarin kan slaag om die Weste te oortuig dat die verandering van ons bestaande struktuur, al is dit ook vol swakplekke, sisteem van een-man, een-stem die ondergang van beide swart en wit sal beteken, sal die verhoging van swart onderwysers en professore se salarisse, selfs sodat dit dié van blankes oorskrei, van geen nut wees nie.

" 'n Land se beeld bepaal nie alleen sy internasionale status nie, maar ook hoe ver oorsese politici bereid is om hulle eie openbare mening te vekry deur te stem dat knellende maatreëls teen 'n sekere land toegepas word. Die algemene beeld van 'n land word hoër as die werklike meriete van die situasie aangeslaan. Suid-Afrika se kritici en vyande het uitsonderlike sukses behaal met hul voorstelling van die land as 'n polisiestaat of 'n streng-rassistiese samelewing - gedeeltelik omdat ons nie self die gevaar erken het nie en omdat ons so min gedoen het om uit die vorm waarin ons gegiet is, weg te beweeg. Daarenteen is die Fillipyne 'n polisiestaat, maar sy beeld is dié van 'n strategiese-eiland in die Stille Oseaan - lewensbelangrik vir die VSA en toekomstige konflik. Ethiopië was altyd 'n wrede, feodale, eenparty maar het nog altyd daarin geslaag om homself aan die wêreld voor te stel as 'n klein landjie wat deur die groot moondhede bedreig word, of die slagoffer van honger en armoede is. Niemand het daarop gewys dat, in stede van marmer­paleise vir die OAE en ander optooisels van staatsbuitensporigheid, die heersers eerder die honderde-miljoene wat jaarliks uit die Ooste en die Weste in hul koffers gevloei het vir die verbetering van hul watervoorsieningstelsel, landbou- en mediese dienste moes aanwend, om nie eers van onderwys vir sy agterlike massas te praat nie.

"Daar is sekere faktore, sekere politieke realitiete, sekere rigtings in die buitelandse kritiek op Suid-Afrika wat ons in oënskou sal moet neem, moet omseil, afstomp, tromp-op ontmoet, probeer vermy of neutraliseer voordat ons die beeld van Suid-Afrika kan verbeter. Hierdie faktore, onderstrominge en gebeure is belangrik. Dit is moeilik vir ons, sekerlik vir 'n regeringsinligtingsdiens om hierdie faktore teen te werk want ons pogings sal altyd as die van "betaalde apologiste" vir die regering afgemaak word. Dit is nou maar eenmaal so. Nogtans is dit faktore wat teengewerk kan word deur te organiseer en ten volle van die "goeie wil" onder individue, maatskappye en organisasies in die buiteland gebruik te maak. Waar hulle nie bestaan nie moet ons kyk na die moontlikheid om ons eie daar te stel. Sulke nie-regeringsstemme, onafhanklikes sowel as oënskynlik onafhanklikes, is heel dikwels meer effektief en word meer na geluister as ons eie. Dit is taktiek wat ons nog nooit gebruik het nie, maar ek kan u verseker dat dit uitgebrei en teen massiewe koste deur alle ander lande in die wêreld toegepas word.

"As ons na die faktore en spanning kyk wat ek net kortliks sal bespreek, dan is dit nie dat individuele aspekte daarvan nie deur betrokke partye verstaan word nie, maar dat die interaksie , die som-totaal van al hierdie dwarsstrominge 'n verwarring in die denke van die mensdom veroorsaak het. In die arena van politiek en rasse-verhoudings het dit 'n koel realistiese benadering tot bykans elke situasie, wat te sê nog een so kompleks soos dié in Suid-Afrika, totaal beduiwel.

"Die vyande en kritici van Suid-Afrika het 'n aantal onderlinge oogmerke: Een is om konflik tussen swart en wit in Suid-Afrika aan te wakker. Dit is die rede waarom die Nederlander, dr Sjollema wat die Sekretaris van die Wêreldraad van Kerke is, so 'ontmoedig' gevoel het deur die nuus oor die algemene salarisverhogings vir alle swart werkers in Suid-Afrika want, het hy aan die Nederlandse koerante gesê, `dit verminder die kanse dat die pot sal oorkook'.

"'n Ander algemene oogmerk is om polarisasie tussen die regering van Suid-­Afrika en ander regerings van die Weste te bewerkstellig.

"'n Derde, en baie belangrike oogmerk is die isolasie van Suid-Afrika, nie alleen in terme van die politiek nie, maar ook op die gebied van handel en kommunikasie. Om ons van meningsvormers en besluitnemers in die buiteland en uiteindelik ook van die breë massas af te sny. Hulle het selfs Suid-Afrika 'n teiken vir ontwrigting gemaak.

"Teen hierdie agtergrond is dit sekerlik onnodig om die saak vir 'n effe inligtingsdiens te skets. Inteendeel, so 'n diens het noodsaaklik en onontbeerlik geword. Die wesentlike aard van die aanslag teen Suid-Afrika is so realiteit dat militêre konfrontasie onafwendbaar sal wees as die propaganda-oorlog verloor moes word.

"Ons is tog in 'n ideologiese oorlog gewikkel en so 'n oorlog kan nie gewen word sonder die hulp van 'n doeltreffende inligtingsapparaat nie".

Nadat ek klaar gepraat het was daar applous, selfs van mnr. Vorster en Hilgard Muller, maar ek was ver van seker of my boodskap werklik deurgedring het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2654 gaste aanlyn