NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet onsself aanvaar soos ons is want dit is hoe God ons geskep het. Aanvaarding beteken dat jy waardevol is net soos jy is. Dit laat jou toe om die ware jy te wees. Jy word nie ingedwing in iemand anders se idee van wie jy werklik is nie. Dit beteken jou idees word ernstig opgeneem omdat dit jouself weerspieël. Jy kan praat oor hoe jy binnekant voel – en iemand gee werklik om. Ware selfaanvaarding word nie in die krag van prositiewe denke, kopspeletjies of sielkunde gevind nie; dit is 'n geloofsdaad wat deur die genade van God plaasvind.

ANC- AANSLAG OP DIE KERK (11)

Prof AWG Raath

Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie

(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)

" Mag dit ons gebed in hierdie dae wees om nie deur cliche’s van 'herstrukturering' en 'openheid' en oproepe van 'menseregte' en 'demokrasie' self-vernietigende kompromieë te sluit nie."

“GRONDWETLIKE RIGLYNE VIR ’n ‘POST-APARTHEID’ SUID-AFRIKA”

In ’n vorige uitgawe van Roepingen Riglyne (jaargang 36, Maart 1988) het ek daarop gewys dat enige interpretasie van die Freedom Charter teen die agtergrond en op die grondslag van die uitgangspunte van die revolusionêre ANC/SAKP-Alliansie beoordeel moet word. Ook is daarop gewys dat daar vandag heelwat standpunte in omloop is wat die inhoud van die Freedom Charter beoordeel, sonder om met die werklike bedoelinge van die ANC en die SAKP met hierdie dokument, rekening te hou. Hierdie naïewe aanvaarding van die idees van die ANC/SAKP-alliansie is egter nie tot die Freedom Charter beperk nie, maar betref ook die nuutste konstitusionele riglyne van die ANC wat onlangs die lig gesien het. Vervolgens word hierdie konstitusionele voorstelle kortliks, in die lig van die uitgangspunte van die revolusionêre alliansie, krities beoordeel. Daar behoort egter by oorweging van hierdie voorstelle, ook met die derde been van die revolusionêre driehoek, naamlik die Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie (KPSU), rekening gehou te word.

Die KPSU en die Beleid van “Glasnost” en “Perestroika”

Die Marxistiese sosialisme huldig die standpunt dat die menslike gemeenskap deur die produksieproses bepaal word. Die ekonomiese lewe van ’n samelewing bepaal al sy ander uitingsvorme. In hul werk: Zur Kritik der Politischen Okonomie verklaar Marx en Engels (vol. 13, p.809) dat die mense in die maatskaplike produksie van hul lewe in bepaalde, noodsaaklike, van hul wil onafhanklike, verhoudinge optree. Hierdie produksieverhoudinge stem ooreen met ’n bepaalde ontwikkelingstadium van hul materiële produksiekragte. Die geheel van hierdie produksieverhoudinge vorm die ekonomiese struktuur van die samelewing, die reële basis waarop ’n juridiese en politieke howebou homself verhef en waaraan bepaalde maatskaplike bewussynsvorme beantwoord. In die algemeen bepaal die produksiewyse van die materiële lewe die sosiale, politieke en geestelike lewensproses. Dit is nie die bewussyn van die mense wat hul syn bepaal nie, maar omgekeerd, hul maatskaplike syn wat hul bewussyn bepaal. Die implikasie hiervan is dat indien regs- en staatshervorminge teweeggebring word, dit slegs met ’n herstrukturering van die produksieverhoudinge, oftewel die ekonomiese struktuur van die samelewing, bewerkstellig kan word. Dit is wesenlik wat in die USSR gebeur het; deur perestroika (herstrukturering) van die ekonomie probeer die USSR sy juridiese en staatkundige probleme te bowe kom en ’n beeld van “gematigheid” en “redelikheid” in die oë van die Weste skep.

Herstrukturering

Hierdie “herstrukturering” word met ’n beleid van groter opportunisme, oftewel glasnost (openheid), gekoppel om die Marxistiese sosialisme meer doeltreffend te bevorder. Hiermee probeer die USSR ook meer daadwerklik om die guns van die Weste te wen. Op regsgebied het hierdie beleid reeds tot enkele belangrike koersaanpassings gelei. Hierdie koersaanpassings is grootliks daarop gerig om die oorgangsproses na die finale kommunistiese fase, volgens die Marxistiese beleid, so vlot as moontlik te laat verloop. Enkele gevolge van hierdie beleidsaanpassings kan genoem word.

(a)       In die Washington Times van 23 Julie 1986, is bekend gemaak dat ’n dokument wat deur ’n hoë amptenaar wat in die Kremlin opgestel is en ’n beroep doen vir die instelling van politieke partye in die USSR, vryheid van spraak en die pers, op 22 Julie in ’n Britse koerant gepubliseer is.

(b)       Sedert 1986 het M. Gorbachev herhaalde pogings aangewend om die inhoud van die beginsel van sosialistiese legaliteit so aanneemlik as moontlik te maak. In sy bekende boek Perestroika (1987, p. 105) verklaar Gorbachev dat die nakoming van die reg ’n saak van beginsel vir die USSR is; demokrasie kan nie bestaan en ontwikkel sonder die regstaatsbeginsel (“rule of law”) nie, omdat die reg daarop gerig is om die samelewing teen misbruik van mag te beskerm en landsburgers hulle regte en vryhede te waarborg.

(c)       Op 6 Oktober 1987, het die KPSU verklaar dat regswetenskap daarop gerig is om die vereistes van herstrukturering in die regswerklikheid gestalte te laat kry:

“The juridical science is to translate the requirements of restructuring, its present and future into the legal language and to express restructuring in a system of state and legal norms. Economic sovereignty of the producer and the interests of the consumer, broader self-management, democracy, openness in public life, activisation of the human factor, the strict respect for the rights and liberties of all members of society, social justice and other basic elements of restructuring should be codified in corresponding legal forms.” (Kommunist, tydskrif van die KPSU).

Dit is opvallend dat hierdie “nuwe” beleid van die KPSU tot groter opportunisme, “openheid” en “herstrukturering” aan die kant van die ANC gelei het. Met die nuwe konstitusionele riglyne probeer die ANC 'n meer aanvaarbare beleid aan liberale kringe in die Weste voorhou. Dit kom onder andere na vore in die klem op ’n menseregte-handves in ’n toekomstige grondwet van die RSA en die verkondiging van ’n “beperkte" nasionalisering van eiendom wat in ’n “verborge inhoud” in die riglyne vervat is, en waarmee deeglik rekening gehou moet word. Hierdie vraag word beantwoord met verwysing na werklike uitsprake van die KPSU, SAKP en die, ANC in hierdie verband.

Die Riglyne vir ’n “Post-Apartheid Suid-Afrika”

In die konstitusionele riglyne van die ANC word besondere klem op die begrippe “demokrasie”, “vryheid” en “gelykheid” geld, begrippe waaraan die revolusionêre driehoek van die KPSU, SAKP, en ANC besondere betekenisse heg.

(a)       Die Begrip Demokrasie

Vir die Marxistiese sosialis is die ware demokrasie afhanklik van die voorafgaande vestiging van “wetenskaplike sosialisme”; die veelparty demokrasieë van die westerse wêreld is bloot “bourgeois demokrasieë”, dit is skyn-demokrasie waaragter die kapitaliste die ware aard van hulle onderdrukkende oorheersing verberg. In hierdie verband verklaar die KPSU byvoorbeeld dat ’n bourgeois-republiek, hoe demokraties ookal, altyd in die praktyk - as gevolg van die bestaan van private kapitalistiese eiendomsreg van die produksiewyses - ’n diktatuur van die bourgeoisie - sal wees (Programme of the Communist Party of The Soviet Union, 1962, p.273).

Die SAKP verklaar dat onder die leiding van die Marxisties-Leninistiese Party en in alliansie met die werkersgroepe, moet die werkersklas die toestand van diktatuur van die kapitalisme vernietig, en vervang met die diktatuur van die werkersklas (Programme of the South African Communist Party, 1981, p.291).

In soortgelyke trant verklaar die ANC dat die Parlement van Suid-Afrika geheel en al omvorm sal word in ’n Volksraad van die massa. Die huidige administrasie sal vernietig, opgebreek en deur ’n demokratiese regering van die massa vervang word (Revolutionary Programme of the ANC, 1985, p.8).

Oor die feit dat die enigste ware demokrasie ’n diktatuur van die proletariaat is, stem al drie instansies saam. Aldus verklaar die KPSU byvoorbeeld dat ’n diktatuur van die proletariaat die ware demokrasie verteenwoodig, ’n demokrasie vir die werkersklas (Programme of the Communist Party of the Soviet Union, supra., p.273).

Soortgelyk verklaar die SAKP “The New Constitution” in Umsebenzi (vol. 1, no. 1,1985, p.4) dat die hoogste doel van die Party die oprigting van ’n kommunistiese samelewing is, waarheen dit deur die beginsels van die Marxisme-Leninisme gelei word. Die vestiging van ’n sosialistiese republiek in Suid-Afrika vereis dat politieke en ekonomiese mag stewig in die hande van die werkersklas geplaas moet word.

In ’n Sechaba van 1985 (deel 3,1985, p.30) verklaar die ANC dat politieke vryheid in Suid-Afrika behels dat die apartheid-regime deur ’n demokratiese republiek van die massa vervang moet word en soos dit deur die Freedom Charter erken word.

Die KPSU verklaar onomwonde dat ’n demokrasie van die massa ’n vorm van politieke organisasie van die samelewing is, en wat in verskeie lande van Europa en Asië, as ’n gevolg van die demokratiese revolusies van die massas in die 1940’s tot stand gekom het. Dit het begin as ’n revolusionêre demokratiese mag, gelei deur die werkersklas, en wat in die verloop van die ontwikkeling van die demokratiese revolusie in ’n sosialistiese revolusie verander het; in ’n vorm van proletariese diktatuur met ’n aantal duidelike kenmerke - ’n veelpartystelsel waarin die Marxisties-Leninistiese Party ’n leidende rol speel en die bestaan van nasionale fronte wat al die progressiewe massa-organisasies saam verenig (Socialism : Theory and Practice, 1983, p.25).

In die publikasie ANC Speaks (p. 24) verklaar die ANC dat as gevolg van die seëvierende revolusie ’n “Democratic People’s Republic” in Suid-Afrika geproklameer sal word. In Sechaba (September 1985, p.30) se die ANC voorts dat slegs hierdie “vergadering”, as gevolg van die revolusionêre oorwinning deur die hele bevolking, in staat is om die doelwitte van die Freedom Charter te bereik, en die nuwe staat van “volksdemokrasie” teen die rassistiese en imperialistiese teen-revolusie te beskerm.

(b)       Vryheid en Getykheid

Vir die KPSU, SAKP en ANC kan “vryheid” slegs onder ’n sosialistiese stelsel verseker word. Op sy beurt vereis dit weer die vestiging van die “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika, onder die leiding van die SAKP. “Vryheid” word altyd in ’n kollektiwistiese sin, en nooit in die individuele betekenis van die woord gebruik nie.

Wat gelykheid betref, aanvaar die Marxisme dat onregverdigheid en ongelykheid die produkte van die “kapitalistiese stelsel” is, en dat die regering deel van hierdie “stelsel” is. Al drie die partye in die revolusionêre alliansie aanvaar dat die bevolking deur die kapitalisme van hulle geboortereg beroof is en dat ons land nooit werklik voorspoedig sal wees voordat ’n Marxistiese bedeling in Suid-Afrika aanvaar word nie.

(c)       Die Nuwe Konstitusionele Riglyne

Volgens die nuwe riglyne is die Freedom Charter die eerste Suid-Afrikaanse dokument van sy soort wat stewig op die demokratiese beginsels gevestig is. Die Freedom Charter moet nou, volgens die ANC, van ’n visie vir die toekoms na ’n konstitusionele werklikheid verander word (p. 1). Die klem word daarop gelê dat die onmiddellike doel is om ’n regverdige en demokratiese gemeenskap te skep wat die gevolge van eeue van koloniale verowering en blanke oorheersing ongedaan sal maak en alle wette wat rasse-onderdrukking en diskriminasie veroorloof, sal vernietig. Volgens die ANC moet die strukture en instellings van apartheid afgetakel word en met “demokratiese” strukture vervang word (p. 2).

Bykomend vereis die ANC dat konstitusionele voorsiening vir korrektiewe optrede gemaak word, waardeur ’n spoedige en onomkeerbare herverdeling van rykdom kan plaasvind en fasiliteite vir al die inwoners oopgestel kan word (p. 2).

Ook word klem daarop gelê dat die grondwet die fundamentele menseregte van die inwoners moet beskerm; dat gelyke regte vir alle individue ongeag ras, kleur, geslag of geloof moet bestaan, terwyl die gelyke kulturele, taal- en godsdienstige regte van almal beskerm moet word (p. 2).

As uitvloeisel hiervan word verklaar dat Suid-Afrika ’n onafhanklike, demokratiese, nie-rassige eenheidstaat sal wees (par.l); alle owerheidsorgane, insluitende justisie, veiligheid en die gewapende magte sal verteenwoordigend van die volk as geheel wees (par. 4); die bevolking sal die reg hê om te stem op die beginsel van “een mens een stem” (par. 5); die konstitusie sal ’n handves van menseregte, op die grondslag van die Freedom Charter bevat (par. 8); die staat sal die konstitusionele plig hê om aktiewe stappe te neem om ekonomiese en sosiale ongelykhede as gevolg van rasse-diskriminasie uit te wis (par. 10); die staat sal verseker dat die totale ekonomie die belange en welsyn van alle dele van die bevolking dien (par. 14); die staat sal die reg hê om die algemene konteks te bepaal waarin ekonomiese ontwikkeling plaasvind, en die grense van die regte en verpligtinge met betrekking tot die eienaarskap en gebruik van die private produktiese kapasiteit te bepaal (art. 15); die ekonomie sal ’n gemengde een wees met ’n publieke sektor, ’n private sektor en “koöperatiewe” sektor en ’n klein skaal familiesektor.

Enkele Kritiese Opmerkings

(a)       Die konstitusionele riglyne kan nie los van die Marxisties- sosialistiese grondgedagtes van die KPSU, SAKP en ANC beoordeel word nie. Al drie die komponente van hierdie revolusionêre driehoek is op ’n Marxisties-Leninistiese lees geskoei.

(b)       Die beleid van “glasnost” en “perestroika” is nie ’n wegbeweging van die Marxisme-Leninisme nie, maar is eerder ’n bevestiging daarvan. Aldus verklaar Mickhael Gorbachev dat hierdie beleid ’n terugkeer na die ware grondslae van die Marxisme-Leninisme is.

“In politics and ideology we are seeking to revive the living spirit of Leninism. Many decades of being mesmerized by dogma, by a rule-book approach have had their effect. Today we want to inject a genuinely creative spirit into our theoretical work. This is difficult but it most be done” {Perestroika, 1987, p.66).

(c)       Die KPSU verkondig hierdie “nuwe beleid” op grond van die gedagte om groter opportunistiese strydmetodes in die verspreiding van die Marxistiese sosialisme aan te wend. Hierdie metodes word gebruik om die tradisionele ideologiese opponente van die USSR om die bos te lei, sodat die tradisionele Marxisties-Leninistiese strydmetodes verborge bly. Van hierdie opportunisme verklaar Gorbachev byvoorbeeld (Perestroika, supra., p.26) dal Lenin diep bekommerd oor die toekoms van die sosialisme was. Lenin het ingesien dat die sosialisme ernstige probleme ondervind, vandaar die aanwending van metodes wat nie eie aan die sosialisme self blyk te wees nie.

(d)       Die konsep van menseregte wat in die konstitusionele riglyne vermeld word, is nie iets nuuts nie; reeds in die Freedom Charter word ’n verskeidenheid van sosialistiese regte op Marxistiese grondslag aangetref. Hierdie regte het volgens die Marxisme slegs ’n tydelike rol om te speel. Hierdie rol is tot die fase van “sosialistiese legaliteit” beperk en sal mettertyd vanself in die niet verdwyn wanneer die diktatuur van die proletariaat tot stand kom.

(e)       In elke geval moet die menseregte waarna verwys word in Marxisties-sosialistiese sin verstaan word. Aldus kan die regte waarna verwys word slegs op die grondslag van die Marxistiese sosialisme verwesenlik word, aangesien ware gelykheid nie in ’n kapitalistiese stelsel moontlik is nie. Soortgelyke regte en waarborge is ook te vinde in deel II, hoofstuk VI, van die Sowjet-Konstitusie van 1977.

Vir die Marxis kan gelyke regte en geleenthede slegs in ’n Marxistiese stelsel verwesenlik word en nooit in ’n kapitalistiese bedeling nie. Die verwysings na die Freedom Charter voer in effek ook die grondgedagtes van die Marxisme by hierdie konstitusionele riglyne in.

(f) Alhoewel dit met die eerste oogopslag wil lyk asof daar 'n kompromie met die kapitalisme ten aansien van die ekonomiese regte gesluit word (par. 16), is dit nie effektief die geval nie omdat paragraaf 15 die bevoegdheid om die aard van die ekonomie en eiendomsreg te bepaal volkome in die hand van die staatsowerheid, oftewel proletariese diktatuur, plaas.

(g) Die Marxistiese sosialisme gebruik tot ’n groot mate die uiterlike skyn van die liberalisme (as ’n liberale bourgeoisie) om deur middel van slagspreuke van “menseregte”, “vryheid”, “gelykheid” en “demokrasie” alle moontlike verset teen die huidige regering in die RSA te monster. Hierdie vaagklinkende begrippe het egter ’n duidelike en onbetwiste Marxisties-sosialistiese betekenis.

Die gevaar is nou dat Suid-Afrikaners deur die uiterlike skyn van liberalisme en vredesmotiewe in die val van die Marxisme-Leninisme kan beland. Ook die onlangse konstitusionele riglyne van die ANC verraai ’n verborge en versluierde Marxistiese agenda wat vanuit ’n Christelik-Calvinistiese oogpunt in alle opsigte te verwerp is. Mag dit ons gebed in hierdie dae wees om nie deur cliche’s van “herstrukturering” en “openheid” en oproepe van “menseregte” en “demokrasie” self-vernietigende kompromieë te sluit nie.

Vervolg...

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3402 gaste aanlyn