Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, dankie dat ek weet U wil juis hierdie siekte gebruik sodat mense wat na my kyk, sal kan sien dat ek anders is en optree omdat ek aan U behoort; sodat ek in hierdie donker tyd 'n blinker, kragtiger getuie van u liefde kan wees.
REËNBOOGLAND (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
GRYS
William Oliver, alias Willem Olivier en die Suid-Afrikaanses
Ek dink die groep mense in Suid-Afrika wat ék verteenwoordig, se oorsprong lê maar daar in die ou Kaap-kolonie. Ons het die koms van die Engelse in 1795 en weer in 1806 verwelkom en het daarna uitgesien om saam met hulle hier aan die suidpunt van Afrika vir ons almal ‘n lekker nuwe toekoms te bou. Die Engelse het ons eintlik nooit regtig aanvaar nie, maar ten spyte daarvan het ons mettertyd daarin geslaag om stadigaan te verengels, want ons het geen toekoms gesien vir die opstandige grensboere wat in 1836 die wildernis ingetrek het nie.
Ek, William Oliver, was eintlik Willem Olivier, maar my Engelse naam maak my meer aanvaarbaar vir die samelewing waarin ek en my ander vriende beweeg. Sommige van hulle het ook probeer om hulle name so ‘n bietjie te verander, of net anders uit te spreek. Die Engelse het dit nogal aanvaar. Nou sal jy in ons geselskap nie sommer agterkom dat Fred Poejaiter eenmaal Frik Potgieter was nie en dat Jan Human nou in John Hoeimin se dop skuil nie. Moenie vir Piet Koekemoer lag nie. Dit het my lank geneem om aan sy verbeterde naam, Peter Kou-ekke-moor gewoond te raak.
So het daar heelwat uit ons geledere mettertyd volslae verengels, maar baie van ons wou darem graag ons Afrikaanse agtergrond behou. Ons wil net broadminded wees en kan ons nie vereenselwig met die lewe en strewe van ons gewese Afrikaner-volksgenote nie. Daarom wil ons ook nie meer Afrikaners genoem word nie, maar Afrikaanses.
Ons verwelkom almal wat Afrikaans praat in ons Afrikaanses se geledere. Die taal is vir ons net ‘n gebruiksmiddel en ‘n verskuilde resep om in Suid-Afrika ‘n veelrassige samelewing te bevorder in naam van die Afrikaanse taal. Kleurlinge en alle ander persone wat Afrikaans praat, veg saam met ons teen die Afrikaners met hulle verkrampte nasionalisme.
Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, was ons verbaas om te ontdek hoeveel van die twee Republieke se burgers die selfde lewensfilosofie as ons huldig. ‘n Aantal van ons het ons kommandodiens ontduik en geweier om te veg. Nadat die Engelse die hoofstede ingeneem het, het meer as 20% van ons burgers ons wapens neergelê. Ons het gevangenskap gevrees. Ons wou nie verder veg nie, want ons het ingesien dat dit nodeloos was om die magtige vyand verder teen te staan. Dié van ons wat later nie weer die wapen opgeneem het nie, is “hensoppers” genoem. ‘n Aantal van ons het in Swasiland, Gasaland en Mosambiek gaan skuiling soek.
Dit het nie vir ons sin gemaak om maar net te hensop (hands up!) en verder niks te doen nie. Daarom het ons begin om “vredeskomitees” te stig, om in die Engelse se guns te probeer kom. Ons wou die oorlog beëindig, want ons het geen sin daarin gesien om die wapen teen die magtige Brittanje op die neem nie. Ons het gedink ons Afrikanervriende, die Boere van die Vrystaat en Transvaal, is dwaas om weerstand te bied en moet so gou as moontlik onvoorwaardelik oorgee om hulle self te red. Ons het briewe opgestel en na die kommando’s gestuur en hulle persoonlik gaan besoek en probeer om die offisiere en die burgers om te haal om die wapens neer te lê, sodat die oorlog beëindig kon word. Ons het vir hulle gesê dis ‘n vergeefse stryd, die Engelse oormag is te groot, hulle kan nooit die oorlog wen nie en dis hulle skuld dat die vroue en kinders so swaar in die kampe ly. Dit kan alles end kry as hulle aan die Engelse oorgee.
Baie van ons het begin om in die oorlog vir die Engelse militêre diens te verrig. Aanvanklik het ons net aan hulle inligting verskaf oor die Boere se bewegings, of vir hulle as gidse diens gedoen, maar later is baie van ons bewapen om saam met die Engelse te veg. Die Engelse het ons diens baie hoog aangeprys: “Their knowledge of the by-paths and surroundings was invaluable. They are all good shots and contributed their share to the casualty amongst the enemy. Their real knowledge of the people and country is invaluable and they used it freely in our service.”
Ons het korpse gestig en later op ons eie in gevegte teen die kommando’s opgetree. Die grootste korps, die National Scouts, het Britse uniforms en soldy ontvang en het in Transvaal opgetree. So het ons “hensoppers” toe almal “joiners” geword. Een van ons bekende lede was Piet de Wet, wat ‘n broer van generaal De Wet was. ‘n Ander een was generaal Andries PJ Cronjé, ‘n broer van generaal PA Cronjé wat by Paardenberg oorgegee het.
Die Boere het natuurlik ons hulp aan die Engelse tot in die afgrond verfoei. Johanna Brandt het ons ‘n klomp “judas-Boeren” genoem. “Zij hebben onze kracht gebroken, omdat zij onze ideaal geschonden, onze geesdrift geblust, onze inspiratie weggeroofd hebben – onze geloof’, onze hoop.”
RW Schikkerling het ons ‘n klomp “hanskakies” genoem en gesê: “Hierdie gemene verraaiers was eertyds ons wapenbroers. Hulle het saam met ons uit die selfde bak gesmul, met ons saam gesing, gebid en saam met ons gedeel in die glorie en terugslae, en nou het hulle in ruil vir goud teen ons gedraai. Vanweë hulle valsheid is hulle só gehaat onder ons dat die swartste wraak teen hulle gesmee is. Hulle sal geen genade by ons vind nie. Die tyd sal net so min die swart besoedeling van hulle siele afwas as wat dit die blou van die hemel sal uitwis.” Hy was oortuig daarvan dat “as dit nie vir daardie eerlose gespuis was nie, sou die vyand nooit ons vestings verdring het nie.”
As dit dan werklik so is, kan ons klomp hensoppers, joiners, hanskakies, judas-Boere en verraaiers met reg daarop aanspraak maak dat ons pogings om die oorlog te beëindig, geslaag het.
Na die oorlog het ons ontdek dat die Engelse ons hulp en diens aan hulle gedurende die oorlog glad nie meer onthou het nie, maar ons net so verag het soos die bittereinder-Boere. Waarom het hulle nie ook vir Piet Joubert, Louis Botha en Jan Smuts verag nie? Hulle drie het net soos ons ander, gedurende die oorlog telkens probeer om aan die Engelse oor te gee, maar president Kruger, president Steyn, generaal De Wet en generaal De la Rey het dit verhoed. Later het Smuts by Vereeniging die voorwaardes van oorgawe aan die Engelse opgestel en hy en Botha het vir De Wet en De la Rey oorreed om dit te aanvaar, met die belofte dat indien Engeland weer in ‘n oorlog betrokke raak, hulle die twee gewese Republieke se onafhanklikheid onmiddellik weer sou terugvat. De Wet en De la Rey het toe in 1914 probeer om dit te doen, maar Smuts en Botha het ‘n stokkie daarvoor gesteek en aan Engeland se kant aan die oorlog deelgeneem. Ons het gejuig toe dit plaasvind.
Daarna het ons broadminded Afrikaanses gemeen dat alles in Suid-Afrika darem uiteindelik tot ‘n aanvaarbare rustende toestand ontwikkel het. Die vier state het na 1910 as ‘n eenheid in die Unie van Suid-Afrika, onder leiding van Engeland daarna gestreef om al sy inwoners se belange te behartig. Ons het vir Smuts en Botha en die Sappe gestem en met ons dinge voortgegaan.
Die hardnekkige bittereinder-Boere van die Tweede Vryheidsoorlog se tyd, wat hulle daarna Afrikaners begin noem het, het egter nie tot rus gekom nie. Onder leiding van generaal Hertzog en later dié van dr Malan, het hulle wat hulle genoem het die republikeinse ideaal, wakker gehou en aangeblaas totdat hulle in 1961 in dr Verwoerd se regeringstyd hulle republiek weer opgerig het.
Ons Afrikaanses, wat saam met al die Engelse in die land vurig teen die Republiek gestem het, moes toe ander ondermyningsmiddele bedink en toepas teen hierdie Afrikaner-bolwerk, wat kragdadiglik besig was om ‘n groot magsfaktor op die suidpunt van Afrika te word en die verwesenliking van ons internasionale oogmerke met Afrika belemmer het.
Manne uit ons geledere het met buitelandse instansies geskakel en gesamentlik het ons verskeie fronte van ondermyning en weerstand teen Verwoerd se Afrikaner- regering opgebou. Ons het letterlik oorlog gemaak teen hulle apartheidsbeleid en op subtiele wyse die miljoene Swartes in die land tot opstand aangehits. Toe die regering nie voor al ons aanslae swig nie, het ons Verwoerd laat vermoor en gesorg dat sy opvolgers presies na ons pype dans.
Gaandeweg het ons onsself met die indrukwekkende naam van die Liberalisme geïdentifiseer en daarop aanspraak gemaak dat ons die “verligtes” is en die etiket van “verkramptes” om die nekke van die sogenaamde nasionale Afrikaners gehang. Ons het hulle daarvan beskuldig dat hulle nie wil afsien van hulle “uitgediende” apartheidsbeleid nie, dat die hele wêreld teen Suid-Afrika gedraai het en besig is om ons met boikotte te vernietig.
Dr Verwoerd se opvolger, John Vorster, het pragtig in ons kraal gespeel en die apartheidswette een na die ander afgeskaf. Sy opvolger, PW Botha, was ‘n bietjie huiwerig om mee te doen, maar manne op ons hand, soos Pik Botha en FW de Klerk, het ‘n groot rol gespeel om hom na links te krink. Ons het die aspirasies, ver-wagtinge en eise van die ontwakende Swartmag gebruik om ons doel te bereik.
Ons sou nooit ons sin met die gang van sake in Suid-Afrika gekry het as ons nie van sterk buitelandse magte gebruik gemaak het nie. Die groot wêreldgeldmag, of Illuminati, was aan ons kant met hulle geheime oogmerke vir die land. Ons sou nooit weer saam met al die Engelse van die land die verwesenliking van ons strewe by die stembus kon bereik nie. Maar ons kragtige geldwapen het nie net Verwoerd se opvolgers van koers laat verander nie, maar hulle magtige Nasionale Party tot in die grond afgebreek.
Ons propaganda en breinspoeling se uitwerking was só effektief dat ‘n groot aantal van die Afrikaners saam met ons en die Engelse vir De Klerk se New South Africa gestem het, sodat hy die land in 1994 sonder slag of stoot aan ‘n half-barbaarse terroristiese bende kon oorhandig. Hulle verkeer onder die indruk dat hulle met hul histeriese geskreeu teen apartheid en hul onoffisiële oorlog teen die Blankes, besig is om die land te regeer, min wetende dat hulle maar net as pionne op ons skaakbord besig is om al ons “hervormingsplanne” vir Suid-Afrika uit te voer.
Die Afrikaners wat nie by ons liberale, verligte, broadminded siening aangesluit het nie, is nog steeds in die land. Alhoewel hulle nie meer oor die regeringsmag beskik nie, vorm hulle nog steeds ‘n belemmering - en selfs ‘n bedreiging - vir die uitvoering en verwesenliking van ons internasionale ekonomiese belange en politieke oogmerke vir die land. Indien hierdie Afrikaners met hul nasionale aspirasies uiteindelik heeltemal uitgeskakel kon word, sou dit ons saak nog verder bevoordeel. Daarom propageer ons subtiel die ontwikkeling en totstandkoming van ‘n “reënboogland,” met die hoop dat hierdie hardnekkige Afrikaners saam met hulle aspirasies daarin mag verdwyn.
Geel... vervolg