Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bekeer, Israel (SA?), spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie – Jeremia 4:1
REËNBOOGLAND (3)
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (1)
1. Josef Kubeka en die Kôsas
My antwoord op die vraag of daar ‘n dag sal aanbreek wanneer al die inwoners van hierdie New South Africa harmonies sal saamleef en deur gewillige integrasie één ideale reënboognasie sal word, spreek baie duidelik as ‘n groot nee uit die geskiedenis van ons verskillende volke in Suid-Afrika. Dink maar net aan wat alles gebeur het nadat die Kôsas die eerste keer met die Blankes in aanraking gekom het:
Daar in 1778 rond het ons Kôsas se voorposte uit die noorde by die Visrivier aangekom. Ons was nog in ons natuurlike staat van ontwikkeling en het ons uitermate verstom oor die snaakse Blankes wat yl verspreid anderkant die Visrivier gewoon het. Dit was die eerste keer wat ons mense met wit velle gesien het, wat klere gedra het, wat op perde ry waar hulle wil wees en wat osse gebruik om waens te trek.
Later het ons gehoor dat hulle Vryburgers genoem word en eintlik afstammelinge van ‘n Hollandse nasie was.Ons Kôsas het toe nog nie geplant en gesaai nie. Ons het ook nie aanmekaar wild gejag soos die Boesmans nie, maar ons het baie vee aangehou. Ons het gesien dat elkeen van hierdie Vryburgers groot beestroppe aanhou. Vir ‘n Kôsa was dit natuurlik net een te veel, want ons het dit met begerige oë gadegeslaan. Ons is anders as ander nasies. Ons glo dat as jy iets nodig het en jy weet waar om dit te kry en jy sien kans om dit te gaan vat, dan doen jy dit. Die sterkste ou moet altyd baas wees. Jy neem wat jy wil hê, al moet jy die ander ou doodmaak om dit te kry. Daar is niks mee verkeerd nie.
Die Vryburgers se beestroppe het ons uitgenooi om hulle vir ons te gaan vat. Hulle eienaars het maar yl versprei op hulle groot plase gewoon. Dit was maklik om hulle vee in die veld aan te keer en deur die Visrivier te dryf. Ons het hulle veewagters wat nie vinnig genoeg gevlug het nie, doodgemaak. Dit was baie lekker.
Dit was nie hoe lank nie toe kry ons besoek van die Vryburgers se goewerneur Van Plettenberg. Hy kom met sy gevolg aan die oostekant van die Visrivier aangery om met ons te kom praat. Hy het baie mooi gevra dat ons asseblief tog nie weer op die boere se plase moet kom en hulle vee roof nie. Ons het maar belowe om dit nooit weer te doen nie. Maar ons het gedink dat hierdie Wittes sommer baie slegte mense is wat vir ons bang is. Daarna het ons sommer lekker gemaai onder hulle beestroppe.
Maar ons het ons misgis toe toe ons gedink het ons gaan nou ‘n baie lekker lewe tegemoet. Hierdie oos-grensboere het ‘n kommandant gehad, Adriaan van Jaarsveld. Hy het ‘n kommando bymekaar gemaak om ons ‘n les te kom leer. Toe hulle by die Visrivier saamtrek, gaan ons met ‘n klein Kôsa-impi soontoe en laat weet vooruit dat ons koms vreedsaam is. Ons kom net ‘n bietjie pruimtabak vra. Ons wou hulle verras en hulle laat voel hoe ons met ons kort steekassegaaie kan werk.
Van Jaarsveld het ‘n paar rolle tabak gekerf en dit buite rondgestrooi sodat ons dit maar kan optel. Ons het daarheen gestorm, want tabak is ‘n lekkerny wat ons graag gebruik het. Ons was só besig om dit op te tel dat ons nie opgemerk het dat Van Jaarsveld sy manne laat posisie inneem met hulle gewere op ons gerig nie. Meteens gee hy hulle bevel om te vuur. Dit was vreeslik! ‘n Klomp van ons slaan neer en bly lê en ons ander vlieg om en hardloop sonder ons assegaaie, met bloedstollende gille deur die bosse langs die rivier af. Hulle stuur nog ‘n klomp lopers agter ons aan totdat ons te ver was om getref te word, maar toe hardloop ons nog steeds!
Dit was die eerste keer wat ons Kôsas met hierdie boere se gevaarlike gewere kennis gemaak het. Ons het toe nie meer gedink dat hulle vir ons bang was nie, veral nie daardie vreeslike kommandant Adriaan van Jaarsveld nie. Hy het glo gesê hy maak nie soos die goewerneur Van Plettenberg nie. Hy skiet eers en dan praat hy as daar te prate is.
Ons het so geskrik dat ons ‘n lang ruk die boere se beeste uitgelos het. Ons kon ook nie anders nie, want ons moes voortdurend vlug vir daardie Van Jaarsveld en sy boerekommando. Hy het ‘n paar van ons Kôsa-stamme vanaf 1779 tot 1781 tussen die Vis- en Boesmanrivier uit verdryf en die Suurveld skoongevee van ons mense wat toe al daar gebly het. Hy het baie van die vee wat ons gevat het, weer na die boere op die plase teruggebring.
Ons het gedink dis nou klaarpraat met ons lekker manier om so maklik die boere se beeste op die plase te gaan haal. Ons het tot 1785 van hulle af weggebly, maar toe kom daar op ‘n goeie dag ‘n kêrel met sy gevolg by ons aangery. Hy sê hy is Woeke, die landdros van Graaff-Reinet en die goewerneur, Van de Graaff, het hom gestuur om te kom sê hulle het vir Adriaan van Jaarsveld belet om so met ons oorlog te maak. Woeke het toe allerhande presentjies onder ons uitgedeel en ons het belowe om nie oor die grens te gaan en die boere se vee te gaan vat nie.
Daar het nog altyd meer van ons Kôsa-stamme uit die noord-ooste nader aan die Visrivier beweeg. Ons moes almal eet en net anderkant die rivier het goedversorgde beestroppe gewei. In Maart 1789 kon ons die versoeking nie meer weerstaan nie en het ‘n paar duisend van ons die Suurveld binnegestroom. ‘n Aantal boere moes toe maar vlug en ons het duisende van hulle beeste weggevoer.
Daardie kwaai man, Van Jaarsveld, het dadelik begin om weer ‘n kommando teen ons bymekaar te maak, maar Woeke het vir hom laat weet hy mag nie deur die rivier al agter ons aangaan nie, hy moet die kommando ontbind.
Toe kom Woeke self, vergesel van ‘n kêrel met die naam van Honoratius Maynier, wat glo sy sekretaris was, by die grens aangery en deel weer allerhande presentjies, soos krale en stukkies koperdraad, onder ons uit om ons te paai.
Ons het so ‘n rukkie uit die Suurveld weggebly, maar het toe kort daarna in 1793 vir goewerneur Jacob van de Graaff en landdros Mauritz Woeke en sy sekretaris Honoratius Maynier, gewys wat ons van hulle verspotte ou presentjies dink. ‘n Groot aantal van ons het wes van hulle vasgestelde grenslyn tussen die boere ingedring. Ons het die hele landstreek tussen die Swartkops- en die Visrivier beset. Ons het baie vee gebuit en sommer baie plaashuise afgebrand. Ons het ‘n klompie van die boere en hul bediendes doodgemaak en 120 plase verwoes.
Maynier het die boere belet om teen ons op te tree. Hy het weer tussen ons kom rondry om kastig vrede te maak. Ons het hom verag. Ons het nie weer oor die Visrivier teruggetrek nie en aangehou om hulle beeste te gaan haal as ons honger word.
Later het ons met die Engelse kennisgemaak. Met hulle het ons Kôsas nooit geweet wat staan jou voor die deur nie. Die een Engelse goewerneur deel vir ons presentjies uit en die volgende een stuur sy troepe uit om ons te skiet. Hulle het verskeie oorloë teen ons gevoer, maar ons het nie opgehou om maar af en toe oor die grens te bars en hulle ‘n goeie hou te slaan nie, soos wat ons in 1834 die laaste keer gedoen het. Ons het op 21 Desember met 15 000 man die Kolonie binnegeval en die klomp boere anderkant die grens heeltemal onklaar betrap. Ons het 22 manne vermoor, 456 huise afgebrand en 5 700 perde, 115 000 beeste en 161 000 skape van hulle gevat. Die boere het hulle plase haastig verlaat en in Grahamstad gaan beskerming soek. Ons het die wêreld só gestroop dat dit na ‘n wildernis gelyk het.
Die boere het daarna besluit om hulle plase vir goed te verlaat en heeltemal weg te trek, omdat die Engelse hulle nooit teen ons strooptogte en aanvalle beskerm het nie. Op hulle pad noordwaarts het hierdie Voortrekkers met die Zoeloes in aanraking gekom en met hulle gebots, net soos hulle nie met die Engelse en die Engelse nie met ons Kôsas en ons Kôsas weer nie met die Zoeloes kan klaarkom nie.
Swart vervolg: 2. Boela Komane en die Zoeloes...