NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het ons in hierdie moeilike lewe geplaas, en daarom gee Hy ons 'n godsdiens wat sterk genoeg is hiervoor. Dit behels dat ons by hom 'n skuilplek kry teen die ergste koue en die diepste donker, maar veral by Hom skuil in die tye van sonskyn en vreugde.

KERK VERVOLG DIE KERK

Ds A.E. van den Berg

“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? (1 Pet.4:17)

Aan die einde van die NT is daar ʼn paar Sendbriewe wat aan gelowiges gerig is wat weens geloofsvervolging moes vlug. Hierdie tydperk is die verstrooiing genoem. Om hierdie gelowiges te bemoedig, het van die dissipels skrywes ter bemoediging aan hulle gestuur om gesirkuleer te word en is met die ontstaan van die Bybel daarin opgeneem.

Een van die hooftemas van die skrywes is geloofsvervolging wat niks vreemd vir gelowiges moet wees nie. Jesus sê vir sy dissipels: Paulus skryf aan Timoteus wat ook vervolging in die gesig gestaar het: “En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word” (2 Tim.3:12).

Die punt is: Gelowiges moet vervolging verwag. Dis eie aan geloofslewe. Sulke vervolging word nie net van buite die kerk geloods nie, maar ook van binne. Die Roomse Kerk het bv. miljoene mense wat nie met haar afgodiese leer saamgestem het nie, laat vermoor.

Die Bybel waarsku dat geloofsvervolging kort voor die wederkoms van Jesus aansienlik gaan toeneem. Paulus noem dit in 2 Tim.3:9 swaar tye wat veral aan die optrede van valse kerklui gekenmerk sal word. Die vroeë kerk het alreeds met misleiding in haar boesem kennis gemaak: “...mense wat ʼn gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim.3:5). Die valse kerk gaan egter net voor die wederkoms in al sy felheid op gelowiges afkom.

Hierdie kerk gaan nie uit die bloute ontstaan nie. Dis al eeue lank aan die werk en met ontsporing te doen. Talle kerke wat die Bybel eens suiwer verkondig het, hetdie spoor byster geraak en afgedwaal. Nadat Suid-Afrika in 1996 haar Christengrondwet geskrap en ʼn wêreldse een aangeneem het, het kerke begin dwaal. Talle ontnugterde lidmate het besef dat hul kerk nie meer die kerk van vroeër was nie en hul kerkbesoek gestaak, Sondae tuis gebly of na ander kerkverbande oorgaan. Al wat in die dwaalkerke oorgebly het, is blind-lojale lidmate; mense wat hul eertydse liefde vir die waarheid versaak en in die dryfsand van hul gebrekkige Bybelkennis versink het.

Petrus skryf in sy Sendbrief dat die laaste kerk met dwaalleer besmet sal wees. Jesus waarsku: “Want daar sal valse christusse en valse profete wees, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik is, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25). Dis die kerk van die Antichris waarvan die Bybel in geen onduidelike taal nie, melding maak.

Paulus skryf oor die Antichris: “...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding” en sê van sy volgelinge: “...omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie” (2 Thess.2:9.10).

Die pad na die ewige verderf is met die skedels van duisende dwaalleraars geplavei; kerklui wat die Skrif verdraai om by leuens en gruwels aan te pas. Gelowiges moet duidelik onderskei. Jesus sê: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte” (Mt.7:16,17).

Paulus sê dat sulke Satansagente nie almal sal mislei nie: “Hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees...” (2 Tim.3:9). God bewaar ʼn gelowige oorblyfsel wat tot die doodtoe getrou aan die waarheid sal bly.

Die valse kerk sal aan die einde aan ʼn toename in skynheilige mense gekenmerk word; mense wat vir die skyn kerktoe gaan, geestelike liedere sing en aan godsdienstige verrigtinge deelneem. Dit gaan lyk asof hulle na aan God leef, maar in werklikheid ver van Hom af en verlore is.

In 2 Tim.3 noem Paulus enkele eienskappe waaraan dié mense herken sal word. Hulle sal liefhebbers van hulself wees. Alles sal om die as van die eie ek draai. Hulle gedagtes, gesprekke en optredes sal onheilig wees. Skandelike hartstogte en bose genot sal in hul lewens seëvier. Kortom: Mense wie se optrede van ʼn lewe sonder Jesus getuig. Gelowiges moet hulle van sulke mense afskei om dwaalleerbesmetting te voorkom. Paulus skryf: “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes” (1 Kor.15:33). Hy beveel Timoteus: “ Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Tim.3:5).

Daar is vandag in baie kerke ʼn geheel ander gees as ooit tevore. Mense soek geestelike vervulling buite die kerk – op soek na water in die geestelike woestyn. Talle hunker na egte geloofsbelewenisse en trek soms by die duisende in oop ruimtes saam om na seepkispredikers te luister. Sien u wat gebeur? Kerk word buite die kerk gehou.

Om die uittog uit kerke te probeer keer, word preke meer verbruikersvriendelik aangebied. Hoe dunner die Skrifbasis van preke, hoe dikker word dit in die glanspapier van vernuwing toegedraai. Verhoogkunstenaars in ampsgewade vermaak lidmate met kwinkslae en verhoogtoertjies en verdun selfs die liturgie tot maklik verteerbare oppervlakkige sêgoed.

Dis alles tevergeefs. ’n Geestelike ontwaking wat mense nie tot ’n nuwe liefde vir Jesus en die waarheid laat ontwaak nie, maak mense tevergeefs wakker. Ons volk het geen behoefte aan sulke oppervlakkige vermaak nie, maar eerder aan grondige geestelike leiding.

Wat sal die einde wees? Alles loop op ʼn bitter onaangename einde af soos wat Petrus skryf: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?”

Een ding moet elke kerkmisleier weet – nie een van hulle gaan aan God se laaste oordeel ontsnap nie: “ Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie”” (1 Pet. 2:2:3).

Waarheen is ons eens trotse kerke op pad? Onteenseglik na die eenwêreldkerk van die Antichris. ʼn Tipe van universele bedwelming het ons mense beetgepak. Geen wonder dat al hoe meer mense kerkloos word nie.

Alles spoed einde se kant toe. Gelowiges moet baie sterk in die Here staan. Dis ʼn geloofswedstryd. Kom ons speel hierdie wedstryd totdat die eindfluitjie blaas en moenie ophou om vir Jesus te skyn omdat ongelowiges jou lig nie waardeer nie. Staan vas in Jesus. “ ... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2075 gaste aanlyn