NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy siek is, is jou hele menswees siek, ook jou  verstand, jou emosies en jou gees. As jy na die Here vra wanneer jy siek is kan jy seker wees dat Hy nooit ver van jou af is nie. Skep moed, vra God wat sy doel met jou lyding is, en jy sal nuwe sin in die lewe vind as gevolg van hierdie moeilike tyd.

LOOF GOD VIR ALLES OP ONS LEWENSPAD

Ds Andrè van den Berg

“ ... Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” - Hab.2:4

Moenie ʼn vraag vra as jy nie die antwoord wil weet nie” lui die gesegde.  En dis presies wat Habakuk gedoen het toe hy God se beplande optrede teen Juda bevraagteken het.  Habakuk kla by God oor die onreg, swaarkry, ontwrigting, geweld en binnegevegte wat Juda so lank teister en vra God waarom Hy niks daaraan doen nie?

Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin” (1:2,3).

Habakuk het geweet dat God Juda vir die verbreking van verbondooreenkoms  gaan straf. 

God het immer gewaarsku:  “Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie. En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op ’n galop kom sy ruiters.... soos ’n arend wat op sy prooi neerskiet” (1:6,8).

Al wat Habakuk stomgeslaan het, was die omvang van die straf wat voorspel is. Syns insiens het die oortreding en die straf nie by mekaar gepas nie.

 Hy kon nie glo wat God met sy volk wou doen nie!  God het nie net die gedugste vyand nie, maar ook die wreedste van almal as tugroede in sy hand uitgesoek – Babilon!

Habakuk het geweet dat die Babiloniërs met Juda se godsdiens gespot het.  Hoe kon die heilige God sy volk aan lasteraars onderwerp?  Habakuk kla: “U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie — waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?”(:13).

In sy sielestryd om antwoorde van God te verkry, gaan sit Habakuk in sy wagtoring op die stadsmuur: “Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ʼn skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek...” (2:1).

En God het met hom gepraat.   Die volksvyand sou lank oor hulle regeer en Juda elke dag die heidenhiel voel.    Dis Juda se straf maar nie hul einde nie.  God bring ʼn baie belangrike waarheid onder die profeet se aandag wat vandag nog net so waar is en die Boerevolk nooit moet vergeet nie; gelowiges is nie mooiweer-kinders van God nie, maar moet onder alle omstandighede deur die geloof leef, al raak dit ook hoe donker om hulle!

God is in die eerste plek nie oor ons voorspoed, veiligheid, vryheid of gerief begaan nie, maar oor ons heiligheid en toewyding aan Hom: “Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewens inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.  Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word” (1 Pet.1:14,15).

Die teks “ ... Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe” klink bekend.  Paulus sowel as die skrywer van Hebreërs gebruik dieselfde woorde in hul briewe.  Paulus skryf aan die Galasiërs dat ons nie hemeltoe kan gaan deur die Tien Gebooie te probeer onderhou nie.   Net Jesus kon dit ooit regkry.  Ons word alleenlik deur ʼn bewustelike bekering tot Jesus gered:

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ʼn krag van God tot redding  vir elkeen wat glo... want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” (Rom.1:16,17).

As ons Jesus as Verlosser aanneem, word ons geregverdig.  Dit beteken dat God ons van daardie oomblik af as mense wat niks verkeerd gedoen het nie beskou.  En dis nie aan ons voorbeeldige lewens te danke nie, maar aan dit wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het.   God verlang net een teenprestasie - om deur die geloof te lewe.  En ons het ʼn baie groot getuienis om te lewer: “Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense” (2 Kor.3:2).

Ons verkry die saligmakende geloof wel in ʼn oomblik.  Maar om deur die geloof te leef, duur ʼn leeftyd.  Gelowiges moet van geestelike babas tot geestelike volwassenheid kom.  En dit duur lewenslank.   God rus ons egter hiervoor toe.  Hy vervul ons eerstens met sy Gees.  Daarna help Hy ons om die reguit pad in die lewe te loop: "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal.5:16).

En wanneer ons sondig, bely ons dit in berou voor God om eerstens vergifnis te verkry, tweedens geestelik skoongewas te word en derdens om die gebroke verhouding tussen ons en Christus te herstel.  God beloof al drie weldade in sy Woord:  “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9).

Om deur die geloof te leef, moet gelowiges na Jesus luister: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15).   Deur dit te doen, lyk ons al hoe minder na die wêreld en tree ons al hoe meer soos Christus op.  Rom.8:29 stel dit as God se ideaal vir elke mens – om soos Christus op te tree.  En dit vereis geestelike vasberadenheid, iets waaroor die skrywer van Hebreërs treffend skryf:

“Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ’n groot lydensworsteling deurstaan het, gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge ’n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van dié wat in so ’n toestand verkeer het. Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ’n beter en blywende besitting in die hemele het. Werp dan julle vrymoedigheid, wat ’n groot beloning het, nie weg nie, want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. Want nog ’n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.....” (Hebr.10:32-38).

Habakuk was nie gelukkig met die nuus dat Juda deur heidene oorweldig en oorheers gaan word nie.  Hy het egter as gelowige in God se wil berus wetende dat die regverdige God straf maar as ʼn God van liefde nie vernietig nie.  Hy sluit sy profesie met ʼn treffende persoonlike getuienis af:

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes....” (Hab.3:17-19).

Habakuk het geweet dat daar vir Juda bitter tye voorgelê het en dat gelowiges nie van God se straf gespaar sou word nie.   Nogtans het hy God so 100% vertrou, dat hy alle gedagtes aan eie gerief eenkant toe geskuif het en, t.s.v. die politieke storm wat in aantog was, God vreugdevol verheerlik.

Sy getuienis herinner ons aan talle merkwaardige mense wat onder bitter moeilike omstandighede, selfs in die aangesig van die dood, God voluit vertrou het.  Dink maar aan name soos Job, Sadrag, Mesag, Abednego, ja, dwarsdeur tot by Christus self.  Hierdie geloofshelde daag ons uit om te onthou dat goeie sowel as slegste tye oor almal kom, maar dat slegs hulle wat in die geloof leef as oorwinnaars uittree.

Ons weet nie wat met ons land in die toekoms gaan gebeur nie.  Al wat ons moet doen, is om 100% op God alleen te vertrou: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).   Kom ons leer van Habakuk om God vir alles wat Hy op ons lewenspad bring, te loof, want dis hoe daar in die geloof geleef word.

Amen! 


Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2094 gaste aanlyn