NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As dit toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute – Prediker 10

AL BARS DIE HEL AAN JOU VOETE LOS...

...WEET WAAR JY MET JESUS STAAN

Ds Andrè van den Berg

“ ... gryp na die ewige lewe ...” - 1 Tim.6:12

Om in die Evangeliebediening te staan, is die grootste voorreg op aarde.  Dis egter ʼn pad van geen maanskyn en rose nie, maar van spanning, onreg en neerslagtigheid.  Daarom gebeur dit dikwels dat leraars aan hartaanvalle sterf en etlike al selfmoord gepleeg het.  Ek het etlike van hulle persoonlik geken.

Die eerste jare in die bediening is gewoonlik die swaarste soos wat die jong Timoteus in die veeleisende gemeente in Efese ervaar het.  Hy kla by Paulus van ʼn kroniese maagprobleem wat moontlik aan die spanning van ʼn groot verantwoordelikheid vir die gemeente te wyte was.  “Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ʼn bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldheid” (1 Tim.5:23).  Wat ʼn gawe doktersvoorskrif!

Paulus skryf nie net fisiese medikasie voor nie, maar ook geestelike medikasie: Wat het Paulus hiermee bedoel? 

Dat die jong predikant as hy so swaar in die gemeente kry eerder na die hemel moet verlang? Of, om dit anders te stel, as mense hom hel op aarde gee, eerder te wens hy was dood?  Nee, Paulus wil hom eerder bemoedig – as jy op die aarde swaar kry, dink aan die heerlikheid wat daar in die hiernamaals op jou wag.

 

Dis feitlik dieselfde boodskap wat Johannes aan die lesers van Openbaring bring.  Moet nooit jou oog van Jesus af wegneem nie, want dan sink jy soos Petrus!  En dit was nodig vir Timoteus wat toe so pas sy bediening begin het en vir wie daar ʼn baie lang bediening voorgelê het.

Paulus gee aan die jongman ʼn opdrag: “ ... gryp na die ewige lewe ...” Dit staan in die Grieks in die bevelsvorm geskryf.   Maar, wat beteken dit?  Hoe gryp ʼn mens na die ewige lewe?   In die 12 Artikels bely ons dat ons in die ewige lewe glo.  Maar, hoe gryp ʼn mens daarna?   Hoe kan sondaars dit wat hemels en rein is, gryp asof dit hulle toekom?   Dit klink ʼn bietjie rof!   Ons is mos nie oneerbiedige hemelbestormers soos koning Nimrod en sy Babelse span bouers nie!   Moet ons in alle beskeidenheid nie eerder na die ewige lewe smag of ten minste daarna verlang nie?

Nee, ons moet dit gryp.  Dis die opdrag van God; die hele opdrag: “.... gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is” As God roep, moet ons sy opdrag uitvoer.  Hy roep ons tot die ewige lewe.  Maar hoe weet ons dat ons dit het?  Jesus gee met ʼn gelykenis ʼn voorbeeld – die van die Onbeskaamde Vriend.

ʼn Man klop om middernag by ʼn vriend aan om brood te leen omdat hy ʼn onverwagse besoeker gekry en niks gehad het om aan hom voor te sit nie.  Was dit nie onbedagsaam van hom om daardie tyd van die nag sy vriend op te klop nie?   Dit het almal in daardie huis wakker gemaak.  Nee, Jesus gebruik juis hierdie verhaal om aan ons te verduidelik dat ons met groot vrymoedigheid met ons node, hetsy tydelik of ewig, na God kan gaan.

Die kruks van hierdie verhaal lê in Jesus se woorde: “Hoeveel te meer...” Soos wat ʼn aardse vader die vrymoedigheid van sy vriend nie teleurstel nie, sal die hemelse Vader dit des te meer nie doen nie.   Hy wil dat jy die ewige lewe deelagtig word.   Daarvoor kan ons Hom, by wyse van spreke, in die middel van die nag opklop soos Nikodemus een nag na Jesus gekom en dit ontvang het.

Maar wat is die ewige lewe waarna ons moet gryp?   Dis belangrik dat ons dit moet verstaan, want hier maak baie mense ʼn fout.  Hulle dink dat dit die lewe is wat aanbreek nadat jy jou laaste asem uitgeblaas het, m.a.w. die paradys lewe.  Nee, 1000 maal nee!

Die ewige lewe is daardie nuwe lewe wat jy die dag van jou bekering ontvang.  Wie getuig beter hiervan as Paulus self: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).  Die nuwe lewe in Christus, ja, die lewe wat met die wedergeboorte aanbreek, is die ewige lewe.

Die gelowige deel nou al daarin.  Dis nie iets waarvoor hy moet wag om iewers in die toekoms aan te breek nie.  Ons beleef dit alreeds!  “En dit is die ewige lewe, dat hulle U kan ken, die enige waaragtige God  en Jesus Christus wat U gestuur het” (Joh.17:3).  Jesus praat ook met Martha: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe” (Joh.11:25).  Die ewige lewe is nie ʼn nadoodse heerlikheid nie maar ʼn voordoodse belewenis!

Ons lewe sal eendag soos die son agter die horison verdwyn.  En dit gaan lyk asof dit weg is.  Maar in werklikheid hou dit aan om te skyn.  D.L Moody het by geleentheid gesê: “Eendag sal julle in die koerant lees dat DL Moody dood is.  Moenie ʼn woord daarvan glo nie.  Op daardie oomblik sal ek meer lewendig as ooit tevore wees!”

Vir die gelowige wat die ewige lewe het, wag daar ná die dood uiteraard groot vreugde om saam met jou ontslape gelowige voorsate vir ewig voor Christus te wees.   Vir die ongelowige, mens minus die ewige lewe, wag die ewige dood.

Een ding moet ons weet:  Die hemel is nie daar vir mense wat goed op aarde geleef het en die hel vir mense wat sleg geleef het nie.   Daar gaan miljoene goeie mense in die hel wees omdat hulle t.s.v. mooi lewens hul saak met Christus nooit reggemaak en derhalwe nooit tot bekering gekom het nie.  Die hemel is die versamelplek van bekeerdes.

Met Paulus se woorde: “ ... gryp na die ewige lewe ...” roep God ons op: Sorg dat hy dit het.  Maak baie seker.  Twyfel aan enigiets anders, maar net nie aan jou ewige eindbestemming nie.  ʼn Mens hoop nie dat jy na jou dood die paal gaan haal nie;  jy weet dit!  Jesus gee ons deur die Heilige Gees die versekering.

Die mensdom kan in baie kategorieë verdeel word – manlik en vroulik, blank en nieblank ens.  Die grootste denkbare verdeling is dié tussen mense wat die ewige lewe het en diegene wat dit nie het nie.   Dis ʼn eg Bybelse verdeling wat van ʼn skeiding van die kaf van die koring en skape van die bokke praat.

Hierdie verdeling gaan aan die einde van die tyd baie skerp getrek word.  Die name van hulle wat die ewige lewe het, is almal in ʼn boek opgeskryf – die boek van die lewe bedoelende die boek van die ewige lewe.  “En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen... En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15).

Het jy die ewige lewe?  Wat ʼn oneindige troos in tye van beproewing: “Ruwe storms breek in woede, alles om my heen is nag.  Tog hou God my in sy hoede, Hy hou oor my heil die wag...” (Ges.361).

Satan het in Paulus se tyd onder gemeentes gemaai.   Benewens sy direkte aanslag het hy ook teenstanders in eie midde vir die jong Timoteus verwek met die doel om hom moedeloos en daarna stil te maak.  Satan hou nie van die waarheid nie.   Daarom Paulus se opdrag om na die ewige lewe te gryp.  Hy moes in tye van beproewing hom van die ewige lewe vergewis – hou vas aan hierdie anker.

Efese was dié gemeente in Klein Asië.  Hulle het op kerklike gebied die kitaar geslaan.  Almal het na haar as die bloudruk van kerklike volmaaktheid opgesien.  Desondanks Efese se openbare beeld sê Jesus: “Maar Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het” (Openb.2:4).

Mense wat die ewige lewe het, mag nooit aan liefde ontbreek nie.  Wie dit nie het nie, het vir seker nie die ewige lewe nie.  Jesus sê: “ ... ʼn Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distel nie!  So dra elke goeie boom goeie boom goeie vrugte; maar n slegte boom dra slegte vrugte” (Mt.7:17,18).

Satan kan jou van baie dinge beroof, net nie die ewige lewe nie.  En dis ons anker hier in die hart van die winter.  Maak seker van die ewige lewe – weet waar jy met Jesus in die lewe staan en hou soos 'n Timoteus van ouds daaraan vas al bars die hel aan jou voete los!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2096 gaste aanlyn