NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As gelowige Boerevolk het ons vandag die versekering dat God 'n deel van ons volk nie die knieë voor Baäl laat buig het nie, net soos Hy aan Elia gesê het toe dié gekla het dat die hele volk ten gronde is: dat Hy vir Hom 7 000 man uitgehou het en dat Hy dit in "teenswoordige tyd" weer sal doen – uit suiwer genade, nie uit ons verdienste nie. Daarom mag ons daarop staatmaak!

STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 5 (d)

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 5:33-37

Dit is vreemd dat Jesus in sy bergrede telkens die Jode herinner aan dinge wat hulle reeds geweet het. Die Joodse leermeesters het altyd die belangrikheid daarvan beklemtoon dat ’n mens te alle tye die waarheid moet praat. Hulle het gesê dat daar vier soorte mense is wat uitgesluit sal word uit die teenwoordigheid van God, en dit is spotters, skynheiliges, leuenaars en skindertonge. Hulle het ook gesê dat die wêreld op drie dinge vas staan, en dit is geregtigheid, waarheid en vrede.

Hierdie woorde van Jesus veroordeel die persoon wat sweer dat iets die waarheid is, of ’n belofte maak in die Naam van God, terwyl dit vals, en nie die waarheid is nie.

In die tyd van Jesus was daar twee onaanvaarbare dinge wat gebeur het in verband met ’n eed. Die eerste is wat ’n mens die ligsinnige aflê van ’n eed kan noem. Dit is waarteen Jesus hier waarsku. ’n Mens se woord moet vertrou kan word, sy ja moet sy ja wees. Daar is nog ’n waarskuwing hierin sigbaar. ’n Mens moet nie God se heilige Name op ’n betekenislose en onvanpaste manier gebruik nie. Sy Naam is heilig en word vir heilige dinge gebruik.

Die tweede gewoonte wat die Jode gehad het in daardie tyd, is eintlik nog erger as die eerste. ’n Mens kan dit die ontwykende aflê van ’n eed noem. Hulle het die aflê van ede in twee groepe gedeel. Die eerste was wanneer ’n persoon in die Naam van God gesweer het. Dit was ’n absolute, bindende eed. Die tweede was wanneer hy by die hemel of die aarde of by Jerusalem gesweer het, dan was hy vry om daardie eed te verbreek.

Jesus sê nou eintlik vir hulle, al dink hulle dat hulle God by so ’n eed kan uitsluit, dan is daar niks in hierdie lewe, geen taalgebruik of geen gedrag, wat vir God kan uitsluit nie. Hy is oral. Hy hoor alles. Daarom sal ons alle beloftes as heilig beskou, wanneer ons onthou dat dit áltyd in God se teenwoordigheid gemaak word.

’n Mens behoort nooit nodig te hê om ’n waarborg te gee dat hy die waarheid praat nie. Die waarborg behoort te lê in wie en wat die persoon is. Daar was deur die eeue verskeie godsdienstige groepe wat volstrek geweier het om in ’n hof ’n eed af te lê, na aanleiding van hierdie Skrifgedeelte. Tog was daar geleenthede toe die apostel Paulus dit nodig gevind het om homself op God as getuie te beroep (2 Kor 1:23). Hy skryf ook aan die Galasiërs dat hy dit doen met God as sy getuie (Gal 1:20).

Die feit dat dit soms nodig is om van ’n persoon te verwag om ’n eed af te lê, is ’n demonstrasie van die boosheid wat teenwoordig is in ’n Christuslose natuur. In ’n perfekte wêreld, wat die koninkryk van God is, sal dit nie nodig wees om ’n eed af te lê nie.

Hierdie woorde van Jesus plaas dus die verpligting op ons om so te lewe, en so deursigtig te wees, dat ander mense nie van ons sal verwag om ’n eed af te lê nie.

Matteus 5:38-42 Daar is min gedeeltes in die Nuwe Testament waarin meer van die essensie van die Christelike etiek saamgevat is, as in hierdie paar verse. Ons sien hier die optrede wat ons as Christene, van die res van die wêreld onderskei. Jesus begin deur die oudste wet in die hele wêreld aan te haal, naamlik “ ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.”

Hierdie wet het deel van die Ou Testament geword waarin dit nie minder as drie maal aangehaal word nie (Eks 21:23-25; Lev 24:19-20; Deut 19:21).

Hierdie wet was in werklikheid die begin van genade. In die heel vroegste dae, het ’n stam, wanneer iemand uit ’n ander stam een van hulle lede skade aangedoen het, gaan wraak neem en sommer die hele stam uitgeroei. Deur hierdie wet is wraakneming beperk.

Dit bepaal dat net die persoon wat die kwaad aangerig het, gestraf moes word, en ook nie erger as die kwaad wat hy die ander persoon aangedoen het nie. Hierdie wet het ook nie aan die individu die reg gegee om self wraak te neem nie. Dit was slegs ’n riglyn vir ’n regter wanneer hy die straf moes bepaal.

Wat baie belangrik is, is die feit dat hierdie wet nie dwarsdeur die hele Ou Testament se etiek sigbaar is nie. Ons kry telkens ’n glansende ligstraal van genade te sien (Spreuke 25:21; Klaagl 3:30). Alhoewel hierdie wet ’n wet van genade was, wis Jesus dit nou heeltemal uit. Wraakneming, al is dit gekontrolleerd en beperk, het geen plek in ’n Christen se lewe nie. Daarom gee Jesus nou vir sy dissipels drie voorbeelde van hoe ’n Christen behoort op te tree:

  1. Om ’n ander persoon op die regterwang te kan slaan, moet ’n regshandige persoon met die agterkant van sy hand slaan. Ooreenkoms die Joodse wet, was dit ’n twee maal groter belediging as om ’n ander persoon met die plat hand te slaan. Jesus sê hier, al sou iemand jou so ernstig beledig, moet jy hom nie terugbetaal of jouself verset nie. Van tyd tot tyd gebeur dit dat beledigings, groot of klein, na ons kant toe geslinger word. Jesus sê hier dat ’n ware Christen geleer het om geen wraak te wil neem nie. Jesus is self ’n vraat en ‘n wynsuiper genoem (Matt 11:19). Die vroeë Christene, en ook die Hervormers in die tyd van Martin Luther, is baie beledig en moes vervolging verduur. Ware Christene het van hulle Meester geleer om dit te verdra, en nooit na vergelding te soek nie.
  2. As iemand jou onderklere in ’n hof wil eis, moet jy ook jou boklere vir hom gee. Hierin is ’n baie dieper betekenis as wat ons net so bolangs kan sien. Elke persoon, selfs die arm mense, het meer as een kleed gehad. Sy mantel was soos ’n groot kombers en hy het dit nie net bedags om hom gedra nie, maar hy het dit ook snags as ’n kombers gebruik. Elke persoon het net een so ’n mantel gehad. Volgens die Joodse wet, mag ’n skuldeiser ’n ander persoon se onderkleed as ’n pand geneem het, maar nie sy bokleed nie (Eks 22:26-27). Wat Jesus hiermee sê, is dat Christene nooit op enige regte mag aanspraak maak nie. Hulle het geen regte nie. Daar is mense wat alewig hulle regte opeis. Dit is tragies dat kerke vol sulke mense is. Christene dink nie aan hulle regte nie, maar hulle dink aan wat hulle pligte is.
  3. Jesus sê ook wanneer iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, moet jy vrywilliglik dit nog ’n kilometer dra. Hierdie woorde het ook ’n baie interessante betekenis. Die woord wat met “dwing” vertaal is, was oorspronklik ’n Persiese woord, en dit beteken “koerier”. Die Perse het ’n verstommende koerierstelsel gehad. Elke pad was in afstande ingedeel, wat elk ’n dag geneem het om te reis. Elke gedeelte was van kos en water voorsien, nie net vir die koerier nie, maar ook vir sy perde. As daar dalk enigsins iets hiervan ontbreek het, dan kon enige private persoon gedwing word om in te staan vir kos of water, of selfs om die reisiger se besittings te dra. Palestina was ’n beleërde land, en enige inwoner kon enige oomblik die punt van ’n spies van ’n Romeinse soldaat op sy skouer voel. Dit is inderdaad ook wat met Simon van Sirene gebeur het, toe hy gedwing is om die kruis van Jesus te dra. Wat Jesus hier sê, is dat wanneer ’n persoon wat oor jou aangestel is, jou dwing om sy besittings te dra, moet jy dit nie een kilometer ver met bitterheid en onvergenoegdheid doen nie. Jy moet dit eerder twee kilometer ver dra met vreugde en ’n mooi gesindheid. Dink daaraan dat jy bevoorreg is om ander te kan dien. Christene is nie in hierdie lewe om te maak soos hulle wil nie. Hulle dink altyd aan hulle plig en hoe hulle vir ander van hulp kan wees.

Die Joodse wet van vrygewigheid was ’n baie mooi wet en is gebaseer op Deuteronomium 15:7-11. Lees dit gerus. Dit is die moeite werd. Wanneer elke sewende jaar aangebreek het, was daar ’n kansellasie van skuld gewees.

Dit het soms gebeur dat ’n Israeliet nie sy medemens wou help nie, omdat hy geweet het dat, wanneer die sewende jaar aanbreek, dan sou hy dít wat hy aan iemand geleen het, moes afskryf. Dit is na aanleiding daarvan dat Jesus die woorde in vers 42 vir sy volgelinge leer. Die Joodse rabbi’s het vyf beginsels neergelê waarvolgens daar gegee moes word:

  1. Jy mag nooit weier om te gee nie. Volgens hulle, was elkeen wat geweier het om te gee, in dieselfde kategorie as afgodedienaars.
  2. Volgens die wet in Deuterononium, moet mense dít gee, wat die ander persoon nie het nie. Met ander woorde, mense moet nie net dít aan ander gee wat hulle van hongersnood sal red nie, maar hulle moet genoeg gegee word om hulle lewenstandaard te verbeter. Dit is so ’n mooi gedagte om te dink dat ’n mens nie net ’n ander persoon se armoede verlig nie, maar dat jy ook iets doen om die vernedering wat deur armoede veroorsaak word, weg te neem.
  3. Daar moet in die geheim en privaat gegee word. Die rabbi’s het selfs so ver gegaan as om te sê dat die ontvanger nie moet weet wie dit vir hom gegee het nie, en die gewer moes nie weet wie die ontvanger was nie. ’n Geskenk wat gegee is ter wille van selfverheerliking en aansien, was vir die Jode ’n afsku.
  4. Die manier waarop ’n geskenk aan ’n persoon gegee is, moes ook tot die ontvanger se voordeel gestrek het. Sy geaardheid moes in ag geneem word, en sy selfrespek moes bewaar word. As dit vir die persoon beter sou wees om ’n lening te aanvaar, dan moes dit as ’n lening gegee word.
  5. Om te gee, was tegelykertyd ’n voorreg en ’n verpligting, want in werklikheid gee ons aan God. As iemand weier om aan ’n behoeftige persoon te gee, weier hy om aan God te gee. Aan elkeen wat aan ander genade betoon, sal ook genade uit die hemel ontvang.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die uitwerking van ons vrygewigheid op die ontvanger, in berekening gebring sal word. Ons vrygewigheid moet nooit die ontvanger in luiheid en nutteloosheid laat verval nie. Dit is ook so dat baie mense wat weier om aan iemand persoonlik iets te gee en sê dat hulle net deur amptelike kanale wil gee, dikwels net ’n verskoning soek om glad nie vrygewig te wees nie. Ons moet ook altyd onthou dat dit beter is om twintig skelm bedelaars te help, en in die proses daardie een persoon wat werklik in nood is, daarmee saam, as om die persoon wat dit werklik nodig het, weg te wys.

Matteus 5:43-48 Daar is geen ander gedeelte in die Nuwe Testament wat ’n meer gekonsentreerde uitdrukking van Christelike etiek en persoonlike verhoudings bevat nie. Vir die deursnee Christen, beskryf hierdie woorde van Jesus die essensie van Christenwees in aksie. Selfs die persoon wat nie juis die kerkgebou se drumpel deurtrap nie, weet dat Jesus gesê het dat ons ons vyande moet liefhê.

Wanneer ons ’n gedeelte soos hierdie bestudeer, dan moet ons eers vasstel wat Jesus werklik gesê het, en wat Hy regtig van sy volgelinge verwag. Om te probeer om hierdie opdrag na te kom, moet ons darem presies weet wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het: “Julle moet julle vyande liefhê.”

Grieks is ’n taal wat baie ryk is aan sinonieme of woorde wat amper dieselfde betekenis het. Tog het hierdie woorde dikwels betekenisskakerings. Dit is iets wat ons nie sommer in ander tale kry nie. Daar is byvoorbeeld vier verskillende selfstandige naamwoorde vir die woord “liefde”:

  1. Storgĕ beskryf familieliefde. Dit is die liefde wat ’n ouer vir sy kinders het, of kinders vir hulle ouers.
  2. Erõs is die passievolle liefde wat daar is tussen twee lede van teenoorgestelde geslagte.
  3. Philia beskryf opregte liefde en toegeneentheid. Dit beskryf ’n persoon se gevoel vir sy naaste en dierbaarste vriende. Dit is die hoogste vorm van liefde.
  4. Agapĕ beskryf ’n onoorwinbare en onblusbare welwillendheid teenoor ’n persoon. Niks wat hy doen of wat hy sê, kan daardie gevoel verander nie. Met agapĕ in ons harte, kan ons nooit toelaat dat bitterheid insluip nie, maar sal ons altyd daardie persoon se beste belange soek.

Die woord wat hier gebruik word vir “liefhê”, is agapē. Vanuit hierdie vier woorde, kom daar ses gedagtes na vore wat uitstaan:

  1. Jesus het nooit vir sy volgelinge gevra om hulle vyande soos hulle naaste familie lief te hê nie. Dit sou nie moontlik wees nie, en ook nie reg nie.
  2. Waarin lê die groot verskil dan? Die liefde vir ons naaste geliefdes, kom vanself. Dit word gebore uit die emosies van ons harte. In die geval van ons vyande, is dit ’n liefde wat nie uit ons harte kom nie, maar uit ons wil. Dit is in werklikheid ’n oorwinning oor dít wat instinktief nie ons natuur is nie. Dit is die vermoë om iemand lief te hê van wie ons nie hou nie, en wat ook nie van ons hou nie. Ons kan net iemand met hierdie soort liefde liefhê, wanneer Jesus ons daartoe instaat stel.
  3. Dit is baie duidelik dat agapĕ geensins ’n soort liefde is, waar ’n mens iemand toelaat om net te doen wat hy wil nie. As ons iemand werklik goedgesind is, sal ons hom dissiplineer en hom teen homself beskerm. Sulke dissipline moet nie uit ’n begeerte van wraak kom nie, maar uit ’n begeerte om van die persoon ’n beter mens te maak.
  4. Ons moet daarop let dat Jesus hierdie liefde heel eerste as ’n basis vir persoonlike verhoudings neergelê het. Dit gaan hoofsaaklik oor ons verhoudings met ons familie en bure, asook diegene wat ons elke dag mee te doen het.
  5. Ons moet daarop let dat net ’n Christen hierdie opdrag kan uitvoer. Net die genade van Jesus Christus kan ons instaat stel om bitterheid in ons harte te laat sterf en liefde te laat ontvlam. Ons het die Here Jesus self nodig om sy opdrag te kan uitvoer.
  6. Wat miskien die heel belangrikste van alles is, is dat ons ook verplig is om vir die ander persoon te bid. Niemand kan vir ’n ander persoon bid en terselfdertyd vir hom kwaad wees en hom haat nie. Wanneer ons die persoon vir wie ons kwaad is, na God toe neem, dan gebeur daar iets. Ons kan nie iemand anders haat in die teenwoordigheid van God nie. Om vir ’n ander te bid, is die sekerste manier om van bitterheid ontslae te raak.

Waarom sou Jesus beveel het om hierdie soort liefde te hê vir ander mense? Die rede daarvoor is eenvoudig, maar ook terselfdertyd ’n grootse gedagte. Wanneer ons hierdie soort liefde het, dan word ons soos wat God is. God se liefde is ’n onoorwinlike welwillendheid teenoor die mensdom. Hy laat sy son skyn oor die goeie en die slegte. Hy stuur sy reën oor die regverdige en die onregverdige.

Jesus sê dat ons hierdie soort liefde moet hê sodat ons kinders van God, ons Vader in die hemel, kan word. In die oorspronklike Grieks, is die woord “seuns” gebruik. Wanneer ’n persoon in Hebreeus ’n “seun” van vrede, of ’n “seun” van God genoem is, dan is daar eintlik daarmee bedoel dat die persoon daardie spesifieke eienskap besit. Hy is dus iemand wat vol vrede is en in vrede met ander lewe, of hy is soos God. Wanneer ons dus agapĕ–liefde in ons harte het, dan is ons soos wat God is.

In vers 48 sê Jesus dat ons volmaak moet wees, soos wat ons hemelse Vader volmaak is. Op die oog af lyk hierdie opdrag asof dit absoluut niks met ons te make kan hê nie. Nie een van ons kan onsself met hierdie soort volmaaktheid assosieer nie. Die Griekse woord wat egter hier gebruik is, is teleios. Dit het niks te doen met ’n abstrakte, filosofiese en metafisiese volmaaktheid nie. ’n Offer wat geskik was om vir God geoffer te word, moes teleios wees. Dit moes met ander woorde sonder enige gebrek wees. ’n Man wat volwassenheid bereik het, was ook teleios. ’n Student wat ’n volwasse kennis van sy vakgebied bereik het, is as teleios beskou.

Ons kan dit dus op ’n ander manier te stel, deur te sê dat die Griekse verstaan van volmaaktheid, “funksioneel” was. Iets is as “volmaak” beskou, wanneer dit ten volle die doel bereik het waarvoor dit geskape, ontwerp en beplan is. Teleois is die byvoeglike naamwoord van die selfstandige naamwoord telos. Telos beteken ‘n “einde”, ’n “doel”, of ’n “eindbestemming”. So is mense “volmaak”, wanneer hulle die doel bereik het waarvoor hulle geskape is, en in die wêreld ingestuur is.

’n Baie eenvoudige verduideliking van die woord teleios, is wanneer ek ’n skroewedraaier gaan koop om ’n los skroef vas te draai. As ek ’n skroewedraaier kan vind wat presies in my hand pas, wat nie te groot of te klein is nie, en met ’n punt wat presies in die skroef pas sodat ek dit kan vasdraai, dan is daardie skroewedraaier teleios. Dit vervul presies die doel waarvoor ek dit nodig het en ek kan dit daarvoor gebruik.

Presies net so is mense teleios wanneer hulle die doel bereik waarvoor hulle geskape is. Ons kan nou vra waarvoor mense dan geskape is? Die Bybel laat ons geensins in die duister oor hierdie vraag nie. In Genesis 1:26 sê God dat Hy mense gaan maak wat soos Hy is. God se grootste karaktereienskap is hierdie onoorwinlike liefde en toegeneentheid teenoor die hele mensdom. Hy is aanhoudend besig om net die beste vir elke individu te bewerkstellig. Al doen ons ook wát aan God, Hy begeer slegs die heel beste vir ons.

Dit is wanneer ons in ons lewens die onuitputlike, vergewende, opofferende goedhartigheid van God reproduseer, dat ons soos God word, en dus “volmaak” in die Nuwe Testamentiese sin van die woord.

Die hele lering van die Bybel, is dat ons ons ware menslikheid slegs bereik, wanneer ons soos God word. Ons vervul ons menslike lewensdoel eers wanneer ons geleer het om te vergewe soos God vergewe, en wanneer ons liefhet soos wat God liefhet.

Bron: The New Daily Study Bible deur prof William Barclay, Glasgow University, Skotland

Prof William Barclay (1907-1978) was ’n wêreldbekende Nuwe Testamentiese kenner en professor aan die Universiteit van Glasgow in Skotland. The New Daily Study Bible is ’n kosbare reeks studie-Bybels wat hy aan die nageslag agtergelaat het en dit word reeds vir meer as jaar lank deur miljoene mense gebruik wat ernstig is met Bybelstudie.

(Matteus 6 vervolg...)

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1956 gaste aanlyn