NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ervaring leer ons dat wanneer ons ons roeping en geloof uitleef maar nie daarin volhard nie, dit geen waarde het nie – daar is talle mense wat reg begryp het wat hulle lewensdoel is maar langs die pad moeg geword het. Dan was alles tevergeefs.

NEEM BEHEER EN BEVEG DIE BOSE

Hannes Ollewagen

Efésiërs 4:17-32

en gee aan die duiwel geen plek nie.” (:27)

Ons lees alreeds in Génesis hoedat die satan met die sondeval die eerste mense op ‘n slu manier oorreed het om vir hom ‘n plek te gee in hul bestaan. Hierdie versigtige taktiek werk net só goed dat die satan aanhou om dit te gebruik. Hy kom meestal nie op ‘n blatante manier op jou afgestorm en dwing jou om sonde te doen nie, maar het menigmaal baie tyd om op allerhande maniere versigtig en ongemerk jou lewe binne te dring.

Dit is gewoonlik eers wanneer ons die wrange vrugte van hartseer en vernietiging begin pluk dat die besef tot ons deurdring dat die satan dit alweer reggekry het om ‘n greep op my te kry. Die satan wag net vir daardie perfekte oomblik wanneer ek die insettinge en waarskuwings van God ignoreer om op my toe te slaan. Daardie oomblik wanneer ek onnodig onbeskof is met my vrou en die gebod van God om my vrou lief te hê, verontagsaam. Daardie oomblik wanneer ek opstandig raak teenoor my man wat so ongeduldig kan raak en God se verordening om aan my man onderdanig te wees, verontagsaam. Daardie oomblik waneer ek my kinders sien fouteer en hulle foute probeer wegsteek met allerhande flou verskonings in plaas daarvan om my kind te dissiplineer.

So leer ons uit Gén. 4 dat die satan net gewag het vir Kain se jaloesie op Abel om vir hom ‘n geleentheid te bied om toe te slaan. Dit is nie asof God nie vir Kain op hierdie oomblik gewaarsku het om nie verkeerd op te tree nie e die bose teen te staan nie.   “...die sonde lê en loer voor die deur, maar jý moet daaroor heers.” (Gén. 4:7). God het waargeneem dat die satan begeer om vir Kain te oorrompel en het hom hierteen gewaarsku met die opdrag om oor die sonde te heers en dit nie ‘n plek in sy lewe te gee nie. ‘n Toevlug na God en geroep na Hom om hulp sou bes moontlik Kain se lewensverhaal heeltemal anders daar laat uitsien het, nie waar nie? Kain verwerp egter hierdie vermaning van God en gee homself oor aan die drang om wraak op sy broer te neem en word op daardie stadium ‘n slaaf van die sonde.

Die stryd teen die sonde is so oud soos die mensdom self. Wanneer ‘n mens deur die Ou Testament lees, lyk dit onmoontlik om ooit hierdie stryd te wen. Dit is dan ook inderdaad vir enige mens onmoonlik om op sy eie hierdie stryd te wen. Net soos wat God se oë oop was vir die bedreiging wat die sonde vir Kain ingehou het, het Hy besef wat die vernietigende gevolg van die satan se werk hier op aarde sou wees. Hy het hierom opdrag gegee aan sy geliefde Seun, Jesus Christus, ons Verlosser, om die mensdom van sonde te kom bevry. “en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” (Ps. 130:8).

Wanneer ‘n mens lees van al die wonderwerke wat Jesus gedoen het tydens sy lewe hier op aarde, kan ons maklik onder die wanindruk verkeer dat “wonderwerke” iets is wat sommer maklik en gou-gou gebeur. Ek kan mos gou-gou bid en vir Jesus sê dat ek jammer is oor my sonde en daar is dit verby – ‘n wonderwerk, ‘n kitsoplossing! Werk dit regtig so? As dit so maklik is en jou sonde net so gou-gou bely word, gaan jy dit bes moontlik herhaal wat vir my beteken dat jy nie vry is daarvan nie.

Waar is die verlossing van hierdie sondelas? Dit lê by die voete van die ware Verlosser en nie by mense wat jou met mooipraatjies vir ‘n oomblik in die gehoor streel nie. Feitlik al diegene wat opgeteken is as mense wat na Jesus gegaan het vir verlossing, het die geskiedenis gehad van ‘n lang stryd teen sonde. Hierop het gevolg hulle belydenis (eerder as ontkenning) van hulle sonde en dan hulle verlangende uitroepe om hulp na Jesus om hulle hiervan te verlos!

Om verlos te word van sonde beteken nie dat ek nou skielik ‘n volmaakte mens sonder enige tekortkominge is en vir ewig uit die satan se visier ontsnap het nie. Die aanneming van Jesus Christus as die Verlosser van my lewe beteken egter dat Hy sy Gees aan my skenk om in my hart te woon. Dit is hierdie Gees wat my oortuig van sonde en wat ook sal stryd voer teen die sonde in my lewe. Dit is hierdie Gees wat my al meer gelykvormig wil sien word aan die beeld van God. Die satan daarenteen sal alles in die stryd werp om weer die beeld van God in my lewe te skend, te verduister en te onderdruk.

Ons mag nie toelaat dat die hewige stryd teen die sonde in ons lewens van ons vreesagtige mense maak nie. Die Gees wat God ons geskenk het deur Jesus Christus nadat ons tot ware bekering gekom het (“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom...” – Hand. 1:8), is nie vreesagtig nie. “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1:7).

‘n Ware gelowige het die verantwoordelikheid om sy lewenswandel in Christus te reinig, maar om ná sy bekering ook sy lewenswandel skoon te hou. Dit is juis hier waar soveel mense maar passifisties in die geloof raak. Hulle kan dan nie verstaan dat hul lewens nie veel vrug oplewer nie? Ons noem dit waarmee ons besig is dalk Godsdiens, maar is daar werklik diensbaarheid aan God te bespeur in my optrede?

U moet weet dat die satan die wêreld deurkruis op soek na sy volgende prooi wat verskeur kan word. ‘n Passiewe Christen is ‘n baie maklike teiken wat min weerstand sal bied. Die satan sal soek na daardie lewens (huise) waarin Jesus alreeds ‘n draai gemaak het en waarin Hy orde en rus gebring het omdat hy wat satan is dit weer in chaos sal wil dompel. “En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. ...” (Matt. 12:43-45).

Ek wil u aanmoedig om u lewe vinniger te reinig van daardie verkeerde dinge as wat die satan inkomkans kan in u lewe kan kry. Sodoende sal u vir hom geen plek in u lewe bied nie. Hou egter in gedagte dat u ywer, u vasberadenheid hom nie gaan afskrik nie. As hy egter ‘n draai by u sou maak en die Gees in waarheid in u hart vind, sal hy wat satan is nie wonder Wie in u lewe werksaam is nie , en sal hy weet om verby te hou daar waar vir hom geen plek meer is nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3312 gaste aanlyn