Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onthou: God sal jou nooit ‘n kruis gee wat te swaar is nie. En as jy ‘n baie swaar een dra, weet Hy dat jy dit kan dra. Dank Hom daarvoor!
VERWOERD SE APARTHEIDSBELEID EN RASSISME
Artikel met dank ontvang van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB)
Die tafel vir die tweede en finale revolusie in Suid-Afrika is reeds gedek. Dr Verwoerd se monument, die Republiek van Suid-Afrika, is op 'n mespunt. Die mite van 'n voorspoedige reënboognasie met vryheid en gelykheid vir 'n ieder en elk, lê aan skerwe.
In 1994 is die werklikheid van volkere-verskeidenheid vervang met die Britse-begrip van individuele burgers in 'n Nuwe Suid-Afrika. Spoedig is tot die besef gekom dat party burgers soos in George Orwell se Animal Farm, meer gelyk is as ander. Dr Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Dít was die amptelike einde van die beleid van afsonderlike ontwikkeling oftewel, apartheid. Sy opvolger, adv B J Vorster, wie instrumenteel in sy sluipmoord was, het ten spyte van lippediens om Verwoerd se beleid voort te sit, dit stelselmatig afgetakel.
Dié aftakelingsproses wat rassegelykstelling en rassevermenging bevorder het, is voortgesit deur PW Botha en FW de Klerk tot en met die verraderlike oorgawe in 1994. Dié aftakelingsproses is met eg kommunistiese taktiek, stelselmatig en onderduims ingevoer op so 'n wyse dat die blanke kiesers in die laat 1960's, met die uitsondering van dr Albert Hertzog en sy ondersteuners, weinig vermoed het.
Die blankes het niksvermoedend met Nasionale Party sport-oogklappe, die golf van dr Verwoerd se sukses gery. Sal ons die Nasionale Party-plakkate in die doodsnikke van die stryd vergeet? Eie Skole, Eie Woonbuurtes! En Minister Stoffel van der Merwe se latere bekentenis, "Dit was seker oneerlik". Ewenwel, is die geminagte Hertzoggroep in 1994 reg bewys toe die mensgod en Kommunis, Nelson Mandela, aan bewind gekom het in 'n een mens, een stem verkiesing.
'n Verkiesing wat met bedrog besmet was, tot op die punt dat regter Johann Kriegler dit met 'n bordeel waarin niemand kuis gebly het nie, vergelyk het. Die meer as 'n miljoen stemme waarvoor nie verantwoording gedoen kon word nie, het nie in die pad van 'n vry en regverdig verklaarde verkiesing gestaan nie.
Dit is van kardinale belang dat onderskeid getref word tussen die apartheidsera van Verwoerd (1958-1966) en die aftakelingsperiode van apartheid onder die leierskap van Vorster, Botha en De Klerk. Dit was in hierdie periode van aftakeling, dat genoemde here die polisie en weermag kollektief en individueel misbruik het onder die voorwendsel dat hul offers vir die behoud van apartheid bring. 'n Buro vir Staatsveiligheid onder leiding van genl Hendrik van den Bergh is op die been gebring en later vervang met die Nasionale Intelligensiediens om verskuilde agendas deur te voer.
Volgens Dr Christo Landman het geheime organisasies wat gestig was om konserwatiewe politici te diskrediteer, miljoene rande daarvoor ontvang. In 'n TV-uitsending is vertel dat die Staatsveiligheidsraadslede, Niel Barnard en Mike Louw, by geleentheid saam met prof Willie Esterhuyse en die Kommuniste, Aziz Pahad en Kie, in die Palace Hotel in Switzerland byeengekom het. Terwyl hul halaal whiskey gedrink het, moes genoemde here, Pahad se vraag uit Lenin se woordeskat, "What is to be done?" antwoord. Omdat daar met opset nie onderskeid tussen genoemde periodes gemaak word nie, is apartheid in sy geheel in diskrediet voor die latere drakoniese Neurenbergstyl Waarheids- en Versoeningskom-missie van Desmond Tutu gebring.
Ten spyte daarvan dat nie 'n enkele amnestie aansoek vir die Verwoerdera ingedien is nie! Pas na dié kommissie aangestel is, laat Tutu homself as volg uit, "Ek herhaal my smeekbede aan Afrikaners – as u net bely en u bekeer ...".
Huidig, 50 jaar na Verwoerdiaanse apartheid en 22 jaar na ANC/SAKP/Cosatu-skrikbewind, kry dr Verwoerd die skuld vir die onvermoë van die Swartman om die Nuwe Suid-Afrika van rowerspelonk-status te bevry. Dié aantygings, hoewel onwaar en absurd, word op die korttermyn vir verkiesings- en op die langtermyn, vir revolusionêre doeleindes aangewend. Wimpie de Klerk, broer van FW, het in 2000 by die RAU gesê dat predikante moet preek vir vergewing oor die sonde en misdade van apartheid sodat die Afrikaner tot insig kan kom oor dié politieke dwaling, dan sal hul nie meer "hond hoef te voel" oor apartheid nie.
Só hys hul die witvlag, praat Engels, stem vir die vyandige DA, bieg, vat hande, was voete, gee kospakkies, brei komberse, ontwikkel selfs 'n goeie skeut selfhaat, maar telkens verskuif die doelpale. Sien, daar ís doodgewoon geen plafon of remedie vir 'apartheidsondes' nie. Prof Jurie le Roux het destyds geskryf dat die Afrikaner, "tot die dood toe siek is" van 'n virus, die "anti-apartheidsteologie". Die demonisering en passivisering van die Afrikaner is volgens hom "Afrikaner-volks-moord".
Die Kommunis Beria, beaam dat 'n kommunistiese staat slegs geskep kan word wanneer daar "a general degraded feeling" ontstaan. Hy sê, "Degradation and conquest are companions. To be conquered, a nation must be degraded ... continual defamation ... continued and constant degradation of national leaders, national institutions, national practices and national heroes must be systematically carried out".
Alvorens aantygings teen dr Verwoerd se apartheidsbeleid aangespreek kan word, is dit nodig om agter die kap van die byl te kom. In die oë van die Britte het dr Verwoerd minstens drie onvergeeflike sondes gepleeg, sondes waarvoor hy met sy lewe moes boet.
Hy het in 1961'n Republiek uitgeroep, hy het Suid-Afrika se aansoek om voortgesette lidmaatskap van die Britse Statebond teruggetrek en hy het die steun van 'n deel van die Engelssprekende bevolking geniet.
Die ergste is dat in stede van om buite die Statebond te krepeer, het presies die teenoorgestelde gebeur, Suid-Afrika was 'n "skitterende voorbeeld van voorspoed op 'n veelbewoë kontinent". Die Britte se betrokkenheid by die moord op dr Verwoerd, was dus maar net die voortsetting van die oorlog teen die Boere met ander middele. Die Britte het 'n kommunistiese regering in SuidAfrika verkies bo Afrikanerinvloed op die Suider-Afrikaanse kontinent. Vir hierdie doel was Londen die gasheerstad vir die ANChoofkantoor. Om die ongewenstheid van apartheid te beklemtoon, is apartheid in die media met 'n hoofletter geskryf en meesal as Aparthate vertolk. In 1994 kry die Britte et al. toe die kommunistiese Mandela-regering en spoedig is die RSAweer onder die Britse vlerk in.
Een van die geykte aanklagte teen apartheid is dat dit ondemokraties was. 'n Minderheid blankes het glo die meerderheid Swartes onderdruk. Hierdie aanklag kon geen water hou in die Verwoerdera nie, omdat daar in oorleg met die Swartes vir elke Swartvolk 'n tuisland in die vooruitsig gestel was. Met finansiële en ander hulp van die blanke RSA kon hul mettertyd hul stemreg in hul eie lande uitoefen.
Die Bantoe Beleggingskorporasie Wet van 1959, is een van vele wat in die lewe geroep is om fondse van die RSA oor te dra vir werkverskaffing in die tuislande om dit lewensvatbaar te maak. 'n Gebaar wat nie net die visstok gegee het nie, maar ook die vis. G H Calpin, redakteur van die Natal Witness, skryf in At last we got our Country back: "Niemand kan dr Verwoerd se toesprake oor apartheid en rasseskeiding lees sonder om die opregtheid van sy besorgdheid te herken dat sy beleide met geregtigheid en billikheid teenoor almal toegepas moet word nie".
In die groter stedelike gebiede was daar selfbestuur deur Swart raadslede. Bykans 400 van hul is later deur Winnie Mandela se halssnoermetode uitgewis. Die oomblik toe Vorster egter in 1969 twee Maori's in 'n NieuSeelandse rugbyspan verwelkom en daarmee die skeiding op alle ander terreine ongedaan maak, het die ondemokratiese aanklagte begin gewig dra. Ons speel saam, maar ons mag nie saam drink en slaap nie? Aparte skole en woonbuurtes? Is ons nie soos die Britse Statebond sê, almal gelyk nie? Hoekom het Swartes nie stemreg nie, hul is dan die meerderheid? Die een mens, een stem 'demokratiese'-verkiesing in 1994 het ons toe almal burgers van die RSA gemaak, vry en gelyk in teorie. Volkere-verskeidenheid en volksregte is vervang met burger/menseregte. Nou is ons net burgers wat hoogstens in groepe kan versamel, minderheidsgroepe soos die Afrikaners en meerderheidsgroepe soos die Swartes.
Vakbonde soos die veelrassige Solidariteit en hul burgerlike arm Afriforum is opgerig. Deur middel van hofsake beding hul burger-, groep- en menseregte. Self erken hul ook nie volksregte nie. Die uitgerekte hofsake alleen maak 'n klug van die demokrasie. Die tradisionele leiers daarenteen, is meer gelyk as die Afrikaners. Hul behou hul 'tuislande' en kry massale bedrae belastingbetalersgeld om na willekeur te spandeer. Demokrasie kan net tot sy reg kom in 'n homogene bevolking. Huidig, wie onderdruk nou vir wie? En, as argumentsonthalwe aanvaar word dat rassisme 'rassehaat' beteken, is dit nie moeilik om te sien wie huidig in die RSAgehaat word nie. In die onlangse munisipale verkiesing, was apartheid en "the Whites" wat glo hul grond gesteel het, die gunsteling slaansak van die ANC.
Velaphi Khumalo van die Gauteng Kuns en Kultuurdepartement skryf: "I want to cleanse this country of all White people ...White people in SA deserve to be hacked and killed ...". Gemeet aan Zuma en sy 'masjiengeweer', glo vele dat Thabo Mbeki gematig was. In Augustus 1971, na nege jaar in Londen, lewer hy egter 'n toespraak namens die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee in Beichlingen. Hy sê: "Why should we, in the Freedom Charter, say 'South Africa belongs to all who live in it, Black and White when our country is under foreign invaders, who even call themselves Europeans? Why therefore should we not say that South Africa belongs to the Black people? Why should we not say, 'Power to the Black people'? Comrades, we hope you will have something to say on these questions".
Die Negerdigter, Langston Hughes, sê: "A dream deferred does not mean it will never happen"! Miskien is dít Malema se opdrag? Sover die 1994 vryheid en gelykheid betref, wat op Britse aandrang verkry is, bly dit 'n bewese kommunistiese onmoontlikheid. Bowendien is daar tans nie 'n politieke party, die VF+ ingesluit, wat dit sal waag om nie vir Mandela as mensgod te vereer nie, almal is dus in 'n mindere of meerdere mate kommunistiesgesind!
Skryf H A Luushof in 1956: "Vryheid en gelykheid gaan nooit saam nie. Wanneer mense gedwing word om gelyk te wees moet hulle hul vryheid ontneem word. As mense maar 'n greintjie vryheid gelaat word, sal hulle altyd na ongelykheid streef, omdat dit die wese van die mens en die wese van die natuur is. Predikers van gelykheid wil meestal nie die laere ophef na die hoëre nie, maar die hoëre na benede trek".
Ten grondslag van Verwoerdiaanse apartheid lê 'n Calvinistiese inslag soos verwoord deur dr Albert Hertzog. Die belangrikste hiervan was die erkenning van die soewereiniteit van God drie-Enig, daarom dat dié gesag in die aanhef van die grondwet van die ou RSA weerspieël is. In die Nuwe RSA-grondwet is God se gesag vervang met 'n Akte van Menseregte.
Die naas belangrikste was die regskapenheidbeginsel, dit wat ek vir myself gun, gun ek ook vir die ander volkere in die Skepping. Daarom volle onafhanklikheid vir die tuislande sodra hul tot volwassenheid en lewensvatbaarheid gevorder het. Die Britte daarenteen, het die Anglikaanse Staatskerk as wapenrusting. Dié kerk het sendelinge na SA gestuur om bevrydingsteologie in teenstelling met Calvinisme te kom verkondig.
Harry Antonides sê dat bevrydingsteologie 'n sekulêre program vir revolusionêre verandering is . Die verskil tussen bevrydingsteologie en ortodokse Christologie, lê in die definisie en remedie van sonde. In die Christologie is opstand teen God en ongehoorsaamheid aan Sy Woord, sonde. Die enigste weg vir verlossing is deur Christus en Sy genade. In bevrydingsteologie is selfsugtigheid wat in sosiale strukture gesetel is sonde en kan net oorkom word deur die strukture te verander. Meer spesifiek om kapitalisme met sosialisme te vervang. In so stelsel verdwyn die grense tussen kerk en wêreld. Die kerk sien homself dan nie meer as 'n eksklusiewe Woordverkondiger nie, maar staan radikaal in diens van die mens. By 'n konferensie van Anglikaanse priesters wat deur biskop Ambrose Reeves byeengeroep is, het 39 uit die veertig teenwoordig, ANC-ledekaarte getoon!
Tutu, wie onder die Hamer & Sekelvlag preek, het op 28 Julie 2016 op TV bevestig dat hy 'n Londen-opgeleide bevrydingsteoloog is. Hy sê: "God is not even handed, he is on the side of the poor and oppressed". Terwyl Tutu, Knight of Malta en Bilderberger egter soos 'n "fairy-tale prince" geleef het, het hy die sanksieveldtog teen SA bedryf.
Volgens die Wall Street Journal, het sanksies teen 1992 vir SA oor ses jaar, 500 biljoen Rand gekos. "Because of it, some two million people, mainly Blacks, were thrown on the unemployment scrapheap, many never to work again". Maar, die skynheilige anti-apartheid, anti-Bantustans Britte, het hul eie agendas gehad. So ook hul eie Bantustans, waaronder Lesotho, Botswana en Swaziland. Sarah Gertrude Millin skryf oor 'n sendeling: "There was a missionary called Dr. Philip speaking very hotly on behalf of the coloured races, saying they would be exterminated if they were exposed to intercourse with the white people, that the only remedy against this was to establish Bantu states ruled over by chiefs under the guidance of missionaries, and that such Europeans as the missionaries considered undesirable should be excluded from these states".
Toe dr Verwoerd egter die geldmag by name Anton Rupert nie wou toelaat om sy besighede waaronder drank en sigarette, midde in die tuislande te vestig nie, moes hy gedood word. Millin skryf dat segregasie nie 'n nuwe ding is nie. Honderd jaar gelede het die sendelinge 'n vorm daarvan propageer. Die eerste Transvalers was ten gunste van absolute skeiding tussen Swart en Wit en dié idee is deur Sir Theophilus Shepstone ondersteun. Millin skryf verder dat die Britse regering die 1820 Britse setlaars gevestig het as buffer, omdat "the Kaffirs were becoming very dangerous". 'n Voormalige redakteur van die Rand Daily Mail het in 1952 in White Man's Africa geskryf: "The policy called 'apartheid' which now evokes such hostility abroad is not a new and more evil way of treating Blacks and Coloureds. 'Apartheid' is simply the Afrikaans word for separation - and separation has been the underlying principle of the policy of Europeans in the African sub-continent for generations".
HW Hancock skryf in dieselfde trant: "Apartheid was a new word for the segregationist policies which all previous governments had pursued on this or that sector of the racial front, but never as yet along the whole unbroken front of racial theory and practice". Dit sluit al die Engelse koloniale regerings van voor Uniewording in 1910 in, sowel as die latere Engels-oorheersde bewinde.
Slegs enkele voorbeelde van apartheidswette vóór die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het:
- Paswette is in 1820 deur die Engelse-regering aan die Kaap in Bathurst ingestel.
- In 1894 het die Rhodes-regering apartheid in sport opgedwing.
- Die Jameson-regering het in 1905 apartheid in die Kaapse skole wetlik vereis.
- In 1896 het die Engelse regering in Natal die Indiërs van die kieserslys afgehaal.
- Die Engelse regering in Natal het ontug oor die kleurgrens verbied meer as 'n eeu voor die 1957-Wet van die NP-regering.
- Die Engelse regering aan die Kaap het vereis dat in transportaktes bepaal moes word dat Kleurlinge nie die grond mag bewoon nie.
- Die Suid-Afrikawet van 1909 wat deur die Britse Parlement goedgekeur is het bepaal dat net persone van "Europese herkoms" lede van die SA-parlement mag wees.
- Die 1913-Wet op Grondbesit, om "separation of Black South Africans and White South Africans as occupiers of land" te bewerkstellig.
- Die 1925-Wet op Myne en Bedrywe wat deur 'n Engelse Minister van die Arbeidersparty deurgevoer is en wat werkreservering ingestel het.
- Die 1936-Hertzog/Smuts-Wet waardeur Swartes van die Kaaplandse kieserslys verwyder is en waardeur uitvoering gegee is aan die ander aanbeveling van die Lagden-kommissie, naamlik "separation of Black South Africans and White South Africans as voters".
Laastens, skryf Millin dat daar in 1926 'n koestering vir "whiteness" in die Unie van SA was. Lesse is geleer en juis daarom moet tradisies en elke taboe in wetgewing vasgelê word: "There shall be no brotherhood between black and white. At best, perhaps a stepbrotherhood. No more. The soundest and fairest observer of black and white inter-relationships in South Africa, Maurice Evans, has laid down the following three fundamental principles for the future association of the races:
1. The white man must govern.
2. The Parliament elected by the white man must realise that while it is their duty to decide upon the line of policy to be adopted, they must delegate a large measure of power to those specially qualified, and must refrain from undue interference.
3. The main line of policy must be the separation of the races as far as possible, our aim being to prevent race deterioration, to preserve race integrity, and to give to both opportunity to build up and develop their race life".
Toe bogenoemde geskryf is, het dr Verwoerd pas afgestudeer. Hoe op aarde kon hy die "argitek van apartheid" wees?
Twee hoogs irriterende klippe in die apartheidskoen is die stelling dat apartheid nie gewerk net nie en dat dit nooit in wetgewing vasgelê moes word nie, siende dit oral in die wêreld van nature beoefen word. Wetgewing het glo onnodig aandag daarop gevestig. Apartheid is in sy kinderskoene deur Vorster & Kie nekomgedraai, hoe kon dit nie gewerk het nie? In 'n artikel getiteld, The sad state of the Transkei (9/9/2012), word berig dat, " ...the Transkei is becoming a wasteland with little development ... After 1994 there was an exodus of industries ... " en "starvation is rife", ten spyte daarvan dat dit die bakermat van al die groot geeste van Umkonto We Sizwe, soos Mandela, Mbeki, Tambo, Sisulu en Hani was.
Anders as Dr Verwoerd se vooruitsig van 'n ontwikkelde Xhosastaat, leef Nuwe SA politici, gemeenskap- en tradisionele leiers aldaar, soos Afrika-despote terwyl die bevolking krepeer. Die enigste inkomste is van staatstoelae en mynersalarisse. Dié pleidooi is galgehumor: "The matter of the Transkei must be taken seriously and treated with the urgency it deserves. National government must intervene and put an end to all this chaos"!
Wette was nodig om skeiding tussen rasse en volke te bring om die beleid van afsonderlike ontwikkeling/apartheid te laat slaag. Netso was menseregtewette nodig om apartheid ongedaan te maak en die onwerklikheid dat daar geen rasseverskille sou bestaan nie, op te dwing aan die werklikheid van rasseverskille. Die mens is van nature bedorwe, hy het wette nodig om hom te tem spesiaal in 'n sekulêre staat. Menseregte in die Nuwe SA, het selfs ongeskrewe morele waardes van die ou SA vervang. Die eindresultaat is dat afwykings soos homoseksualiteit hand oor hand toegeneem het, soveel so dat die debat daaromheen, die N G Kerk van sy laaste stukkie fondament gestoot het.
Rasvermenging is ook aan die orde van die dag. Siende nasionalisme die enigste teenvoeter vir Kommunisme is, moes dr Verwoerd vermoor word alvorens 'n blok van nasionalistiese state in die Suidelike halfrond die kommunistiese Nuwe Wêreldorde in sy spore sou stuit. Die Nuwe Wêreldorde vereis rasvermenging om die behoefte aan 'liefde vir die eie', genaamd nasionalisme, 'n Calvinistiese lewens en wêreldbeskouing, te vernietig. In 1922 stel die Bolshevikleier Selenkov, dit so: "We must create a climate of anti-nationalism and anti-racialism amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to meaningless obstructions and make racialism a dirty word".
Die migrante-krisis in Europa en meer spesifiek Brittanje het in 'n debat oor die wetsontwerp ter bevordering van Bantoe-selfbestuur, in die Volksraad op 20 Mei 1959, profeties te berde gekom. Die Brits/Joods/Amerikaanse-geldmag is in die SA parlement verteenwoordig deur die Verenigde Party (VP alias Sappe). Die VP was ten gunste van 'n veelrassige een mens, een stem Suid-Afrika. Die VP-argument was dat voor die Eerste Wêreldoorlog in 1914 aparte bestuursgebiede moontlik was. Daarna het soveel Swartes egter die land binnegestroom dat skeiding van enige aard nie meer haalbaar was nie.
Dr Verwoerd het die VPdaarop gewys dat hy nie 'n hensopper is wat die land afstaan aan 'n bloedlose verowering nie en dat die VP een groot Bantustan vereis. Dan volg die profetiese woorde: "Ek wil die vergelyking maak met wat in Brittanje sou gebeur as hy sou toelaat dat die Jamaikane in so 'n mate Brittanje binnetrek, ook agter die werk aan, dat hulle op die ou end die getallemeerderheid in Brittanje sou uitmaak (as so 'n groot immigrasie moontlik was binne so 'n landgebied). Sou die Britte stilweg net sê: Ons keer hul intrek nie, en sodra hulle by die 70,000,000 en 80, 000,000 is en ons is maar 59, 000,000 (of wat ookal), dan is hulle in die meerderheid en deurdat hulle almal gelyke regte moet kry, is Engeland maar voortaan hulle s'n! Dit is verspot, maar gelyk aan wat nou hier in SA volgens die argument van die VP moet gebeur. Die intrekkende Swart werkers het so baie geword dat 'n veelrassige staatsbestuur moet volg en hulle also die veroweraars kan wees van blanke SA, net soos die Wes-Jamaikane dit van Engeland sou kon word as dit sou toegelaat word dat hulle presies dieselfde proses mag deurvoer wat die agb. Leier van die Opposisie beweer hier plaasgevind het sedert die Eerste Wêreldoorlog. Dit is die koddigste argument wat ek nog ooit gehoor het ter bepleiting van die toekenning van politieke regte aan die Bantoe en van die bewering dat ons onsself nie mag beskerm en die landsbestuur nie vir onsself mag hou nie. In Botha, Smuts en Hertzog se tyd was dit nog reg, ja, maar nie in ons tyd nie, want ons is deur die getalle intrekkers klaar verower!