Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons beproef word, moet ons God nie gedurig met verwytende vrae bestook nie. Soek eerder ‘n nuwe ontmoeting met Hom, ja, ‘n nuwe ervaring van sy teenwoordigheid en grootheid. Om God te midde van ons nood opnuut te vind, is een van die heerlikste winste wat beproewing kan oplewer.
WAAROM BLANKES MOET STERF
JH Koekemoer
|
“As its our foremost task, the South African Communist Party strives to unite all classes of oppressed and democratic people for a national democratic Revolution to destroy white domination.” - Uit die SA Kommuniste se ‘Swart Republiek Beleid’, 1928. Die feit dat die Kommuniste ons land in 1994 op ’n skinkbord gekry het, het nie vir hulle die einde van “white domination” verteenwoordig nie want om die politieke mag te besit is nie al wat hulle wou hê nie. Hulle wil ons land hê, élke duim daarvan. Daarom moet die Witman uit die pad gevee word. En na 82 jaar staan ons uiteindelik voor die finale fase van hulle “democratic Revolution” waarin Blanke teenwoordigheid in Suid-Afrika op Afrika-wyse uitgewis moet word. Die idee met hierdie artikel is nie om ’n lywige lesing oor Kommunisme te gee nie maar om beter te begryp waar die gedagte vandaan kom om Suid-Afrika “an independent Native Republic” te maak en te praat oor hoe dit tot uitvoer gebring moet word, hierdie amper voltooide kommunistiese ideaal met ook ‘n paar verrassings vir die Kommuniste, onverwagte wendings deur ‘n Hoër Hand wat die verwagte uiteinde sal omswaai. Daar is verskeie uitlegte oor wat Kommunisme is. Die een wat ons eie landsvaders in 1950 geformuleer het toe hulle dit nodig geag het om die Kommunistiese Party van Suid-Afrika tot onwettige organisasie te verklaar lui ten dele dat Kommunisme die leer is van Marxistiese Sosialisme soos vertolk deur Lenin of Trotsky. Mens kan byvoeg, vertolk en toegepas ook deur Stalin, Kroetsjef en andere. In praktyk beteken Kommunisme egter eenvoudig die diktatorskap van ‘n kommunistiese party, gewoonlik ’n klein groepie wat alle mag in hulle hande het, ook die kapitaal in die land waarmee hulle hulself verryk, soos die ANC wat miljarde rande van die Blanke belastingbetaler jaarliks teen die mure uitspuit en vinnig besig is om die land ekonomies in duie te laat stort, 'n proses wat deur die verkwisting op destydse sokkertoernooiuitgawes met rasse skrede verhaas is. Wanneer het die idee van ‘n kommunistiese regering vir Suid-Afrika amptelik momentum gekry? In Suid-Afrika het die Kommunistiese Party tydens ’n konferensie in Desember 1924 besluit om die Swarte se belange ten koste van Blanke welvaart te bevorder, ’n besluit wat in 1928 die amptelike goedkeuring van die Komintern in Moskou ontvang het waar daar toe ’n konsep-resolusie oor Suid-Afrika opgestel is vir bespreking deur die Kommunistiese Party in Suid-Afrika. Die leuse van hierdie resolusie wat later amptelike beleid geword het, het gelui: “An independent Native Republic as a stage towards a worker’s and peasant’s government” - die sogenaamde Swart Republiek. Interessant is dat die ANC in 1912 gestig is as ’n suiwer ‘Bantoe’-organisasie met ekonomiese en politieke vooruitgang van die Swart man as enigste strewe. En soos met Blanke organisasies gebeur, het die ANC ook deur kommunistiese insypeling sy oorspronklike karakter verloor en slegs ’n werktuig van die Moskou-georiënteerde Kommunistiese Party van Suid-Afrika geword. So is daar op hulle jaarkongres in 1947 gesorg dat feitlik al die ou gematigde Swart leiers plek moes maak vir bekende Kommuniste, wat die voorspel was vir die ‘Volkskongres’ in 1955 by Kliptown waar die Freedom Charter, die bloudruk vir Blanke volksmoord, opgetrek is en die Kommunis, Joe Slovo dit self ter skrif gestel het. Die vooruitsig wat Mandela van Suid-Afrika met ‘n kommunistiese regering gehad het was een van voorspoed vir die owerheid self, hoofsaaklik omdat hy dit in lande met Blanke kommunistiese regerings gesien het, regerings wat ook hulself verryk het ten koste van hulle burgers maar die land nog 'n tyd lank op die oog af suksesvol ekonomies kon bestuur. As Swartman kon Mandela nie voorsien dat die korrupsie van ‘n spul Swart Kommuniste in Suid-Afrika ‘n ekonomiese ineenstorting teweeg sou bring nie. In ’n dokument wat die polisie op 11 Julie 1963 by Rivonia gekonfiskeer en later deel van Mandela se boek met dieselfde titel uitgemaak het, “How to be a Good Communist”, het hy Suid-Afrika onder ‘n kommunistiese regering só geïdealiseer: “Under a Communist Party Government, South Africa will become a land of milk and honey… there will be enough land and houses for all. There will be no unemployment, no starvation and no disease. Workers will earn decent wages, transport will be cheap and education free. The victory of Sosialism in the USSR, in the Peoples Republic of China, in Bulgaria, Czecholovakia, Hungary, Poland and Rumania, where the living conditions of the peoples were in many respects similar and even worse than ours, proves that we too can achieve this important goal.” - ‘voorspoed’ vir die burgery wat natuurlik nie waar was nie, net soos dit ook nie in ons land gerealiseer het nie. In Rusland en al die ander lande wat hy genoem het, het volkere swaar gebuk onder die juk van Kommunisme. Daarom dat talle uit hulle kommunistiese “paradyse” na vrye lande van die wêreld gevlug het, in sulke groot getalle dat die heersers verplig was om grense met doringdraadversperrings, mynvelde, gewapende wagte en masjiengeweertorings te verseël. Maar die owerhede self kon vir ‘n tyd lank floreer met die geld van die verdrukte burgers. Nog so ‘n voorbeeld is Zimbabwe en ander Afrikastate rondom ons waar die kommunistiese despote dit vir alle burgers onmoontlik maak om te oorleef, vandaar die miljoene onwettige honger Swart immigrante op die oomblik in Suid-Afrika. Wat die betrokkenheid van die ANC-jeugliga betref ten opsigte van die militante rol wat hulle in die rewolusie vertolk, weet ons dat jeugaksies een van die belangrike arms van Kommunisme is. In 1935 het die Russiese Kommuniste besef hoe belangrik dit is om die jeug te betrek. Die Kominternkongres van daardie jaar is meegedeel dat die Kommuniste tot op daardie tydstip nie daarin geslaag het om die jeug van die wêreld te organiseer nie. “Ons moet hulle gemoed en denke probeer peil. En as die weg na hierdie nuwe geslag meebring dat ons ’n nuwe taal moet praat, dat ons leë slagspreuke moet verwerp, dat ons ou skemas en metodes moet verander, dan sal ons dit sonder aarseling doen,” het hulle by daardie kongres besluit. En daardie besluit het as wêreldwye suksesvolle poging ook hier geslaag as daar na Malema met sy opswepende haatgesange en sy grootbek trawante geluister word. Dit was ook die ANC-jeugliga wat net voor die sokkeraanbieding hier in Suid-Afrika, vars militêre opleiding in Zimbabwe ontvang het. Vandag is Malema binne sy EFF ‘n tekenende toonbeeld van die gevolg van uitdagende jeugaksies se militante opleding. En die ANC-jeugliga is tans weer besig met intensiewe opleiding in querilla-oorlog waar wapens en ander militêre toerusting gebruik word. Dit blyk dat hulle hul nou met hernude ywer voorbereid vir die finale fase van rewolusie waartydens die Blankes uitgewis moet word. ‘n Kommunis móét vernietig of self vernietig word, dit is sy uitgangspunt; daar is nie ’n tussenweg nie. Ons moet onthou dat Kommunisme begin het as ’n rewolusionêre beweging met dié fundamentele siening dat oorlog en stryd ’n normale toestand is, ’n toestand van totale stryd tot die dood toe tussen die Kommuniste aan die een kant as die kampvegters vir die ‘onderdrukte massas’, en die ‘kapitalistiese imperialiste’ as die ‘onderdrukkers’ aan die ander kant - eenvoudig gestel, in Suid-Afrika beteken dit oorlog tussen die ANC en die Blankes. Die stryd van die Oktober-rewolusie in 1917 in Rusland het bewys Kommunisme maak ook nie verskil tussen ’n oorlogtoestand en ’n vredestoestand nie, daarom is militêre strategie ’n normale deel van hul politieke beheer. Stalin het al in 1923 vir ons die belangrikheid van kommunistiese strategie verduidelik in sy boek Oor die Strategie en Taktiek van die Russiese Kommuniste waarin hy onder andere geskryf het “Die belangrikste taak van strategie is die bepaling van die fundamentele rigting waarlangs die werkers moet beweeg en waarlangs die gunstigste omstandighede geskep kan word vir die hoofaanslag van die proletariaat (in Suid-Afrika die Swart massas) teen hul opponente (die Blankes), vir die verwesenliking van die doeleindes van hul program. Die strategiese plan is ’n plan vir die organisering van die beslissende slag in die rigting waarin die slag in die minste tyd die grootste resultate kan behaal.” Teen hierdie tyd het moes ons al besef het dat die strategiese plan vir daardie beslissende slag deur die Swart massas op die Blankes reeds georganiseer is om in die minste tyd die grootste resultaat te behaal wanneer hulle in derduisende met pangas en die Witman se wapens Blanke woongebiede invaar. Onthou wat die Kommunis se strewe vir Suid-Afrika is: ’n Swart Republiek. Hoe wil hy dit bereik? Deur die Witman te elimineer, hom te verjaag en te vermoor as dié nie self wil vlug nie. Dít doen hulle al vir jare lank met 'n lae intensiteit oorlog maar in die finale fase sal dit oorgaan in ‘n volskaalse bloedige oorlog want die “beslissende slag moet gelewer word met die grootste resultaat in die minste tyd”. Mnr Jaap Marais het dit herhaaldelik gestel dat hierdie Swart kommunistiese bestel in duie sal stort omdat dit nie oor die duursaamheid van die belangrikste twee voorwaardes beskik nie naamlik ’n groeiende ekonomie, en ’n respek vir wet en orde. Die gebrek daaraan het van die kommunistiese owerheid ’n wankelende struktuur gemaak waarvan die ineenstorting met groot geweld gepaard sal gaan. Die ontwikkelende rewolusionêre situasie het reeds ver gevorder en die onvermoë van die Swartes om die land te bestuur het ons nou baie naby aan daardie ineenstorting gebring. “Omdat hulle prioriteit wraak en uitwissing van die Blanke is sal so ’n ineenstorting met groot bloedvergieting en geweld gepaardgaan. Ons moet ons voorberei vir wanneer al hierdie dinge in duie sal stort,” was mnr Marais se woorde reeds in Augustus 1994. Hoe kan ons daarvan seker wees? Nêrens in Afrika, ook nie in Haïti, het ‘n Swart regering geslaag nie. Hierdie regerings het hulle state in die afgrond in bestuur met rampspoedige gevolge waar grootskaalse geweld nie uitgebly het nie. Kommunisme self het dwarsdeur die wêreld miljoene mense se lewens geëis en ook nêrens as regeerorde geslaag nie. Is daar enigiemand so naïef om te glo dat ‘n Swart kommunistiese regering dan sou slaag? En as hy nie slaag nie móét hy mos een of ander tyd ineenstort. Wat bly daar vir óns oor om te doen? 1) Tref alle veiligheidsmaatreëls denkbaar; 2) Skaf soveel moontlik ekstra lewensnoodsaaklikhede aan; 3) Bewapen uself; 4) En die belangrikste, bid sonder ophou, hou die hoof Omhoog en pleit dat die Almagtige God van hemel en aarde ons sal begenadig sodat ons nie van angs beswyk of wreedaardig aan die hand van die Swart barbaar sal sterf nie. Ons moet gereed wees om ons land terug te neem en bereid wees om te veg daarvoor, daar sal nie plek wees vir oorgeërs en papbroeke nie. Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held! Laat u helde, HERE, dan hierheen aftrek. |