Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Tyd; dis ‘n belangrike woord. Jy moet dit hê om te kan regmaak. Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie. Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het nietoe hulle die tyd gehad het.
DIE HELE SA IS DUUR BETAAL
Is die grondaansprake
van die Swartes
geregverdig?
Nie net is die Christendom en beskawing na Suid-Afrika gebring nie, maar met verloop van jare het vanselfsprekend uitbreiding plaasgevind en is talle distrikte gestig sodat wet en orde gehandhaaf kon word en die veeboer-pioniere aan die voorpunt van die voortdurende uitbreiding nie in die geloof sou veragterlik nie. In die moeilike bestaan het hulle ook nog te doen gehad met wilde mense, te wete Boesmans (San) en Hottentotte (Khoi) wat hulle besteel en veewagters vermoor het. Vir 126 jaar was daar geen etniese Swartes in die gebied nie en eers teen 1778 is die eerste keer met die voorhoede van die Xhosas by die Visrivier in aanraking gekom. Lees in hierdie volledige uitgawe hoe Blankes telkens met geld, arbeid of vee, grond wettiglik verkry het.
Sedert 1806, met die tweede Britse besetting van die Kaapkolonie, het die Engelse owerheid stelselmatig sy gesag tot aan die Oranjerivier uitgebrei. Hieruit is dit duidelik dat die grootste deel van die Kaapkolonie deur Blankes bewoon en ontwikkel is. Die Britse regering het sy gesag mettertyd oor die hele gebied gevestig en so besitreg oor die gebied verkry. Dit is dus nie van die Swartes gesteel nie.
Wat die Kaapkolonie betref, het die Blankes sedert volksplanting in 1652 die grootste deel van hierdie gebied aan die woesteny ontworstel en leefbaar gemaak. In die smeltkroes van die tyd het die oorspronklike immigrante vanweë die gemeenskaplike probleme wat hulle die hoof moes bied, intiem met mekaar begin saamwerk, hulle identiteit mettertyd prysgegee en opgegaan in 'n nuwe volk, die Boerevolk, wat aanstons op Afrika-bodem sy beslag gekry het. Hieruit het ook 'n eie taal, Afrikaans, ontstaan — iets wat hierdie volk uniek maak.
Blanke aanspraak
In die binneland van die latere Suid-Afrika het sake ietwat anders verloop, maar ook daarop kan die Blanke met reg aanspraak maak.
Tussen 1835 en 1838 het die Groot Trek vanaf die Kaapse Oosgrens plaasgevind. Die beskuldigings word gemaak dat die Voortrekkers tydens en na die Groot Trek grond van vredeliewende swart stamme gesteel het en hulle verkneg, verslaaf en vermoor het. Ook dit is van alle waarheid ontbloot.
Tydens die Trek is op groot verlate en ontvolkte gebiede afgekom met doodsbeendere wat op talle plekke gestrooi gelê het. Volgens die getuienis van talle mense (wat jagters en eerlike sendelinge ingesluit het) was die binneland van Suid-Afrika deur barbaarse onderlinge uitdelgingsoorloë, iets eie aan hulle sedert hulle trek vanaf Midde-Afrika begin het, bykans ontvolk. In die proses is honderde duisende Swartmense deur ander Swartes uitgemoor. Prof. JD Omer-Cooper (The Zulu Aftermath: A Nineteenth Century Revolution in Bantu Africa) verklaar byvoorbeeld dat die swart bevolking in Natal gedurende die Difaqane (Mfecane), soos hierdie tydperk genoem is, met 90% verklein het.
Dieselfde het in die latere Transvaal en Oranje-Vrystaat gebeur. Die verskrikte en ontwortelde swart stammetjies wat die assegaailem ontvlug het, het in onherbergsame plekke soos berge, woestyne, spelonke en grotte die dood ontkom en het dikwels uiteindelik in hierdie benarde omstandighede van honger omgekom. Om te oorleef, het sommige hulle selfs tot kannibalisme gewend. Hierdie verwoesting is deur die Zoeloes onder Tsjaka (1816 tot 1828) en sedert 1824 ook deur die Matabeles van Mzilikazi veroorsaak. Dit het tot gevolg gehad dat groot dele van die binneland verlate en onbewoon was.
Dit was in hierdie gebiede wat die Voortrekkers ingetrek het, die beskawing en die Christendom met hulle saamgebring, en republieke gestig het.
Die Zoeloes en Matabeles wou dieselfde moorddadige strategie teen die Voortrekkers volg en het van die Trekkers oorval en talle op wrede wyse uitgemoor — iets wat die leiers nie ongestraf kon laat nie. Eers is die jaggeselskappe van die Erasmusse en Liebenbergs in die omgewing van die huidige Parys bykans almal uitgemoor en daarna is `n Voortrekkerlaer aan die Vaalrivier aangeval, maar die aanval is afgeslaan.
Op 16 Oktober 1836 het 6 000 Matabeles onder aanvoering van Kalipi die laer by Vegkop (naby die huidige Heilbron) met sy 33 weerbare manne aangeval. Dit is afgeslaan met die verlies van twee Voortrekkers, terwyl 430 Matabeles in die stof gebyt het. Die Matabeles het egter die aftog met al die Voortrekkervee geblaas en hulle sodoende gestrand gelaat. Daarna het die Voortrekkers onder aanvoering van Potgieter in 1837 twee strafekspedisies teen Mzilikazi onderneem.
Nadat hulle verslaan is, het hulle uiteindelik landuit gevlug. Hendrik Potgieter het hierdie gebied waaroor die "lem" van Mzilikazi regeer het, die Verowerde Gebied genoem en dit tesame met die Geruilde Grond, die gebied tussen die Vet- en Vaalriviere in 1844 tot Voortrekkergebied verklaar en die Republiek Potchefstroom-Winburg daarop tot stand gebring.
Ook hierdie grondgebied is derhalwe nie gesteel nie, maar in ooreenstemming met internasionaal-aanvaarde standaarde bekom.
Blanke republieke
Met die Sandrivier Konvensie van 1852 het Brittanje die onafhanklikheid van hierdie Boererepubliek, die Zuid-Afrikaansche Republiek, noord van die Vaalrivier, erken. Die implikasie is derhalwe dat hulle erken het dat die gebied aan die Boere behoort. In der waarheid kon die ontwortelde swart stammetjies na die onderwerping van Mzilikazi hulle skuilplekke verlaat en vreedsaam onder Voortrekker-gesag leef en vermeerder. Dit is die nasate van hierdie mense wat vandag allerlei grondeise stel en nie weet dat as dit nie vir die Voortrekkers was nie, hulle getalle nie vandag in die miljoene sou getel het nie, maar hulle almal sou uitgesterf het.
Die Voortrekkers het dus nie Swartes doodgemaak nie, maar wel gesorg dat hulle kon bly lewe en het niks om oor skuldig of skaam te wees nie.
In Mei 1845 het Potgieter nogeens `n republiek gestig, die keer in Oos-Transvaal, nI. die Ohrigstad-republiek, onder meer omdat hy nader aan die Portugese hawens in Mosambiek wou kom. Hierdie republiek is na vier onstuimige jare ontbind onder meer vanweë die feit dat die gebied deur malariamuskiete en tsetsevlieë geteister is. Op hierdie grondgebied kon ons voorouers dus met reg aanspraak maak en dit is dus ook nie van enigiemand gesteel nie.
In Januarie 1850 is die Lydenburg-republiek gestig. Die naam is gegee na aanleiding van die lyding wat malaria tot gevoig gehad het. Hierdie republiek is uiteindelik opgeneem in die Zuid-Afrikaansche Republiek. Ook hier was nie sprake van gronddiefstal nie.
Ook die Vrystaat was, nadat die Matabele-oorheersing beëindig is, vry en kon die ontwikkeling op dieselfde wyse as in die Oorvaalse gebied geskied. In 1854 het Brittanje ook die onafhanklikheid van hierdie gebied erken en het die Republiek van die Oranje-Vrystaat, wat Potgieter se Geruilde Grond ingesluit het, tot stand gekom, met eweneens dieselfde implikasie ten opsigte van eienaarskap. Ook op hierdie gebied kan dus vandag met reg deur die Afrikanervolk aanspraak gemaak word. Ook hier is niks gesteel nie.
Natal
In Natal het sake op bykans dieselfde wyse verloop. Omdat die Voortrekkers op beskaafde wyse wou optree en grond op 'n wettige wyse wou bekom, het Pieter Retief, nadat hy verneem het dat die grond aan die Zoeloe-koning Dingaan behoort, Dingaan in November 1837 in sy hoofkraal besoek en met hom onderhandel om grond aan die Voortrekkers af te staan. Na aanvanklike onwilligheid en ongegronde beskuldigings het hy ingewillig om die gebied tussen die Umzimvubu- en Tugelariviere, die Drakensberge en die Indiese Oseaan, 'n gebied wat bykans nooit deur enige Zoeloes bewoon is nie, aan Retief af te staan mits die Voortrekkers sy gesteelde vee by Sekonyela van die Thlokoa-stammetjie sou gaan afneem en aan hom terugbesorg. 'n Traktaat met die inhoud is tussen Retief en Dingaan gesluit. Retief het sy deel van die ooreenkoms nagekom, maar toe hy Dingaan drie maande later met die gesteelde vee besoek om die Traktaat te bekragtig, is hy en sy hele geselskap van sowat 100 man (71 Voortrekkers en 30 gekleurde agterryers) op wreedaardige wyse vermoor. Tien dae later (nag van 16 tot 17 Februarie 1838) het 10 000 Zoeloes die niksvermoedende Trekkers by die Bloukransrivier, Moordspruit en die Boesmansrivier oorval en 'n slagting aangerig. Ongeveer 300 van die Trekkers asook ongeveer 250 bediendes is op uiters wreedaardige wyse vermoor.
Hierdie verraderlike optrede kon nie ongestraf bly nie en die saak is uiteindelik op 16 Desember 1838 tydens die slag van Bloedrivier besleg toe die Voortrekkers o.l.v. Andries Pretorius die Zoeloes verslaan het. Op grond van die oorwinning by Bloedrivier (na onuitgelokte aanvalle) en die traktaat van grondafstand kon die Voortrekkers hierna aanspraak maak op die hele gebied waaroor Dingaan gesag gevoer het.
In 1839 het die Voortrekkers die Republiek van Natalia op hierdie grondgebied gestig. Ook Natal is dus op `n wettige wyse bekom. Ongelukkig het die Engelse vyf jaar later hierdie gebied geannekseer en het die grootste gros vryheidsliewende Voortrekkers, wat aanstons as Boere bekend geraak het, die gebied verlaat en hulle in die latere Transvaal en die Oranje-Vrystaat gaan vestig.
Verder is ook deur ons voorouers grond deur ruiltransaksies met swart stammetjies bekom, gewoonlik waar van hulle kapteins in onderlinge rusies en oorloë betrokke was en dan by die Blankes hulp gesoek het. So byvoorbeeld het Potgieter nog voor hy die Matabele-gevaar uitgeskakel het, die gebied tussen die Vet- en Vaalrivier vir 29 beeste van die Batuangkaptein, Makwana, geruil met die versekering dat hy Makwana teen die Matabeles sou beskerm. Die gebied het hy die Geruilde Grond genoem.
Met verloop van tyd het ook verskeie klein Boererepubliekies op grond van voorgaande ontstaan.
In die geval van die sogenaamde Kliprivier-republiek was daar egter nie Swartes wat hulp gesoek het nie, maar dit is bekom deur 'n dubbelhartige Mpande (Panda), wat na die verbreking van die mag van Dingaan in 1840 deur die Voortrekkers as Zoeloe-koning gekroon is.
Toe is die bestaande grense van hierdie republiek, naamlik die grondgebied tussen die Umzimvubu- en Tugelarivier, die Drakensberge en die Indiese Oseaan, uitgebrei om Zoeloeland tussen die Swart Umfolozien Tugelarivier en die Drakensberg in te sluit. Zoeloeland het as vasaalstaat onder toesig van die Voortrekkers gekom en die verhouding met Panda was aanvanklik goed. Sake het egter na die anneksasie van Natal deur die Engelse ingrypend verander, en ook die verhouding tussen die Voortrekkers en Panda wat toe 'n dubbelhartige rol begin speel het.
Nog voor die anneksasie het 'n sestigtal Voortrekkers in die Klipriviergebied geboer. Dit was nie deel van die grond wat kragtens die Traktaat deur Dingaan aan Retief afgestaan is nie. Hierdie Voortrekkers, soos die meeste ander wat nie direk na die anneksasie weg- getrek het nie, was gegrief oor die feit dat die Engelse owerheid na die anneksasie van Natal versuim het om die eiendomsreg op hulle plase te erken en oor 'n toestand wat ontstaan het soortgelyk aan die aan die Kaapse Oosgrens wat hulle onder meer die Groot Trek laat onderneem het.
Om sake vir hulleself te beredder, het die leier van die Kliprivierboere, AT Spies, Panda 1000 riksdaalders betaal sodat die Trekkers die hele gebied tussen die Buffels- en Kliprivier en die Drakensberg kon beset en as ewige eiendom kon bewoon. Hierop het dan die Kliprivier-republiek tot stand gekom.
Later het Panda-aan die Engelse ontken dat hy die gebied aan Spies-hulle afgestaan het. Op die lange duur het niks van hierdie republiek gekom nie en het die Slag van Boomplaats in 1848 uiteindelik `n einde aan hierdie sogenaamde republiek gemaak. Op grond van die kooptransaksie van Spies sou Blankes derhalwe ook op hierdie gebied aanspraak kon maak.
Ohrigstad
in Jaar na die totstandkoming van die Ohrigstadse Repubiiek (1846) het Potgieter en Omzwas van die Swazi's `n traktaat gesluit ingevolge waarvan 'n gebied aan Potgieter afgestaan is en die grense bepaal is vir 100 aanteelbeeste aan die Swazi's. Die grense sou strek vanaf die Olifantsrivier tot aan die Portugese grens en daarvandaan suidwaarts tot aan die Krokodilrivier, vandaar weswaarts tot aan die Elandspruit en tot aan "de 26ste Graadlyn, oostwaarts tot alwaar Krokodilrivier in Komati loop" en tot aan die grens van Delagoabaai. Ook hierdie gebied is dus op 'n wettige wyse deur Potgieter bekom en nie gesteel nie.
In 1856 is die Utrechtse Republiek gestig nadat dit sedert 1854 as die Cu Republiek bekend gestaan het. Ook hier het AT Spies 'n prominente rol gespeel. Hy het die gebied tussen die Tugela- en Buffelsriviere vir 100 beeste van Panda gekoop, wat natuurlik onnodig was aangesien dit deel van die grondgebied was wat die Voortrekkers met die Slag van Bloedrivier verower het. Ook hier was onmin aan die orde van die dag, aangesien daar twee groeperinge was wat verskil het of hy die ZAR aangesluit moes word of nie. Twee jaar later het die Utrechtse Republiek deel van die Lydenburgse Republiek geword en as onderdeel daarvan in April 1860 met die ZAR verenig.
Sedert die Engelse anneksasie van Natal in 1843 het sake op alle fronte agteruit gegaan. Selfs die Zoeloes was op die lange duur nie gelukkig nie en na die oorlog tussen die Engelse en die Zoeloes in 1879 het sake deur die onbeholpe reëlings van die Engelse verder versleg. In die proses is selfs die gesag van die Zoeloekoning, Cetswayo, seun van Mpande, grootliks afgetakel en sy grootste vyand, Sibepu, ten koste van hom bevoordeel.
Wanorde was aan die orde van die dag en dit het meegebring dat inbreuk op die vaag omlynde Transvaalse oosgrens, wat nie voorheen behoorlik omskryf is nie, gemaak is en dat talle vreesbevange Zoeloes selfs by die Transvaalse Boere kom skuiling soek het. Gevolglik het die Boere die inisiatief geneem en probeer om `n permanente oplossing vir `n vreedsame Zoeloeland te soek. Die plan het behels om Dinizulu, seun van Cetswayo, op die Zoeloetroon te plaas en hom te help om Sibepu tot orde te roep. Alle Zoeloekapteins is oor die plan ingelig en op 22 Mel 1884 is Dinizulu as die nuwe Zoeloekoning gekroon. As teenprestasie is skriftelik ooreengekom dat hy `n strook grond wat aan die ZAR grens sou afstaan waarin `n onafhanklike Boereregering tot stand kon kom. Ongelukkig is die juiste grootte van hierdie gebied nie omskryf nie en aan die Boere oorgelaat om daaroor te besluit.
Intussen het Sibepu egter besluit om Dinizulu die stryd aan te sê. Gevolglik het Dinizulu hom tot die Boere gewend en is Sibepu deur 800 blanke vrywilligers onder bevel van Lucas Meyer in die slag van Tshanini verslaan. Daarna het hulle 350 000 morg van die Zoeloegrond ontvang waarop die Nieuwe Republiek gestig is. Ook hierdie grond is dus nie gesteel nie, maar wettig bekom.
Aan die hoofdorp wat tot stand gekom het, is die naam Vryheid, in ooreenstemming met die Boere-ideaal, gegee. Hierdie verwikkelinge het nie die ZAR-regering aangestaan nie, want die regering was bevrees dat die ZAR ten gevolge van die swak Britse beleid by die Zoeloe-moeilikhede betrek mag word. Uiteindelik is die Nieuwe Republiek, soos ook van die ander republiekies, in Julie 1888 by die ZAR ingelyf.
Britse bemoeienis
Sedert die sluiting van die Sandrivier-Konvensie in 1852 het die Engelse hulle op onwettige wyse met die Swartes onder die gesag van die ZAR bemoei en met die 1870 Keate-uitspraak in die diamantveldegeskil asook die Konvensie van Pretoria in 1881, is van kwaad na erger gegaan. Nie slegs was daar onduidelikheid oor die wesgrens van die ZAR nie, maar van die opperhoofde was ook ontevrede oor wie deur die Britse owerheid as opperhoofde erken is.
Dit het dan ook nie lank geneem nie voordat die swart stamme aan die wesgrens aanmekaar gespring het. In die proses het Moshette, ‘n Barolong-opperhoof, `n bondgenoot in Massouw, `n Koranna-opperhoof gehad en die Barolong, Montsioa, weer ‘n bondgenoot in die Batlapin-opperhoof, Mankoroane. Mankoroane het Massouw aangeval.
Albei partye het hulle op blanke vrywilligers beroep. Massouw het die vrywilligers beloof dat hy aan elkeen `n plaas van 3 000 morg sou gee en dat hulle sou deel in die gebuite vee. Die gevolg was dat al meer blanke vrywilligers by Massouw aangesluit het, al het die ZAR-regering hom teen hulle betrokkenheid uitgespreek omdat hy nie by die moeilikheid tussen swart stamme betrokke wou raak nie. Die uiteinde van die saak was dat Mankoroane beslissend verslaan is, gedwing is om vrede te sluit en `n deel van sy grond moes afstaan wat as p!ase gegee is aan die vrywilligers wat Massouw gehe!p het.
Op die p!ase wat die vrywilligers van Massouw ontvang het, het GJ van Niekerk in Augustus 1883 die Republiek Stellaland gestig met Vryburg as die hoofsetel. Daar was in Stellaland eweneens twee groeperinge Blankes met uiteenlopende sienings. Die een groep het aansluiting met die ZAR nagestreef en die ander groep het in ooreenstemming met die-ideale van die aartsimperialis, CJ Rhodes, inlywing by die Kaapkolonie voorgestaan. Die uiteinde van die saak was dat hierdie republiek ook in 1884 ophou bestaan het, want met die Konvensie van Londen het die ZAR `n stukkie grond langs sy wesgrens gekry, terwyl `n gedee!te van Stellaland opgeneem is in die Britse protektoraat van Betsjoeanaland wat later jare by die Kaapkolonie ingelyf is. Ook hier was daar dus nie sprake van diefstal deur die Boere nie. Hierdie gebeure het ook die pogings van die ZAR om weswaarts uit te brei, finaal die nek ingeslaan.
Stellaland en Goosen
Die Republiek Goosen en die Republiek Stellaland was soos ‘n identiese tweeling. Nie net het hulle aan mekaar gegrens nie, maar hulle totstandkoming en ondergang is deur dieselfde faktore beïnvloed, te wete Britse inperialisme en die feit dat hulle grondgebiede in die weg van die beoogde Britse uitbreiding na die noorde gelê het. Ook in die geval van die Republiek Goosen was daar ‘n verskil van mening tussen die belanghebbende partye oor wie die wettige swart opperhoofde in die gebied was — Moshette of Montsioa.
Moshette was soos Massouw pro-Boergesind en Montsioa soos Mankoroane pro-Enge!sgesind. Uiteraard sou die Boere dus eerder vir Moshette ondersteun en die Engelse vir Montsioa. Albei opperhoofde het in hulle stryd blanke vrywilligers gebruik en uiteindelik moes Montsioa om vrede vra. Soos in die geval van Massouw is met Moshette ooreengekom dat in geval van ‘n oorwinning elke blanke vrywilliger `n plaas van 3 000 morg sou kry — in hierdie geval in die gebied noordoos van die Moloporivier.
In 1882 is dan ook op hierdie grond die Republiek Goosen onder leiding van NC Gey von Pittius gestig, waarvan Rooigrond aanstons die hoofsetel geword het. Reeds in dieselfde jaar was daar pogings om die Republieke van Stellaland en Goosen te verenig, maar dit het nooit `n werk!ikheid geword nie. Ten einde laaste het die Republiek van Goosen ook in 1884 om dieselfde rede as die Republiek Stellaland tot niet gegaan, want dit sou die Britse imperialistiese ideale na die noorde in die wiele ry.
Na die dood van ‘n Swaziprins het die ZAR in 1874 ‘n kommando na die Swazi-hoofsetel, Ludidi, gestuur ter ondersteuning van Umbandine as nuwe koning. Dit het tot gevolg gehad dat twee ZAR-burgers, Frans Maritz en Joachim Ferreira, in 1876 `n stuk grond aan die suid-oosgrens van die ZAR vir krale, komberse, pikke en 14 ryperde ten bedrae van 180 pond van Umbandine gekoop het. Daarop is in 1886 die staatjie Klein Vrystaat, ongeveer 15 kilometer vanaf Piet Retief, gestig. Tydens sy hele bestaan was JJ Bezuidenhout die leidende figuur in hierdie staatjie. In 1891 het die ZAR die Klein Vrystaat tot genoegdoening van die Klein Vrystaters geannekseer en het die staatjie dus opgehou om as onafhanklike entiteit te bestaan. Ook wat hierdie grond betref, is niks gesteel nie.
Uit voorgaande behoort dit ongetwyfeld baie duidelik te wees dat die grondeise wat vandag gestel word, net swart opportunisme is. Daar is in werklikheid geen wettige of geskiedkundige reg of aanspraak op enige grond nie.
Die hele bohaai oor grondbesit en die sogenaamde gronddiefstal is een groot klug. Die regime neem met smaak daaraan deel. Sodoende kan blanke boere van die plase verwyder word. Die verlies aan voedselproduksie skeel hulle hoegenaamd nie.
Die Witman het nie grond gesteel nie. Die land wat ons voor 1994 as Blank Suid-Afrika geken het, is geskiedkundig en volkeregtelik die wettige besit van die Afrikanervolk!