Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons wonder soms wat van ons in hierdie deurmekaar wêreld gaan word. Maar sodra ons weer onthou dat by ons liefdevolle God niks onmoontlik is nie, word dit maklik om jou in sy Hande te stel. Soos Hy in Jeremia 32:27 vra: "Ek is die Here, die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?"
AFRIKANER- KULTUUR AS BASIS VIR DIE STRYD (2)
Dr Hendrik Breytenbach
Lees deel een by AFRIKANERKULTUUR AS BASIS VIR DIE STRYD
" Elke Afrikaner moet weer besef dat die kleur van sy vel nie 'n toevalligheid of 'n terloopsheid is nie. Dit is 'n gawe van God, wat tot diep dankbaarheid stem, maar ook die opdrag in hom dra om dié gawe aan sy kinders oor te dra."
"Dit is moontlik om 'n volk te vernietig. Dit kan gedoen word deur hom fisies uit te wis. Maar dit kan ook gedoen word deur hom te oorreed om sy kultuurbasis prys te gee, om af te sien van die geesteskrag wat hom uniek en strydvaardig maak."
"Omdat kultuur deur die lewende lede van 'n volk gedra word, het elke lid van die volk 'n deel om by te dra. Die basis vir die stryd is nie 'n rusoord nie. Hier word strydkragte versamel, toegerus en geoefen om die stryd te stry. Daarom moet elkeen wat dit met die Afrikanervolk goed bedoel en vir wie die lewe van die volk 'n saak van erns is, sy deel doen."
DIE SENTRALE WAARDES VAN DIE AFRIKANERKULTUUR
Vanuit hierdie wyer verbande tussen beskawing en kultuur, kan ons probeer om nou die vraag te antwoord na die kernwaardes in die Afrikaner se kultuur. Uit die Blanke beskawing waarvan hy deel is, en soos dit na hom gefiltreer is deur die spesifieke gestalte van sy Noord- en Wes-Europese afkoms, het hierdie kernwaardes of sentrale temas 'n unieke vorm aangeneem.
Die drie kernwaardes in die Afrikanerkultuur is al dikwels in die verlede deur baie bekwame persone aangetoon. Prof RD Coertze het dit in die Tiende HF Verwoerd-gedenklesing van 1984 so geformuleer:
"Hierdie dryfvere is sy godsdienssin, sy vryheidsin en sy afsonderlikheidsin."
Oor elkeen van hierdie sentrale temas moet baie bondig, enkele opmerkings gemaak word om as rigtingwysers te dien vir die taak vorentoe.
Die Afrikaner leef uit sy godsdienssin as Christen en hy is aan die geloof verbonde. Hy het, anders as alle ander volke, nie 'n heidense verlede en 'n stuk heidendom wat gestaltegewend op sy kultuur inwerk nie. Sy Christelike gehoorsaamheidsbesef en sy Christelike roepingsbewustheid het aan sy kultuur die gestalte gegee wat hy dra. Dit is in dié verband nie belangrik om die gehalte van sy Christenwees te beoordeel nie maar om te begryp: die tweeling van Christelike gehoorsaamheid en roeping het tot nou toe nog die belangrikste waardebron vir sy handeling gevorm.
Begrip van die Christelike geloof as waardebepaler vir die Afrikanerkultuur bring begrip mee vir die andersheid van die Afrikaner se lewens- en wêreldbeskouing. Dit bepaal tegelyk die gestalte wat die ander twee kernwaardes in sy kultuur aanneem, maar skep ook tegelyk die gestalte wat hy aan die periferiese gestaltes van sy kultuur gee. Sonder om in besonderhede in te gaan kan enkele voorbeelde genoem word: Sondagviering – en daarby Geloftedag; gesinslewe vanuit die sentrum van huisgodsdiens; die inrigting van sy eie staatshuishouding in erkenning van die oppergesag van God; ensovoort. Dit is alles anders as in die res van die Blanke beskawing en só eie aan homself dat dit hom selfs in spanning bring met die ander Blanke gemeenskappe in Suid-Afrika. Die kernwaarde van die Christelike geloof in sy spesifiek Calvinistiese vorm vir die Afrikanerkultuur is miskien nog steeds die beste uitgespel deur dr Albert Hertzog in sy beroemde, maar te min bekende, Calvinistiese toespraak voor die Parlement.
Die Afrikaner se vryheidsin het ontwikkel teenoor die imperialistiese drang van koloniale magte oor die duur van sy geskiedenis. Op sigself is dit eienaardig dat die Afrikanervolk wat gebore is in die wieg van koloniale strewe, so 'n weersin in elke vorm van imperialisme vertoon. Daarteenoor het hy hom in sy vryheidstrewe uit die staanspoor sterk op die ontplooiing van sy volkseie in volkseie strukture gerig. In sy nasionale strewe het sy godsdienssin so temperend en bepalend op sy vryheidskultuur ingewerk, dat hy homself by voorkeur as Christelik-nasionaal tipeer.
Enkele voorbeelde van sy vryheidskultuur is onder andere sy eie taal teen taalimperialisme; sy eie ekonomiese instellings teen ekonomiese imperialisme; sy eie opvoedkundige inrigtings teen onderwysimperialisme; en sy eie staat teen politieke imperialisme. In dieselfde verbande het hy nooit self gepoog om 'n imperialis te word deur al groter grond, bronne en mense te oorrompel en aan sy mag te onderwerp nie. Inteendeel; van die staanspoor af het hy juis gepoog om ander dieselfde vryheid te gun as wat hy vir homself opgeëis het.
Die Hollandse koloniste, anders as die Portugese en Spaanse koloniste, het 'n aanwysbare afsydigheid teen vermenging met die inboorlingvolke vertoon. Die afsydigheid wat reeds met die volksplanting daar was, het deur die loop van geskiedenis vir die Afrikaner gegroei tot die koersgewende beginsel in sy omgang met en verhouding tot die anderskleuriges in Suid-Afrika. Omdat hy homself as Blanke volk gesien het, was hy wel bereid om vreemde Blankes in sy geledere op te neem maar geen gekleurdes nie – selfs nie eers gekleurdes wat Afrikaans praat en tot die NG Kerk behoort nie!
In die Engelse kolonies van die Kaap en Natal, en later ook in die Unie, is die Afrikaner in dieselfde staatsverband met gekleurdes ingedwing. Dit val op dat dit die Afrikaner nie daartoe kon bring om hulle ook in dieselfde volksverband op te neem nie: selfs sonder 'n verbod was gemengde huwelike, verenigingslewe en woonbuurtes die hoë uitsondering. Miskien die sprekendste voorbeeld van die Afrikanergemeenskap in Angola ná die Dorslandtrek. Prof HG vd Westhuizen het dit in sy boek Herder van Angola duidelik uitgewys.
Tereg sê prof Coertze in die Tiende HF Verwoerd-gedenklesing: " Daar kan geen twyfel daaroor wees nie: die Afrikaner se gesindheid van afsonderlikheid is nie die standpunt van 'n reeks politieke figure wat vir die standpunt steun gewerf het nie. Dit kom uit die geskiedenis van die Afrikaner voort as 'n derde tema in sy totale volkwees."
Wanneer ons oor kultuur as basis vir die stryd praat, moet ons besef dat dít die drie kernwaardes is wat die basis vorm. Dit is die kernwaardes wat gestalte gee aan die Afrikaner as unieke, kultuur-eie volk. Sy eiendomlike as volk bou op hierdie kernwaardes. Natuurlik is daar baie kultuurgestaltes in sy daaglikse doen en late wat nie direk hiermee in verband gebring kan word nie maar wat op sy beurt weer verband hou met die wyer raamwerk van sy Europeër-wees en Blanke-wees. Dit moet ook in sy kultuurbasis verreken word. As die fondamentklippe of die basis wat daarop rus, uitgekalwe of verwoes word, spreek dit vanself dat die Afrikaner as volk, as óns volk, soos ons hom ken en soos ons begeer dat ons nageslag moet wees, van die wêreldtoneel sal verdwyn.
MET TROFFEL EN SWAARD
Tot hier het ons kultuur as basis met die beeld van 'n fondamentstuk verbind. 'n Basis is natuurlik ook iets anders: dit is 'n vesting, 'n stutpunt waar magte gemonster en toegerus word om 'n stryd te voer. Kultuur is ook in dié sin basis vir die stryd. Kultuur as basis dien as die versamelpunt vir die volk; as die saambindende punt waar die krag van sy geestesgoed gemonster word en waar die lede van die volk toegerus en voorberei word vir die stryd.
Dit is moontlik om 'n volk te vernietig. Dit kan gedoen word deur hom fisies uit te wis. Maar dit kan ook gedoen word deur hom te oorreed om sy kultuurbasis prys te gee, om af te sien van die geesteskrag wat hom uniek en strydvaardig maak.
Fisiese uitwissing is die maklikste en amper die enigste manier om 'n volk finaal en permanent uit te wis. Om 'n volk te oorreed of te beïnvloed tot volslae geestelike selfmoord, is byna 'n onmoontlik saak. Die oorredende invloed moet oorweldigend sterk wees en geslagte lank volgehou word. Maar so 'n invloed maak mense dikwels eerder koppig as bereid om te verander.
Om die Afrikanervolk te oorreed om te verbaster en te verAfrika, of om nie-Christelike, gewillige slawe te word, is nie op die duur 'n totale wesenlikheid nie. Daarom moet ons ook nie die gebeure op die kort termyn en op die politieke terrein nóú as absolutes en onveranderlikes beskou nie. Slegs as ons self ons basis prysgee, kan dit moontlik word. Maar as ons die basis beset, versterk en as versamelpunt van ons geesteskrag gebruik, kan geen menslike mag die Afrikanervolk vernietig nie. Dit is so, en dit miskien die belangrikste feit om in die huidige aan vas te hou, dat volke deur God geskep word. Hy bepaal hulle bestaantyd en hulle identiteit – nie die magte van mense nie.
Daarom moet ons, soos Nehemia van ouds, aan ons basis bou. Ons moet die mure wat vervalle geraak het opnuut versterk, die bolwerke wat ons ontneem is, opnuut oprig, die poort wat uitgeruk is, opnuut stewig insit. Soos Nehemia sal ons dit moet doen met die troffel in die een hand en die swaard in die ander hand. En ons sal moet weet: die swaard is daar om juis die bouwerk te beskerm teen diegene wat kastig met vriendelike bedoelinge voorgee om te help bou, terwyl hulle eintlik die bouwerk van binne wil ondermyn of tot stilstand wil bring.
Om met die troffel in die hand besig te kan wees, moet ons besef dat kultuur nie gebou en gedra word deur een of ander eteriese mag of swewende gedagte nie. Dit word ook nie gebou en gedra deur die uiterlike gestaltes van gewoontes, gebruike of seremonies nie. Kultuur word gedra deur die lewende lede van 'n volk, deur die mense wat die kernwaardes hulle eie maak en dit in hulle kultuurskeppende handelinge tot uitdrukking bring.
Bouwerk beteken dus dat ons, elkeen afsonderlik maar ook almal gesamentlik, self opnuut 'n herwaardering en nuwe verbintenis tot hierdie kernwaardes moet maak. Daarnaas moet ons dit in die opvoeding van ons kinders oordra – só oordra dat hulle dit ook vir hulleself sal toeëien. Verder sal ons onvermoeid buite ons eie kring die moedeloses en neergeslaandes onder ons volksgenote bewus moet maak van hierdie kernwaardes en hulle daartoe moet beïnvloed om dit opnuut hulle eie te maak. Dit geld nie net vir diegene in Jerusalem nie – ook die mense uit die buitedorpe, diegene wat assimileerbaar is omdat hulle binne die raamwerk van ons beskawingswaardes die kernwaardes van die Afrikanerkultuur onderskryf en hulle eie maak, moet deur ons in die volk en in sy stryd opgeneem word.
Oor die swaard in die hand hoef ons nie veel te sê nie. Dit lê voor die hand dat ons ons vyand, die wat buite is en veral die wat binne is, moet ken, moet uitken, aan die kaak moet stel en sonder enige kompromis moet teenstaan. Hier is twee dinge nodig: die gawe van onderskeiding en die moed om onverbiddelik op te tree teen elke poging om die Afrikaner van die kernwaardes van sy kultuur te vervreem.
PRAKTIES
Daar moet ook praktiese planne op die tafel kom vir optrede vorentoe. Aan dié faset kan ek maar baie kortliks aandag gee.
- Omdat kultuur deur die lewende lede van 'n volk gedra word, het elke lid van die volk 'n deel om by te dra. Die basis vir die stryd is nie 'n rusoord nie. Hier word strydkragte versamel, toegerus en geoefen om die stryd te stry. Daarom moet elkeen wat dit met die Afrikanervolk goed bedoel en vir wie die lewe van die volk 'n saak van erns is, sy deel doen. Ons moet dit doen in ons huise, onder ons vriende en kollegas, in ons kerke en orals anders waar ons die geleentheid het om'n ander volkslid te versterk, tot die stryd te oorreed of 'n teenstander in sy afbreekwerk teen te gaan.
- Die opvoeding en die onderrig van die kinders van ons volk moet teen elke prys in ons eie hande bly. Daar is wêreldwyd 'n ontwaking in die waardering van die gesin, van dissipline, van die geskiedenis, van die eiendomlike in 'n gemeenskap en die saambindende krag van etnisiteit. Die bewuswording moet ons aangryp en voluit benut, sodat ons ons volk se kinders opnuut kan opvoed om die kernwaardes van ons kultuur hulle eie te maak.
- Ons moet die bewustheid van ons Witmanskap en ons Europese afkoms sterk en lewend hou. Elke Afrikaner moet weer besef dat die kleur van sy vel nie 'n toevalligheid of 'n terloopsheid is nie. Dit is 'n gawe van God, wat tot diep dankbaarheid stem, maar ook die opdrag in hom dra om dié gawe aan sy kinders oor te dra. In sy eie rasse-aard lê sy roeping opgesluit. Hy moet daarop trots wees en hoef teenoor niemand skuldig te voel dat hy 'n Witman is en die waardes, norme en standaarde van sy Germaanse afkoms deel nie.
- Ons moet ons volk versterk deur sy getalle te versterk. 'n Ongebore Afrikaner kan nie in die stryd staan nie.
- Elke Afrikaner kan 'n bydrae maak tot die bevryding van ons volk. Ons kan dit doen op ekonomiese gebied, op arbeidsgebied, op taalgebied en op politieke gebied. Dit sal ons doen deur ons nie in die sisteme van allerlei imperialismes en nuwe kolonialismes te laat insleep nie, maar ons doelbeus op ons volkseie te rig, dit te ondersteun en te bevorder.
- Hoewel ons elkeen met sy eie, persoonlike bydrae die druppels vorm wat 'n stroom word, kan ons dit nie slegs op individuele vlak vermag om die basis te bou en te verdedig nie. Ons sal ook in ons organisasieverbande moet optree. Enersyds sal ons vyandiggesinde en afbrekende organisasies moet uitken en ons aan hulle moet onttrek. Andersyds sal ons nuwe strukture moet skep waar dit nodig is.
- Op die terrein van georganiseerde optrede val daar nog meer te doen as om net in organisasieverband op te tree. Dit is noodsaaklik om op 'n ad hoc-wyse georganiseerde aksies op plaaslike vlak te loods wanneer dit vereis word en moontlik is. In dié verband is dit uiters noodsaaklik dat die byeenkoms uit die Afrikaanse kerke om te besin oor die bevordering van die Calvinisme, dringend gereël word.
- Die onbuigbare wil van die Afrikaner om as volk sy vryheid en afsonderlikheid te herwin en te behou, moet ondubbelsinnig, hard en duidelik by elke moontlike geleentheid betuig word. Dit kan ons persoonlik doen, maar ook deur georganiseerde aktiwiteite en deur die stem van ons organisasies. Ons weet dat die Swart massa geen respek het vir die swakke nie en dat beskaafde norme van ordentlikheid gewoonlik deur hulle as swakheid verstaan word. Ons weet ook dat die Afrikaner nie van nature 'n militante, onverdraagsame of onbedagsame volk is nie en dikwels meen dat dit onbeskoftheid is om hom te laat geld en sy reg op te eis. Die omstandighede waarin ons ons bevind, eis egter van ons om nuut te gaan dink oor optredes wat nie teen ons eie grein in loop nie, maar wat ook nie as swakheid misverstaan kan word nie. Teenoor diegene wat met verraad en bedrog die Afrikaner in die ellende gedompel het en diegene wat hom verkneg en wil verbaster, moet ons baie, baie sterker en skerper optree as tot nog toe.
- Linton het aangetoon dat so lank as wat twee uiteenlopende en onversoenbare kulture of groepe in noue kontak met mekaar leef, amalgamasie tussen hulle op die lang duur byna onvermydelik is. Die amalgamasie kan vir 'n bykans onbepaalde tyd uitgestel word indien daar by albei groepe weerstand teen vermenging is. Hy sê egter verder: "If the inferior group desires to be absorbed and holds to its wish, it probably is impossible to prevent fusion from taking place sooner or later." Hierdie waarskuwing moet elke dag in ons ore klink, sodat ons ons wil om nie opgelos te word in die Afrika-massa, sterk en lewend sal hou. In ons wil om te leef as Afrikanervolk lê, menslikerwys gesproke, die sleutel tot die geesteskrag wat ons in die stryd tot oorwinning sal aanvuur. In ons eie persoon en in die volkspersoon moet die wil vas en sterk gebou word: 'n wil wat so vas soos 'n klipsteen staan.
- Dié waarskuwing vestig ons aandag op die werklike omvang van die stryd. Om op die duur aan die gevaar van absorpsie te ontkom, moet ons stry en werk om ons vaderland te herwin. En dit moet 'n vaderland vir die Afrikaner wees: 'n vaderland waarin hy vry sal wees om homself te wees. Die ideaal moet ons sterk en lewend en as haalbare werklikheid propageer; ons moet die ideaal dien deur dit met duidelike planne na te jaag totdat ons dit bereik het. Want vir ons volk om as volk te kan leef, is dít die voorwaarde wat ons nie kan omseil nie.
- Ten slotte: Ons kan sonder God nie ons basis bou, beset of verdedig nie. As ons nie in die geloof standhou nie, sal ons nie standhou nie. Daarom moet ons biddend leef en werk. Ons onoorwinbare geesteskrag kom immers uit die hand van God, by Wie ons in hierdie tyd met al die erns van die geloof moet bly pleit:
- "Op u Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly;
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer."