Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die wêreld word besoedel met vuil taal. En min mense dink nog dit is verkeerd en afstootlik want almal doen lustig mee, selfs Christene wat daarvan niks dink om kru woorde selfs net in 'n grappie oor te vertel nie. As jy die HERE reg langs jou kon raaksien, dag en nag waar Hy werklik is want Hy is jou Vader wie se Heilige Gees voltyds by jou as kind van God is, sou jy nog so los en vas kragwoorde uiter? Of sou jy behoorlik skaam gevoel het oor die manier waarop Hy na jou kyk...
HERSTEL ONS NASIETROTS!
HERSTEL VAN DIE AFRIKANER SE SELFRESPEK EN HISTORIESE BEWUSSYN
Deur Johan de Ridder
"Ons nasietrots kan nie herstel word deur massa-optredes of deur groot getalle nie, maar wel deur 'n ware geloof en nederige vertroue en gehoorsaamheid aan die Almagtige God, 'n onverskrokke toewyding aan ons saak en 'n strewe na uitnemendheid op alle terreine."
Prof Willie Esterhuyse het die volgende stelling gemaak: "Ten spyte van die verset teen apartheid was daar altyd respek vir die integriteit en eerlikheid van die Afrikaner. Hierdie respek het die afgelope jare ernstig verswak. Trouens talle en talle Wit Afrikaanstaliges wil selfs nie "Afrikaners" genoem word nie – jy tas hulle eer aan as jy hulle so noem."
Prof Esterhuyse is bekend as een van die pioniers van anti-apartheid – die proses waarvan ons vandag die rampspoedige restultate beleef. Dit is dus te begrype dat hy kan sê: "FW de Klerk het genadiglik die morele politieke verval gestuit" en "Afrikaners kan weer met selfrespek die wêreld en hulle ander landgenote in die oë kyk." Verder verkondig hy: "Trouens, selfs die woord 'Afrikaner' sal nog gerehabiliteer moet word – as dit enigsins moontlik is." Hy stel die vraag: "Het ons die wil en vermoë om ons woord op politieke en ekonomiese gebiede, om van ander nie te praat nie, so in ere te herstel dat ons wêreldwyd weer eens respek sal afdwing?"
Hierdie enkele aanhalings illustreer 'n ironie wat dikwels voorkom, naamlik dat 'n mens met baie van die stellings en vrae kan saamstem, maar om presies die teenoorgestelde redes as dié wat prof Esterhuyse motiveer.
Ook illustreer die artikel die saak waaroor hierdie referaat handel en die diepgaande en blybaar onversoenbare verdeeldheid wat daar in Afrikanergeledere ontstaan het.
Wanneer die vraag dus beantwoord moet word: "Wat moet ons doen om die Afrikaner se selfrespek te herstel?" moet eerstens aanvaar word dat Afrikaners, trouens soos alle volke, bestaan uit mense met uiteenlopende sienswyses en oortuigings. Soos die volgende kort samevatting verder beklemtoon:
NASIONALISME
Daar is:
- Nasionaliste, internasionaliste en liberaliste.
- Diegene wat trots is op hulle herkoms, taal en geskiedenis.
- Diegene wat absoluut lou is teenoor dié waardes.
- Andere wat selfs vyandig is teenoor dié waardes.
RASSESKOUING
- Diegene wat glo dat integrasie met ander rasse wenslik is.
- Diegene wat glo dat integrasie met ander rasse onvermydelik is.
- Diegene wat glo dat integrasie onwenslik of selfs noodlottig sal wees.
GRONDGEBIED
- Diegene wat glo dat die hele gewese RSA uitsluitende die geskiedkundige gebiede van die Swart volke, die Afrikaners se land is.
- Diegene wat glo dat ons moet stry of onderhandel om 'n deel van die land as 'n volkstaat te verkry.
- Ander wat glo dat die vryheid van die gewese Boererepublieke herstel meot word.
- Hulle wat glo dat 'n volkstaat met integrasie en sonder Afrikanernasionalisme moontlik is.
- Ander wat glo dat 'n volkstaat alleen kan slaag as alle arbeid deur Afrikaners gedoen word.
GODSDIENS
Daar is:
- Gelowiges, ongelowiges, ateïste.
- Diegene wat glo dat 'n mens eerstens 'n Israeliet is en nie 'n Afrikaner of Boer of Christen nie.
- Andere wat glo dat 'n persoon slegs 'n Afrikaner kan wees as hy in die eerste plek 'n Christen is.
- Diegene wat glo dat 'n Afrikaner nie noodwendig 'n Christen-gelowige hoef te wees nie.
- Hulle wat glo dat die skrifverklaring van Calvyn die fondament van die Afrikaner se lewensbeskouing is.
- Diegene wat Calvyn en sy lewensbeskouing en die Gereformeerde leer van die Hervorming verwerp omdat Calvyn na bewering 'n Jood was.
Hierdie lyste kan natuurlik nog verder uitgebrei word. Dit is egter genoeg om aan te toon hoe wyd en diep die verdeeldheid is en hoe moeilik dit sal wees, indien nie onmoontlik nie, om oplossings aan die hand te doen waardeur die Afrikaner se selfsrespek herstel kan word en wat die uiteenlopende, botsende en in sommige gevalle onversoenbare standpunte van die groepe in Afrikanergeledere tevrede sal stel.
Alvorens aandag geskenk kan word aan stappe wat vir die herstel van ons selfrespek oorweeg kan word, is dit noodsaaklik om eers na moontlike redes vir die verlies daarvan te kyk:
AANTASTING VAN GELOOFWAARDIGHEID VAN DIE KERK
Twee belangrike sake het hiertoe bygedra:
- Vir dekades lank het die kerk die standpunt gehandhaaf dat afsonderlike ontwikkeling Skriftuurlik regverdigbaar is, en tog, toe die politieke gety na links swaai onder druk van die liberalisme en anti-apartheidsveldtog het die NG Kerk, die grootste Afrikaanse kerk, verklaar dat apartheid sonde is.
- Vir 50 jaar lank het al die Afrikaanse kerke die Bybel soos dit in 1933 in Afrikaans vertaal is, aanvaar en voorgehou as die onfeilbare en volkome Woord van God en bely dat daar nie aan die Woord van God bygevoeg en weggelaat mag word nie. In 1983 aanvaar die Kerke egter 'n "nuwe vertaling" wat ingrypend verskil van die 1933 vertaling en waarin daar talle weglatings en byvoegings voorkom as "Woord van God" terwyl daar nog steeds bely word dat weglatings en byvoegings deur God verbied is.
AANTASTING VAN GELOOFWAARDIGHEID VAN 'N BLANKE OWERHEID
Leuens en misleiding was helaas kenmerkend van die politiek sedert die dood van dr Verwoerd, toe die meerderheid kiesers keer op keer suksesvol oortuig is dat afsonderlike ontwikkeling steeds die beleid van die NP was, terwyl daar daadwerklik beweeg is na volledige integrasie en totale oorgawe soos ons dit vandag ondervind.
VERDEELDHEID ONDER AFRIKANERS
Die verdeeldheid en die gepaardgaande stryd tussen Afrikaners en die noodwendige aanvalle op mekaar, het 'n onvermydelike negatiewe uitwerking gehad op die selfrespek van alle Afrikaners.
TOENEMENDE BETROKKENHEID VAN AFRIKANERS BY MISDAAD
In teenstelling met die beeld van die Afrikaner in die verlede, het die geweldige toename in betrokkenheid van Afrikaners by misdaad 'n ernstige uitwerking op die selfrespek van die Afrikaner. In hierdie opsig het die oneerlikheid en korrupsie in die hoogste Afrikanerkringe sekerlik 'n uiters nadelige invloed op alle lae van die bevolking gehad.
VERBROKKELLING VAN TRADISIONELE MORELE WAARDES ONDER AFRIKANERS
Die geweldige toename in egskeiding en die vernietigende uitwerking op gesinne en veral op kinders, gepaardgaande met 'n grootskaalse verwerping van tradisionele morele waardes onder Afrikaners, kon nie anders as om die selfrespek van die Afrikaners te benadeel nie.
In hierdie opsig kan die ongeëwenaarde media-aanslag deur musiek, rolprente, radio, televisie, tydskrifte en koerante, en veral die Amerikaanse invloed, nie buite rekening gelaat word nie.
ONKUNDE MET BETREKKING TOT ONS GESKIEDENIS EN DOELBEWUSTE VERDRAAIING DAARVAN
Die verdraaiing van geskiedenisonderrig op skool en die nalatigheid van ouers om hulle kinders enigsins in te lig aangaande ons geskiedenis, het 'n geslag voorgebring wat grotendeels sonder respek vir of belangstelling in hulle herkoms is.
Gepaardgaande hiermee het die ongeëwenaarde wêreldwye anti-apartheidsveldtog gesorg vir 'n stroom van aftakeling van die Afrikanergeskiedenis waarteen die jong Afrikaner, weens 'n gebrek aan kennis, nie opgewasse is nie.
WÊRELDWYE VELDTOG TEEN RASBEWUSTHEID VAN DIE AFRIKANER
Hierdie veldtog wat vir dekades lank teen Afrikaners gevoer is, het by groot getalle Afrikaners, veral van die jonger geslag, 'n skuldgevoel gekweek ten opsigte van ons volk se tradisionele oortuiging om Blank te bly. In hierdie veldtog het die Afrikaanse kerke, predikante en teoloë 'n groot rol gespeel en het die NP-regering ná die moord op dr Verwoerd opgetree as die effektiefste bondgenoot van die VVO se Anti-apartheidskomitee.
So suksesvol was hierdie gesamentlike aanslag dat daar by sommige Afrikaners, selfs in sogenaamde regse geledere, 'n huiwering is om enigsins van rassisme beskuldig te word. Vandaar dan ook die teensinnigheid om ras (Witmanskap) as fundamentele eienskap van 'n Afrikaner te erken.
VERRAAD VANUIT NP EN REGSE GELEDERE
Die verskrikllike verraad van die NP en sy leiers teen die Afrikanervolk, deurdat hulle die meerderheid deur misleiding meegevoer het op 'n pad na oorgawe aan 'n Swart kommunistiese bewind, het by baie Afrikaners so 'n veragting tot gevolg gehad dat dit noodwendig hul selfrespek afgetakel het.
As daarby gevoeg word die verraad wat binne regse kringe plaasgevind het waardeur weerstand teen die NP-optrede keer op keer geneutraliseer is, word die skade aan Afrikaners se selfrespek des te groter en begrypliker.
PRAGMATISME IN PLAAS VAN BEGINSELS
In teenstelling met die standvastigheid en beginselvastheid wat groot Afrikanerleiers soos dr Verwoerd en andere se optrede gekenmerk het, was die politieke optrede van sy opvolgers deurtrek van pragmatisme en gevolglike ongeloofwaardigheid.
Hierdie voorbeeld het ook in die Afrikanersamelewing deurgewerk met baie nadelige gevolge en verlies aan selfrespek.
DIE MEDIA
Die rol wat die media gespeel het om die Afrikaner se selfrespek af te takel, kan nie oordryf word nie.
Op elke denkbare manier is die Afrikaner in die pers, oor die radio, op die verhoog, oor die televisie en in die letterkunde verkleineer, bespot en aangeval terwyl sy prestasies meesal 'n tweede plek moes inneem. Die geweldige mag van die media is in hierdie veldtog ten volle aangewend.
KENNIS TEN KOSTE VAN OPVOEDING
Sonder om die belangrikheid en noodsaaklikheid van kennis en geleerdheid enigsins te onderskat, kan die vraag tog gestel word of opvoeding – ontwikkeling van die karakter – in huis en skool nie in die afgelope dekades 'n te geringe plek ingeneem het nie.
OORGAWE SONDER WEERSTAND
Die grootste enkele oorsaak van die Afrikaner se verlies aan selfrespek moet waarskynlik gesoek word in die bloedlose en vernederende prysgawe van sy vryheid op 27 April 1994 aan die Swart kommunistiese regering.
Hierdie gebeurtenis het ons vriende in die wêreld met verbasing en skok vervul en elke Afrikanernasionalis met skaamte en ongeloof.
Ek wil by hierdie paar oorsake vir die verlies aan selfrespek, wat sekerlik nie volledig is nie, volstaan en ten slotte aandag skenk aan stappe wat oorweeg kan word om die Afrikaner se selfrespek en historiese bewussyn te herstel:
Wanneer daar nou gepoog word om 'n aantal antwoorde te verskaf, word dit gedoen vanuit die uitgangspunt dat die Christelike en nasionale , die grondliggende beginsels is en was van die ware
Afrikanernasionalis, wat Blank is en steeds wil bly, soos byvoorbeeld verpersoonlik in groot figure soos pres Paul Kruger, genls De Wet en Hertzog, dr Malan, adv Strydom en dr Verwoerd.
Wanneer ek verwys na "selfrespek" sou ek verkies om die woord "nasietrots" te gebruik omdat "selfrespek" so na verwant is aan "selfbeeld", wat op sy beurt die gevoel oordra van "persoonlike selfverheffing" wat verkieslik vermy moet word.
Dit is my mening dat ons in die verlede te geneig was om alles deur middel van organisasies te probeer vermag en sodoende ons persoonlike verantwoordelikheid op die agtergrond gestel en ontwyk het.
Ek wil daarvoor pleit dat ons in die herstel van ons nasietrots sal besef dat ons ook, en veral, as individue en binne ons gesinsverband moet optree, en nie slegs op georganiseerde optrede moet staatmaak nie. Dan sal ons 'n werklike krag word. Nie een van ons hoef te wag tot iets georganiseer word nie, ons kan op verskeie maniere onmiddellik die stryd aanknoop vir hierdie belangrike saak.
Ons moet aanvaar dat die Blankes, die Afrikaners, en veral die ware Afrikanernasionaliste (die geestelike en biologiese afstammelinge van die Voortrekkers en die Boere) steeds 'n klein minderheid in Suid-Afrika is en sal bly.
Ons nasietrots kan nie herstel word deur massa-optredes of deur groot getalle nie, maar wel deur 'n ware geloof en nederige vertroue en gehoorsaamheid aan die Almagtige God, 'n onverskrokke toewyding aan ons saak en 'n strewe na uitnemendheid op alle terreine.
Ek wil dus enkele punte uitlig onder 'n paar hoofde binne die raamwerk van die bogenoemde fundamente beginsels, Godsdiens, Geskiedenis en Politiek:
1.GESKIEDENIS
Kennis van ons geskiedenis is vir ons as ware Afrikanernasionaliste onontbeerlik om ons nasietrots te herstel. 'n Volk sonder 'n geskiedenis is soos 'n persoon wat aan geheueverlies ly – volkome verdwaal en verlore. Die onkunde aangaande ons geskiedenis is waarskynlik die belangrikste oorsaak van die ontsporing van ons volk en veral ons jongmense.
Die Afrikanervolk bevind hom vandag onder die gesag van 'n anti-Christelike en vyandige owerheid. Ons geskiedenis is reeds uit skoolleerplanne, biblioteke en uit museums verwyder. Ons feesdae is afgeskaf. Die verantwoordelikheid om die geskiedkundige bewussyn van ons volk in stand te hou sal nou, in teenstelling met die verlede, geheel en al van Afrikanerorganisasies en individue afhang.
Feesdae
Daar moet met groot ywer deur alle Afrikanerorganisasies toegesien word dat ons al ons helde en historiese gebeurtenisse gereeld en op verbeeldingryke wyse herdenk en dat ons jeug daarby betrek word.
Die gesin en buite skool
Aangesien die skole, met uitsondering van volkseie skole, ons geskiedenis geheel en al verdraai en verswyg, rus die taak op ouers en organisasies om die kinders buite die skole en binne die gesin in te lig en te inspireer.
Films en Video's
Spesiale pogings moet aangewend word om dié magtige medium ten volle aan te wend om ons geskiedenis aan die jeug oor te dra – nie as ooglopende propaganda nie maar wel as boeiende en aangrypende drama waarin die geskiedenis sterk na vore kom.
Toneel, vermaak, musiek, letterkunde, filmwese en kuns
In teenstelling met ons teenstanders wat vir dekades lank hierdie media, veral die toneel en musiek, met sukses teen ons aangewend het, is dié terrein deur Afrikanernasionaliste totaal verwaarloos. Dit is nodig om ernstig en met verbeelding die potensiaal van hierdie veld te ontgin.
Bevordering van eensgesindheid
Die bevordering van groter eensgesindheid onder Afrikaners en groter samewerking sal een van die belangrikste doelwitte moet wees. Byeenkomste waar Afrikaners oor grense van verdeeldheid bymekaargebring word om saam te beraadslaag, is 'n groot stap in die regte rigting. Daar sal toenemend gepoog moet word om mekaar se goedertrou in die stryd om ons vryheid te erken, en oor die verskilpunte groter begrip en eensgesindheid te bereik. Die voorvereistes sal na my mening egter wees: eenstemmigheid oor beginsels; eerlikheid; waarheid en openhartigheid; wedersydse respek; en bereidwilligheid om met mekaar te praat.
Lewensbeskouing
Die belangrikheid van die terugkeer tot die Afrikaner se tradisionele Christelik-nasionale lewensbeskouing sal baie groot aandag van ons almal verg. Die omvang van die nadelige invloed van die Amerikaans-Joodse materialistiese en kommersiële lewensbeskouing en die invloed van hulle lewenswyse op bv kleredrag, musiek en gedrag van ons jeug behoort vir almal sigbaar te wees.
Museums, monumente en uitstallings
Die verwydering van kultuurhistoriese uitstallings oor die Afrikaner se geskiedenis het feitlik volkome plaasgevind. Hy is nou op homself aangewese om sy kosbare kultuurhistoriese erfenis te red en museums daar te stel om dit uit te stal. Monumente en beelde moet beskerm word teen staatsvandalisme.
Ras en afsonderlike ontwikkeling
Die feilheid van die aanslag op die nasietrots en selfrespek van die Afrikaner neem elke jaar in intensiteit toe. 'n Teenvoeter hierteen soos hierdie webblad moet aanhoudend aangewend word in die effektiewe oordrag van die ware feite ten opsigte van die beleid van afsonderlike ontwikkeling.
2.POLITIEK
Hoër eise word gestel aan almal wat leidende rolle in die Afrikanerpolitiek speel om geloofwaardigheid, politieke integriteit, eerbaarheid en beginselvastheid in ere te herstel. Die onderlinge politieke stryd sal, sover as moontlik op so 'n manier gestry word, verkieslik oor sake in plaas van oor persone, dat dit nie afbreuk doen aan ons nasietrots nie.
Veel groter onderskeidingsvermoë sal vereis word by die keuse van leiers om die misleiers en verraaiers vroegtydig te onderskei en die vertroue in diegene te plaas wat deur die stryd beproef en betroubaar gevind is.
3.GODSDIENS
Ons durf nie poog om uit eie krag, sonder God, ons stryd te voer nie. Die erkenning van die soewereiniteit van ons Verbondsgod, Verlosser en Saligmaker is op alle terreine 'n voorvereiste. Ons moet erken dat alle groot leiers in die verlede gawes van God was en dat alle talente van Hom alleen afkomstig is; en dat alle groot dade en oorwinnings in ons geskiedenis alleen deur die genade van God moontlik was.
Nederige erkentlikheid van ons eie sonde en skuld en daarteenoor die almag en soewereiniteit van God oor alles moet die uitgangspunt van al ons beplanning en ondernemings in die toekoms wees.
Ons moet steeds erken dat alles in die eerste en laaste plek gaan om die eer van God en die verheerliking van sy Naam.
Wanneer dit ons eerlike geloof is dan is getalle van min belang en sal die oorwinning aan ons gegee word, nieteenstaan die getalle-oormag van ons vyande en al die magte wat teen ons gemonster is.