NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As Christen is daar vir jou 'n baie duidelike opdrag in die Woord:
"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom; want mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;  mense wat 'n gedaante van Godsaligheid het maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. " –
II Tim 3.

GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (3)

Terry Virgo

Lees reeks by God gebruik gewone mense!

“Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe" — Spreuke 4:18

As 'n mens die Here Jesus die eerste keer ontmoet, is jy soos iemand wat na 'n lang nag van algehele duisternis in die lig kom. Waar jy vroeër weinig of niks van die Here af geweet het nie, ken jy Hom skielik persoonlik.

Maar die spreukedigter sê vir ons dat hierdie eerste kennismaking soos "die lig van die môreglans" is — dit is bloot die eerste lig wat oor jou lewe val. En net soos die eerste strale van die son vervang word deur die vol lig van die dag, wil die Here ook hê dat dit so moet wees in die lewe van sy kinders. Ons moenie by die dagbreek vassteek nie, maar tot groter heerlikheid in God vorder.

Soos Dawid, sal ons ook leer dat dit nie altyd so maklik is nie. Die pad na die hemel is nie altyd gelyk en glad nie en daar is baie berge en heuwels en ongelyke dele wat aandag entyd verg.

'n Mens sou byna kon sê dat Dawid met groot "fanfare" op die toneel verskyn. Eers maak hy die reus dood en verseker so die oorwinning vir sy volk, dan gaan hy sommer dadelik saam met Saul se leërs uit en behaal die een skouspelagtige sukses na die ander. Dis nie lank nie of hy is 'n volksheld. 'n Mens wonder byna of daar nog enige hoogtepunte kan oorbly na alles wat hy reeds bereik het. En tog sien ons hoe hy die een hoogtepunt na die ander behaal. Ons weet ook dat die Here groot planne met sy lewe gehad het — maar aan die ander kant weet ons dat Dawid ook deur diep valleie sou moes gaan om anderkant uit te kom.

Hy sou deur 'n vallei van beproewing moes gaan waardeur min mense seker ongeskonde sou gekom het, en tog was dit juis daar wat hy ten beste vir die groot taak wat op hom gewag het, voorberei sou word.

Teenstand

Dawid het seker baie bevoorreg gevoel toe hy in Saul se leër opgeneem is. Hy sou voortaan nie meer die jongste in die huis wees wat net die skape kon oppas nie — nee, hy was 'n volwaardige soldaat, sterk genoeg om te veg vir die koning vir wie hy soveel bewondering het. Daar was by hom geen sweem van negatiwiteit teenoor die koning nie. Hy het hom bewonder en was bereid om hom met sy Iewe te verdedig. Ja, Dawid was in alle opsigte 'n toegewyde en lojale onderdaan van koning Saul.

Tog sien ons dat die ongeluk homkort voor lank tref, en dat dit uit 'n baie onverwagse oord kom, naamlik van die koning self! As soldaat het hy natuurlik verwag om teenstand van vyandelike leër s te kry en was hy ook voorbereid daarop. Maar die koning se jaloesie was seker vir die jong Dawid 'n groot skok.

Saul is vir my een van die mees tragiese figure in die hele Bybel. Hy was beslis nie hooghartig of arrogrant toe Samuel hom die eerste keer ontmoet het nie. Inteendeel — hy was nederig, toegewyd en 'n soldaat. In daardie stadium het hy ook baie duidelik onder die leiding en salwing van die Heilige Gees gestaan. Saul was dus 'n uiters geskikte kandidaat vir die koningskap. En tog weet ons dat hy klaaglik misluk het. Hy het dit natuurlik geweet en daarom het hy geen geheim gemaak  van sy jaloesie op die dapper jong Dawid nie.

Ons lees ook van 'n ander leier in die Ou Testament wat geweet het dat God iemand anders gekies het om hom op te volg. Eli was egter verstandig genoeg om te verstaan dat hy misluk het en het die jong Samuel op sy taak as dienaar van God voorberei en nie in sy pad probeer staan nie. Dit was presies die teenoorgestelde van wat Saul gedoen het! Hy was so bitter en jaloers op Dawid, dat hy glad nie vrede kon maak met die jong man se sukses nie.

Ons moet hieruit leer om nie kwaad te wees as iemand anders deur die Here aangewys word om as leier in sy koninkryk op te tree nie. Aanvaar liewer dat daardie persoon deur God self gesalf is en respekteer hom daarvoor. Moet ook nie toelaat dat negatiewe emosies en jaloesie jou laat swig voor die versoeking om oor so iemand te loop en skinder nie. Onthou, hy of sy is deur God self in daardie posisie aangestel.

'n Mens wat deur God in 'n bepaalde posisie aangestel is, sal altyd teenstand ervaar. Net soos Jesus bittere teenstand van die geestelike en volksleiers van daardie tyd ervaar het, het Christene deur die eeue heen agtergekom dat dit nie maklik is om deur God in 'n leiersposisie geplaas te word nie. Ons hoef maar net die verhale van mense soos Whitefield en Wesley, Spurgeon en William Booth, stigter van die Heilsleer, te lees om te besef dat die pad na die hemel nie met rose besaai is nie. Booth is in sy leeftyd selfs as die Antichris bestempel! En wat dit nog meer onbegryplik maak, is die feit dat al hierdie mense maar net besig was om die Woord van God te verkondig - en in die lig van sy Gees te lewe.

Dit is ongelukkig so dat mense wat die seën van God in hulle lewens ervaar, dikwels deur ander verwerp en verguis word. Dawid het beslis nie moeilikheid gesoek nie. Sy gesindheid teenoor die koning het glad nie verander nie — en tog moes hy vir sy lewe vlug. Moet dus nie verbaas wees as jy ook teenstand kry nie. Moenie daarna gaan soek nie, maar moet ook nie toelaat dat dit jou intimideer nie. Hou net aan om in die lig van die Gees te lewe en sy leiding te volg. Leer ook soveel as wat jy.kan uit die dinge wat met jou gebeur en onthou dat jou hele lewe in God se hande is en dat Hy alles wat met jou gebeur, ten goede sal laat meewerk. Ja, onthou: "die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem" (Heb. 12:6).

Dis goed vir 'n plant om gesnoei te word

Die Groot Tuinier weet presies hoe elke plant gesnoei moet word. Hy weet ook dat dit vir sy plante goed is om van tyd tot tyd gesnoei te word en dat hulle dan soveel meer vrugte kan dra. Hy het dag en nag sy oog oor Dawid gehou. Hy het besef dat hy nog maar 'n jong man was en dat hy nog baie moes leer. 'n Mens weet ook natuurlik nie hoe hy dit sou hanteer het as dit van die begin af net goed en voorspoedig met hom sou gegaan het nie. Sou al die roem en bewondering vir hom goed gewees het?

Só sien ons dus dat Dawid se lewe skielik verander. Byna oornag word hy 'n vlugteling en uitgeworpene in plaas van 'n nasionale held.  Dit is so erg dat hy letterlik in grotte moet wegkruip om aan die lewe te bly — maar aan die einde van die verskriklike tyd is hy nie net ‘n sterker mens nie, maar ook die aanvoerder van 'n sterk en baie lojale leër. In daardie "snoeityd" het die Here hom ook uit die openbare lewe onttrek om hom te beskerm en te slyp.

Ek het 'n rukkie gelede 'n TV-onderhoud met 'n bekende ster gesien. Hy is al in die veertig, maar probeer nog steeds uitvind wat die sin in die lewe nou eintlik is. Toe hulle die onderhoud met hom gevoer het, was hy juis weer in 'n hewige stryd teen drankverslawing gewikkel en het hy vertel dat sy probleem begin het omdat hy nie daarin kon slaag om sy skielik roem te verwerk nie. Die gevolg was dat hy, in sy eie woorde, "nog steeds soos 'n tiener lewe."

Dit blyk duidelik uit die kerkgeskiedenis dat jong mense selde deur die Here in leiersposisies aangestel word. Ons moet onthou dat die Here sy kinders so liefhet dat Hy hulle nie aan verantwoordelikhede sal blootstel voordat hulle geestelik daarvoor toegerus en opgewasse is nie.

Die snoeiproses is soms seer

Daar kom 'n tyd in die lewe van elke Christen dat jy gesnoei moet word.  Dit is onvermydelik. Ons lees in Johannes 15 dat die Here nie net die takke wat vrugte dra snoei nie, maar ook die wat nie vrugte dra nie. Die takke wat vrugte dra, word gesnoei, die ander word afgesny. Dit voel soms asof die Here dinge wat vir 'n mens baie kosbaar is, wegsny — mense wat vir jou belangrik is, of 'n werk wat 'n groot rol in jou lewe gespeel het. Ja, soms is die snoeiproses so pynlik dat dit voel of jou hart wil breek.

Daar was ook 'n tyd in my lewe toe ek eensaam en "afgesny” was omdat die Here besig was om snoeiwerk in my lewe te doen. Ek was in Londen, en ek en 'n vriend was besig om in een van die groot en bekende parke te stap. Die roosbome was nie net kaal en sonder blare nie, maar ook baie klein, weinig meer as stammetjies het oorgebly nadat die tuinier met sy snoeiskêr ingelê het. "Kyk hoe het hy die  rose versnipper," het ek teenoor my vriend opgemerk.

"Nee, as jy mooi rose wil hê, moet jy hulle so deeglik snoei”, het hy geantwoord en toe vir my verduidelik waarom dit nodig is om so byna genadeloos te snoei. Ek onthou nog die vreemde ervaring in my binneste terwyl hy vertel het, want ek het besef dat dit ook in my lewe die geval was. Het jy dit ook al ervaar? Weet jy wat wat dit is om soos 'n droë, lewelose stukkie stam te voel? Onthou dan net dat die Here weet wat Hy doen. Wees net geduldig en sê vir Hom dat jy bereid is om dit wat Hy jou gee, uit sy Vaderhand te ontvang.

Dawid was die een dag nog in die voorste linie — net om binne dae'n vlugteling in 'n grot te wees. Die een dag was hy nog saam met die dapperstes van die volk, en die volgende tussen ander uitgeworpenes en eensames soos hy.

Die Here snoei sy bome op baie verskillende maniere. Jy het dalk kort gelede na 'n nuwe dorp of stad verhuis en voel eensaam en afgesny. Skielik is jy nie meer 'n bekende in jou kerk nie en weet niemand eers van jou nie. Of miskien is jy onlangs getroud, en vind jy nou tot jou ontsteltenis uit wat dit beteken om nie meer so onafhanklik en vry te wees en te kom en gaan soos jy wil nie. Nou moet jy skielik bou aan hierdie nuwe verhouding waarin jy jou bevind en is daar 'n ander persoon wie se behoeftes jy ook in ag moet neem. Of het julle nou onlangs julle eerste baba ryker geword? By al die vreugde impliseer dit natuurlik ook 'n groot klomp nuwe verantwoordelikhede. Of het jy onverwags te staan gekom voor die realiteit van siekte in 'n familie wat tot nou toe nog altyd wonderlik gesond was? Hoe dit ook al sy, as die Here besig is om jou te snoei, sal jy dit weet. Dit is nie net pynlik nie, maar laat 'n mens ook enersyds gebonde en andersyds afgesny voel.

Dis hoe Dawid gevoel het. Is dit dalk hoe jy op die oomblik voel? Beny jy die ander mense wat vir jou so vry en ongebonde lyk? Onthou dan net dat die Here goed weet waarmee Hy in jou lewe besig is. Vertrou op Hom, want daar is 'n rede waarom Hy dit doen.

Gehoorsaamheid

As die Here ons van dinge weerhou of ons verhinder om sekere dinge te doen, moet ons weet dat daar 'n goeie rede voor is. Ek wil dit graag aan die hand van 'n voorbeeld verduidelik. Stel jou 'n pragtige koets voor wat deur ses perde getrek word. Die koets hou stil en die koetsier klim af want daar is iets onder een van die wiele. Die perde is 'n lus vir die oog. As een van hulle nou op loop sou sit en die ander sou volg, sou die koetsier natuurlik onder die wiele beland, maar hy is nie bang daarvoor nie, want hy weet dat hulle doodstil sal staan.

Dan kom daar twee jong vulletjies van voor af aangegalop. Dis wilde vulletjies en dit lyk kompleet of hulle die ses perde voor die koets uitdaag om los te breek en saam met hulle oor die oop veld te te galop. Die ses perde bly egter doodstil staan en verroer nie 'n spier nie, kompleet asof hulle die vulletjies ignoreer.

Die koetsier vang uiteindelik albei vulletjies met 'n tou wat hy in die koets het, en maak hulle daaraan vas. Hy neem hulle daaraan vas. Hy neem hulle na ‘n kampie waar hy hulle inbreek en leer. Dit is 'n lang en frustrerende proses en die vulletjies raak meer as een dag bitterlik gefrustreerd om so ingehok te moet wees. Die een raak later so ongelukkig met sy omstandighede dat hy oor die draad spring en koers kies, die veld in.

Die ander een bly agter en raak geleidelik aan die dissipline gewoond. Die leerproses is nie maklik nie, maar hy begin verstaan waarom dit noodsaaklik is. Dan is sy opleiding uiteindelik verby. Word hy weer vrygelaat? Nee. Inteendeel — hy is nou ‘n vir alle praktiese doeleindes, nog meer ingehok as tevore. Hy kan nie eers meer vryelik in die kampie rondgalop nie, maar mag nou net maak soos sy meester vir hom sê.

Die twee vulletjies sien mekaar weer op 'n dag. Die een wat losgebreek het, staan en wei in die veld. Hy hoor iets en kyk op. Dit is die koning se koets wat verbyry — en heel voor is sy maat van lank gelede. Hy is nie meer 'n wilde vul nie, maar 'n pragtige sterk perd.

Albei was vroeër vry. Hulle kon maak soos hulle wil en niemand het enige beheer oor hulle gehad nie. Toe breek die dag aan waarop hulle moes kies. Die een was bereid  om deur die koetsier gevang te word. Toe moes hulle kies. Die een was bereid om hom aan die gesag te onderwerp, maar die ander een het in opstand gekom. As ons die beginsel op onsself toepas, kon ons sê dat dit makliker is om jou eie baas te wees, want dan hoef jy nie teen enige gesag in opstand te kom nie — net soos die twee vulletjies nie nodig gehad het om teen enigiets in opstand te kom terwyl hulle nog vry was nie. Maar voordat jy jou nie aan gesag onderwerp nie kan jy ook nie in die Koning se huishouding opgeneem word nie.

As 'n mens gered word, voel jy vry, nie waar nie? Dít is immers ‘n bevryding om van die sonde losgemaak te word. Die Here verhoor jou  gebede op wonderbaarlike maniere en red jou uit situasies waarin jy dikwels as gevolg van jou eie onkunde of swakheid beland. Maar dan breek die volgende fase in jou geestelike lewe aan, en of jy moet kies of jy jou aan God se dissipline gaan onderwerp of nie. Gaan jy losbreek uit die beperkinge wat Hy vir jou stel, of gaan jy gehoorsaam wees en leer wat Hy jou wil leer?

Die wilde perd wat as vulletjie weggebreek het, was wel vry maar  hy kon nêrens heengaan nie. Hy kon maar net in sirkels rondhardloop en na sy maat roep. Die koning se perd, daarenteen, het gewet wat sy rol in die koning se huishouding was. Hy was diep bewus van sy woordelikheid teenoor sy meester. As 'n mens die twee vergelyk, is dit duidelik dat die een onvolwasse en swak gebly het, terwyl die ander 'n pragtige, volwasse en nuttige dier geword het.

Elke Christen beland een of ander tyd in daardie "kampie" en kom by tye voor die versoeking om oor die drade te spring en koers te kies, die vreemde in. Maar die Here gebruik elkeen wat bereid is om deur Hom gedissiplineer te word. Dit is die mense wat nie opstandig raak nie, maar gehoorsaam bly omdat hulle weet en aanvaar dat daar 'n doel met elke opdrag is wat die Here God hulle gee.

Christene is nie vry nie. Ons is slawe van die Here Jesus en Hy wil hê dat ons op sy opleidingsprogram moet reageer. Is jy bereid om sy dissipline te aanvaar? Is jy bereid om binne die grensdrade van die kampie te bly? Of wil jy net jou eie kop volg? Het jy dalk al begin verstaan wat die doel met God se snoeiproses is?

Al dra jy vir Hom vrugte, moet jy nogtans nie verbaas wees as jy skielik sy snoeiskêr in jou lewe voel nie. Hy moet jou snoei — nie omdat Hy jou nie meer liefhet nie, maar juis omdat Hy wil hê dat jy nog meer vrugte vir Hom moet dra.

Wag op die Here ... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3437 gaste aanlyn