Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, HERE. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
DERDEPOORT (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Boerekommando’s op die wesgrens
Inleiding
Die moorde wat gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 25 November 1899 op die Boerelaertjie en polisiebeamptes te Derdepoort, aan die Maricorivier deur Swartes onder aanvoering van Engelse offisiere gepleeg is, is in die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog nie algemeen bekend nie. In die monumentale werk van dr JH Breytenbach oor die Oorlog, is dit wel geboekstaaf, maar hierdie lywige bundels, deur die staatsdrukker gedruk en ver-prei, is nie by die algemene publiek bekend nie.
Wat daardie nag by Derdepoort plaasgevind het, is egter van soveel betekenis in die geskiedenis van die Oorlog, dat daar tevore twee lywige tesisse oor geskryf is. Die eerste daarvan is van E Broos: “Die noordelike hooflaer in die distrikte Zoutpansberg, Waterberg en Rustenburg,
aan die begin van die Tweede Vryheidsoorlog tot die besetting van
Ongepubliseerde verhandelings
Nog minder bekend as die gebeurtenisse wat by Derdepoort plaasgevind het, was die halfhartige optrede van die Boereoffisiere aan die noordgrens van die Republiek teenoor die invallende mag van die vyand. Hulle versuim om die Engelse opmars uit Rhodesië die hoof te bied, het die vyand toegelaat om deur te dring tot by Derdepoort en om selfs die Boeremag wat Mafeking beleër het, aan te tas.
Derdepoort was die begin van die gesamentlike optrede van die Engelse en die Swartes as bondgenote teen die Boere. Die latere voortsetting daarvan gedurende die verloop van die Oorlog, het die aard van die stryd beduidend beïnvloed want sonder hul swart bondgenote sou die Engelse waarskynlik nog veel moeiliker daarin geslaag het om die Boere te onderwerp, hul vryheid te ontneem en hul land te roof.
Boerekommando’s op die wesgrens
Die ultimatum wat die Suid-Afrikaanse Republiek aan Engeland gestel het om al sy troepe-sametrekkings op sy grense terug te trek, is op 11 Oktober 1899 met die volgende oorlogsverklaring beantwoord: “The conditions demanded by the Government of the South African Republic are such as Her Majesty’s Government deem it impossible to discuss.”
Daarna het die kommando’s op die wesgrens van die Republieke ontplooi, ten einde aanvalle van die vyand vanuit hierdie rigting die hoof te kon bied.
Generaal PA Cronjé
Die bevel oor die opgekommandeerde burgers is opgedra aan generaal PA Cronjé, wat met 4 000 burgers die 1 500 Engelse, Kleurlinge en Swartes in die dorpie
Generaal Cronjé was vroeër kommandant van Potchefstroom. Hy het in die Eerste Wêreldoorlog die Britse garnisoen te Potchefstroom vanaf 18 Desember 1880 tot 21 Maart 1881 beleër en vir kolonel Winsloe tot oorgawe gedwing. Daarna het hy weer in 1896 militêre roem ingeoes toe Jameson met sy vrybuiters by Doringkop moes oorgee. Met die uitbreek van die Oorlog is hy deur die Regering as opperbevelhebber van die wesfront aangestel.
Cronjé het geglo dat hy die Engelse in
Generaal Cronjé se militêre adviseur, die heer JH de la Rey, het aan Cronjé voorgestel om net ‘n wag van 300 burgers by Mafeking te laat om Baden-Powell, die aanvoerder van die troepe se bewegings aan bande te lê en om met die res van die krygsmag voort te trek in die rigting van Veertien Strome. Hiervan wou Cronjé niks hoor nie. Hy wou die vyand in
Die slag by Kraaipan
Generaal Cronjé het darem nie versuim om maatreéls te tref ter beveiliging van die Republiek se grenslyn suid en noord van
Generaal De la Rey het op 12 Oktober die stasie by Kraaipan bereik. Daar was geen troepe meer nie, maar die burgers het daardie nag ‘n gepantserde trein en sy bemanning oorrompel, nadat dit ontspoor het en ‘n ryk buit aan ammunisie en proviand gemaak. Dit was die heel eerste slag van die Oorlog.
Die kommando by Derdepoort
Om die Transvaalse noordwestelike grens langs die distrikte Rustenburg en Marico behoorlik teen ‘n vyandelike aanval te beskerm, het Cronjé reeds op 9 Oktober ‘n sterk afdeling Rustenburgers onder bevel van kommandant Casper du Plessis , bygestaan deur veldkornet Piet Kruger, te Derdepoort gestasioneer. Na die uitbreek van die Oorlog het hy aan die Bosveld-veldkornetskap van die kommando Marico, onder bevel van veldkornet Pieter Daniël Swart, bevel gegee om op te ruk en die gebied noordwaarts tot sover as wat dit onder sy bevel gestaan het, van die vyand te suiwer.
PD Swart breek treinspoor op
Swart het geen gras onder sy voete laat groei nie. Gedurende die nag van 13 Oktober het hy die grens oorgesteek en die spoorlyn tussen Lobatsi en Aasvogelkop opgebreek. Daarna het hy verder opgeruk en om sesuur die oggend van die 15e Lobatsistasie bereik. Die winkeliers en verskeie ander inwoners het hulle betyds uit die voete gemaak. Die burgers het die telegraafkantoor en die staatsgeboue in besit geneem en begin om die treinspoor op te breek.
Die gepantserde trein
Hulle was nog hard besig daarmee toe kolonel Plumer van Rhodesië se gepantserde trein, HM Powerful, wat die spoorweg sedert die uitbreek van die Oorlog gepatrolleer het, van die noorde af in sig kom.
Swart was verstandig genoeg om ‘n botsing te vermy, want die trein was met grofgeskut toegerus, terwyl Swart nie daaroor beskik het nie. Hy het van die kommando Marico, wat nog te Bultfontein verkeer het, versterkings gevra en intussen die spoorlyn agter die trein opgebreek.
Intussen het die krygsraad by
Nou moes die Rustenburgers te Derde-poort, wat ook nie oor grofgeskut beskik het nie, dit ontgeld.
Tot dusver het hierdie kommando maar baie min van die vyand te sien gekry. Slegs op 16 Oktober het ‘n polisiepatrollie onderweg na Gaberones en gelei deur kommandant Johannes Riekert, kommandant van die polisie te Derdepoort, met ‘n klompie Engelse gebots en met ‘n eie verlies van slegs een perd, drie Engelse gevange geneem en 5 perde met saal en toom asook enige gewere buitgemaak.
Skermutselings met die trein
Die feit dat so min van die Engelse gesien is, was waarskynlik die aanleiding wat kommandant Du Plessis daartoe gebring het om twee sterk patrollies van Derdepoort af weg te neem en binne Britse gebied naby die spoorlyn te stasioneer, die een te Ramoutsa, deur homself gelei, en die ander naby Gaberones, onder aanvoering van Piet Kruger. Van hierdie twee punte af is nou steeds patrollies in westelike rigting uitgestuur om die vyand op te soek.
Op 18 Oktober, onderwyl een van hierdie patrollies by Crocodile Pools by die spoorlyn was, het die gepantserde trein, HM Powerful, wat met die burgers te Lobatsi slaags was, daar aangekom op sy terugtog na die noorde. Met die mausers kon die burgers niks teen die trein uitrig nie en na ‘n kort skermutseling het kaptein Llewellyn, bevelvoerder van die troepe op die trein, sy terugtog tydsaam en op sy gemak voortgesit na Gaberones, waar die burgers eweneens magteloos was om met hul mausers die trein enige skade aan te doen. Llewellyn, siende dat die burgers niks teen sy Powerful kon uitrig nie, het nou behae daarin geskep om telkens terug te stoom in die rigting van Gabe-rones en verder suidwaarts, ten einde opnuut vuur op die Boere met sy grofgeskut te open. So het dit voortgegaan tot 24 Oktober toe generaal Snyman uiteindelik op die toneel verskyn en ‘n einde aan die spel gemaak het.
Snyman het
Onderwyl hy op 24 Oktober besig was om die treinbrug by die poort suid van Crocodile Pools met dinamiet te verniel, het sy patrollies in aanraking met HM Powerful gekom, wat juis weer suidwaarts beweeg het om die Boere aan te val. Die trein het die burgers op 10 kilometer afstand onder vuur geneem, dog toe Llewellyn ontdek dat die burgers nie weer die wyk neem nie en oor grofgeskut beskik, het hy dit die verstandigste geag om na ‘n kort skermutseling die geveg af te breek en noordwaarts koers te vat.
Snyman het dus misluk in sy taak om die trein te vernietig, maar hy kon darem nou ongestoord voortgaan om die Bulawayo-spoorweglyn na hartelus te verniel. Van die vyand is geen spoor meer gewaar nie. Slegs twee berede swart polisie is tydens hul verdere ekspedisie noordwaarts deur die burgers op die lyf geloop, waarvan een gedood is, terwyl die ander een daarin geslaag het om ongedeerd te ontvlug.
Snyman se kommando het op 25 Oktober die stasie by Crocodile Pools, wat tydig deur die Engelse ontruim is, in besit geneem, die spoorweg terdeë verwoes en die groot treinbrug noord daarvan in die lug geblaas. Daarna het hy verder na die noorde voortgestoot en die volgende dag Gaberones bereik. Hier het hy alles eensaam en verlate aangetref. Selfs nie die geblêr van ‘n skaap, die gebulk van ‘n bees of die gerunnik van ‘n perd kon verneem word nie. Net die smeulende hope as van verbrande perdevoer het verraai dat die bewoners van die plek die vorige dag in aller yl met hul lewende hawe gevlug het. ‘n Ryke buit aan eetware en kleding het die kommando egter in die skoot geval.
Beveiliging van die wesgrens afgehandel
Snyman het ook hier te Gaberones, net soos elders, die treinspoor verniel en daarna besluit om maar weer na
Daar was ook geen moeilikheid met betrekking tot die Swartes om sy aandag in beslag te neem nie. Bowendien was daar geen troepe meer in die omgewing nie, behalwe verstrooide vlugtelinge. Generaal Cronjé het dus opdrag aan Snyman gegee om terug te keer, aangesien hy die grenslyn beveilig het tot teen die gebied waarvoor generaal Grobler verantwoordelik was. Cronjé het selfs gemeen dat ‘n kommando by Derdepoort onnodig was en dat die 650 bur-gers onder kommandant Du Plessis en veldkornet Kruger tot beskikking van generaal Joubert op die Natalse front gestel moet word.
Hierdie aanbeveling is gemaak in die vertroue dat generaal Grobler die Engelse verder noordwaarts sou terugdruk en die noordelike grens van die Republiek doeltreffend sou beskerm. Min het hy geweet dat die twee noordelike kommando’s Plumer se onbeduidende krygsmag voortaan sou toelaat om huis te hou net soos hy wou. Hy kon nie dink of voorsien dat dié burgerkommando’s van 1 700 goeie vegsmanne so onaktief sou bly lê nie en dit bowendien op ‘n punt wat inderdaad nie ernstig deur die vyand bedreig is nie en wat deur ‘n baie kleiner wag ewe doeltreffend beskerm kon word, terwyl hul kragte op die eintlike oorlogstoneel dringend nodig was. Indien hierdie twee noordelike kommando’s hul plig gedoen het, sou die tragedie van Derdepoort na alle waarskynlikheid nooit plaasgevind het nie.