NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ongelowiges bevind hul dikwels in die put van die dood.  So ook gelowiges soos koning Dawid in Ps.40.  Gelukkig kyk gelowiges met ander oë na die put en weet dat hulle nie vir altyd daarin sal wees nie en dat God ook hul hulpgeroep sal hoor en die verlangde verlossing voorsien.

MIDSOMERNAG- DROOM (2) (SLOT)

Bernard Miles

Peter het dadelik aan die werk gespring en twee-en-dertig nagte later die toneelstuk klaar geskryf. Nou moes nog net die rolle uitgedeel word.

Eers wou Bottom kies wie in die verskillende rolle moet speel maar daarvan wou Peter nie hoor nie. Hy het die toneelstuk geskryf en hy sal sê hoe dit opgevoer moet word. Bottom het 'n bietjie teësinnig ingestem. Hy sou natuurlik Pyramus wees want Pyramus is die held en sy rol is die vernaamste. Dit is ook 'n treurige rol sodat Bottom kan maak of hy huil en dan sal die gehoor ook huil want mense hou altyd van 'n lekker ou getjank.

Flute word volgende gekies. Peter het sy naam neergeskryf vir Thisbe want hy is jonk en skraal met blonde krulhare. Flute wou eers nie want hy het kort gelede 'n baard begin kweek maar Peter sê sy baard wys nog nie eens nie, niemand sal dit raaksien nie. "En daarby het jy 'n mooi dun stem," praat Peter hom om, "en dit is net wat ons vir Thisbe wil hê."

"Ek kan ook soos 'n meisie praat," sê Bottom. "Waarom kan ek nie Pyramus en Thisbe wees nie?" en hy praat met so 'n hoë piepstemmetjie. Maar Peter sê nee, Flute sal die beste Thisbe wees met Starveling as sy moeder, Snout as Pyramys se vader en Peter self as Thisbe se vader.

Die laaste rol is dié van die leeu, en dit kry Snug. Maar Bottom is weer moeilik. Hy sê hy moet eintlik die leeu wees want hy het die hardste stem. Hy kan so hard brul dat hoor en sien vergaan. Hy gee toe daar en dan 'n demonstrasie en brul so hard dat dit voel asof die dak wil inval. As dit te hard is, sê Bottom, kan hy saggies ook brul en toe brul hy weer so sag soos die gespin van 'n kat of die gekoer van 'n duif. Maar Peter sit weer sy voet neer. Bottom moet Pyramus speel en Pyramus alleen. Almal, selfs Bottom, stem uiteindelik in met die rolle wat Peter uitgedeel het en gaan huistoe om hulle stukke te leer vir die eerste repetisie.

Die volgende dag sê Bottom hy moet 'n belangrike saak met Peter bespreek. Hoe gaan hulle die mense van die omgewing laat weet wat die naam van die toneelstuk is, en waar en wanneer dit opgevoer word, of wat die name van die spelers is? En hoeveel gaan hulle die mense vra om na die opvoering te kom kyk? Peter krap sy kop en dink diep. Toe sê hy: "Ek weet, ons sal alles op papier neerskryf wat ons "plakkate" sal noem. Jy kan dan die plakkate aan die bome en die lamppale en op die markplein in die dorp gaan vasspyker." Hy gaan haal toe 'n pen en ink en papier en skryf: Die treurigste komedie en die wrede dood van Pyramus en Thisbe. Geneem uit die Grieks. Geskryf deur die heer Peter Quince, met die volgende spelers daarin. "Dit beteken my naam kom eerste,"  sê Bottom. "Pyramus kom eerste in die titel en B kom byna heel voor in die alfabet."

Peter sê ja, hy sal dit so neerskryf: eerste Bottom, dan Flute en daarna die ander se name. En weer op die plakkaat: "Kaartjies twee sent, verkrygbaar by die deur. Opbrengs gaan vir die armes en behoeftiges van hierdie gemeente. Konsert begin stiptelik om sewe-uur."

Hulle spring dadelik aan die werk en hou tot laat in die nag repetisies. Maar Bottom gee kort-kort moeilikheid. Hy wil gedurig aan die toneelstuk verander, veral as dit sy rol nog belangriker maak. Maar Peter hou voet by stuk en geleidelik kom die toneelstuk net soos hy dit geskryf het. Die moeilikste was om die kraak in die muur te wys. Hoe op aarde wys 'n mens so iets op die verhoog? Boonop het Pyramus en Thisbe in die maanlig weggeloop en dit moet ook gewys word. Hulle besluit toe uiteindlik dat Snug twee vingers 'n entjie uitmekaar teen die muur moet hou om die kraak te wys en dat Pyramus en Thisbe weerskante van Snug se vingers moet staan en hardop fluister. En dat Starveling die hele tyd die lantern in die lug moet hou om te wys alles gebeur in die maanlig.

'n Maand lank hou hulle elke aand repetisies. Presies om ses-uur pak Peter sy gereedskap weg, Bottom vee die werkswinkel uit en as die ander inkom, sit hulle die tafels en stoele reg, steek die lantern op en Peter se vrou bring 'n groot fles bier en ses bekers en brood en kaas en dan oefen hulle tot laat in die nag en hulle luister mooi wat Peter vir hulle sê om te doen en almal speel hulle rolle so goed as wat hulle kan.

Hoe nader die dag van die opvoering kom, hoe meer senuagtig word die spelers, veral Bottom. Hy was 'n groot, sterk man en mens sou dink 'n man wat kalm behoort te bly. Maar moenie glo nie. Hy was meer senuweeagtig as al die ander saam en die aand voor die konsert slaan groot sweetdruppels op sy voorkop uit en sy vrou het geen raad met hom nie. Daardie aand in die bed moes sy nie minder nie as vyf keer na sy stuk luister om seker te maak dat hy elke woord reg het. Eers lank na middernag blaas Bottom die kers dood en raak onrustig aan die slaap.

Die hele nag draai hy om en om op die bed terwyl hy die wonderlikste drome droom. Koning Theseus het hulle uitgenooi om die opvoering in Athene te kom hou wanneer hy met koningin Hippolyta trou. En meteens was hulle almal daar in die verre Griekeland, aangetrek in eienaardige klere, terwyl hulle voorgestel word aan die belangrikste mense in die hele Griekeland. Koning Theseus het gesê hy wil hê niemand moet van die konsert weet nie en hulle moet die laaste repetisie in 'n oop ruimte in die woud buite die stad gaan hou. Bottom draai onrustig om in sy slaap en trek die komberse na sy kant toe oor. Sy vrou trek hulle weer terug na haar kant toe en raas met hom en sê hy moet hom gedra.

Toe droom hy dat Peter klein feetjies tussen die blare kry toe hy die plek skoonmaak waar hulle die repetisie gaan hou. Toe hy hulle optel, sê hulle hulle name is Oberon en Titania en hulle is die koning en die koningin van al die feetjies wat in Engeland woon en hulle sê Peter hoef nie verder die blare weg te vee nie want hulle het vyf goeie werkertjies en hulle name is Peaseblossom, Cobweb, Moth en Mustardseed en die kleine, kleine Chickweed en hulle sal al die nodige werk kom doen.

Maar daardie selfde oggend het Titania met Oberon geraas en sy was baie onvriendelik met hom en Oberon het hom voorgeneem om haar terug te betaal, maar nou maak hy asof daar niks skort nie en hy sê vir Peter hoe graag hy en Titania vanaand die repetisie wil sien en dat hulle hoop dat Peter en Bottom en die ander spelers agterna met hulle sal kom dans.

En toe (julle weet mos watter snaakse dinge in drome gebeur!) word Oberon en Titania al hoe groter en Bottom word kleiner totdat hulle min of meer ewe groot is. En die woud lyk kompleet soos die woude buite Warwickshire en daar is bome, eikebome en berkebome en hulsbome en notebome, en 'n kleureprag van blomme, kamferfoelie en koekoeksblomme en botterblomme, almal in volle blom.

En Titania maak 'n vingerhoedjie vol bier en gee vir die spelers grasklokkies om uit te drink en hulle drink 'n heildronk op Peaseblossem, Cobweb, Mothe en Mustardsee en die kleine, kleine Chickweed en sê dankie vir die werk wat hulle gedoen het.

Toe begin die repetisie; maar skaars het hulle begin, of alles rondom hulle verdwyn en meteens is hulle in die paleis van koning Theseus en 'n ou man met die naam Egeus kla dat sy dogter Hermia weier om te trou met Demetrius, die jong man wat hy vir haar gekies het. Sy wil liewer trou met die jonge Lysander, en Egeus vra mooi vir koning Theseus om vir Hermia te sê om te maak soos haar vader wil hê. Maar hoe kon sy, vra Hermia. Haar vriendin Helena is verlief op Demetrius en hy het ook gesê hy het haar lief en Demetrius moet liewer met Helena trou. Maar koning Theseus sê Hermia moet vir haar vader luister en met Demetrius trou anders sal sy swaar gestraf word.

Hermia en Lysander besluit toe om weg te loop en in 'n ander land te gaan trou. Daarna sal hulle terukeer en aan Theseus bely wat hulle gedoen het. Daardie nag sluip hulle uit hul huise, net soos Pyramus en Thisbe in die storie, maar hulle verdwaal in die donker en kom in die middel van die woud uit waar Bottom en Peter en Snout en Flute en Snug en Starveling besig is met die repetisie van hulle opvoering.

Kort daarna kom Demetrius ook daar aan om vir Hermia by Lysander te kom haal voordat hy met haar kan trou, en toe kom soek Helena vir Demetrius, want sy het hom nog lief. Toe Oberon sien hoe onvriendelik Demetrius met Helena is, kry hy haar jammer en hy roep vir Puck, dieselfde ondeunde Puck van wie Starveling in Peter se werkwinkel vertel het. Om een of ander rede is Puck nou Oberon se regterhand en hoofbode, seker omdat hy so vinnig na ver plekke kan gaan, soos Afrika en Sjina en Indië, en binne 'n oogwenk terug kan wees.  Peaseblossem, Cobweb, Mothe en Mustardsee en die kleine, kleine Chickweed was almal baie vriendelik en pragtig en hulle kon so fyntjies dans. Hulle het die mooiste maniere gehad en was die beste hofdametjies wat Titania nog gehad het; maar ag, die verstandjies was so klein dat hulle vir niks anders gedeug het nie. Hulle vlerkies was ook so klein dat hulle nie baie ver of vinnig kon vlieg nie, daarom roep Oberon maar vir Puck as daar 'n spesiale werkie is.

Oberon sê Puck moet gou na die ander kant van die wêreld gaan om die wonderkruie Liefde-in-Vergetelheid te gaan haal. Liefde-in-Vergetelheid het 'n blou blom en 'n geel bolletjie met towersap. As 'n mens net een druppeltjie van hierdie towersap in iemand se oë drup terwyl hy slaap, raak hy smoorverlief op die eerste persoon wat hy sien as hy weer wakker word. En dit werk nie net met mense nie. Mens kan net so maklik op 'n dier ook verlief raak, op 'n kameelperd of 'n beer of 'n malmokkie.  Oberon wou 'n bietjie van hierdie towersap in Titania se oë drup en dit so bewerk dat sy smoorverlief raak op iets wat regtig lelik is. So wil hy haar terugbetaal vir haar onvriendelikheid.

Hy sal ook vir Puck vra om van die towersap in Demetrius se oë te drup wanneer hy moeg en half aan die slaap is. Dan sal hy sorg dat Demetrius eerste vir Helena sien wanneer hy wakker word sodat hy haar opnuut kan liefkry, en omdat Lysander en Hermia mekaar al klaar liefhet, sal alles gelukkig eindig.

Toe Bottom hoor dat alles 'n gelukkige einde gaan hê, rol hy om in sy bed en gee sy vrou 'n klapsoen en is dadelik weer in droomland.

Dit is 'n maanlignag en hulle is weer eens besig met die repetisie in die woud buite Athene. Puck het so pas van die ander kant van die wêreld af teruggekom met die Liefde-in-Vergetelheid en die blare van nog twee ander wonderkruie, Soete Normaliteit en een, waarvan net hy alleen geweet het, Boegoebessiebôgom. Puck weet dat Oberon Titania veels te lief het om haar lank te straf, en al raak sy op die lelikste skepsel op aarde verlief, hoef hy net twee blaartjies Soete Normaliteit op haar ooglede te sit om haar weer reg te kry.

Puck wil die Boegoebessiebôgom vir iets anders gebruik. Hy het gesien hoe Bottom toneelspeel en veins dat hy die vurigste minnaar onder die son is en dat hy liefdeswoordjies vir Thisbe fluister en homself met die houtswaard doodsteek nadat hy sulke verspotte dinge gesê het dat 'n mens jou 'n papie wil lag. Puck dink dat as 'n toneelspeler so sleg veins soos Bottom kan veins, iemand hom werklik iets moet gee om oor te veins, en dit is waarvoor hy die Boegoebessiebôgom gaan gebruik.

Maar eers moet Oberon die towersap van die Liefde-in-Vergetelheid in Titania se oë drup. Hy sluip stilletjies in haar somershuisie in en drup die towersap in haar oë net toe sy aan die slaap raak, en hy lag stilletjies by homself as hy weer saggies uitgaan en skuif die kamferfoelietakkie versigtig op sy plek terug want dit is die deurtjie van haar somershuisie.

Maar nou moet Puck vir Demetrius in die hande kry en van die Liefde-in-Vergetelheid in sy oë drup sodat hy weer op Helena verlief kan raak wanneer hy wakker word. En dit is waar hy die eerste fout ooit in sy lewe begaan! Sy gedagtes is so besig met die poets wat hy vir Bottom met die Boegoebessiebôgom wil bak dat hy die Liefde-in-Vergetelheid in Lysander se oë drup pleks van in Demetrius se oë. As Lysander nou wakker word en eerste vir Helena sien, sal hy op haar verlief raak, en nie op die liewe Hermia nie. En dit gaan iets vreeslik afgee!

Oberon sien dadelik Puck se fout en beveel hom om dit reg te maak. Puck soek toe vir Demetrius en drup 'n bietjie Liefde-in-Vergetelheid in sy oë, soos hy heel eerste moes gedoen het. Maar toe begaan hy nog 'n fout, die soort fout wat altyd in drome gebeur. Hy vergeet om van die Soete Normaliteit op Lysander se oë te sit, en julle kan raai wat nou gaan gebeur!

Lysander en Demetrius skrik toe gelyk wakker toe Helena, nog steeds op soek na haar geliefde Demetrius, inkom en albei raak dadelik smoorverlief op haar. Dit is nou Demetrius wat die helfte van die nag reeds so vinnig as wat hy kan van haar af probeer weghardloop, en Lysander wat veronderstel was om tot oor sy ore op Hermia verlief te wees en nogal saam met haar weggeloop het om in die geheim te gaan trou.

Ek is nie seker of Puck regtig 'n fout begaan het en of hy nie dalk moedswillig was nie. Maar dink net hoe moet Hermia voel toe sy wakker word en sy sien dat Demetrius van vooraf smoorverlief is op Helena, en boonop loop Lysander ook nou agter haar aan! Dit is 'n regte deurmekaarspul; jy kan jou net voorstel! Puck wil hom siek lag toe hy sien dat Lysander en Demetrius albei tot oor hul ore toe verlief is op Helena. En sy kan dit net nie verstaan dat die twee jong mans haar tegelyk kom vra om met hulle te trou nie.

Maar toe doen Puck iets anders, en dit was beslis nie 'n ongeluk nie; hy het dit heeltemal opsetlik gedoen. Hy haal 'n Boegoebessiebôgomblaartjie uit sy sak uit, breek 'n stukkie af en gooi dit in die bier in die vingerhoedjie wat Titania vir die toneelspelers geskink het om hulself mee te verfris wanneer hulle moeg gevoel het.

As 'n mens toneelspeel en nogal so 'n moeilike rol soos Pyramus s'n moet vertolk, raak jy baie dors soos Bottom is toe hy met die eerste toneel waarin hy en Flute vir mekaar deur die barsie in die muur fluister, klaar is. Hy stap toe agter 'n bos in om ietsie te drink, en daar, voor hom, staan die vingerhoedjie vol heerlike bier met 'n groot skuimkop daarop wat hom nog meer laat watertand. Hy tel die vingerhoedjie op en slaan die bier in een teug weg. Jou pa kan jou vertel wat 'n teug is. Dit is iets tussen sluk en suip en dit is heerlik as dit in jou keel afgly.

Maar wat ek nog nie vir julle vertel het nie is dat wanneer jy 'n vingerhoedjie bier met 'n Boegoebessiebôgomblaartjie daarin drink, jou kop in 'n donkie s'n verander. En dit is presies wat nou met Bottom gebeur. Eers begin sy ore langer word, toe sy neus en toe begin hy snaakse geluide maak soos hy die skuim van die bier afblaas. En daar sit Bottom, 'n goeie, dierbare wewer uit Warwickshire met die teks van sy rol as Pyramus wat by sy sak uithang en die kop van 'n donkie op sy skouers. Al wat hy kan uitkry, is hie-ha, hie-ha, hie-ha, egte donkietaal, en nie 'n enkele woord in sy eie taal nie. Puck, wat die hele petalje dopgehou het, kruip agter die meidoringbos weg en hou sy maag vas soos hy lag!

Maar Puck se ondeundheid ken geen einde nie. Hy weet waarom Oberon die Liefde-in-Vergetelheid in Titania se oë gedrup het, en nou gaan hy haar gebruik om vir Bottom die grootste poets van sy lewe te bak. Hy sluip saggies in Titania se somershuisie in en knyp haar hand. En natuurlik word sy toe wakker. Sy sit regop en vryf haar oë. En dadelik sien sy vir Bottom met sy donkiekop op sy skouers waar hy eenkant op 'n boomstomp sit en die repetisie dophou. En net soos Oberon beplan het, raak sy smoorverlief op hom. Dink net, Titania, die pragtigste feëkoningin in die hele wêreld, is verlief op 'n donkie! Dit is presies wat gebeur het; glo dit maar, of jy nou wil of nie.  Om die waarheid te sê, sy was so verlief dat sy vir Bottom in haar somershuisie innooi en sy soen sy sagte, nat neus en streel sy ore; sy liefkoos hom en vleg mosrose in sy hare en sy stuur haar hofdametjies om vir hom die lekkerste gars en hawer te gaan haal. Sy het so 'n ophef van hom gemaak dat hy skaars geweet het of hy op sy kop of op sy voete staan.

Oberon was so verdiep in die repetisie – Snug het so pas Thisbe se sydoekie beetgekry en dit met 'n onderaardse gebrul fyn en flenters geskeur – dat hy nie gesien het wat Puck doen nie. Maar toe hy agterkom wat aan die gang is, gee hy vir Puck 'n behoorlike skrobbering en beveel hom om alles weer te maak. Puck neem toe 'n takkie Soete Normaliteit uit sy sak en hardloop rond om almal te oorreed om stil te sit sodat hy die blaartjies van die Soete Normaliteit op hulle ooglede kan plaas.

Meteens is Bottom weer die eenvoudige wewer van Warwichshire met sy regte kop en plat neus, en Titania vergeet dat sy op die lelike donkie verlief was en vra Oberon mooi om verskoning dat sy so onvriendelik met hom was, en Lysander kom na Hermia toe terug en omhels haar en gee haar 'n klapsoen, en dit alles omdat Puck die Soete Normaliteit gebruik het.

Demetrius was al een vir wie Puck nie Soete Normaliteit gegee het nie want hy wil mos hê Demetrius moet bly net soos hy is. Dit was tog die plan. Hy moet nog vir Helena liefhê, en Helena het glad nie Soete Normaliteit nodig nie, want sy is nog altyd lief vir Demetrius.

Lysander en Hermia en Demetrius en Helena gaan toe na die paleis van koning Theseus om hom te sê dat al die probleme nou uitgesorteer is, en om hom te vra of hulle maar mag trou. En koning Theseus sê: "Ja, ons gaan almal trou, al ses van ons. Ek trou met Hippolyta en jy, Lysander, trou met Hermia en jy, Demetrius, trou met Helena, almal op dieselfde dag. Dan gaan ons 'n feesmaal hou en daarna het ek vir julle 'n groot verrassing. Ons gaan 'n opvoering van 'n ou Griekse legende sien. Die repetisie word nou in die woud gehou deur 'n geselskap toneelspelers uit Warwickshire. Hier is die aankondiging." En die koning lees dit vir hulle voor. "Die treurige komedie en die wrede dood van Pyramys en Thisbe. Geskryf deur die heer Peter Auince, met die volgende speler", en hy lees al laggend verder: "Opbrengs gaan aan die armes en behoeftiges van hierdie gemeente." Dit beteken die hele Athene! "Konsert begin stiptelik om sewe-uur".

"Gou," sê die koning vir Lysander, "laat nog plakkate maak sodat jy dit in die stad kan gaan opspyker." En daar in Bottom se droom spyker Lysander die plakkate aan die deure van die paleis: tok, tok tok!

Dit was natuurlik nie Lysander nie maar Peter wat vir Nick Bottom kom opklop om vir die opvoering gereed te maak. En Nick sit regop in sy bed en krap sy kop en stadig dring dit tot hom deur dat die werklike opvoering, die konsert waarvoor hulle so lank geoefen het, die konsert waarmee hy vir hom groot naam gaan maak, nog nie plaasgevind het nie. Sy besoek aan Athene en aan die paleis van koning Theseus en die snaakse ding wat met sy kop gebeur het toe hy die vingerhoedjie bier gedring het daar langs die meidoringbos en die heerlike liefde van Titania, was alles net 'n droom.

Die konsert was 'n groot sukses. Bottom het elke woord van sy rol onthou en met sy laaste toespraak voordat hy sterf so aangedaan geword dat regte trane oor sy wange gerol het. En Flute se stem was nog nooit so fyn en soet nie. En Snug het hard en sag gebrul en Thisbe se sydoekie fyn en flenters geskeur dat selfs Bottom erken het dat hy die beste leeu is wat hulle ooit kon kies. Net jammer dat Starveling se lantern kort-kort doodgegaan het. Dan moes hulle 'n bietjie wag sodat dit weer aangesteek kan word dat die mense kan sien wat in die konsert gebeur.

Die dorpsmense het die spelers lank toegejuig, veral vir Peter wat die toneelstuk geskryf en die spelers afgerig het. En almal was dit eens dat hy weer 'n toneelstuk moet skryf en dat Bottom en die ander elke jaar konsert moet hou.

Maar tot vandag toe weet niemand waarom Bottom met gousblommetjies in sy hand en met mosrose in sy hare wakker geword het nie. Of waarom mevrou Bottom 'n donsvlokkie in die komberse gekry het nie. En hulle sal seker ook nooit weet nie. Maar ons weet, nie waar nie? Nick Bottom was natuurlik regtig in feëland en hy is gelukkig om so maklik terug te kom, en dit met sy eie kop weer op sy skouers.

EINDE

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4314 gaste aanlyn