NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vrede word nie in raadsale of deur ooreenkomste gesluit nie. Vrede is ook nie iets waarvoor jy wens nie. Vrede kom uit die harte van mense. Dit is iets wat jy maak, wat jy doen, iets wat jy is en wat jy weggee.

ADINA SE BRIEWE (6)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

TOG NA DIE NOORDE

Rabbi Efraim het na maande se stilswye weer 'n brief aan sy dogter Adina geskryf.  Soos in sy vorige briewe aan haar, lewer hy nie veel kommentaar oor haar opgewonde aansprake dat Jesus die beloofde Messias is nie.  Hy sê baie skrifgeleerdes en Fariseërs glo dat die Messias 'n tweede Moses sal wees.  Net soos Moses eenmaal vir Israel uit die hand van die farao gered het, sal die tweede Moses die Jode uit die hand van die Romeine lei.  Hulle glo dat hierdie Moses-messias in die paleis van die Romeinse keiser sal groot word, net soos Moses destyds in die paleis van farao opgevoed is.  Op 'n sekere dag sal hy in die midde van sy volk verskyn, groot wonderdade doen en hulle van die Romeinse juk verlos.

Adina se volgende brief aan hom het as volg gelui:

Aan my seer hooggeagte Vader

Baie dankie vir die jongste brief van u wat ek ontvang het.  Ek voel natuurlik teleurgesteld en hartseer om daaraan te dink dat u blykbaar nie eers 'n enkele oorweging skenk aan die moontlikheid dat Jesus die Messias kan wees nie,

nadat ek vir u reeds soveel vertel het van die wonderdade wat Hy in die omgewing van Galilea doen.  Indien u nie glo dat hierdie dinge werklik plaasgevind het nie, sal u verbaas wees om te hoor van die asemrowende gebeurtenisse waarvan ek en Salóme ooggetuies was toe ons in Galilea was.

Die môre toe ons met oom Simon se muilewa in die pad geval het na die noorde, het ons opgewondenheid en verwagting hoog geloop.  Oom Simon het ons aan die sorg toevertrou van een van sy mees vertroubare slawe.  Sy naam is Ismael.  Hy het die trekdiere so mooi hanteer en by die uitspannings vir ons voedsel voorberei en by die herberge vir ons oornaggeriewe gereël.

Ons het daardie eerste dag met mening noordwaarts gespoed en laat die middag by die dorpie Enon aangekom, regoor Samaria, nie ver van die Jordaanvallei af nie.

Onderwyl ek en Salóme besig was om in die herberg te ontspan en 'n bietjie te rus na die vermoeiende tog van die dag, het Ismael ingestap gekom, vergesel van 'n ouerige persoon.  Hy het gesê sy naam is Isak.  Hulle twee ken mekaar, want Isak is 'n gereelde besoeker aan oom Simon se plaas, waar hy van kos voorsien word.

Isak het met groot lof gepraat van oom Simon se goedhartigheid en vrygewigheid.  Hy het by Ismael verneem dat oom Simon se dogter en niggie in die herberg is en wou graag met ons kennis maak en 'n bietjie lekker gesels.

Ons het gehoor dat hy in sy jonger dae 'n skaapherder was.  Toe ontdek ek tot my uiterste verbasing dat hy een van die drie herders was wat meer as dertig jaar gelede hul skape in die veld van Betlehem opgepas het, toe 'n engel aan hulle verskyn het en die geboorte van Jesus aangekondig het.  Ek en Salóme het hom met vrae bestook.

Onderwyl hy besig was om vir ons te vertel wat hy en die ander twee herders daardie nag gesien het, was dit al vir my of daar weer 'n stukkie van die lig wat die engel omstraal het, uit sy ou oë skyn.  'n Salige glimlag van geluk het sy ou verweerde gelaatstrekke verlig.

"Ek onthou dit nog so goed soos gister.  Daar het 'n helder ster op die horison gehuiwer en 'n sagte lig het om ons geskyn.  Meteens het die ster beweeg en bokant die huise van Betlehem bly hang.  Ons skape was onrustig.  Hulle het hul koppe opgelig en net soos ons, na die ongewone verskynsel bly staar.  Die volgende oomblik het ons al drie van skrik op die grond neergeval en ons gesigte bedek, want die lig rondom ons het meteens verblindend geword en bokant ons het die blink gestalte van 'n hemelse wese sigbaar geword.  Ek sal nooit daardie helder stem vergeet, toe hy nader na ons toe afsak en met ons begin praat het nie:  'Moenie bang wees nie.  Ek bring vanaand vir julle die goeie tyding dat vandag hier in die stad van Dawid die Saligmaker gebore is, wat genoem word Christus die Here.  Julle sal 'n Kindjie hier in Betlehem vind, waar Hy in doeke toegedraai, in die krip lê.'

Die volgende oomblik was die lug rondom en bokant ons vol van 'n hemelse engeleskaar.  Hulle was vir ons net dofweg sigbaar, maar daar het die mooiste musiek en sang wat ek nog ooit gehoor het, deur die lug weerklink.  Nog lank nadat hulle ons verlaat het, was dit asof die lieflike woorde nog steeds in die lugruim bly hang:  'Ere aan God in die hoogste hemel!  Vrede op aarde en in die mense 'n welbehae!'

Ons drie herders het nog dieselfde nag na die Kindjie gaan soek.  Dit was nie moeilik om Hom te vind nie, want die ster het ons duidelik na 'n herberg in die stad gelei, waar ons Hom by sy ouers gevind het.  Elke woord wat die engel met ons oor Hom gepraat het, was waar, want sy moeder het, nadat sy Hom versorg het, Hom in doeke toegedraai en Hom in 'n krip neergelê."

Pappa, ek kon duidelik sien dat die goeie ou herder homself weer ekstaties inleef in die allermooiste ervaring van sy lewe, toe hy droomverlore voor hom sit en uitstaar het, nadat hy vir ons die merkwaardige verhaal van die geboorte van Jesus vertel het.  Hy het die Christus-kind daarna nooit weer gesien nie, maar hy weet dat Jesus besig is om by die meer van Gennesaret vir duisende mense te preek en die siekes van hulle kwale te genees.

Daardie nag het die merkwaardige verhaal van die ou herder my gedagtes telkens oorheers.  Ons was baie vroeg die volgende oggend al weer op pad.  Ismael het gesê, as ons fluks ry, kan ons teen die aand se kant Galilea bereik.

Ons het daardie dag net eenmaal uitgespan om te eet en die muile te laat rus en daarna met mening deurgestoot, totdat ons teen sononder die dorpie Magdala, 'n entjie suid-wes van die meer, bereik het.  Ismael het reguit na 'n waterbron aan die kant van die dorp gery, want ons trekdiere was moeg en dors en ons was van plan om die nag daar in ons tentjies te oornag.

Daar het verskeie vroue uit die dorp met kruike by die fontein kom water skep.  Een van hulle het na ons toe gekom en gevra waarheen ons op pad is, want sy het gesien ons maak gereed om daar te oornag.  Toe ons vir haar vertel wie ons was en dat ons na die Galilese See wil gaan, waar Jesus wonderwerke verrig en vir die mense preek, was sy baie verras.  Sy het meteens van blydskap gestraal en gesê haar naam is Maria Magdalena.  Sy bly hier naby in die dorp en sy nooi ons uit om by haar tuis te gaan, so lank as wat ons hier in Galilea sal wees, want mense wat so ver ry om vir Jesus te sien en na Hom te luister, is haar vriende.  Ons het dit met dank aanvaar en saam met haar na haar huis gegaan.

Daardie aand het sy vir ons vertel dat sy elke dag na die plek gaan waar Jesus en sy dissipels is.  Daar is 'n aantal vroue uit die verskillende dorpe rondom die Galilese See, wat in Jesus en sy dissipels se behoeftes voorsien.  Sy help gewoonlik twee ander vroue, Susanna en Johanna, die vrou van Gusa, 'n amptenaar van koning Herodus.

Daar word gewoonlik bedags soveel siekes na Jesus gebring om genees te word en sy dissipels se hande is só vol, dat hulle skaars nog tyd kan vind om aan kos te dink of om hulle klere te versorg en vir slaapplek te reël.

As Maria met ons van Jesus begin praat, dan bars sy letterlik in jubeltone uit.  Sy sê sy het vroeër 'n vreeslike lewe hier in Magdala gelei.  In haar sondige toestand het 'n aantal demone van haar besit geneem en haar hele bestaan beheers.  Op 'n dag het Jesus die dorp besoek en toe sy Hom sien, het die duiwels in haar luidkeels geprotesteer en geskree dat Hy moet weggaan.  Jesus het nadergestap na waar hulle haar teen die grond geslinger het en hulle beveel om uit haar uit te gaan.  Sy is van sewe van hulle se teistering vir altyd verlos.  Daarvandaan loof en prys en dank sy Jesus voortdurend vir haar redding.

Sy is oortuig daarvan dat Hy nie maar net deur God gestuur is om hierdie dinge te doen nie, maar dat Hy God self is, want 'n gewone mens kan nie dooies opwek nie.  Dink Pappa dat dit moontlik is?  Ek is al heeltemal oortuig daarvan dat Jesus die Messias is wat gekom het om ons volk van die Romeine te verlos, soos wat u ook van die Messias glo.  Maar Maria Magdalena sê Jesus is besig om ons van die aanslae van die satan en van ons sondes te verlos en van die ewige verdoemenis te red.  Hy is die Messias wat daarvoor gekom het.

Maria het gesê dat Jesus met sy dissipels by die dorpie Tiberias was.  Dit is so naby Magdala dat ons vroeg die volgende oggend saam met haar daarheen gestap het.  Maar Jesus was nie meer daar nie.  Hy het met sy dissipels strandlangs in die rigting van Dalmanuta gegaan.  In die omgewing het honderde mense rondgedwaal, wat siekes gebring het met die hoop dat Jesus hulle sou aanraak en genees.  Toe hulle gewaar dat Jesus en sy dissipels op pad was na die ander dorpies langs die Galilese See, het hulle agterna gegaan en hulle 'n entjie langs die strand op ingehaal.  Jesus kon toe nie verder gaan nie.  Hy het met hulle begin praat oor die liefde van God en dat hulle hul sondes moet aflê.

Ons het ook van Tiberias af daar aangekom en het daarin geslaag om deur die massa mense wat gedurig aangegroei het, te dring en 'n paar tree van Jesus af op die groen grassies te gaan sit.  Die mense het aanhoudend siekes en bekwaaldes na Hom gebring.  Hy het een vir een aangeraak, met hulle gepraat en hulle van hul siektes en kwale genees.

Toe daar 'n effense verposing kom, het Maria Magdalena na Hom toe gestap en met Hom gepraat.  Sy het na ons toe teruggekom en gesê dat Jesus met ons twee meisies wil praat.  Pappa, my hart het meteens onstuimig in my keel geklop, toe ek en Salóme opstaan en naderstap.  Maar toe ek by Hom kom en in sy oë kyk, het alle onrus in my weggesak en het 'n heerlike vrede in my gemoed kom lê, toe Hy sy hand op my laat rus en sy vriendelike stem tot my deurdring:  "Hou goeie moed, liewe Adina.  Jy moet nog verder vir My in Jerusalem en Alexandrië gaan getuig."

Hy het ook met Salóme gepraat.  Dit het gevoel asof ek sweef toe ons weer na Maria Magdalena toe terugstap.

Pappa, is dit nie wonderlik nie!   Hy ken my naam;  Hy weet wie ek is en Hy weet seker ook hoe ek by u pleit om Hom as die Messias te aanvaar.  As ek vir u vertel wat daarna gebeur het, sal u nie meer kan twyfel nie.

Die gedrang om Jesus en sy dissipels wat Hom bygestaan het, het al groter geword.  Hy het een na die ander sieke wat hulle na Hom toe gebring het, genees.  Vanwaar ons drie gesit het, kon ek sien dat Hy vermoeid raak weens die buitengewone inspanning en weens die verlies aan krag wat uit Hom uitvloei tydens die talle genesings wat Hy feitlik sonder onderbreking bewerkstellig het.  Maria Magdalena het verskeie kere vir Hom 'n flessie koel fonteinwater geneem om sy dors te les.

So het dit tot laat daardie middag aangehou.  Dit het naderhand vir my gelyk of selfs die groot skare mense moeg en uitgeput geraak het.  Hulle het rondgedwaal en was honger en sonder kos.  Sy dissipels wou hê dat Hy hulle moes wegstuur om vir hulle in die dorpe te gaan kos koop.  Maar Jesus het die groot aantal mense jammer gekry en vir sy dissipels gesê om vir hulle kos te gee.  Een van hulle, Filippus, sê toe dat hulle nie geld het nie en dat tweehonderd pennings nog te min sal wees om vir soveel mense brood te koop.

Die dissipel Andreas het tussen die mense rondgestap en gesien dat 'n seuntjie  'n mandjie dra waarin vyf klein garsbroodjies en twee gaar vissies was.  Hy het hom na Jesus toe gebring en hierdie kind het ewe gewillig sy ou padkossies vir Jesus aangebied.  Daarna het Jesus sy dissipels gevra om die mense nader te roep en hulle in groepe op die groen grass te laat plaasneem.

Pappa, ons het ademloos gesit en kyk, want ons het verwag dat daar iets wonderliks gaan gebeur.  Jesus het opgestaan en boontoe gekyk en vir Jehova dankie gesê.  Daarna het Hy die broodjies geneem en hulle in stukke begin breek en aan die dissipels uitgedeel om aan die skare te gee.  Hy het dieselfde met die vissies gedoen.

Ek het by tye gedink dat ek droom en dat dit nie die werklikheid is wat ek aanskou nie!  Jesus het aangehou om die broodjies en die vissies in groot porsies te breek, om uitgedeel en geëet te word.  Die dissipels het hulle hande vol gehad om aan almal van hierdie voedsel te voorsien.  Buiten al die vroue en kinders wat daar was, het Jesus met hierdie vyf broodjies en twee vissies vyf duisend mans genoeg laat eet.  Ek en Salóme en Maria Magdalena het ook daarvan geëet.

Die brood en die vis het in Jesus se hande só wonderlik vermeerder dat die skare nie alles kon opeet nie!  Daar het twaalf mandjies vol smaaklike brokstukke vir latere gebruik oorgebly.  Ek het gesien dat die ou seuntjie wat die brood en vissies voorsien het, met veel meer in sy mandjie huis toe gegaan het, as die vyf broodjies en twee vissies waarmee hy daar aangekom het.

Pappa, dit is mos nie 'n mens wat sulke wonderlike dinge kan doen nie; dit is mos God self wat hier op die aarde by ons kom besoek aflê.  Maria Magdalena sê Jesus is die Seun van God, wat deur Jehova gestuur is om by ons te kom woon en ons van ons baie sondes te verlos.  Sê die skrifte van die profete dat die Messias wat ons verwag, die Seun van God self sal wees?  Soms raak ek nog verward as ek oor al hierdie dinge peins.  Pappa ken die skrifte baie beter as ek en kan dit alles vir my opklaar.  Ek het u al baie van Jesus vertel.  Skrywe tog asseblief vir my wat u van Hom dink.

Ek wil graag vir u nog vertel wat daardie aand en nag verder gebeur het.  Jesus het, nadat Hy die duisende mense so mildelik met net vyf broodjies en twee vissies gevoed het, vir hulle gevra om na hulle dorpe en huise te gaan, want die nag was op hande. Hulle het dit baie traag gedoen, want almal wou net by Hom wees na hierdie groot wonderwerk wat Hy gedoen het.  Ek en Salóme en Maria Magdalena het ook in die pad geval na haar huis in Magdala.

Jesus het sy dissipels beveel om in 'n skuit te klim en na die dorpie Gennesaret te vaar.  Hy self het nie saamgegaan nie, maar 'n entjie teen die berg uitgestap om daar in die eensaamheid en stilte te gaan bid.

Die Galilese See kan by tye baie bedrieglik wees.  Daar kan meteens sommer 'n kwaai wind opsteek wat hoë golwe opjaag en dit lewensgevaarlik maak vir skuite wat hulle dan op see bevind.  So 'n wind het daardie nag die dissipels se oorvaart na Gennesaret bemoeilik.  Hulle het die heelnag teen die sterk wind en die golwe geworstel.

Pappa, toe gebeur daar iets wat almal van hulle se asems weggeslaan het.  Hulle sien iemand wat op die bruisende water na hulle aangestap kom!  Hulle kon nie glo wat hulle sien nie en skree benoud:  "Help, dit is 'n spook!"  Dit was Jesus wat so op die water na hulle aangestap kom.  Toe Hy naby die skuit kom en sien hoe verskrik hulle is, roep Hy uit:  "Moenie bang wees nie; dit is Ek!"  Hulle vrees het oorgeslaan in groot verbasing toe hulle Hom herken.  Simon Petrus hou hom skielik baie kordaat en roep:  "Here, sê dat ek daar na U toe mag kom!"

Jesus het hom dit toegelaat.  Petrus het oor die kant van die skuit geklim en na Jesus begin aanstap.  So lank as wat hy sy oë op Hom gehou het, het dit goed gegaan, maar toe kyk hy vas teen die rasende golwe en hoor die loeiende wind en hy begin sink.  Maar Jesus was toe al by hom en gryp hom aan die hand en saam klim hulle in die skuit.  Jesus het net vir hom gesê:  "Waarom het jy getwyfel, kleingelowige?"

Maria Magdalena sê Simon Petrus kan soms baie voortvarend wees.  Dit lyk of hy sommer impulsief handel, sonder om die saak vooraf eers goed te oordink.

Toe Jesus en Petrus in die skuit klim het die wind gaan lê.  Hulle het vroeg daardie oggend by Gennesaret aan wal gestap, want Jesus wou graag in hierdie omstreke ook vir die volk van die koninkryk van God vertel en hul siekes genees.

Die inwoners van Gennesaret het geweet van sy koms.  Daar was reeds honderde mense op die strand wat hulle siekes gebring het om deur Hom genees te word.  Net waar Jesus en sy dissipels die volgende paar dae gegaan het, is hulle deur 'n groot gedrang van mense omring.  So het dit gegaan van Gennesaret af na Kapernaum en Betsaida en nog verder noord tot by Gorasin.  As hulle sy woorde oor die koninkryk van God hoor en met verbasing sien watter wonders Hy verrig, wil hulle Hom met geweld koning van Israel maak.  Ek sou dit van ganse harte ondersteun, want ek dink Hy sal 'n wonderlike koning vir Israel wees.  Maar dit kan natuurlik nie plaasvind nie, want die Romeine sal dit mos nie toelaat nie.

Die dag nadat Jesus hulle na Gennesaret vertrek het, het ek en Salóme weer vanaf Magdala die lang pad suidwaarts na Jerusalem aangepak.  Jesus het met sy dissipels elke dorp aan die noordweskus van die Galilese Meer besoek, totdat hulle by Gorasin uitgekom het.  Hy het in elke sinagoge waar hulle gekom het, gepreek en die Woord van die Here verkondig.  Hulle het selfs so ver noord as tot by Sesarea-Filippi deurgedring.

Hier het Jesus die eerste keer van Homself as "die Seun van die mens" begin praat.  Hy het vir sy dissipels gevra:  "Wat sê die mense van My?  Wie dink hulle is Ek?"  Sy dissipels het gesê dat sommige mense dink dat Hy Johannes die Doper, of Elia of Jeremia is.  Maar Jesus wou weet wat sy dissipels self van Hom dink, waarop Simon Petrus gesê het dat Jesus die Christus, die Seun van die lewende God is.  Jesus het gesê dat Jehova dit self aan Petrus geopenbaar het.

Pappa, as die Messias, wat baie beslis gaan kom, die Seun van God self gaan wees, dan het Hy mos reeds gekom, want ek glo reeds met my hele hart dat Jesus die Seun van die allerhoogste God is, wat met 'n sending na die aarde gekom het wat uitgevoer moet word.  Maar Hy het iets daar in Sesarea-Filippi gesê wat ek gladnie verstaan nie.  Hy het gesê dat Hy nog baie sal moet ly onder die skrifgeleerdes en Fariseërs en slegte mense wat Hom gaan doodmaak.

Ag Pappa, hoe kan soiets ooit gebeur?  Jesus doen mos niemand kwaad aan nie.  Hy vertel net gedurig hoe lief God ons het en hoe genadig Hy is om ons ons sondes te vergewe as ons Hom daarom bid en dit laat staan.

Ek en Salóme se lang terugreis vanaf Galilea na Jerusalem het voorspoedig verloop.  By ons tuiskoms het ons baie gehad om aan oom Simon en tant Hanna te vertel.

Skryf tog asseblief hoe dit met Pappa gaan en of die eensame lewe daar op Alexandrië nie vir u te veel word nie.

Van u verlangende dogter  Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9302 gaste aanlyn