Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie. Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland. Daarna word hy soos room - ryk en dik!
DIE BELHAR- BELYDENIS (5)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"Bybelse geregtigheid, soos dit voor 1990 in ons land gevolg is, het in billikheid teenoor alle mense bestaan. Die kwade is is gestraf en die goeie is beloon. Nadat Suid-Afrika onder swart oorheersing verval het, het die teenoorgestelde plaasgevind - die kwade is beloon en die goeie gepenaliseer. Voorbeelde hiervan is legio".
Versoening:
Wat is versoening? Hier is twee moontlike definisies waarvan net een reg is. Wanneer jy glo dat versoening alleenlik verkry kan word deur alle menslike onderskeid te vernietig en die losstaande dele dan saam te bind, is jy nie met versoening besig nie, maar met duiwelswerk! Gelowiges glo dat versoening alleenlik deur ware berou oor die kwade verkry kan word.
Wanneer die Bybel van versoening praat, praat dit hoofsaaklik van die versoening wat Jesus deur sy kruisdood vir ons by God verwerf het. Sonde het verwydering tussen ons en God gebring. Jesus het gekom en die mens met God versoen.
Wanneer die woord versoening in die Bybel gebruik word, handel dit dus oor mense wie se skuld vergewe is. Dis telkens ‘n handeling tussen God en mens. Nêrens word versoening gebruik in die sin van die verwydering van Godgegewe grense ten einde ‘n utopia op aarde tot stand te bring nie. Elke teks wat oor versoening handel, onderstreep die genadewonder dat alle volke, stamme, tale en nasies dieselfde voorreg het om in Christus die ewige lewe te verkry.
Teen hierdie agtergrond gesien, val die Belhar-belydenis ‘n mens baie vreemd op. Dit wy nie minder as vyf paragrawe aan versoening nie sonder om eenmaal na Jesus se versoeningswerk te verwys. Dis so goed as om van Bloedrivier te praat sonder om van die gelofte melding te maak!
Die Belhar-belydenis se versoeningsleer handel uitsluitlik oor mens tot mens versoening. Die vertikale lyn word weereens geminag en die horisontale een oorbeklemtoon. Dit spreek boekdele van die Belhar-belydenis se verkeerde rigting.
Die teksverwysings wat by die vyf paragrawe oor versoening gevoeg is, om dit sagkens te stel, bedenklik! ‘n Mens kan al te duidelik sien wat die opstellers hier gedoen het. Hulle het ná die opstel van die belydenis ‘n klompie los tekse met behulp van ‘n Bybelkonkordansie bygevoeg. Dis teologies onverantwoordelik om so te werk te gaan!
Geregtigheid:
Net soos versoening, het geregtigheid ook twee moontlike definisies. Een is in lyn met God se Woord en die ander met die Bevrydingsteologie. Bybelse geregtigheid, soos dit voor 1990 in ons land gevolg is, het in billikheid teenoor alle mense bestaan. Die kwade is is gestraf en die goeie is beloon. Nadat Suid-Afrika onder swart oorheersing verval het, het die teenoorgestelde plaasgevind - die kwade is beloon en die goeie gepenaliseer. Voorbeelde hiervan is legio!
Geregtigheid is een van die mees sentrale begrippe in die Bybel. Romeine 3 meld dat die mens se poging om geregtigheid daar te stel, misluk het en dat God alleen geregtigheid openbaar. Die Belhar-belydenis huldig ‘n ander siening as dié van die Bybel en die Gereformeerde belydenisse. Waar God by laasgenoemdes sentraal staan, staan die mens by Belhar in die middelpunt.
Soos aan die begin genoem, is God volgens die Belhar-belydenis die God van die noodlydende, arme en verontregte. Dis natuurlik ‘n leuen en suiwer Bevrydingsteologie! Miskien gaan ek u nou skok. As u gedink het dat dit net die Belhar-belydenis is wat hierdie leuen glo, moet u na die volgende luister!
Kort na die opstelling van die Belhar-belydenis het die NG Kerk ‘n uiters omstrede studiestuk die lig laat sien, genaamd Kerk en Samelewing. (In behoudende kringe is daar spottend na Kerk en Sameswering verwys!).
In artikel 144 van hierdie gewraakte geskrif lees ons die volgende woorde: “God is immers by uitnemendheid die Een wat vir die saak van die noodlydende en verontregte intree”. Waarom het die NG Kerk so ‘n gewaagde stelling gemaak? As gevolg van buitelandse druk op die NG Kerk om dieselfde taal as dié van die kerklike wêreld te praat!
Met sy oorvloed aan teenstellings, bevind die Belhar-belydenis hom binne-in die Marxistiese klassestryd. Die belydenis wemel van teenstellings soos arm vs ryk, onderdrukte vs onderdrukker, bevoorregte vs noodlydende ens. Dis tipies van die Marxistiese klassestryd!
Die Belhar-belydenis verwag van die NG Kerk om dit sy hooftaak te maak om verdruktes by te staan en teen onderdrukkers en bevoorregtes stelling in te neem. Nodeloos om te sê, is die onderdrukkers en bevoorregtes diegene wat apartheid voorstaan en die verdruktes hulle wat dit haat. Die kerk word dus opgeroep om hom met die bevrydingstryd te bemoei. Daarmee kom die kerk dan vierkantig binne in die plaaslike Marxistiese stryd te lande!
Gehoorsaamheid:
Die Belhar-belydenis verwag van die kerk om alles wat die belydenis sê, te gehoorsaam en uit te voer. Dit eis byvoorbeeld onvoorwaardelike gehoorsaamheid aan die voorskrifte van die belydenis. Gevolglik word die Belhar-belydenis en nie die Bybel nie, die kerk se werksdokument. Vir Gerefomeerdes is dit totaal en al onaanvaarbaar. Een van die Hervorming se slagspreuke was: Soli Scriptura – alleenlik die Woord. Dis al wat vir Gereformeerdes tel – net die Bybel!
Wat gaan die NG Kerk in die toekoms doen? ...vervolg