As u hierdie dokumentêre video oor Australië se ervaring en hantering van die Viruskabaal van die begin tot nou wil kyk, ruim 'n uur of so in en hou 'n paar sneesdoekies byderhand, want hier sal u die patriotiese stryd van die dapperstes in die volk met eerbied en waardering sien. Deur en te midde van elke inperking en drakoniese toegevoegde maatreëls soos deur die regime van Dan Andrews toegepas, het die nasionalisme vir hulle eie land en volk met weerstand teen die regime, gegroei tot 'n hoogtepunt waar hulle uiteindelik toegelaat is om vredevolle openbare protesoptogte te hou, en nie meer deur die polisie aangerand en doodgeskiet word nie. Dit is 'n verhaal wat in 'n fiksieboek hoort, tog is dit die werklikheid en die einde is nog nie in sig nie.
Wat ons behoort te weet is dat elke land min of meer dieselfde fasette en tragedies gaan beleef as gevolg van die Wêreldgeldmag se sug na mag en rykdom en dat ons nie moet dink die volle omvang hiervan kan ons nie tref nie. Ons kan wel bid en pleit dat ons Almagtige Vader in die hemel sy kinders in hierdie land daartydens sal beskerm en betyds tot ons redding sal kom.
Indien die bg skakel in WA nie as skakel werk nie, gebruik eers www.gelofteland.org as skakel en kliek dan op die webblad op die lang skakel hierbo.