DIE AARDE HET GEBEWE! (8)

THELMA CILLIE

Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.

Lees reeks by Die aarde het gebewe!

(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)

TEN SPYTE van die feit dat mense se besittings moes oopstaan of in tente wat tog nie kan sluit nie gebêre was, het ons, in teenstelling met ander lande waar diefstal en roof in sulke tye aan die orde van die dag is, baie min diefstalle gehad.Ons hier in die rampgebied glo vas dat die seën van die Heer rus op elke mens wat aan ons gedink het in hierdie dae —hetsy in hulle gebede of deur geld by te dra. Aan die inwoners van die rampgebied is ons weldoeners as persone onbekend en hulle sal seker altyd onbekend bly — maar in ons gedagtes leef hul voort as dierbare vriende -vriende wat in baie gevalle seker self ets moes verbeur het om dinge vir ons makliker te maak. Ons sê: Baie dankie, en ons weet elke mens word vergoed vir die weldade aan sy naaste betoon. KARAVANE het skielik van orals gekom om die woningnood te kom help verlig. In die meeste gevalle het die eienaars self die karavaan gebring en asof dit nog nie genoeg was nie het hulle ook nog die bypassende tente opgeslaan - voorwaar ons mense is tog diensvaardig en hulpvaardig. Maar die groot, “operasie-karavaan" is eintlik geloods deur mnr. J. G. van der Horst, Besturende Direkteur van die Ou Mutual versekeringsgenootskap. Die 53 karavane is in Kaapstad gehuur en kosteloos vir die nodige tydperk aan die woningloses in die rampgebied beskikbaar gestel. Nog nooit in die ganse geskiedenis van ons gebied is daar seker met so baie liefde aan mekaar gedink soos juis in hierdie dae nie.Kleintjie, my skoonsuster, het nog by ons in die kantoor gewoon. Haar woing op die ou familieplaas, Die Bos, in die distrik Ceres sal ook gesloop moet word - tot al die arbeidershuise en buitegeboue het ook verbrokkel onder die skok.

Aangesien ons nou baie koue weer gehad het, en die buitegeboue op ons plaas in die nagte onuithoudbaar koud was, het Apie en sy gesin nou in ons dogters se pophuis geslaap. Wie sou nou ooit kon gedink het, dat die lieflike ou pophuisie nog eendag onder sulke bedroewende omstandighede as 'n slaapplek vir 'n familie sou dien?

Daar is in hierdie stadium gedurig vergaderings deur die geoloë gehou en die publiek het by sulke geleenthede ook 'n kans gekry om vrae te vra oor hierdie, vir ons, so duistere verskynsel. Ons het ook nou weekliks 'n koerantjie, die Courier, in die gebied ontvang waarin allerhande sake rakende die moeilikhede en probleme in ons gebied bespreek is. In een van die Couriers het 'n interessante artikel oor die aardbewing verskyn. Ek plaas die uittreksel onveranderd: “Die aardbewing wat dele van die Boland getref het, het dieselfde patroon gehad as wat meeste aardbewings in ander wêrelddele gevolg het.” So lui 'n verklaring wat ons Courier van dr. W. L. van Wyk, Adjunk-Direkteur van die Afdeling Geologiese opnames, ontvang het. “Hierdie gevolgtrekking is gemaak volgens oog- en veldgetuie wat sedert 29 September deur geoloë versamel is. Die skuddende, rollende bewegings van die aardkors, die onheilspellende gerammel en geluide, die gloed wat op die berge waargeneem is, die bergbrande en die skade aan die geboue is net soos ooggetuies dit in ander dele van die wêreld belewe het. Selfs die hake in die grond waar water en sand uitgespuit het, is 'n normale verskynsel by aardbewings. Die strukture wat so ontstaan, is algemeen as sandswere („sand boils") bekend.

“Sandswere is op 'n hele paar plekke in die rampgebied waargeneem. Van die beste voorbeelde is te vinde op die plase Fairview, en ook op Quarta van mnr. G. F. Botma. In Ceres is daar sandswere in die agterplaas van mnr. A. Pauw in Rivierkantstraat. Daar is ook 'n lang ry sandswere in die agterplaas van mnr. P. F. de Kock in Voortrekkerstraat.

“Die sandswere ontstaan deurdat skeure in die grond gevorm word, deur die kompakterende effek van die skokgolwe deur die grond of rots. Daaropvolgende skokgolwe laat krake in die grond skielik oop en toe gaan, wat 'n pomp-aksie laat ontstaan wat vir die duur van die aardbewing voortgaan. In die proses word dan water, sand en slik deur die krake uitgeforseer.

“Die swart olie-agtige stof wat uit sommige van die krake uitgekom het, is fyn slik en organiese materiaal. Die swaelreuk wat deur sommige mense waargeneem is, is 'n normale verskynsel by vlak ondergrondse water. Dit is opvallend dat die sandswere en krake alleen in gebiede waar daar 'n dik grondlaag is, voorkom.

“Dit is hoogs onwaarskynlik dat gas uit hierdie krake ontsnap het aangesien geen brande in die omgewing van sulke krake voorgekom het nie.

“'n Aspek wat heelwat verwarring by die publiek laat ontstaan het, is die sogenaamde Richterskaal wat gebruik is om die intensiteit of grootte van die aardskokke uit te druk.

“Hierdie Richterskaal is 'n logaritmiese skaal en twee intensiteite bv. 6 en 6.5 kan nie sonder meer d.w.s. sonder die hulp van 'n logboek met mekaar vergelyk word nie.

“In die toekoms dus, sal die intensiteit van enige naskok liefs uitgedruk word as 'n persentasie of faktor van die hoofskok wat op 29 September voorgekom het en verwoesting gesaai het. Dit sal dus gesê word dat 'n naskok byvoorbeeld 'n derde of 'n kwart so sterk soos die hoofskok was.

“Vir lede van die publiek wat self die vergelyking vanaf die Richterskaal wil maak, kan dit gedoen word deur die gegewe intensiteit van 6.5 (die hoofskok s'n) of te trek, en die antilog na te slaan. Om dit te illustreer en die verskil in intensiteit tussen 'n skok van intensiteit 6.0 en 6.5 te bepaal, slaan mens dan die antilog van 0.5 (die verskil tussen die twee) na en kry dan 'n faktor van 3.16. D.w.s. 'n skok met intensiteit 6.5 is 3.16 keer sterker as~een met intensiteit 6.0."

ONS WEET dat daar in die jaar 1809 'n aardbewing in Kaapstad was en die geskiedenis wit dat die skokke nog vir meer as agtien maande daarna, aangehou het. Ek self vind hierdie gegewens dat ons eie voorgeslagte ook die dinge deurgemaak het, vertroostend. Sover vasgestel, was daar ook geen ongevalle nie. Onbevestigde stories lui dat daar in 1830 ook ‘n aardbewing in die Paarl sou gewees het.

In die Byvoegsel tot Die Burger van 4 Oktober 1969 het 'n interessante artikel oor die aardbewing van 1809 verskyn. Ene mnr. P. L. le Grange, iemand wat hom graag besig hou met die dinge uit ons verlede, het hierdie inligting opgediep. Ek herhaal graag onveranderd hierdie stukkie: “Gedurende die dienstermyn van ds. Fleck het aan die Kaap iets gebeur wat, hoewel tydelik, nogal 'n merkbare invloed op ons godsdienstige lewe gehad het; 'n aardbewing. In die nag van 4 Desember 1809 tussen 10 en 11 uur, is die eerste aardskokke waargeneem. Plotseling was daar egter 'n skrikwekkende rommelgeluid ‘alsof een honderdtal van wagens in vollen galop de straat opreden, of liever met de snelheid van den bliksem over dezelwe heenvlogen . . . en tevens rolde datselve akelige geluid, zoo scheen het, honderden van voeten diep onder ons door het aardryk. '
“Die meeste huise is beskadig. Op skepe in die hawe is mense uit hulle hangmatte geslinger. Die Kapenaars was lam geskrik en het uit hulle huise gevlug, bevrees dat die geboue sou instort. Die paniekbevange inwoners het die eerste paar nagte na die aardbewing, in tente op die parade deurgebring. Die ongelowiges en onverskilliges wat nooit 'n kerk besoek het nie, het klaarblyklik die grootste geskrik en baie het soos besetenes geskreeu: ‘Bid vir ons ! bid vir ons !'

“Die paadjie na die kerk was glad te lank vir hierdie mense. Oud of jonk, arm of ryk, blank of gekleurd, sieklik of gesond — almal het soos 'n klompie dors diere die kortste pad kerk toe gekies ! Daar het hulle mekaar half vertrap om binne te kom, waar gelowiges en ander gereelde kerkgangers vir gebed saamgedrom het. Die gevolg? Die Groote Kerk was veels te klein om die skare te huisves wat die eerste Sondag na die skuddings vir die kerkdiens opgedaag het. Ook elders by Godsdiensoefeninge was die opkomste besonder goed.

“Die predikante het die geleentheid goed gebruik om die mense op hulle nietigheid en magteloosheid te wys. Baie spotters met die Godsdiens en foutvinders met die kerk en sy predikante, het gevolglik ook tot ander insigte gekom en 'n nuwe ... blaadjie ... omgeslaan. Maar die meeste van hierdie mense se nuwe toewyding het na 'n rukkie sonder aardskuddings, weer afgekoel. Dat hulle geskrik het, is egter baie seker. ..."

Ons het ook die volgende artikel raakgeloop wat op die aardbewing van 1809 gebaseer is, in Die Burger van 7 Oktober 1969.

“Die gedigteboek van die Bosmans, wat dateer uit 1781 tot 1812 en wat waarskynlik saamgestel is deur Maria Margaretha Bosman, bevat verskillende gedigte oor aard­bewings in die jare 1809 tot 1811. Dr. D. W. de Villiers van die kweekskool het 'n paar daarvan vir ons gaan uithaal.

“Onder datum 8 Desember 1809 het een van die Bosmans 'n gedig geskryf na aanleiding van ,de vreselijke aardbewing van 4 Decbr savonds om tien uuren'. Die vierde vers gaan so:

Had dees versckrikkelijke tijd
Een wijnig langer blijven duuren
WVij waren onse leven kwyd
En waar vergaan in wijnig uuren.

“Na die aardbewing is daar nog dikwels 'n gedruis gehoor, want op 29 Januarie 1810 skryf dieselfde skrywer (of skryfster) 'n verdere gedig, nadat die gedruis die oggend tussen sewe ­en agtuur weer gehoor is:

Want 't is bijna een maand of twee
Dat God ons drijgt meet wee op wee
Ach dat het tot waarschouing strekt
Dat men daardoor wierd opgewekt
Om op to staan uit de doodslaap
Eer dat God ons in Zond wegraap ...

'n Jaar na die aardbewing van 4 Desember 1809 is 'n volgende gedig gemaak op die beryming van Psalm 6; in die jare daarna ook nog andere. In 1811 is die land geteister deur reën en gure weer in Meimaand, en op 7 en 19 Junie was daar weer kwaai aardbewings. By die geleentheid is 'n Bosmangedig in die vorm van 'n ernstige smeekgebed van 17 verse geskryf. Een daarvan lui:

Ach laat uw toorn en gramschap dog bedaren
en wilt het land nog om de kinderen sparen
die nog niet weet van regt of linker hand
verdelgt dog niet menschen en vee in 't land.

DIT IS vir myself vertroostend dat van ons voorouers dieselfde vrees ondervind het as wat ons die afgelope tyd ondervind het. Dit is baie duidelik dat hulle skrik groot was.

TEN SPYTE van die feit dat mense se besittings moes oopstaan of in tente wat tog nie kan sluit nie gebêre was, het ons, in teenstelling met ander lande waar diefstal en roof in sulke tye aan die orde van die dag is, baie min diefstalle gehad.

Ons hier in die rampgebied glo vas dat die sëën van die Heer rus op elke mens wat aan ons gedink het in hierdie dae —hetsy in hulle gebede of deur geld by te dra. Aan die inwoners van die rampgebied is ons weldoeners as persone onbekend en hulle sal seker altyd onbekend bly — maar in ons gedagtes leef hul voort as dierbare vriende -vriende wat in baie gevalle seker self ets moes verbeur het om dinge vir ons makliker te maak. Ons sê: Baie dankie, en ons weet elke mens word vergoed vir die weldade aan sy naaste betoon.

KARAVANE het skielik van orals gekom om die woningnood te kom help verlig. In die meeste gevalle het die eienaars self die karavaan gebring en asof dit nog nie genoeg was nie het hulle ook nog die bypassende tente opgeslaan - voorwaar ons mense is tog diensvaardig en hulpvaardig. Maar die groot, “operasie-karavaan" is eintlik geloods deur mnr. J. G. van der Horst, Besturende Direkteur van die Ou Mutual versekeringsgenootskap. Die 53 karavane is in Kaapstad gehuur en kosteloos vir die nodige tydperk aan die woningloses in die rampgebied beskikbaar gestel. Nog nooit in die ganse geskiedenis van ons gebied is daar seker met so baie liefde aan mekaar gedink soos juis in hierdie dae nie.

Kleintjie, my skoonsuster, het nog by ons in die kantoor gewoon. Haar woing op die ou familieplaas, Die Bos, in die distrik Ceres sal ook gesloop moet word - tot al die arbeidershuise en buitegeboue het ook verbrokkel onder die skok.

Aangesien ons nou baie koue weer gehad het, en die buitegeboue op ons plaas in die nagte onuithoudbaar koud was, het Apie en sy gesin nou in ons dogters se pophuis geslaap. Wie sou nou ooit kon gedink het, dat die lieflike ou pophuisie nog eendag onder sulke bedroewende omstandighede as 'n slaapplek vir 'n familie sou dien?

Daar is in hierdie stadium gedurig vergaderings deur die geoloë gehou en die publiek het by sulke geleenthede ook 'n kans gekry om vrae te vra oor hierdie, vir ons, so duistere verskynsel. Ons het ook nou weekliks 'n koerantjie, die Courier, in die gebied ontvang waarin allerhande sake rakende die moeilikhede en probleme in ons gebied bespreek is. In een van die Couriers het 'n interessante artikel oor die aardbewing verskyn. Ek plaas die uittreksel onveranderd: “Die aardbewing wat dele van die Boland getref het, het dieselfde patroon gehad as wat meeste aardbewings in ander wêrelddele gevolg het.” So lui 'n verklaring wat ons Courier van dr. W. L. van Wyk, Adjunk-Direkteur van die Afdeling Geologiese opnames, ontvang het. “Hierdie gevolgtrekking is gemaak volgens oog- en veldgetuie wat sedert 29 September deur geoloë versamel is. Die skuddende, rollende bewegings van die aardkors, die onheilspellende gerammel en geluide, die gloed wat op die berge waargeneem is, die bergbrande en die skade aan die geboue is net soos ooggetuies dit in ander dele van die wêreld belewe het. Selfs die hake in die grond waar water en sand uitgespuit het, is 'n normale verskynsel by aardbewings. Die strukture wat so ontstaan, is algemeen as sandswere („sand boils") bekend.

“Sandswere is op 'n hele paar plekke in die rampgebied waargeneem. Van die beste voorbeelde is te vinde op die plase Fairview, en ook op Quarta van mnr. G. F. Botma. In Ceres is daar sandswere in die agterplaas van mnr. A. Pauw in Rivierkantstraat. Daar is ook 'n lang ry sandswere in die agterplaas van mnr. P. F. de Kock in Voortrekkerstraat.

“Die sandswere ontstaan deurdat skeure in die grond gevorm word, deur die kompakterende effek van die skokgolwe deur die grond of rots. Daaropvolgende skokgolwe laat krake in die grond skielik oop en toe gaan, wat 'n pomp-aksie laat ontstaan wat vir die duur van die aardbewing voortgaan. In die proses word dan water, sand en slik deur die krake uitgeforseer.

“Die swart olie-agtige stof wat uit sommige van die krake uitgekom het, is fyn slik en organiese materiaal. Die swaelreuk wat deur sommige mense waargeneem is, is 'n normale verskynsel by vlak ondergrondse water. Dit is opvallend dat die sandswere en krake alleen in gebiede waar daar 'n dik grondlaag is, voorkom.

“Dit is hoogs onwaarskynlik dat gas uit hierdie krake ontsnap het aangesien geen brande in die omgewing van sulke krake voorgekom het nie.

“'n Aspek wat heelwat verwarring by die publiek laat ontstaan het, is die sogenaamde Richterskaal wat gebruik is om die intensiteit of grootte van die aardskokke uit te druk.

“Hierdie Richterskaal is 'n logaritmiese skaal en twee intensiteite bv. 6 en 6.5 kan nie sonder meer d.w.s. sonder die hulp van 'n logboek met mekaar vergelyk word nie.

“In die toekoms dus, sal die intensiteit van enige naskok liefs uitgedruk word as 'n persentasie of faktor van die hoofskok wat op 29 September voorgekom het en verwoesting gesaai het. Dit sal dus gesê word dat 'n naskok byvoorbeeld 'n derde of 'n kwart so sterk soos die hoofskok was.

“Vir lede van die publiek wat self die vergelyking vanaf die Richterskaal wil maak, kan dit gedoen word deur die gegewe intensiteit van 6.5 (die hoofskok s'n) of te trek, en die antilog na te slaan. Om dit te illustreer en die verskil in intensiteit tussen 'n skok van intensiteit 6.0 en 6.5 te bepaal, slaan mens dan die antilog van 0.5 (die verskil tussen die twee) na en kry dan 'n faktor van 3.16. D.w.s. 'n skok met intensiteit 6.5 is 3.16 keer sterker as~een met intensiteit 6.0."

ONS WEET dat daar in die jaar 1809 'n aardbewing in Kaapstad was en die geskiedenis wit dat die skokke nog vir meer as agtien maande daarna, aangehou het. Ek self vind hierdie gegewens dat ons eie voorgeslagte ook die dinge deurgemaak het, vertroostend. Sover vasgestel, was daar ook geen ongevalle nie. Onbevestigde stories lui dat daar in 1830 ook ‘n aardbewing in die Paarl sou gewees het.

In die Byvoegsel tot Die Burger van 4 Oktober 1969 het 'n interessante artikel oor die aardbewing van 1809 verskyn. Ene mnr. P. L. le Grange, iemand wat hom graag besig hou met die dinge uit ons verlede, het hierdie inligting opgediep. Ek herhaal graag onveranderd hierdie stukkie: “Gedurende die dienstermyn van ds. Fleck het aan die Kaap iets gebeur wat, hoewel tydelik, nogal 'n merkbare invloed op ons godsdienstige lewe gehad het; 'n aardbewing. In die nag van 4 Desember 1809 tussen 10 en 11 uur, is die eerste aardskokke waargeneem. Plotseling was daar egter 'n skrikwekkende rommelgeluid ‘alsof een honderdtal van wagens in vollen galop de straat opreden, of liever met de snelheid van den bliksem over dezelwe heenvlogen . . . en tevens rolde datselve akelige geluid, zoo scheen het, honderden van voeten diep onder ons door het aardryk. '
“Die meeste huise is beskadig. Op skepe in die hawe is mense uit hulle hangmatte geslinger. Die Kapenaars was lam geskrik en het uit hulle huise gevlug, bevrees dat die geboue sou instort. Die paniekbevange inwoners het die eerste paar nagte na die aardbewing, in tente op die parade deurgebring. Die ongelowiges en onverskilliges wat nooit 'n kerk besoek het nie, het klaarblyklik die grootste geskrik en baie het soos besetenes geskreeu: ‘Bid vir ons ! bid vir ons !'

“Die paadjie na die kerk was glad te lank vir hierdie mense. Oud of jonk, arm of ryk, blank of gekleurd, sieklik of gesond — almal het soos 'n klompie dors diere die kortste pad kerk toe gekies ! Daar het hulle mekaar half vertrap om binne te kom, waar gelowiges en ander gereelde kerkgangers vir gebed saamgedrom het. Die gevolg? Die Groote Kerk was veels te klein om die skare te huisves wat die eerste Sondag na die skuddings vir die kerkdiens opgedaag het. Ook elders by Godsdiensoefeninge was die opkomste besonder goed.

“Die predikante het die geleentheid goed gebruik om die mense op hulle nietigheid en magteloosheid te wys. Baie spotters met die Godsdiens en foutvinders met die kerk en sy predikante, het gevolglik ook tot ander insigte gekom en 'n nuwe ... blaadjie ... omgeslaan. Maar die meeste van hierdie mense se nuwe toewyding het na 'n rukkie sonder aardskuddings, weer afgekoel. Dat hulle geskrik het, is egter baie seker. ..."

Ons het ook die volgende artikel raakgeloop wat op die aardbewing van 1809 gebaseer is, in Die Burger van 7 Oktober 1969.

“Die gedigteboek van die Bosmans, wat dateer uit 1781 tot 1812 en wat waarskynlik saamgestel is deur Maria Margaretha Bosman, bevat verskillende gedigte oor aard­bewings in die jare 1809 tot 1811. Dr. D. W. de Villiers van die kweekskool het 'n paar daarvan vir ons gaan uithaal.

“Onder datum 8 Desember 1809 het een van die Bosmans 'n gedig geskryf na aanleiding van ,de vreselijke aardbewing van 4 Decbr savonds om tien uuren'. Die vierde vers gaan so:

Had dees versckrikkelijke tijd

Een wijnig langer blijven duuren

WVij waren onse leven kwyd

En waar vergaan in wijnig uuren.

“Na die aardbewing is daar nog dikwels 'n gedruis gehoor, want op 29 Januarie 1810 skryf dieselfde skrywer (of skryfster) 'n verdere gedig, nadat die gedruis die oggend tussen sewe ­en agtuur weer gehoor is:

Want 't is bijna een maand of twee

Dat God ons drijgt meet wee op wee

 Ach dat het tot waarschouing strekt

           Dat men daardoor wierd opgewekt

           Om op to staan uit de doodslaap

           Eer dat God ons in Zond wegraap ...

'n Jaar na die aardbewing van 4 Desember 1809 is 'n volgende gedig gemaak op die beryming van Psalm 6; in die jare daarna ook nog andere. In 1811 is die land geteister deur reën en gure weer in Meimaand, en op 7 en 19 Junie was daar weer kwaai aardbewings. By die geleentheid is 'n Bosmangedig in die vorm van 'n ernstige smeekgebed van 17 verse geskryf. Een daarvan lui:

Ach laat uw toorn en gramschap dog bedaren

en wilt het land nog om de kinderen sparen

die nog niet weet van regt of linker hand

verdelgt dog niet menschen en vee in 't land.

DIT IS vir myself vertroostend dat van ons voorouers dieselfde vrees ondervind het as wat ons die afgelope tyd ondervind het. Dit is baie duidelik dat hu11e skrik groot was.