28 MAART 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Liefde is die sterkste wapen wat God ons in die stryd teen die sonde gegee het. Hoe meer liefde, hoe minder probleme, hoe minder spanning. Moenie jou liefde in 'n weegskaal plaas nie; liefde wat afgemeet word is nie liefde nie maar berekeninge. Laat jou liefde spontaan wees, eg, dan kom daar 'n diep vreugde in jou.