15 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het u al gesien hoe mense in hierdie moderne tyd van spanning en angstigheid altyd 'n luide lawaai om hulle verkies om hulle gemakliker te probeer maak? Baie mense ervaar stilte nie as 'n volheid en weelde nie maar as 'n leegheid, nutteloosheid of selfs 'n bedreiging. Stilte is vir hulle soos 'n gapende afgrond waarin hulle dreig om te val. As ons verhouding met God reg is, sal ons nie die angstigheid van stilte ervaar nie maar dit sien as 'n tyd waarin ware wysheid tot ons kom, wanneer jy groei tot 'n rype mens, daar waar ons God goed hoor. Maak vir jou elke dag stiltyd waarin jy leer om werklik te luister.