Het u geweet die ANC is vir R150-miljoen verkoop?
Alle verkiesings is korrup en beteken niks. Soos regter Kriegler voorheen gesê het, as mens in ʼn bordeel werk, kan jy nie kuis bly nie, menende die geweldige omkopery en onregmatighede binne alle verkiesings. So was daar weer met betrekking tot die afgelope verkiesing ʼn geheime ooreenkoms gesluit tussen die geldmag en die ANC.
Rupert en die Oppenheimers het R150-miljoen aan die ANC gegee om 6-miljoen stemme aan die DA te verkoop, sodat daar ‘n ANC-DA-koalisie sal ontstaan. Dit is nadat die R100-miljoen skenking aan 'n klein veelpartygroep nie daarin geslaag het om selfs 100 000 stemme gesamentlik te kry nie. Rise Mzansi, Action SA, BOSA en die res van die Oppenheimer-partye het ondanks die groot skenkings sleg verloor in die verkiesings. In die koalisie sal Ramaphosa president van Suid-Afrika wees. Die DA-leier, John Steenhuisen, adjunkpresident.
Rupert was baie pertinent oor sy standpunt dat diegene wat gekoop moet word, gekoop moet word. Mbalula en ander senior amptenare is opdrag gegee om die gedagte van ʼn koalisie-ooreenkoms met die DA binne die ANC te verkoop. So ook is Naspers soos gewoonlik opdrag gegee om die saak te bevorder deur hul News24.com-platform en internasionale asook ander plaaslike media.
Natuurlik is daar nou marionette en hulle meesters. In die ANC-DA-koalisieooreenkoms is die ANC aangesê om talle dinge in sy beleid te verander byvoorbeeld die pro-Palestina-houding wat deur die DA ten sterkste afgekeur word.
Wat maak die koalisie so belangrik? Alles gaan natuurlik altyd oor geld! Rupert het miljarde belê in die bou van 'n energiemaatskappy om Eskom te vervang, plus belange in die IPP's wat R1 triljoen in een jaar maak. Die koalisie is krities vir sakegesinne omdat die ontbondeling van Eskom en privatisering van SOE's, groot inkomstes vir hulle sal inbring. SOE's se begroting is meer as R1,5 triljoen per jaar. Die ANC sal geen beleid meer implementeer nie, en die koalisie sal in die geheim direk beheer word deur 'n komitee wat aangestel sal word, wat die direkte Rupert- en Oppenheimer-families sal insluit.
Ons sal verseker in die volgende paar dae in die hoofstroommedia hoor hoe belangrik die ANC-DA-koalisie is maar verseker nie die ware redes daartoe hoor nie. Daar sal waarskynlik vertel word dat dit gaan om beleggers na Suid-Afrika te laat stroom omdat daar ʼn wit adjunkpresident is, alles net ʼn foefie om die rykes nog ryker te maak – want alles gaan oor geld!