DIT MOET NOU EINDE KRY!

Die media berig gereeld oor armoede, werkloosheid, skole- en behuisingsnood. Wat lei daartoe? Die ongehoorde nie-blanke aanwas wat groot druk op ons land se infrastrukture en natuurlike hulpbronne plaas. Een van die redes wat vir hierdie ramp aangevoer word, is glo die gebrek aan voorbehoedmiddels en derhalwe gesinsbeplanning.

Navorsing toon talle kulturele, godsdienstige en sosiale redes aan waarom sekere nie-blanke vrouens nie voorbehoedmiddels wil gebruik nie. Hulle wil juis swanger raak ten einde staatskindertoelaes te ontvang waarvan hulle dan self leef. Hoe meer kinders, hoe meer geld.

Die media berig gereeld oor die onbesonne toenames in tiener swangerskappe, sommige so jonk as 12 jaar. Dit laat meisies vroeg skool verlaat wat weens die ʼn gebrek aan werksgeleenthede dikwels die prooi van misdaad word. Die gevolg is ʼn bose kringloop van armoede, honger, verdere swangerskappe, kinderverwaarlosing en selfs kindermoord.

Die oplossing is voor die hand – staak alle staatstoelae aan kinders wat uit hoerery gebore word en staan dit slegs aan verdienstelike gevalle toe. As hierdie kraan toegedraai word, kan hoerery nie verder met belastingbetalersgeld gesubsidieer word nie. Welsynstoelae is slegs vir verdienstelike gevalle. Dis onregverdig om belastingbetalersgeld vir die vrug van onsedelikheid aan te wend – nie in ʼn Christenland nie!

ʼn Volgende rede vir die plaaslike oorbevolking is die instroming van onwettige immigrante. Ongewenstes uit Afrikalande stroom oor ons landsgrense en koop selfs doeanebeamptes by grensposte om. Onooglike plakkerskampe, gebrek aan sanitasie en grootskaalse besoedeling skets ʼn baie droewige prentjie van opvallende omgewingsverval. Werkloosheid lei dikwels tot misdaad en plakkerskampe word ʼn broeikas van onheil.

Die oplossing is weereens voor die hand – stuur alle onwettige immigrante op eie onkoste terug na die plek van hul heenkome. Koppel ʼn bepaalde tydsduur daaraan en straf diegene wat nie gehoor daaraan gee nie. Ook diegene wat onwettiges vir goedkoop arbeid in diens neem!