RAMAPHOSA MAG BEDANK

Gister het IOL berig dat President Cyril Ramaphosa sy kabinet ingelig het dat dit die laaste keer is dat hy met hulle sal vergader.

Hy sou gisteraand die land toespreek maar het laat weet dat hy nog besig is om die verslag deur te werk en nie gisteraand gereed was nie.

Die vermoede is dat Ramaphosa sy bedanking sal aankondig wanneer hy wel met die land praat. Bill Gates het sy bes probeer om Ramaphosa af te raai om te bedank maar die feit dat dit bekend geword het dat Ramaphosa se groot klomp dollars wat onder sy matras en in sy meubels gevind is, van Pfizer gekom het, mag dalk Gates se saak kortwie. Dit maak dan ook sin dat Pfizer die groot kontrak gekry het om die meeste inspuitings aan Suid-Afrika te kon bied. So word die regering gereeld omgekoop met buitelandse geld wat reguit gatsakke toe gaan.

David Mabuza, adjunkpresident, sal glo die leisels oorneem indien Ramaphosa bedank.